NAANBROOD


NAANBROOD
1 pakkie gis
1 koppie warm water
¼ koppie suiker
3 eetlepels melk
5 ml sout
3 ½ koppies broodmeel
2 teelepels fyn knoffel
botter gesmelt
1 eier

Los gis op in warm water, laat 10 minute staan. Roer suiker, melk, eier en sout by. Roer meel by om sagte deeg te vorm. Knie 6-8 min.
Plaas deeg in ‘n olie gesmeerde bak, bedek en laat rys +/- 1 uur. Knie af en voeg knoffel by soos jy verkies. Breek deeg in golfbal grootte.
Plaas op plaat en laat rys. Rol elke bal in ‘n sirkel. Plaas in oond en rooster 2-3 minute tot dit uitpof en ligbruin is. Smeer met ‘n kwassie gesmelte botter oor. Draai kors om, smeer met botter en rooster (grill) tot ligbruin. Sit vulsel van jou keuse op en sit paar minute terug onder die rooster tot al die kaas gesmelt en alles gaar is.
Resep en foto: Frieda Greyling




SLAKKE PIZZA

SLAKKE PIZZA
500 g koekmeel
7 g gis
325 ml lou warm water
1 teelepel sout
1 blik slakke, afgespoel
1 eetlepel botter
1 teelepel vars gemaalde knoffel
Cheddar en Mozzarella kaas, gerasper
Knypie origanum

Sprinkel gis oor warm water. Laat staan vir so paar minute. Meng meel en sout in mengbak. Voeg die gismengsel by meel en meng tot alles bymekaar kom. Strooi meel op werkoppervlak en knie deeg vir sowat 5 minute. Sny in 4 gelyke dele, rol elk in ‘n ronde bol en bedek met ‘n vadoek. Laat dit rys vir sowat 2 ure. Rol dun uit en sit toppings van keuse op.
Slakke topping:
Braai ‘n blikkie slakke saam met ‘n eetlepel botter en teelepel vars gemaalde knoffel vir so twee minute. Laat afkoel voor gebruik.
Ek het die deeg basis besprinkel met ‘n bietjie olyfolie. Strooi origanum oor deeg. Pak slakke op deeg. Strooi met mozzarella en cheddar kaas. Bak in ‘n 180 ºC oond vir sowat 12-15 minute.
Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen




JANI SE PIZZA DEEG

JANI SE PIZZA DEEG
1 pers pakkie kitsgis
¼ koppie lou water
¾ koppie koel water
2 eetlepel olyfolie
1 teelepel sout
1 eetlepel heuning
3 koppie witbroodmeel

Meng die gis en die lou water en laat staan vir 10 min.
Meng die koel water, olyfolie ,sout en heuning solank saam.
Na die 10 minute om is, meng die koue watermengsel met die gis -water en voeg die witbroodmeel in en knie vir so 7 min tot elasties.
Smeer olyfolie oor en bedek met kleefplastiek.
Laat die deeg rys op ‘n warm plek.
Knie af en rol uit.
Meng die gis en die lou water en laat staan vir 10 min.
Meng die koel water, olyfolie ,sout en heuning solank saam.
Na die 10 minute om is, meng die koue watermengsel met die gis -water en voeg die witbroodmeel in en knie vir so 7 min tot elasties.
Smeer olyfolie oor en bedek met kleefplastiek.
Laat die deeg rys op ‘n warm plek.
Knie af en rol uit.
Resep:  Jani Pretorius




PIZZA OP DIE KOLE

PIZZA OP DIE KOLE
Lekker pizza’s op die kole gebraai.
gewone tortilla wraps
basis sous – tamatie pasta en bietjie Worcestersous
Topping:
cherry tamaties
feta
groen vye roomkaas
rocket blare

Smeer basis sous oor pizza’s en pak topping op.
Braai op lou kole vir so 10 minute.
Foto en resep deur Jos Opperman




PIZZA MET ‘N WORSRAND


PIZZA MET ‘N WORSRAND
Volg die foto’s
Puff Pastry. Res kan jy opmaak nes jy wil.
Bak teen 180°C vir so 35 minute.
Idees vir vulsel:
Basil Pesto gesmeer (jy kan ook tamatie basis smeer). Knoffel, olywe, peppadew, spring onion. Regtig net waarvan jy hou. Soos ‘n pizza, maar met pastry deeg.
Foto’s: Jacques Labuschagne




TUISGEBAKTE PIZZA

TUISGEBAKTE PIZZA
Foto: Susan-Katryn Janse van Rensburg
Kors is brooddeeg wat ek baie dun uitrol. Ek maak ook my eie tamatiesous vir die basis, en ek gebruik Mozzarella, Cheddar en Gouda kase. Jy kan gebruik waarvan jou familie hou.

