BASIESE BAKKERSMENGSEL


BASIESE BAKKERSMENGSEL
1 kg koekmeel
10 ml sout
20 ml bakpoeier
375 g bakkers margarien of botter, koud grof gerasper
Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en verwerk tot fyn soos broodkrummels.
Stoor in lugdigte houers in die yskas vir 3 maande. Gebruik soos nodig.
Kaasskons:
1 ½ koppie bakkersmengsel
2 teelepels bakpoeier
70 g (½ koppie) koekmeel
30 ml (2 eetlepels) wit- of bruinsuiker
1 koppie Cheddarkaas, gerasper
1 medium eier, geklits
125 ml (½ koppie) volroommelk
Voorverhit die oond tot 190ºC en smeer ‘n bakplaat.
Meng die droë bestanddele en die kaas saam in ‘n mengbak. Maak ‘n holte in die meelmengsel en voeg die eier en melk by.
Gebruik twee tafelmesse en sny die melk en eier liggies in die meelmengsel in. Moenie die deeg oorbewerk nie, indien daar nog wit meel dele sigbaar is, is dit nie ‘n probleem.
Keer die deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlakte en druk dit liggies plat tot ongeveer 3 cm hoog.
Druk skonvorms uit met ‘n koekie drukker of maak een groot skon. Plaas die deeg op die gesmeerde bakplaat en druk die res van die deeg, indien daar oor is, weer liggies aanmekaar en verwerk.
Bak in die voorverhitte oond vir 20 – 25 minute. Bedien die skons louwarm.
Porsies: 6 – 12 skons afhangende van grootte. Een groot skonwiel kan ook mooi lyk, asook deeg in kolwyntjie panne gebak. Geniet en speel lekker.

Broskorsdeeg:
2 koppies bakkersmengsel
1 groot eiergeel
4 eetlepels kouewater
Plaas bestanddele in ‘n voedselverwerker en draai die lem totdat die mengsel ‘n bol vorm. Haal uit en druk die deeg plat. Plaas dit in ‘n sakkie en verkoel die deeg vir 20 minute voordat dit uitgerol word.
Gebruik die deeg in alle pasteiresepte soos voorgeskryf.
Wenk:
Die deeg kan rou gevries word vir maksimum 4 maande.
Porsies: Genoeg vir 12 handpasteie van palmgrootte of een groot pastei vir ‘n pasteibak.

Plaatkoekies:
2 koppies bakkersmengsel
1 teelepel bakpoeier
1 ml koeksoda
30 ml (2 eetlepels) witsuiker
200 ml melk
1 ekstra groot of groot eier
Klits die bestanddele saam in ‘n mengbak en laat die deeg vir 20 min rus om te verdik.
Bak lepelsvol deeg op mediumwarm plaat in ‘n kleefvrye pan sonder enige olie.
Bedien warm.
Resep geplaas: Santie Carelse




PLAATKOEKIES/PANNEKOEK/WAFELS VEERLIGTE DIKMELK WEERGAWE


PLAATKOEKIES/PANNEKOEK/WAFELS
VEERLIGTE DIKMELK WEERGAWE
Voor ek gevra word daarvoor – ek het nie ‘n foto nie. Die produk lyk soos elke ander plaatkoekie, as ek weer bak, sal ek sorg dat ek ‘n foto neem voor dit alles verorber is.
Die melk of room moet werklik baie dik en baie suur wees – dis die geheim van die resep.
Droë bestanddele:
Sif saam:
2 koppies koekmeel
1 eetlepel Maizena
1 teelepel koeksoda
½ teelepel sout
1 eetlepel suiker
Nat bestanddele:
2 eiers, geskei
2 koppies dik suur room of melk
Klop die eierwitte styf. Voeg die eiergele by die droë bestanddele saam met die dik suur room/melk. Meng.
Vou styfgeklopte eierwitte by en bak. Werk ewe goed vir plaatkoekies, pannekoek of wafels.
Resep gekry van Anette Smith en geplaas deur Petro Borchard
Foto:  Petro Borchards




EIERLOSE PLAATKOEKIES MET HAWERMOUT


EIERLOSE PLAATKOEKIES MET HAWERMOUT
125 ml hawermout (oats)
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml koeksoda
2 ml sout
15 ml asyn
50 ml olie
250 ml water

Meng hawermout, koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout.
Meng asyn, olie en water. Roer die helfte van die vloeistof by die droë bestanddele. Meng dan die res van die vloeistof by. Bak lepelsvol beslag in warm pan.
Resep: Elsabe Le Roux




MIELIE PLAATKOEKIE POFFERTJIES


MIELIE PLAATKOEKIE POFFERTJIES
Lekker mielie plaatkoekie-poffertjies gemaak vir kleingoed vanaand.
Meng die volgende saam en hou eenkant:
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knypie sout
1 eetlepel suiker

Meng die volgende saam:
1 eier
6 eetlepels melk
4 eetlepels water
2 eetlepels olie

1 blik suikermielies

Meng vloeistof en voeg by meelmengsel, meng net tot goed gemeng is. Voeg mielies by en meng goed deur. Skep lepels vol in warm pan met klein bietjie warm olie, nie te warm, dan raak die plaatkoekies te vinnig donker. Draai een keer om en sodra gaar, haal uit en pak op kombuispapier.
Kleingoed gaan lekker smul in hul kosblikke.
Resep geplaas Sophia Lindeque
Foto: Sophia Lindeque




DONSIGE PLAATKOEKIES SONDER EIERS


DONSIGE PLAATKOEKIES SONDER EIERS
(maak 20 plaatkoekies)
375 ml (210 gram) koekmeel
20 ml bakpoeier
15 ml suiker
335 ml melk
5 ml witasyn
60 ml gesmelte botter
sonneblomolie vir braai
roomkaas of dik room
heuning en kaneel om voor te sit.

