PLAATKOEKIES (grootmaat)

PLAATKOEKIES (grootmaat)
Resep vir 240 porsies van 70 g per porsie:
56 eiers
7 kg koekmeel
450 g bakpoeier
80 g sout
700 g suiker
8.5 liter water
800 ml kookolie

Sif al die droë bestanddele saam, en klits die nat bestanddele saam en meng dan die twee met mekaar. Net soos pannekoek deeg altyd beter as dit ‘n rukkie gestaan het.
Bak maar tot die deeg klaar is dan sal jy weet hoeveel keer om die deeg weer aan te maak.
Resep:  Regina Badenhorst




PLAATKOEKIES

 

PLAATKOEKIES

Ek vat die resep en verminder net die water om dikte reg te kry, kan pannekoek, wafels, plaatkoekies mk met dit,

1 k koekmeel
5 ml bakpoeier
15 ml olie
1 eier
Knippie sout

Sif 1ste 2 en kilts laaste 3, gooi saam water en kilts als saam.

Water hoeveelheid hang af wat jy maak,

BRON- Lianmi Kotze




PLAATKOEKIES OF WAFELS

996074_647866528613052_269882253_ntested

PLAATKOEKIES OF WAFELS

Klits:
2 eiers
500 ml karringmelk (1 houertjie)
2 e olie
Sif saam (ek sif sommer bo-oor bg):
500 ml koekmeel
1½ e suiker
bietjie sout
1 t koeksoda

Dan klits ek alles stadig en braai in pan wat liggies gesmeer is met olie – sodra borreltjies maak een kant, dop om – pan moet nie te warm wees nie en ook nie te koud nie.

Resep en Foto:  Marietjie Nel




JACKEY SE PLAATKOEKIES

 1530323_763580353656480_453854051_n tested
JACKEY SE PLAATKOEKIES
Ek het nou ‘n resep uit desperaatheid uit gedink. Ek was nie lus vir kook nie en wou plaatkoekies maak.
Ek wil graag my resepie met julle deel. Ek het my eie resep nou uit gedink want het nie al die goed gehad nie.
1 loaf brood
koppie melk
2 eiers
koppie koekmeel
Sny die kante van die brood af en breek die binneste gedeelte in klein fyn stukkies. Gooi 2 eiers in. Gooi melk en koekmeel saam in en meng goed.
Gooi klein bietjie kookolie op bodem van braaipan. Sit eetlepel mengsel in pan en braai vir min. Draai om met eierspaan en druk plat. Braai vir min en haal uit. Moet ligbruin vertoon.
En almal het dit geniet.
Foto en resep deur Jackey Alberts



GLUTENVRYE PLAATKOEKIES

plaatkoekies gluten vry

GLUTENVRYE PLAATKOEKIES
2 koppies Glutenvrye meel
2 eiers
5 eetlepels suiker
1 ½ eetlepels gesmelte botter
4 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
1 koppie melk

Klits die eiers en suiker saam.Voeg helfde van die melk en botter by. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg dit by die meelmengsel. Meng.
Moet die mengsel nie roer nadat alles goed gemeng is nie. Bak dit in ‘n goed geoliede pan. Ek drup lepels vol in gesmeede eierringetjies wat binne in die pan is. Bak aan eenkant en as dit bo-op vol lugblasies is, maak dit los van ringetjie en draai dit om..

Geniet met Heuning of lekkerte van jou keuse.
Foto en resep geplaas deur Rina Burger




PAMPOEN FLAPJACKS/ CRUPETS/ PLAATKOEKIES

  

PAMPOEN FLAPJACKS/ CRUPETS/ PLAATKOEKIES
250 g pampoen in blokkies
3 eetlepels bruinsuiker
1 eetlepels sonneblom olie
5 ml vanilla
2 groot eiers
250 ml karringmelk
knippie sout
2,5 ml kaneel
210 g bruismeel
botter om in te braai en klein bietjie ekstra olie

Stoom die pampoen tot gaar +- 20 minute.
Plaas die warm pampoen, suiker , olie en vanilla in n menger en meng tot glad.
Voeg die eiers, karringmelk , sout kaneel en meel by.
Meng .
Verhit n knop botter in n pan saam met n bietjie sonneblom olie, en skep teelepels vol pampoen mengsel daarin, braai tot daar lugborrels versyn soos by gewone flapjacks/ plaatkoekies en draai om.
Bedien met kaneelsuiker, stroop, heuning, roomys of room.
Foto: Marietjie Nel
Resep geplaas deur Hanlie Oosterhuis




PLAATKOEKIE BêREMENGSEL

flapjackstested

PLAATKOEKIE BêREMENGSEL
Hierdie resep het ek gekry nadat ek iemand omgekoop het (*bloos*) om dit vir my te kry. ‘n Jaar of twee in die tjoekie is dit die moeite werd!! (“,) As jy eers eenkeer hierdie resep gemaak het, sal jy nie sommer teruggaan na die “gewone” plaatkoekie resep nie. Geniet dit!!

6 x 250 ml koekmeel (ek gebruik sommer bruismeel en los dan die bakpoeier uit)
90 ml bakpoeier
250 ml suiker
175 ml margarien
Vryf botter in meel in en sit in plastiese houer in yskas.
Wanneer nodig :
250 ml mengsel
1 eier
klein bietjie melk
druppel olie

Genoeg vir 3 medium plaatkoekies.
Braai in bietjie olie tot ligbruin albei kante.
Bedien met stukkies brosgebraaide spek en stroop.
My huismense is totaal en al versot hierop. Soms wissel ek die stroop af met spek en roomkaas . . . dekadent!!
Resep:  Lorraine Weitz Brand
Foto:  Brineel du Toit




PLAATKOEKIES

PLAATKOEKIES
2 kop koekmeel
2 eiers
4 eetlepels suiker
1 eetlepel gesmelte botter
4 teelepels bakpoeier
halwe teelepel sout
1 kop melk


Klits eiers en suiker saam.
Voeg halwe kop melk en botter by.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg by eiermengsel.
Voeg ander halwe kop melk by om gladde deeg te vorm.
Bak in pan in bietjie olie of “spray en cook” jou pan, werk netso goed!

RIANA DU PLESSIS




TOEBROODJIE ROOSTER PLAATKOEKIES

toebroodjierooster plaatkoekiestested

TOEBROODJIE ROOSTER PLAATKOEKIES
Genoeg vir 4-6 mense

250 ml (1 k) koekmeel
180 ml (¾ k) gerasperde cheddarkaas
1 eier, geklits
180 ml (¾ k) melk
10 ml (2 t) bakpoeier
60 ml (4 e) olie
sout na smaak
Meng al die bestanddele terwyl die toebroodjiemaker warm word.
Skep eetlepels vol van die beslag in die onderste helfte en maak die toebroodjierooster toe.
Waneer goudbruin, keer uit en sit voor met kaas of konfyt van jou keuse.

Foto:  Tanya Smith


 




CHOC CHIP PLAATKOEKIES


CHOC CHIP PLAATKOEKIES
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
15 ml suiker
1 ekstra groot eier
150 ml melk
15 ml botter gesmelt
choc chip, soveel soos jy wil
olie vir braai

Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Voeg die suiker by. Klits die eier, melk en gesmelte botter saam en voeg by die droë bestanddele.
Voeg die choc chips by en meng goed deur. Laat rus vir 30 min.
Voeg ‘n bietjie water by as die beslag te dik is.
Braai in olie soos plaatkoekies.
GENIET!
Bron: Annette Breytenbach van Wyk