OXTAIL AND SPRINGBOK POTJIE


OXTAIL AND SPRINGBOK POTJIE
2 kg prime cut oxtail big pieces
1 kg springbok tail prime cut
2 kg beef potjie from the neck
3 kg garden and roast vegetables
1,5 kg small potatoes
500 g yellow panzies
800 g fine cut onions
200 ml Allesverloren port
100 ml Mrs Balls chutney
1 packet hearty beef soup
2 cubes beef stock
garlic bread with cream cheese and pepadew and bacon

My potjie temperature was an average 200°C.
Onions was cut in average 1 cm cuts, then put in for 1 hour with a small amount of salted butter and 100 ml port, then I added the oxtail for 2 hours with 100 ml port and 100 ml chutney and the 1,5 kg small potatoes were added, then I added the Springbok tail for 2 hours and beef stock cubes with 50 ml hot water , then I added the beef neck cuts for 2 hours, last I put the veggies in for 1 hour, then cooling down.
Recipe and photo: Barend Van Heerden




POTJIE RING GROOTTES

POTJIE RING GROOTTES
Met riglyne van persone wat kan eet

Persone
Potjie No Liter Gewig Sonder bykos Met bykos
¼ 0.7 1.81 1 1
½ 1.2 3.04 1 1
¾ 2.7 3.86 1.5 1.5
1 3 4.54 2 4
2 6 6.35 4 8
3 7.8 8.16 6 12
4 9.3 11.8 8 16
6 13.5 17.7 11 22
8 18.5 18.1 15 30
10 28 25.9 23 46
14 34.5 31.3 29 58
20 56.3 55.8 47 94
25 70.5 77.1 59 118



DENZY’S OXTAIL POTJIE


DENZY’S OXTAIL POTJIE
2 kg oxtail
I pkt baby potatoes
2 pkt carrots chopped
4 corns cut in 4
2 onions, chopped
4 cloves
2 cups dry red wine
2 cups Coca Cola
4 spoons barbecue spice
2 spoons garlic
fresh rosemary
2 spoons oil
1 small packet tomato paste
salt and pepper for taste

Put pot on hot coals, add oil, when hot, add onions, cloves and rosemary, Fry until nice and brown, add now meat, barbecue spice, garlic, tomato paste, coke, wine and salt and pepper with 2 cups of water. Let simmer for 3 hours add more water when dry, then add potatoes, carrots and corn then let cook until veggies is soft. Add more salt and pepper for taste.
Enjoy!
Denzy
Recipe and photo: Denzel Koenana




GIDEON SE BOONTJIEBREDIE POT


GIDEON SE BOONTJIEBREDIE POT
Ek het gistraant vir ons die lekker groenboontjie bredie potjie gemaak saam met stukkies lamsrib.
1.5  kg lamsribbetjie, in stukke gesny
4 koppies gekerfde groenbone
2 groot aartappels, geskil en in kleinerige blokkies gesny
2 medium groot uie, geskil en gekerf
3 koppies witwyn
3 eetlepels bruinuiesop poeier
1 ½ teelepels sout
1 teelepel witpeper
1 teelepel chillieflakes
2 eetlepels suurlemoensap

Braai die vleis in ‘n warm pot op die kole vir ‘n paar minute en voeg die uie by en braai nog ‘n rukkie.
Sit dan die aartappels by saam met twee koppies van die wyn en kook vir omtrent ‘n uur stadig.
Plaas dan die groenbone by en kook vir omtrent ‘n halfuur.
Hou maar dop dat daar genoeg vloeistof bly maar nie te veel nie.
Strooi die sout, peper en chillie flakes asook die suurlemoensap oor die kos.
Meng die orige koppie wyn met die soppoeier en strooi oor die kos en laat prut vir ‘n rukkie.
Let wel : Vandat ek die aartapples ingesit het, het ek nie die pot geroer nie, maar roer dit wel net voor opdien.
Vroulief het ook ‘n bietjie soetpatat en rys gekook en saam met die kos voorgesit.
Djeeerlik was dit beslis.
Resep en foto:  Gideon Louw




SKAAPKERRIE POT MET KLUITJIES


SKAAPKERRIE POT MET KLUITJIES
4 heel skenkels, of gesny soos jy verkies
4 aartappels, geskil en in kwarte
1 wortel, in ringe
2 eetlepels kerrie poeier
4 kardamom sade
2 stukke kaneel bas
2 lourier blare
1 ster anys
1 blik heel tamaties
1.5 liter skaap aftreksel
30 ml olie
handvol sprietuie
Kluitjies:
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
sout na smaak
genoeg water om dik slap deeg te maak

