PIZZA MET GUACAMOLE

 

2015-07-10-pizzametguacamoletested

Pizza met Guacamole

BESTANDELE VIR BASIS

750ml koekmeel (ek gebruik sasko)
1 pakkie kits gis
2 tbs kook olie
1 tsp sout
1 tbs suiker
250ml warm water, uit jou kraan uit.

Toppings van jou keuse 

Myne was kaas cherry tamaties en ham.

Meng meel, gis, suiker, sout, olie met die water in n meng bak. Rol die deeg uit en druk dit in n oondbak uit( ek sprei bak met spray and cook) sit gladwrap op en los op n warm plek vir 1 uur.
Dan bak ek die deeg teen 200•c vir 10 min. Sit dan die toppings op, en bak teen 240•c vir nog 10 min. Jy kan alles opsit van die begin af en teen 200•c bak vir 20 na 25 min, maar ek verkies dit anders.
Serve with guacamole ( avocado with lemon juice, salt & pepper.

Foto en resep:  Hugo Taljaard




BLOMKOOL PIZZA BASIS

 

BLOMKOOL PIZZA BASIStested

BLOMKOOL PIZZA BASIS

Basis bestandele:
1 Medium blomkool kop (blommetjies afgerasper of in voedselverwerker opgekap tot dit soos rys lyk)
2 Eetlepels Griekse dubbelroom joghurt
2 Eetlepels geroomde maaskaas (die dikkerige tipe soos Lancewood of Crystal Valley sin, jy wil nie ‘n waterige maaskaas gebruik nie)
1 Eier (geklits)
1 Eetlepel Italiaanse kruie (gedroog)
Groot knippie knoffel sout
½ Koppie gerasperde Mozzarella kaas
½ Koppie fyn Parmesan kaas

Bolaag bestandele:
½ koppie gerasperde Cheddar kaas
½ koppie tamatie puree

Metode:

Sit die gerasperde fyn blomkool in bak en sit kleefplastiek oor en stoom in mikrogolf by 900W vir 7 minute. Laat effens afkoel en gooi uit op ‘n katoen doek (skoon kombuis afdroog vadoek). Rol op en droog uit soos mens ‘n lap of handdoek uitdroog. Jy sal verbaas wees om te sien hoeveel water uitkom. Kry soveel as moontlik van die vog uit die blomkool anders sal jou basis nie suksesvol bak nie. Gooi nou die uitgedroogde blomkool in ‘n mengbak en gooi die res van bestandele vir basis by en meng goed. Sit op bakpapier in ‘n pan, papier moet baie goed gesproei of gesmeer wees sodat die pizza nie gaan vassit nie. Smeer die blomkool basis mengsel oor die bakpapier totdat so 5-8mm dik is en geen oop gaatjies in die mengsel is nie. Bak in voorverhitte oond by 230°C vir ongeveer 25min of tot dit effens goudbruin begin word bo. Haal uit die oond en smeer die tamatie puree oor en strooi die Cheddar kaas bo-oor en sit terug in die oond vir paar minute totdat die kaas gesmelt het. Bedien onmiddelik.
RESEP EN FOTO – Elsabie Templeton




SKILFERDEEG PIZZA IN ‘N BRAAIPAN

SKILFERDEEG PIZZA IN ‘N BRAAIPAN
Ontdooi ‘n pak skilferkorsdeeg.
Die ou het ‘n pan gebruik wat in die oond kan gaan. Sny ‘n sirkel/vierkant die grootte van die pan.
Spuit die pan goed met Spray&Cook.
Stel die oond op 200 grade gesit en doen die volgende:

Doen ‘n “roerbraai” (ek noem dit roerbraai, want jy kan basies enige iets daarin gaarmaak – bacon en wat ookal) in die pan.
Wanneer die “roerbraai” redelik droogerig gekook het, dan sit jy die skilferkorsdeeg bo-op.
Sit die pan in die oond en bak die kors vir +- 20 min (of tot dit mooi uitgerys het en bruin is).
En hier moet ‘n mens versigtig wees: keer die pan om sodat die kors aan die onderkant is en die “roerbraai” bo.
Nou kan jy enige kaas bo-oor sit. Versier met pietersielie/paprika en dit sny soos ‘n pizza en bedien dadelik.
Bron:  Anne Snyman vanaf ‘n TV program.