Sif die koekmeel, bakpoeier, suiker en 5 ml sout saam in ‘n groot mengbak.
Meng die melk, witasyn en gesmelte botter saam in ‘n aparte mengbak.
Roer die vloeistof en droë bestanddele bymekaar tot goed gemeng.
Bak dadelik die plaatkoekies.
Verhit ‘n dun lagie olie oor matige hitte in ‘n kleefvrye pan.
Skep lepels vol van die mengsel in die pan.
Wanneer dit goudbruin is, draai die plaatkoekies om en bak die ander kant.
Skep dit met ‘n eierspaan uit en laat dit eenkant afkoel.
Sit die plaatkoekies voor met ‘n lepel vol roomkaas of dik room bo-oor en rond dit af met heuning en kaneel.
Resep geplaas deur Jane Lerm
Foto: Jane Lerm




PAMPOEN PLAATKOEKIES


PAMPOEN PLAATKOEKIES
250 g pampoen
3 eetlepels bruinsuiker
1 eetlepel olie
5 ml vanilla
2 eiers
1 koppie karringmelk
knypie sout
½ teelepel kaneel
210 g bruismeel

Maak pampoen gaar.
Plaas warm pampoen in ‘n bak en voeg die suiker-olie-en vanilla by en meng deur, voeg eiers, karringmelk, sout, kaneel en meel by en meng tot glad.
Bak soos gewone plaatkoekies in vlak olie en bedien met kaneelsuiker, goue stroop of heuning. Heerlik!
Beproef en Foto © Roni Van Der Walt




EIERLOSE PIESANG PLAATKOEKIES


EIERLOSE PIESANG PLAATKOEKIES
(Diabeet vriendelik)
Lewer 6 groot plaatkoekies
1 oorryp piesang, fyngedruk (moenie meer as 1 gebruik nie, dan raak die plaatkoekies kluitjierig en rou in die middel)
1 koppie bruismeel
1 teelepel fyn kaneel
1 koppie melk
1 eetlepel olie
2 eetlepel xylitol (of enige versoeter)
5 ml karamel essense

Meng alle bestanddele, maar moenie oorwerk nie.
Spuit n kleefvrye pan met kossproei en verhit oor medium hitte.
Skep lepelsvol deeg in die pan.
Die deeg sal begin set om die kante en bubbels vorm, wat aandui dit kan gedraai word.
Geniet warm saam met heuning!
Resep geplaas deur Leandri Potgieter
Foto: Leandri Potgieter




ILSE’S CRUMPETS


ILSE’S CRUMPETS
4 tablespoon of butter
1 cup of flour
3 tablespoon of sugar
a pinch of salt
2 teaspoon of baking powder
2 eggs
1 cup of milk
½ teaspoon of vanilla essence

Melt the butter over a low heat or (microwave).
Mix the dry ingredients together in a large bowl.
Mix the wet ingredients including the melted butter in another smaller bowl.
Pour the wet ingredients into the bowl of dry ingredients and stir for about 1 minute.
Drop spoonful of the batter into a hot pan.
When bubbles form on top flip the crumpets over fry till golden brown,serve with syrup or honey and cream.
Recipe and Photo: Ilse Los




ET CRUMPETS


ET CRUMPETS
250 ml cake flour
10 ml baking powder
30 ml castor sugar
pinch of salt
1 egg
200 ml milk
15 ml melted margarine

Sift the dry ingredients and beat the egg, milk and melted butter together and add to dry ingredients. Beat till smooth and allow to stand for 30 min.
Fry spoonfuls of the batter in a hot oiled pan or on a griddle.
Turn when bubbles appear on surface.
Serve with jam, butter, honey or grated cheese.
Recipe posted by Elsabie Templeton
Photo: Elsabie Templeton




FLAPJACKS WITH STRAWBERRY JAM


FLAPJACKS WITH STRAWBERRY JAM
Jam:
500 g (2 punnets of strawberries)
1 ½ cups of sugar
juice of ½ a lemon
zest of ½ a lemon

Add everything together and let it cook on stove for 45 min to 1 hour on a medium heat . Cool and eat.

Flapjacks:
1 ½ cups cake flour
4 teaspoons baking powder
pinch of salt
1 cup of milk
1 egg
1 ½ teaspoon vanilla essence
¼ cup butter

Mix wet and dry ingredients together.
Drop 1/3 cup of mixture onto a greased frying pan. (not to hot). When bubbles form flip over.
Photo and recipe:  Yasmeen Ibrahim
2nd Photo:  Yolande Bekker