Tamatie sous:
4 baie lekker ryp tamaties, in blokkies gesny (ongeveer 2 koppies)
1 groot ui, fyn gesny
2 – 4 knoffel huisies
10 mg oraganum
10 mg basil
100 g tamatiepasta
1 lourierblaas
1 – 2 teelepel suiker
1 teelepel chilly flakes, opsioneel
2 eetlepel Canola of olyf olie

Braai dan eers die uie tot deurskynend.
Voeg die knoffel by en braai vir so ‘n minuut of 2.
Voeg al die ander bestanddele by en laat alles stadig saam kook totdat die sous effens verdik het.
Maak fyn en gebruik dit as jou tamatie basis vir pizzas.




VINNIGE PIZZA MET TAMATIESMOOR

VINNIGE PIZZA MET TAMATIESMOOR
Kors:
500 ml bruismeel
150 ml kookwater
125 ml olie
knippie sout
Spek en tamatiebolaag:
4 tamaties, ontvel en gekap
1 groot ui, gekap
10 ml tamatiesous
1 ml droe basiliekruid
125 g spek, gesnipper
375 ml gerasperde cheddarkaas
Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng alles saam vir die kors tot ‘n sagte deeg vorm. Druk vas in bak en bedek met ‘n klam doek tot benodig.
Smoor die tamaties en ui tot dik en gaar en laat dit afkoel. (Ek het myne gegeur met sout, peper en suiker)
Smeer die tamatiesous oor die rou kors. Smeer die gesmoorde tamaties bo-oor.
Strooi basiliekruid en spek oor.
Strooi kaas oor.
Bak die pizza 30 min lank of tot die kaas begin verbruin op die middelste ondrak.
Sit warm voor.
HEERLIK!!
Foto: Benhet Nieuwenhuis




ELSABIE SE TUISGEMAAKTE PIZZA

ELSABIE SE TUISGEMAAKTE PIZZA
Pizza was die een ding wat ek gemis het in Cornwall. Tuisgemaakte pizza. Vanaand het ek bietjie gekul en winkeldeeg gebruik. Ek het focaccia met growwe sout, olyf olie en roosmaryn op gemaak van twee stukke deeg. Toe twee pizzas met salami en pynappel en laastens twee brood rolletjies vir môre.

Sny pak brooddeeg in 6 gelyke dele met skerp gladde lem mes. Rol baie dun uit (ons hou van dun krakerige basis). Sit op pan wat met olyf olie gesmeer is en dan liggies met mieliemeel of semolina gestrooi is (dit help vir krakerige onderkant van pizza – idee by Jamie Oliver gekry). Smeer tamatie paste oor die deeg met agterkant van ‘n lepel. Rasper knoffel huisie oor en strooi Italiaanse kruie oor. Sit bestanddele van jou keuse op en strooi met gerasperde Mozzarella kaas. Bak by 225°C vir 20 min of tot gaar.
Foto’s en resep deur Elsabie Templeton




CORA SE MUFFIN PIZZA’S

CORA SE MUFFIN PIZZA’S
My deeg vir pizza is:
3 koppies meel
3 teelepels bakpoeier
Sif dit saam in ‘n mengbak en maak ‘n holte.
Meng in ‘n maatbeker:
1 koppie melk
100 ml olie
Voeg dan die melk/olie by die meel en meng tot ‘n deeg.
Gooi op ‘n meelbestrooide werksplank en knie of druk met die handpalm tot ‘n hanteerbare deeg.
Ek breek bolletjies af en rol sirkels.

Ek smeer ook die sous op:
60 ml tamatiesous
45 ml olie
45 ml warm water
Meng dit en smeer op basis. Sit op pizza waarvan jy hou.
Bak in oond by 180°C vir 15 tot 20 min.
Resep en Foto: Cora Naude




HASHBROWN PIZZA

HASHBROWN PIZZA
Genoeg vir 1 persoon.
1 aartappel, gerasper
¼ ui gerasper
1 eier
2 eetlepel koekmeel
knypie sout, peper en paprika
Rasper die aartappel en druk  al die water uit.
Meng die res van die bestanddele met die gerasperde aartappel.
Plaas die aartappelmengsel in ‘n warm pan met bietjie olie in en braai tot die aartappel bros en bruin is of bak dit in die oond tot bruin.
Plaas vulsels op die aartappelkors van eie keuse.
Ek het gebraaide sampioene, spek, kaas en avo bo-op geplaas.
Yummmmyyyyyy.
Foto en resep:  Lane Veltman