EENVOUDIGE KAPOKAARTAPPEL PIZZA

kapokaartappel pizzatested
EENVOUDIGE KAPOKAARTAPPEL PIZZA
± 10 medium aartappels
1 ½ – 2 koppies bruismeel
5 ml sout
50 ml melk
3 – 4 groot eiers
uie
soetrissie
wors

Maak kapokaartappels soos jy gewoontlik sou doen. (Ek het so ± 10 medium aartappels gebruik)
Ek het dit nie heeltemal fyn gemaak, omdat ek effe skurwer textuur verlang het.

Skep die aartappels in ‘n mengbak en sif  die bruismeel en sout by.
Meng dit goed deur. (ek het so bietjie die hande gebruik, soos as jy brooddeeg sou maak)

Voeg dan ‘n slukkie melk en eier by (voeg dit bietjie vir bietjie by) en meng dit tot dat jou deeg min of meer soos ‘n koekbeslag lyk.
Smeer ‘n oond pan met margarien/botter of spray and Cook.
Plaas jou beslag daarin.
Bak in voorafverhitte oond teen 180°C vir sowat 15 tot 30 minute, of totdat jy sien dis gaar soos met koek.
Haal uit en laat afkoel.

Terwyl jou “aartappelkoek afkoel” braai van jou gunsteling bestanddele:
uie
soetrussie
wors, maak net half gaar

Ons het lekker klein pannetjies sodat elkeen sy eie pan voorgesit kan word.
Dus het ek my aartappelkoek in kleiner porsies gesny en daarin geplaas.

Bedek/smeer nou die “koek” met tamatie en uie smoor.
Sprinkel bietjie kruie oor.

Hier is waar die res van die familie nou betrokke raak.
Laat elk vir hom/haar sy eie Pizza bou.
Elkeen pak nou sy basis met lekkerhede, uie ens.
Bedek dan met ‘n laag kaas van jou keuse.
Plaas dit terug in die oond en laat die kaas smelt (en dis hoekom jou wors nie heel gaar gemaak moet wees, anders is dit bietjie droog)

En daarsy!

Resep en Foto: Henry Knaus-Bekker




LEKKER PIZZA MET DUN KORS

lekker pizzatested
LEKKER PIZZA MET DUN KORS
Het gisteraand weer ‘n bose pizzas gebou.
Die deeg gemaak van 1 k bruismeel, 1 k bulgaarse dubbel gewone yogurt met bietjie sout, as dit te sag is voeg nog bietjie meel by en meng tot rolbare deeg.

Deel in twee en rol dun uit in min of meer in sirkels.
Bak so agt min in oond by 180 ºC.

Sit jou vulses op en bak tot die kaas lekker gesmelt het.

Die vulsel gisteraand was tamatiepasta,uie marmelade,geroosterde pepers, olywe,spek, salami,roomkaas,moserella, cheddar, artischokke, basil blare, olyfolie, knoffel s en p.

Die deeg is lekker dun en krispie!
Resep en Foto: Martie Fourie Moolman




Pizza

pizzatested

Ek gebruik winkel deeg, 1 pak maak twee panne. Rol dit uit en druk gaaitjies met vurk.
Tamatie en uie blikkie meng ek met vars kruie, basil origanum garlic en roosmaryn en blend.

Dan kom daar op ons s’n:

uie, green pepper, vars pyn appel, rou bacon, muchrooms en mozarelle en cheddar kaas!

Vars bly baas!