2 BESTANDELE PIZZA BASIS

2 bestandele pizza basetested
2 BESTANDELE PIZZA BASIS
Gisteraand se pizza!!
Pizza base:
2 koppies bruismeel
1 koppie double cream yoghurt
1 knippie sout

Ek het ‘n knippie sout bygesit! Sal nie weer ander deeg gebruik nie. Was heerlik!!
Sit vulsel van jou keuse op en bak teen 180°C vir ongeveer 20 min.   Ek kan ongelukkig nie presies sê hoe lank nie. Het maar die kaas en die kleur van deeg dopgehou.

Ek het ook gesien Matt Preston maak dieselfde deeg op Masterchef Australia , dan rol hy dit dun uit, in die grootte van ‘n klein bordjie en bak dit in ‘n pan met ‘n biki olyf olie in. Soos naan broodjies. Dan kan jy ietsie opsit en oprol of vou.

Foto 1: Allison Kemp
Foto 2: Elsabie Templeton




PIZZA DEEG EN VULSEL

2015-05-25-pizzatested
PIZZA DEEG EN VULSEL
2 koppies koekmeel
10 g gis
1/3 teelepel sout
1 eetlepel suiker
2/3 koppie lou warm water
Meng 1 koppie meel met als.
Sit stadig 2 de koppie meel in.
Laat staan vir 20 min.

Laat jou oond warm word tot by 200ºC.
Na jou deeg lekker twee keer sy grootte gerys het, maak balletjies.
Neem jou koekroller en rol jou deeg uit in ronde vorm sodat dit in jou pan pas. Onthou om meel te strooi anders plak jou deeg oral vas
Smeer jou tamatie puree op deeg en sit jou vulsel op waarvoor jy lus is.
Growwe sout en organo gee ‘n heerlike smaak.
Steek in oond op bakplaat of onderkant van oondpan waarop jy bietjie meel gestrooi het.

Bak so 7 min of totdat jou kors lyk soos jy daarvan hou.

Moenie bang wees om nou en dan te loer nie…..

Vulsel:  ham, salami, mozzarella, pynappel, uie, gouda, epa se olywe en tamatie puree. Natuurlik avo (ons boer met dit ) elkeen sy eie kombinasie gekies. Die gewone is growwe sout en Morgenzon se lemon infused olive oil

Resep en foto: Jeanette Lubbe




PIZZA TOPPING

2015-05-25-pizzatoppingstested
PIZZA TOPPING

Pepperoni, ham, Parma ham, mushrooms, spring onion, white and red cheddar!
Sauce on one: tin chop tomato, sweet chilli, mayonnaise salt and pepper.
Sauce on 2: tin Tomato, extra hot chilli sauce, salt and pepper!

Recipe & photo:  Madelein Brinklow




PIZZA DOUGH ALLA AMANDA

2015-05-25-pizza-001tested
PIZZA DOUGH
4 cups white bread flour (800g white bread flour) +200g flour extra for dusting
1 teaspoon fine sea salt
1 dried yeast sachet
1 tablespoon golden caster sugar
3 tablespoons extra virgin olive oil
500ml (2 cups) ml lukewarm water
This is a fantastic, reliable, everyday pizza dough, which can also be used to make bread. I made my focaccia with this dough as well. When using white bread flour, make sure it’s one that’s high in gluten, as this will transform into a lovely, elastic dough, which is what you want. In a jug, mix the yeast, sugar and olive oil in the water and leave for a few minutes, then pour into the flour. Bring the flour in gradually from the sides and swirl it into the liquid. Keep mixing, drawing larger amounts of flour in, and when it all starts to come together, work the rest of the flour in with your clean, flour-dusted hands. Knead until you have a smooth, springy dough.
Place the dough in a large flour-dusted bowl (I also spray sides of bowl with olive oil so it doesn’t stick) and flour the top of it. Cover the bowl with cling film and a damp cloth and place in a warm room for 30 min,knead and leave again for about an hour until the dough has doubled in size.
Now remove the dough to a flour-dusted surface and knead it around a bit to push the air out with your hands – this is called knocking back the dough. You can use it immediately, or keep it, wrapped in clingfilm, in the fridge (or freezer) until required. If using straight away, divide the dough up into as many little balls as you want to make pizzas – this amount of dough is enough to make about six to eight medium pizzas. Roll each ball out with your hands to make a pizza base. *********Preheat a pizza stone (or if you do not have one.. use a large oven tray, turn it upside down so the flat bottom side is up,) and then spray with a little olive oil before your dough goes on.******
Recipe: Amanda Conradie
Photo:  Elize de Kock




