KAAS-PLAATKOEKIES

2014-12-03-kaasplaatkoekiestested

KAAS-PLAATKOEKIES

½ koppie fyngekapte ui
2 eetlepels botter of margarien
¼ koppie meelblom
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
6 eiers
2 koppies gerasperde kaas
Braai die uie tot goudbruin in die botter. Sif die meelblom, sout en bakpoeier saam. Klits die eiers goed. Vou die kaas in die eiers en dan die droë bestanddele en ook die uie. Skep lepelsvol op ‘n warm gesmeerde pan. Bak bruin aan die een kant, draai om en bak anderkant.
Tamatiesous:
1 klein blikkie tamatiesop
1 teelepel Worchestersous
‘n paar druppels rissiesous
Meng en verhit tot dit kook en bedien saam met die koekies.

Foto en resep geplaas deur Adam Cloete




APPEL PLAATKOEKIES

Appelplaatkoekiestested

APPEL PLAATKOEKIES

Gewone plaatkoekie deeg met skyfies appel. Gebruik ‘n leë pillehouer om die middel uit te druk

Resep en Foto: Jenny Schneigansz




GI FLAPJACKS

 

tested

GI FLAPJACKS
En my flap jacks van gister het nie die vrieskas gehaal nie. Het vir my na ete diabetiese snack 2 gehad. Toe vir ontbyt en vir nagereg vanmiddag. Nou opie la!!!!. Dit is darem nie so erg soos dit klink nie want het klein resep gemaak. Het ook van die meel met oatbran vervang om die GI te verlaag en Agave gebruik ipv suiker. Ook baie kaneel – bring suiker vlakke af. So ek reken ek was “Soet, stout”
Dit is die resep wat ek gebruik het
1 cup all-purpose flour,
2 tablespoons sugar
2 teaspoons baking powder
1/2 teaspoon salt
1 cup milk
2 tablespoons unsalted butter, melted, or vegetable oil
1 large egg
1 tablespoon vegetable oil

Whisk together flour, sugar, baking powder, and salt; set aside.whisk together milk, butter (or oil), and egg. Add dry ingredients to milk mixture; whisk until just moistened (do not overmix; a few small lumps are fine). Spoon your batter in your pan. Cook until surface of pancakes have some bubbles and a few have burst, 1 to 2 minutes. Flip and cook until browned on the underside, 1 to 2 minutes more.

MY VARIASIE – Het Agave gebruik in plaas van suiker. 2 eetlepels meel vervang met 2 eetlepels Oat Bran. olie ipv botter (dit was gevries). Het toe 3 ryp piesangs fyn gemaak en bygevoeg en toe somer na gedagte ekstra melk. Sal volgende keer dieselfde doen maar eers beslag meng sodat ek weet hoe dit moet wees dan piesangs en aanpas met ekstra melk.
BRON- VAL ASHBURY
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




PATAT PLAATKOEKIES

patat plaatkoekiestested

PATAT PLAATKOEKIES

1.5 koppies gaar patats (geskil en in blokkies, nie te waterig – ek het die oranje patats gebruik)
2 eiers
1.5 koppies meel
2 koppies melk (ongeveer, of 1 melk en 1 water)
1.5 teelepels bakpoeier
Knippie sout
1/4 koppie suiker
Olie vir vlakbraai
Kaneelsuiker

1. Maak gaar patats goed fyn.
2. Klits die eiers goed. Voeg suiker stelselmatig by en meng goed.
3. Voeg sout en bakpoeier by en meng goed.
4. Voeg nou meel en melk om die beurt by terwyl jy meng en tot al die meel op is.
5. Voeg patats by en meng.
6. Voeg nou oorblywende melk by tot die beslag die regte tekstuur bereik (slapperige plaatkoekie deeg).
7. Braai lepelsvol in medium warm olie op medium hitte plaat soos gewone plaatkoekies.
8. Sprinkel kaneelsuiker oor.

Ons het dit saam met frikadelle en slaai geëet – hmmmmmm!

