


VINNIGE PIZZA IN DIE HALOGEN OONDJIE
Vanaand het die donker my gevang en ek moes vinnig iets aanmekaar slaan vir die honger Boer! So die vinnige RUK-EN-SKUD pizza deeg was my redding, en natuurlik die Halogene oondjie.
KORS:
500 ml bruismeel
150 ml kookwater
125 ml olie
knippie sout
VULSEL:
3-4 tamaties, geskil en gekap
1 ui, geskil en gekap
10 ml tamatiesous
1 ml gedroogde oreganum
125 g ontbytspek, gesnipper
250 ml kaas, gerasper
150 ml mozzarella kaas
Jy kan enige vulsel opsit, ek het salami ook op.
KORS
Plaas die bestanddele in ‘n plastiekhouer met deksel en skud tot sagte deeg gevorm het.
Druk dit op ‘n rolkoekpan vas. Ek vind my mikrogolf se draaitafel werk lekker vir pizzas in die halogene oond. Smeer tamatiesous oor kors en bak dit by 200°C tot gaar. Smoor die tamaties en ui tot dik en gaar en laat afkoel.
Smeer dit dan op kors. Strooi oreganum asook sout en peper oor. Plaas spek, salami of ander vulsel op. Strooi die kaas oor.
Bak verder tot kaas gesmelt het.
Ek stel dan oondjie op 250°C en “grill” tot kaas gesmelt het.
Resep en foto: Frieda Greyling
Foto 2: Benhet Nieuwenhuis
Nota: Ek het hierdie reseppie gemaak vanaand, was heerlik! My vulsel was sommer wat ek in die huis gehad het; ham, peppadews, gekarameliseerde uie, feta en chedderkaas.