IDEES VIR PLATTERS

platter Ansie
IDEES VIR PLATTERS
Hoendervlerkies
samoosas
kaasworsies
frikadelle
worsrolletjies
hoenderpasteitjies
Foto: Ansie Fourie Boshoff




IDEES VIR BROOD PLATTER

tested

IDEES VIR BROOD PLATTER

Wilfred van der Merwe
lekker roereier met gekapte grasuie. Eier gemeng met bietjie mayonaise. Maak seker dis koud. Komkommer broodjies met aromat op. Salami en kaas. Fyn biltong en marmite broodjie.

Elsabie Templeton
gladde maaskaas met dun snytjies gerookte salm op ‘n saad broodjie of chic mayo op bruin brood

Elzette Calitz
Maak broodjies so na as moontlik aan bedieningstyd. Roereier broodjie fynbiltong met of bovril of cream cheese. My gunsteling tuna mayo broodjie

Celia De Villiers Enslin
Ek maak ook platters en toebroodjies word op die nippertjie gemaak. Biltong en marmite, eier mayo, hoendermayo en vleis soos ham of bief en kaas altyd gewildstes. Wissel af met bruin en wit brood.

Floraine Wasserman Venter
Fransebraaibroodjies, oop, met salm, maaskaas, gebraaide sampioene, rooiuiekonfyt en bakkies balsamiese asyn

Celia De Villiers Enslin
Ek het ook gevind soms is oop broodjies meer gewild en interessant. French loaf in skywe gesny..Maak al jou vulsels ens klaar reg in di aand, hou die botter uit die yskas , rasper klaar die kaas , sny die kkmkommer, ens dan kan jy dit net die oggend ‘pak’.

Leonore Bosman
Kyk, die hoofbestanddeel is brood, maar jy kan.dit maak met n twist. Smeer jou snye brood botter en.druk uit met n koekiedrukker.spuit patee met n versierbuis op die broodjies. Of vat n dag oud brood. Een.wat die winkel.self bak en nie gesny is nie en dan.sny jy die brood in die lengte. Ja lang snye. Dan mash jy gekookte eiers se eiergele deel dit op in twee bakkies, voeg by die een helfte sandwich.spread en by.die ander helfte tamatie sous of sweet chillie na smaak. Jyt viennas ook nodig. Nou smeer jy die lang snye botter en.dan stroke met die eiergele. Sit die vienna aan die bopunt van.die lang sny en.rol dit op. Draai toe met clingwrap. Die volgende more haal jy.die clingwrap af van.die rolletjies en sny dit in wieletjies. Hoop dit help.

Michelle Wolmarans
Braai n gerasperde ui met 2 geskilde tamaties Voeg blik bullybief by Mash alles as sag gekook het Klits n eier en voeg by Roer vinnig in met paar druppels tobasco sauce ne sout en pepper na smaak




BROOD PLATTER

7 - BROOD PLATTERtested

BROOD PLATTER
Kaasballe:
2 snye gerasperde Rye brood
1 koppie gerasperde chedder kaas
2 eierwitte styf geklits
Gesnipperde sprietuie
Knippie swartpeper
Mespunt cayenne peper

Meng alles goed en maak bolletjies en braai vinnig tot goudbruin , bedien met sweet chillie sous.

Brood Sushi
2 snye bruinbrood korsies afgesny
repies avokado
repies wortels
repies rooi pepper
repies smoked salm
vel seewier
salm roomkaas
Smeer broodjie met roomkaas en pak lae op een, sit ander broodjie bo-op
en dan sit ek dit in my sushi makertjie druk uit en rol op in seewier en sny.

Hoenderrolletjies
Gaar fyngemaakte hoender
Bietjie mayonaise
sout en peper
Sny wit brood korsie af, rol dan die broodsny dun uit, sit vulsel in en rol op, week in geklitste eier en dan in broodkrummels en braai vinnig tot goudbruin.

Pita Mini Pizza
Pita deurgesny, tamatiesmoor opgesmeer en toe spek, olywe en gesnipperder uie en kaas oorgesit. Bak in oond op 180ºC tot kaas gesmelt is.

Broodstokkies
Braai ronde gesnyde broodjies en steek dan op stokkies saam met kaas, agurtjies tamatie en gesnyde russian en tamatie.

Rye stapels
Blokkies rye broodjies
Gesnipperde salm gemeng met roomkaas en bietjie tabasco sous
Smeer lae en plak op mekaar.

Eier en vleisdoppies
Maak doppies van brood in oond en vul met enige vulsel

Romany Cones
Meng fyn romany koekies met gekookte kondensmelk
Maak brood cones in oond droog en vul.
Resepte en idees: Gigi Robinson

 




KOOS SE SOUTHAPPIES

10406663_576401465810411_4171179224756162449_n
KOOS SE SOUTHAPPIES
Ek was besig om weer pasteie te maak en onthou toe n vrou het vir my n idee gegee wat om te doen met die skilfer deeg wat oorblei. As dit n klein bietjie is gooi ek dit maar weg. Jy kan natuurlik die ook doen vir n lekker southappie saam met die kuier.

So haal maar bietjie deeg uit die yskas. Seker al n ou ding en julle weet seker. Wel ek het dit probeer vanaand.

Die oorbly deeg in stukkies gesny, Binne in n pan vir die oond, gesmeer met eier en melk mengsel en toe sprinkel ek Cheese seasoning oor.

Jy kan jou eie speserye volgens smaak oor sprinkel.

Bak in die oond op 180 grade tot bruin. Myne was dalk daai 5 minute te lank maar wat n heerlike sout happie.