Braai skenkels in olie tot bruin.
Maak tamatie in bak fyn, gooi gekapte sprietuie by. Gooi by skenkels as dit mooi bruin is met helfte van aftreksel ook.
Krap van jou kole weg as dit te warm is. Jou pot moet net prut vir 2 ure of tot skenkels sag is. Bly opvul met aftreksel dat hy nie droog raak nie.
Voeg res van speserye by en prut vir halfuur.
Nou tyd vir wortel en aartappels, prut tot aartappel sag is.
Meng die kluitjie bestanddele.
Skep lepelsvol deeg op die pot, sit die deksel op en kook so 10 tot 15 minute tot jou deeg gerys en gaar is. Moenie die deksel oplig vir die eerste 10 minute nie, dan slaan die kluitjies toe.
Sodra die kluitjies gaar toets, skep op en geniet.
Resep geplaas deur Hendrik Markgraaff
Foto: Hendrik Markgraaff




KONYN POTJIE (RABBIT)


KONYN POTJIE (RABBIT)
± 1 kg konyn stukke
1 eetlepel olyfolie
1 eetlepel botter
3 teelepels fyn knoffel
200 g spek (bacon) stukkies
1 groot ui, geskil en gekap
250 g knopie sampioene
sout en peper na smaak
2 eetlepels pietersielie (gedroogte is ook goed)
1 koppie rooiwyn
1 ½ koppie water
1 eetlepel gedroogde gemengde kruie
½ ui geskil en in skywe gesny, addisioneel
wit uie soppoeier

Verhit die botter en olyfolie oor hoë hitte tot baie warm in ‘n swart platboom pot en seël die konyn stukke daarin tot dit liggies verbruin het. Verwyder die vleis en hou eenkant.
Braai die uie, spek en knoffel in dieselfde pot tot die uie liggies begin verkleur. Roer die sampioene in en braai saam tot dit net begin gaar word. Voeg die sout, peper en pietersielie by.
Plaas die konyn stukke terug in die pot en blus die bodem van die pot met die rooiwyn. Skraap al die aanbrandsel stukkie los. Voeg die water en gemengde kruie by, bedek die pot en laat prut oor lae hitte vir 1 uur en 30 minute.
Roer die uie skywe by en prut verder met die deksel af, vir 15 minute. Verhoog die hitte na medium en roer die soppoeier bietjie ver bietjie by tot die sous begin verdik.
Nota:
Die gereg kan op kapok aartappels met ‘n addisionele groente soos ertjies of groen boontjies bedien word, of op rys. Ek het rys gemaak en daarom aartappels en wortels ongeveer 40 minute voor die einde van die kooktyd, by die vleis gevoeg.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete




MUTTON POTJIEKOS


MUTTON POTJIEKOS
5 kg mutton
2 tablespoons olive oil
2 med onion
2 tablespoons Worcester sauce spice
1 teaspoon garlic salt
shake of black pepper
1 packet potjie vegetable mix

Brown onions.
Add spices and caramelise.
Add meat and brown all over.
Add 500 ml boiling water.
Cook for 10 mins then turn heat down low and simmer for an hour.
Serve with pap or Basmati rice.
Recipe an photo: Reuben K Coskey




VOLSTRUISNEK POTJIE


VOLSTRUISNEK POTJIE
Verhit olie en braai 5 groot uie tot deurskynend en sag.
Voeg 20 ml “Crushed” knoffel by en braai effens.
Verwyder uie.
Braai 3 kg volstruisnek porsies tot bruin.
Plaas uie terug.
Meng die volgende:
10 ml sout
25 ml Italian Herbs
5 ml fyn koljander
5.5 ml heel koljander
5 ml peper
Voeg by vleis en roer goed deur.

Meng 4 hoender ekstrak blokkies met 6 koppies Coca-Cola. Gooi bo-oor vleis.
Prut stadig vir sowat 90 min of tot die vleis sag is.
Rangskik bo-oor:
1.5 pakkie baba aartappeltjies en
1 pak wortels
Kook vir 15 min.
Rangskik 2 pakkies patty pans en 2 pakkies sampioene bo-oor.
Gooi 25 ml suurlemoen sap (om die soetigheid van die Coca-Cola te breek) by 4 desertlepels Bisto poeier wat met 1 koppie water aangemaak is.
Prut vir ‘n verder 30 min tot alles sag is.
Genoeg vir 12 persone.
Baie lekker.
Resep en foto: Hannetjie Snyman




