SJINESE PLAATKOEKIES

SJINESE PLAATKOEKIES
Ek het die Chinese Pancakes probeer. En is dit heerlik. Die mengsel is soos ons gewone flapjacks se deeg maar die eierwitte word styf geklop en by gesit. Heerlik saam met stroop of soos ek suurlemoen stropie oorgegooi het.
2 koppies koekmeel, gesif saam met knippie sout
2 teelepels bakpoeier
3 eetlepels suiker
1 ½ koppies karringmelk (my eie gemaak met gewone melk en 2 eetlepels wit asyn)
3 eiers, geskei
1 teelepel vanilla essense
1 eetlepel margarien, gesmelt

Klits eiergele met melk , vanilla en botter en voeg by meel.
Klop goed.
Klits eierwitte styf en vou by mengsel in.
Nou sit jy 2 koekiedrukkers in jou pan en skep so 2 -3 eetlepels in elke een en sit ‘n deksel op sodat die deeg kan rys. En keer dan om om aan die ander kant ook te bak.
Gooi stroop bo-oor sodra jy dit op bord sit.
Heerlik.
Resep en foto: Ronel Muller Thoma




NO FLOP FLAPJACK PANCAKES


NO FLOP FLAPJACK PANCAKES
2 eggs
3 cups milk
2 ½ cups cake flour
1 ½ tablespoons baking powder
1 cup water
5 ml vanilla essence
pinch of salt

In a mixing bowl add the flour, salt and baking powder.
Add the eggs, 2 cups of milk, water and vanilla essence and mix with a whisk till just mixed.
Set the aside for 45 min.
Add the last 1 cup of milk and mix till just mixed.
In a non-stick pan, spray with spray and cook.
On high heat in a soup spoon add a ¼ of the mixture in the pan.
Turn all over till the whole pan is covered.
If the flapjack pancake makes holes on top and begin to dry a little and the mixture is not wet on top, turn over to the other side till also golden brown.
Can be served with cinnamon and sugar, some mince or with any filling you like!
Makes 12 flapjack pancakes.
Serve and enjoy!
Photo and recipe:  Kristie Townsend
Second Photo:  Mareli Dahl –  Dankie dis heerlik 😋




EASY AND HEALTHY BANANA OAT FLAPJAKES

EASY AND HEALTHY BANANA OAT FLAPJAKES
2 bananas
2 eggs
½ cup rolled oats
½ teaspoon baking pwoder
pinch of salt
maple syrup or honey or peanut butter or combination… to serve (optional)
Or
fresh fruit of your choice


In a blender, combine the peeled banana, eggs, oats, baking powder and salt.
Allow to blend until the mixture is as smooth as you want it and blended well.
Allow the batter to stand for 10-20 minutes until thickened slightly.
Heat a non-stick frying pan over medium heat.
Fry spoonfuls of the batter until golden brown on both sides.
Serve with a drizzle of maple syrup and fresh fruit of your choice.

Photo: Cecilia Richards




STAPEL-PLAATKOEKIES


STAPEL-PLAATKOEKIES
1 eier
25 ml suiker
7 ml gesmelte botter
1 koppie koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
125 ml melk

Klits die eier en suiker goed saam
Klits melk by en dan die smeer
Sif meel, bakpoeier en sout by
Roer net tot gemeng
Bak op warm gesmeerde plaat
Stapel opmekaar met stroop en roomys bo-op

FOTO EN RESEP:  Frieda Greyling




FRIEDA SE BRAAI EN SLAAI

FRIEDA SE BRAAI EN SLAAI
Sondag BRAAI EN SLAAI…heerlike Aartappelslaai, lekkerder kry jy nie! Noedelslaai vir die boer, Ansie se Beet, Stokbrood, Hoender Sosaties, Tjop’s en natuurlik my tuisgemaakte Boerewors…en die boer kon nie die nagereg inkry…die bere ons maar vir later. Stapel Plaatkoekies met roomys en stroop.
STOKBROOD
2 koppies koek en broodmeel gemeng
5 ml gis
2,5 ml sout
15 ml suiker
koppie lou water

Meng alles en knie goed.
Laat rys, knie af.
vorm 2 balle vir bekerbrood en deel res van deeg in 2 kleiner balle en rol dit in ‘n lang reep, druk effens plat en draai dit om ‘n sosatie stok.
Laat weer rys en braai stadig op vuur tot gaar.
WARM AARTAPPELSLAAI
Hang af vir hoeveel mense, ek het resep halveer vir my en Gali.
4-6 groot aartappels
250 g ontbytspek, gekap
25 ml olie
2 uie, gekap
75 ml blatjang
75 ml witasyn
15 ml mielieblom
250 ml melk

Skil en sny aartappels blokkies en kook tot sag.
Braai spek in bietjie van olie.
Skep uit en skep by gaar aartappels.
Soteer uie tot gaar.
Voeg res van olie, blatjang en asyn by uie en braai 2 min by lae temperatuur.
Meng mielieblom en melk en giet dit oor die uiemengsel,  roer goed.
Meng aartappels en spek en skep die uiesous oor.
Bedien warm

NOEDELSLAAI
½ pak macaroni klaar gaar
½ groen soetrissie of ui, fyngekap
½ koppie olie
½ koppie witasyn
½ koppie tamatiesous
sout en peper
10 ml kerriepoeier
Meng alles deur en plaas in die yskas.