Foto en resep Hanta Henning

 




KLAPPERMEEL-PLAATKOEKIES

2014-07-12-klapperbroodjietested

KLAPPERMEEL-PLAATKOEKIES

1 eier
2 eetlepels klappermeel
Sout
2 eetlepels room

Meng die bestandele saam en maak in warm pan gaar met botter. Hierdie resep maak 2 “broodjies/koekies”

Bron en foto:
Gillian Logan Bredenhann




SOURDOUGH CRUMPETS

sourdough crumpetstested

SOURDOUGH CRUMPETS

http://foodloversrecipes.com/100-suurdeeg/

 Jy neem 1x koppie suurdeeg “starter” (die gedeelte wat jy sou weggooi voor ‘n voeding) gooi daarby 1x teelepel suiker en ‘n 1/2 teelepel sout en 1/2 teelepel bakpoeier, meng goed saam en bak dadelik!! Geniet soos enige ander plaatkoekie! Bron: The Freshloaf.com

Groete  Pieta van der Walt




PLAATKOEKIE

2014-06-01-10298915_684809294887779_6774224485947530884_ntested

PLAATKOEKIE
2 eiers
1/2 koppie suiker
1 koppie melk
2 eetlepels gesmelte botter
2 koppies meelblom
4 teelepels bakpoeier gelyk met lepel
1/2 Tteelepel sout

Meng als saam. Daar moet geen klonte in die mengsel wees nie. Bak in ‘n warm pan as een of kleintjies deur lepels vol te bak
Dis ‘n baie lekker resep.




PAUL HOLLYWOOD SE CRUMPETS

2014-05-03-flapjackstested

PAUL HOLLYWOOD SE CRUMPETS

Paul Hollywood se Crumpets vanoggend gemaak vir ontbyt – met tuisgemaakte appelkooskonfyt en kaas.
175 g sterk witbroodmeel
175 g koekmeel
14 g kitsgis
1 eetlepels strooisuiker
350 ml warm melk
Los die suiker in die melk op, voeg by die meel en meng goed. Baie harde werk vir die hande, trek die menger nader en laat loop vir so 3 minute.
Sit ‘n doek oor en laat rys vir 1 uur. Die deeg sal hoog rys en dan begin terugval, dis wanneer dit reg is om te gebruik.
Meng nou :
150 ml lou water
½ teelepel koeksoda
1 teelepel sout
Klop by die meelmengsel om ‘n dikkerige deeg te vorm. Laat staan vir 30 minute.
Bak in houertjies in a pan op matige hitte. Wag tot die bokant byna gaar is voordat dit omgedraai word.
Geniet!

Foto: Nicolette Fick




PLAATKOEKIES MET BOTTER EN STROOP

plaatkoekiestested2015-06-16-plaatkoekiesmetbotterenstroop

PLAATKOEKIES MET BOTTER EN STROOP

2 groot eiers, liggies geklits
125ml suiker
250ml melk
30ml gesmelte botter of olie
500ml koekmeel
20ml bakpoeier
Botter & Stroop om voor te sit

METODE
klits eiers en suiker saam tot lig
voeg 125ml melk by gesmelte botter of olie en roer goed
sif meel, bakpoeier en 2ml sout saam in mengbak
roer die droë bestanddele by eiermengsel
voeg orige melk by mengsel om gladde beslag te vorm
drup lepelvol in pan, draai om sodra borrels bo-op vorm
bak plaatkoekies tot alkant goudbruin is en sit warm voor

Foto: Marie Dumas Jennings

 




WILMA SE PLAATKOEKIES

plaatkoekies wilmatested

WILMA SE PLAATKOEKIES

My kleinsus Amanda, haar dogter Amies en kleindogter Candice, het kom kuier toe bak ek chop-chop plaatkoekies…
Hier is my resep
2 koppies bruismeel
2 eiers (medium grootte)
knippie sout
4 teelepels suiker
200ml water
50ml kookolie
Gooi die bruismeel, sout en suiker in ‘n bak en meng deur. Gooi nou die eiers, olie en water by en meng tot ‘n lekker stywerige beslag wat van die lepel af drup. Skep lepelsvol deeg in ‘n kleefvrye pan (ekt so oulike bakplaatjie waarop ek myne bak) tot blasies vorm bo-op.. draai om en bak goudbruin aan die anderkant.. bedien met kaas, konfyt en margarien.. (of waarvan jy ookal hou)

Foto en resep deur Wilma Josey Venter