FEESTELIKE SKAAP SKENKEL POTJIE


FEESTELIKE SKAAP SKENKEL POTJIE
Genoeg vir 15 mense. Ek het ‘n nommer 4 pot gebruik.
3.9 kg skaap skenkels
1 ui, in blokkies gesny
1 eetlepel olyf olie
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 geel soetrissie, in blokkies gesny
1 eetlepel fyn knoffel
2 beef stock pot blokkies
8 bees aftreksel blokkies
1 teelepel roosmaryn
1 teelepel tiemie
1 klein blikkie tamatie pasta
1 bottel natural sweet rooi wyn
potjiekos spesery (een van die groot winkels se maak) volgens smaak
groente volgens smaak – ek het wortels, baba aartappels, mielies, brussel sprouts, patty pans, zucchinis en sampioene gebruik
1 eetlepel bisto
2 eetlepel maizena

Plaas die vleis in ‘n bak met die potjie speserye en laat staan so uur voor jy met die potjie begin.
Braai uie, soetrissies en knoffel saam in olyfolie tot uie deurskynend is. Voeg die skaap skenkels by en braai tot die vleis bruin is. Die vleis maak na ‘n rukkie sy eie sousie. Ek het die vleis aanhou braai in daai sousie tot lekker bruin. Ek het ook terwyl die vleis gebraai het, die deksel opgesit om hitte te behou. Vat 2 stockpot cubes en 4 aftreksel blokkies en los op in 1.5 liter kook water. Meng goed totdat alles opgelos is. Gooi die roosmaryn en tiemie by en roer goed deur. Giet in by die vleis met helfte van die bottel rooi wyn. Sit die deksel op en prut vir so uur. Ek het so elke nou en dan net die deksel gelig om seker te maak die pot prut nog en dat daar genoeg vloeistof in die pot is. Na ‘n uur voeg die mielies, wortels, aartappels en brussel sprouts by en laat prut verder vir nog so uur. Sodra die aartappels en wortels sag gekook is, voeg die res van die groente by. Vat die ander 4 aftreksel blokkies en meng met 1.5 liter kookwater en meng goed tot die blokkies opgelos is. Voeg die tamatie pasta by en roer goed deur. Voeg by die potjie met die ander helfde van die wyn. Laat prut vir nog so uur. Maak die bisto en maizena aan met klein bietjie koue water en gooi by die potjie en laat prut totdat die sousie dik word. Bedien met potbrood. Die brood suig al die sous lekker op. Dis heerlik verby en die vleis is lekker sag. Ek het nie sout bygegooi nie want die aftreksel blokkies het genoeg sout in.
Resep en foto:  Juanita Vermeulen




OXTAIL AND RED WINE POTJIE


OXTAIL AND RED WINE POTJIE
A potjiekos is a traditional South African stew, slow cooked in a cast-iron pot over an open fire. This one combines the richness of oxtails and red wine to provide a delicious, hearty one-pot meal.
Serves: 8-10
500 g fresh oxtails (get your butcher to slice them into pieces in between the bones)
10 slices of bacon cut into 2.5cm pieces
½ cup flour, seasoned liberally with salt and pepper
1 litre beef stock
115 g tomato paste
1 bay leaf
6 black peppercorns
1 bouquet garni
4 large leeks, chopped coarsely
2 large onions, chopped coarsely
6 large carrots, 2 chopped coarsely and 4 diced finely
20 button mushrooms, quartered
250ml red wine
2 tablespoons butter
2 tablespoons olive oil
2 tablespoons crushed garlic

Wipe the oxtail dry with a paper towel.
Put seasoned flour in a resealable plastic bag, then add the Oxtail and shake to coat with flour.
Heat the butter and olive oil in the potjie (either over coals or gas) and sauté bacon pieces.
Remove bacon, add the oxtail to the pot and brown in the bacon fat. When each piece is browned all over, remove and drain on paper towels whiloe keeping warm.
Add the 4 finely diced carrots to the pot together with the chopped onions and the leeks, and sautée until softened.
Reteurn the oxtail and bacon to the pot and add the bouquet garni, bay leaf, peppercorns, garlic, tomato sauce, beef stock and red wine.
Bring slowly to the boil (if you got this far on gas, now is the time to transfer it to the coals). Cover tightly with a lid and allow to cook undisturbed for 4 hours.
One hour before serving, add the remaining carrots and mushrooms and continue cooking slowly, without stirring.
If you want a thicker sauce, stir in some cornstarch mixed with cold water just before serving over rice or polenta (or mieliepap)
Recipe placed by Magtel Janse van Vuuren
Photo: Adam Cloete