PLAATKOEKIES
1 eier
25 ml suiker
7 ml gesmelte botter
1 koppie koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
125 ml melk

Klits die eier en suiker goed saam.
Klits melk by en dan die smeer, meng goed.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg by.
Roer net tot gemeng.
Bak op warm gesmeerde plaat.
Stapel opmekaar met stroop en roomys bo-op.
Foto en resep:  Frieda Greyling




SARIE SE PLAATKOEKIES

SARIE SE PLAATKOEKIES

500 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
30 ml suiker
2 eiers
250 ml karringmelk
2,5 ml vanieljegeursel
15 ml botter vir braai
Sif meel , bakpoeier , sout en suiker saam en maak n holte in die middel . Klits eiers , karringmelk en vanielje saam en klits dit dan by die meel-mengsel tot glad . Verhit n pan met die botter en skep lepels vol beslag in die pan en braai albei kante tot bruin . ek het strawberrie jam en geklitste room met bietjie versiersuiker by geklits .
Foto: Petro Van Genderen




KARRINGMELK PLAATKOEKIES

KARRINGMELK PLAATKOEKIES
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
5 ml sout
500 ml karringmelk
2 eiers
25 ml gesmelte botter
15 ml suiker

Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda, sout saam.
Klits die karringmelk, eiers, botter en suiker saam. Voeg die vloeistof by die meelmengsel.
En roer tot gemeng.
Braai in bietjie olie (ekt Myne in my pannetjie gebak met cook en spray)
Lekker!!!! Glad nie droog nie.

Foto: Benhet Nieuwenhuis
2de foto:  Marika Tegmann
Ek het so halwe koppie gemengde bessies by gesit vir die soet suur smaak. So saam met die roomys en die Toffie sous (Gekoop) was dit baie lekker gewees. Het ook ses groot plaat koeke uit gekry




PETRO SE PLAATKOEKIES

Petro se plaatkoekiestested
PETRO SE PLAATKOEKIES
500 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
30 ml suiker
2 eiers
250 ml karringmelk
2,5 vanilla guerser
15 ml botter vir braai

Sif meel, bakpoeier, sout en suiker saam en maak ‘n holte in die middel.
Klits eiers, melk en vanilla saam en klits dit dan by die meel-mengsel tot glad .
Verhit ‘n pan met botter en skep lepels vol beslag in die pan, braai albei kante tot bruin en gaar.
Ek bak die plaatkoekies op medium hitte, want as dit te vinnig gaar word, gaan hy gaar lyk aan die buite kant en nog rou binne. Ek toets ook die koekie deur ‘n tandestokkie in te steek, en as hy skoon uit kom weet ek hy is gaar. En hoe jy weet dis tyd om hom om te draai, sal jy sien hy maak klein gaatjies .
Sit warm voor met botter en goue stroop .
Foto: Petro van Genderen




MARIE SE VINNIGE PLAATKOEKIES

plaat koekies_ntested

MARIE SE VINNIGE PLAATKOEKIES
Vinnige plaatkoekies klein resep lewer so 10.
1 koppie koekmeel
1 eier
2 eetlepels suiker
2 teelepels bakpoeier
¾ koppie melk
knippie Sout
2 teelepels gesmelte botter

Klits al die beslag saam, ek het my elektriese klitser gebruik. Jy kan die beslag dubbeld aanmaak as jy wil.
Spuit jou pan met spray en cook.
Bak oor baie lae hitte, ek het my stoof op 3 gehad.
As dit bubbels maak kan jy dit begin omdraai.
Foto: Marie Rheeder Troskie




FUNFETTIE PLAATKOEKIES

FB_IMG_1462189190177tested
FUNFETTIE PLAATKOEKIES
2 eiers
125 ml suiker
250 ml melk
30 ml botter
500 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
2.5 ml sout
125 ml funfetti sprinkels

Meng eiers en suiker en voeg 125 ml melk en botter by.
Voeg droë bestanddele by en res van die melk by.
Meng goed.
Gooi sprinkles by en bak tot gaar in pan met bietjie olie.

Sous
150 ml gewone jogurt – dubble thick werk beste
karamel essence
30 ml versiersuiker
5 ml melk

Meng saam en gebruik tussen plaatkoekies en bo-oor.
Versier met vars vrugte.
FOTO: ADRI REDELINGHUYS