Resep en foto: Jenel Ralph van Wyk




KOOS SE PIZZA IDEES

pizza2tested
KOOS SE PIZZA IDEES
Daar is nie n resep vir die kors nie, dit is klaar so gekoop by ‘n deegwinkel.
Die kors was reeds gesmeer en reg om te gebruik. Ek het die kors ekstra gesmeer met “Spur” se “Sweet Chilli dressing”. Daarna het ek vleis gepak.
gammon, opgesny
lamsvleis, opgesny
russians, opgesny
ham, opgesny
bietjie rooi uie, opgesny
fyn knoffel
gekrummelde Feta kaas
pitlose olywe, gehalveer
Mazirelo kaas
Cheddar kaas
Plaas die vleisse op die sous en gaan met die res van die bestanddele aan in volgorde.
Toe ek begin bak het ek die foto afgelaai en gesien die kaas is te min. Fotos jok nie.
Weer die pizza uitgehaal uit die oond, nog Cheddar oor gestrooi en verder gebak.
Fotos en idees: Koos van der Merwe




PIZZA KORS-VINNIGE KORS

PIZZA KORS-VINNIGE KORS

Kors:
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
75 ml kookwater
60 ml olie

Meng die bestanddele met ‘n vurk, totdat dit ‘n bol vorm.
Druk met jou hand die deeg in n viekantige bak vas. Plaas eenkant.
Maak jou vulsel

BRON- Rina Kleinhans




SKON-TIPE PIZZA DEEG

2014-11-23-pizzatested
SKON-TIPE PIZZA DEEG
Kors:
1 koppie koekmeel
10 ml bakpoeier
1 eier
25 ml botter
sout na smaak
en 125 ml melk

Meng goed en smeer pan wat met nie kleefwerende spuitmiddel gespuit is, dun met die deeg. Ek het dit bietjie te dik gesmeer.

Vulsel:
Ek het die maalvleis met ‘n uitjie gebraai, met sout en peper. Toe gooi ek tamatie pasta by en +- 3 eetlepels mayonnaise. Dit bo-op deeg gesit met lekker kaas en dit vir 20 min gebak in oond by 180ºC
Resep en 1ste foto:  Elizabeth Haupt
2de foto:  Nota: Frances Smith
Het vanaand bogenoemde deeg resep dubbel aangemaak en het heerlik uitgekom ☺️
Die vulsel was alles geskat, maar het die volgende bestanddele gebruik:
Tamatie paste
Knoffel
Italian herb Speserye
Maalvleis – gebraai
Greenpeper
Cocktail tamaties
Pynappel
Ham
Salami
Spek blokkies – gebraai
Olywe
Sampioene
Kaas




PIZZA DEEG VIR KLEIN PIZZA’S

pizza2
PIZZA DEEG VIR KLEIN PIZZA’S

BESTANDDELE
500 gr Koekmeelblom
5 ml bakpoeier
250 gr Fyn maaskaas
150 ml olie
150 ml melk
5 ml sout

METODE
Meng melk, maaskaas en olie. Voeg dro¸ bestanddele by.
Knie om sagte deeg te vorm. Rol deeg dun uit. Druk met `n wynglas klein pizza`s uit. Bak eers deeg gaar voor vulsel opgesit word

 




TAMATIESOUS VIR PIZZA BASIS

pizza deeg elsabietested
TAMATIESOUS VIR PIZZA BASIS

(hierdie is my eie resep, gisteraand geskep)

1 blikkie tamatie puree
1 klein blikkie tamatie “paste”
1 groot ui
4 groot knoffel toontjies gekneus of gemaal
1/2 teelepel gedroogde rissievlokkies
1 eetlepel gedroogde Italiaanse kruie
1 eetlepel hoogvol bruinsuiker
sout na smaak

Kap die uie fyn en braai liggies in olyfolie, sit knoffel & kruie by en laat vir paar minute braai sonder om te brand. Gooi blikkie tamatie puree & klein blikkie tamatie “paste” by asook die suiker & sout. Laat stadig prut vir omtrent ‘n half uur. Jy wil ‘n sous het wat nie water trek nie so dit moet redelik dik wees anders word jou pizza basis pap van die vloeistof. Laat afkoel voordat jy dit op jou pizza basis smeer of vries dit op hierdie stadium vir latere gebruik.