Bron en Foto:  Koos van der Merwe




PLATTER IDEE

2014-05-10-platter
PLATTER IDEE

Tamatietjies kikker enige bord op

Platter met:
Ham
Gerookte worsies
Gevulde eiers
Franse broodjies met hoender mayo en Tikka hoender
Gherkins
Tamatiejies
Louise Groenewald




MARLENE SE MAKLIKE WORSROLLETJIES

2014-03-01-worsiesinreaydowtested
MARLENE SE MAKLIKE WORSROLLETJIES
1 pak puff pastry, ontvries
1 pak cocktail worsies, ontvries
Bietjie mayonnaise

Rol die deeg uit en sny in vierkante grootgenoeg vir worsies om in te pas
Sit die worsies in die middel van elke vierkant deeg, rol toe, smeer mayonnaise oor.
Bak tot goudbruin teen 160 ºC.
Resep en foto: Marlene Minderon




GEVULDE EIERS VIR PLATTERS

2014-02-14-1512818_10202252937658726_1862506029_ntested

GEVULDE EIERS VIR PLATTERS
‘n Gevulde eiertjie laat jou platters altyd mooi vertoon en almal is lief daarvoor.
Sny die gaar eier horisontaal deur (as jy die eier regop hou). Sny dan ‘n klein skyfie onder af om dit maklik regop te laat staan.
Ek meng die eiergeel vulsel in die voedselverwerker en sit dit dan in my stokou versierbuis en spuit dit in die eiers.
Meng die gele met ‘n knippie kerriepoeier, borrie, gegeurde seesout, 2 eetlepels gladde maaskaas en 2 eetlepels mayonnaise.
Eenvoudig en heerlik.

Bron: Louise Groenewald




CHICKEN BITES WITH HONEY AND MUSTARD DIP

 995002_10202605649444610_149601730_n
CHICKEN BITES WITH HONEY AND MUSTARD DIP

2 large chicken breasts, cut into bite-sized pieces and seasoned with salt & pepper
3/4 cup milk
1/4 cup dill pickle juice
1 egg
1-1/4 cups flour
2 Tablespoons powdered sugar
2 teaspoons salt
1 teaspoon pepper
1/2 cup peanut oil, divided (or canola or vegetable oil)

Honey Mustard Dipping Sauce:
1/2 cup plain greek yogurt
1 1/2 Tablespoons yellow mustard
1 Tablespoon Dijon mustard
2 Tablespoons honey

Whisk together egg, milk and pickle juice, and pour into a large ziplock bag or bowl. Add chicken pieces and marinate in the refrigerator for 2-4 hours.
Combine flour, powdered sugar, salt and pepper in a large ziplock bag. Shake to combine. Remove chicken from the marinade and add into the bag. Shake to coat the chicken completely.
Heat half the oil in a large skillet or dutch oven over medium-high heat (6 or 7 out of 10.) Test the oil by dropping in a bit of the flour mixture. If it sizzles, the oil is ready, if it pops, lower the temperature a bit.
Gently place chicken pieces into the oil with tongs. Do this in 2 batches, as you don’t want to overcrowd the pan. Cook the chicken for 3-4 minutes, or until golden brown on one side. Turn the chicken over and allow to cook for 3-4 more minutes. Remove to a paper-towel lined plate. Heat the remaining oil and continue with the other half of the chicken pieces.
Stir together the honey mustard dipping sauce ingredients, and serve with the hot chicken bites.

Posted by Elize Grobbelaar



STOMPIE SE PLATTER IDEES

platter - stompie
STOMPIE SE PLATTER IDEES

die wat lyk soos skons is net hotdog broodjies in ringe gesny en margarien gesmeer en dan het ek tamatie gebraai in bietjie botter en dan geklitste eiers bygeroer en dan gerasperde kaas bygevoeg en dit op broodjies gesit

Stompie Theron Borman




DIE ULTIMATE SNACK PLATTER

2013-10-20-dieultimatesnackplatter
DIE ULTIMATE SNACK PLATTER

Met behulp van Bakers Snacktime Soutkoekies die ontstaan van die uiteindelike Snack Platter. Dit is gelaai met ‘n verskeidenheid van heerlike proteïen en suur piekel keuses – ideaal vir gemaklik entertaining.

1 x 200 g pakkie Bakers Snacktime Soutkoekies
2 groot handevol gemengde baba slaaiblare
125 ml kruiebotter
200 ml knoffel mayonnaise

200 ml tamatie-brandrissie room kaas
300 g verskeidenheid van ultra-dun skaafsels van die hoender,ham en gerookte beesvleis
250 ml verskeidenheid van gesnyde ingelegde uie,
komkommer en peppadews

Rigtings
Rangskik die Bakers Snacktime Soutkoekies in die lang kant van ‘n groot opdienbord. Rangskik die slaaiblare op die res van die bord.
Skep die kruiebotter, knoffel mayonnaise en tamatiesous-brandrissie roomkaas in klein bakkies en plaas dit op die bord. Nou reël om die res van die bestanddele oor die blare op die bord.
Sit ‘n teelepel in die mayonnaise en klein botter messe in die botter en room kaas en siedaar! Laat jou gaste bou hul eie uiteindelike snack.

Genoeg vir 6 – 8.

Kruiebotter dip
Meng 125 g botter en 45 ml gemengde gekapte vars kruie soos tiemie, basiliekruid, grasuie, pietersielie en roosmaryn.

Knoffel mayonnaise dip
Meng 200 ml Franse-styl mayonnaise en 5 – 15 ml fyngekapte knoffel en 45 ml fyngekapte pietersielie.

Tamatie-brandrissie room kaas dip
Meng 200 g plain roomkaas, 30 ml tamatiepasta, 15 ml vrugte blatjang, 5 – 10 ml gekapte rooi brandrissie en 30 ml gekapte koljanderblare

BRON- Bakers Recipes