PIZZA IN A PAN

 

2015-05-22-pizzainapantested

Pizza in a pan
You don’t have an oven handy or need to make pizza away from home at the camp site. This is how I made mine.
For the dough
100 g of water
50 g of wheat flour
100 g of wheat semolina flour
1 tsp of salt
15 g of fresh yeast
15 g of olive oil

For the filling
Fried tomato
Grated Mozzarella
1 can of tuna
1/3 of onion
Oregano
Mix in a bowl the flour, semolina flour and salt.
Add water and oil and stir well.
In another bowl with some water, crumble the yeast and stir with a spoon until it dissolves.
Once undone, mix it with the dough you got in the first bowl and start kneading for a while until the surface of the dough is smooth and it doesn’t stick to your hands. (Crush and stretch the dough with the base of your hand, fold in half and repeat, occasionally, sprinkle a little flour on the table so that the dough does not stick).
Once the dough is smooth, make a ball and put it in a bowl on before you have sprinkled a little flour and cover with plastic wrap. Let stand about 3 hours.
Meanwhile, chop the onion into small cubes and fry until golden. Reserve.
Then sprinkle a little flour on the table, take the dough and work it a few minutes, stretch it with a rolling pin and give the rounded shape adapted to the pan where you are going to do it.
Pour a few drops of olive oil on the pan and heat over high heat.
When the oil is hot, reduce heat by half and place the pizza base, leaving a few minutes until you see that the base is browning.
Using a spatula and a dish, turn it to the base and start putting on the side that is already golden fried tomato, mozzarella, tuna and the fried onion.
Make sure the bottom of the pizza is golden and put it out with a spatula and plate.
Sorry, but your topping won’t be golden and melted but who cares.
Source: Philip Reineke




MAALVLEIS PIZZA MET KLAAR PIZZA BASIS

FLR BB be the first to give us a photo!!
MAALVLEIS PIZZA MET KLAAR PIZZA BASIS
15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, grof gekap
200 g maalvleis
1 blik (410 g) gekapte tamaties
sout, peper, suiker na smaak
’n paar druppels worcestersous
2 pizzabasisse
120 g cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 200 °C en bedek ’n bakplaat met bakpapier.
Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui. Voeg die vleis by en braai.
Sit die tamaties by en bring tot kookpunt. Geur met sout, peper, suiker en worcestersous. Laat prut 30-40 minute.
Skep op die basisse en sprinkel die kaas oor. Bak 10 min
BRON – Lizel Viljoen




PIZZA-ROLLETJIES

Pizza rolletjiestested
PIZZA-ROLLETJIES
Een rol puff pastry oopgerol.
Sit snye ham, gerasperde cheddar, feta, opgesnyde tam, knoffel, olywe, gesnipperde spring onion, in lae.
Rol deeg op, sny in wiele.
Pak wiele op bakplaat, sprinkel olyf olie oor en bak by 180ºC tot kaas gesmelt en deeg bruin is. Siedaar!
Kan ook marmite/ konfyt en kaas, piesang en karamel ens wiele maak
BRON – Lelane Van Der Walt

2 de foto : Glenda Diane Emmerson
Pizza Wiele:
Puff pastry
Smeer tamatie sous oor deeg.
Bedek met repies spek of ham.
Strooi met knoffel, klein gesnyde rooi/geel/groen peper en uie (sampioene kan ook gebruik word).
Strooi gerasperde kaas bo oor, Italian herbs, sout en peper.
Rol styf op en laat koud word in yskas vir ‘n uur.
Sny in wiele en plaas op gesmeerde bakplaat.
Bak ± 25 minute teen 180ºC tot goudbruin.
Lekker koud of warm.