Die rissies gee die sous ‘n lekker byt sonder dat hy jou mond verbrand. Ek sal selfs hierdie sous vir ‘n basis gebruik vir tamatie & uie sous vir ‘n braaivleis saam met pap. Sal net nog ‘n blikkie gekapte tamaties bysit en kook.

ek kan net dink dat hierdie sousie perfek gaan werk as jy dit deur warm spaghetti roer en net basilie blare en Parmesan bo op sit

ADAM CLOETE
ek doen basies dieselfde (met ander kruie ens.) maar ek gebruik blikkies gekapte tamaties of tamatie en uie. Dit vat langer om dik te raak maar ek hou van die stukkies wat daarin oorbly. Vir soet sit ek tamatiesous / tamatieketchup by en dan ook so bietjie worchestersous. Ek gebruik dit vir alles wat ‘n tamatiesous basis nodig het. Tamatiebredie, bolognese sous, pizzas – alles.
Resep en foto:  Elsabie Templeton




ITALIAN PIZZA OR CIABATTA DOUGH

ITALIAN PIZZA OR CIABATTA DOUGH
Although this is the least complicated of doughs, made with the most basic ingredients, many bread connoisseurs place the Italian recipe at the top of the list when it comes to sheer enjoyment of good plain bread.
1 x 25 g cube fresh yeast OR 1 x 10 g sachet instant yeast (I use the cube fresh yeast)
625 ml lukewarm water
30 ml olive or sunflower oil (I use Light Olive oil)
15 ml sugar
15 ml salt
420 g/750 ml cake flour
±420 g/750 ml extra cake flour

If fresh yeast is used, crumble the yeast into a mixing bowl, add all the other ingredients except the extra cake flour and mix well. *I put everything into my Bosch mixer with the dough hook attached for blending. If instant yeast is used mix the contents of the sachet with the 750ml flour, add all the ingredients except for the extra flour and mix well.

Add sufficient of the extra flour to form a soft dough. Turn the dough out on a floured surface and knead well for about 6-8 minutes. *In the mixer I blended for about 5mins until quite smooth and elastic.

Flour the bowl (or just leave the dough in the mixer bowl) and put the dough back in bowl, sprinkle lightly with flour, cover and leave to rise in a mildly warm spot for about 30-40 minutes or until completely doubled in size. Knead down and shape as required.

Variations:

You can make plain Italian loaves, olive or olive & herb bread, focaccia and pizza with this dough.

For the pizza I sprinkle semolina or dry mealie meel at the bottom of my pizza pans. Roll the dough out quite thin as I like a crispy base OR press the dough into a pizza plate or rectangular ovenproof dish that has been greased with margarine. Put your preferred tomato sauce (I like using a thick sauce of which most of the liquid has been cooked off so that my pizza does not go soggy) with herbs like dried mixed or Italian blend, garlic, pinch of sugar & salt. You can add onions to your sauce if preferred. Next you toppings go on. My motto with pizza is, LESS IS MORE. The more toppings you add, the better your change of a soggy base. Various cheeses can be added, I prefer just a sprinkling of strong mature cheddar mixed with a bit of grated mozzarella. Bake in pre-heated oven at 180 for 20-25min or shorter if your base is really thin and the pizza smaller. Serve hot from the oven.

Method for ciabatta:
After 3 days in plastic bag in fridge I cut the bag open and let the dough drip onto baking paper sprinkled liberally with flour. Shape gently as required as you don’t want to break the air bubbles inside. Sprinkle with flour over the top and leave another hour or two to get to room temperature and rise more. Then bake at 220°C for 15 mins then turn oven to 180°C and bake another 20 mins or till baked through and when knocking on top you can hear the hollow sound.
Photo:  Elsabie Templeton




PIZZA GEMAAK MET WONDER COOKER DEKSEL

Pizza gemaak met wonder cooker dekseltested
PIZZA GEMAAK MET WONDER COOKER DEKSEL
Die pizza deeg:
500 ml bruismeel
125 ml olie
150 ml kookwater
knippie sout.
Gooi in houer met deksel, seël en skud heen en weer tot deeg vorm. Druk die deeg in ‘n pan vas,  sit vulsel op, maak toe met die wonder cooker deksel en bak op medium heat vir 6 – 7 minute. Ek bak myne bietjie langer so 10 minute. Toets soos jy gaan.
BRON- Madeleine Potgieter