1

EASY HOME MADE PIZZA

EASY HOME MADE PIZZA
2 cups of self raising flour
¼ tsp salt
125 g butter
milk to form soft dough

Sift dry ingredients.
Rub in butter.
Add milk a little at a time to form a soft dough that is roll-able.

Ingredients for the topping:
½ kg of chicken fillet cut into small pieces.
1 Tablespoon of garlic
½ teaspoon of salt
½ teaspoon of black pepper
1 Sliced onion
1 Sliced tomato
¼ cup of tomato sauce
¼ cup of chilli sauce
2 tablespoons of olive oil

In a large frying pan, add the olive oil, chicken, garlic salt and pepper and cook.
When the chicken is half cooked add the onion and tomato and let it cook until well done.
Add the sauces and mix well and switch off stove.
Place the filling on the base.
Grate Mozzarella cheese over and bake at 180 ºC for 15 minutes.
Photo: Yasmeen Ibrahim




CINE SE TUISGEMAAKTE PIZZA DEEG


CINE SE TUISGEMAAKTE PIZZA DEEG
Deeg:
300 gram koekmeel
300 gram gerasperde kaas
300 gram sagte botter

Meng alles saam tot deeg vorm. Sit in yskas om af te koel. Ons het die deeg in 3 gedeel om 3 pizzas uit te kry. Rol die deeg lekker dun uit vir ‘n crispy pizza.
Ons het sommer oor skiet vleis gebruik op die pizza, die sous het ons net tomato paste gebruik en gemengde speserye in gegooi om te geur. Het ook gebraaide mushrooms en uie op gesit. Laaste bietjie mozzarella kaas.
Ons het dit op ‘n pizza steen op die vuur gebak vir so 10 – 15 minute tot die deeg gaar was. Die deeg het baie lekker crispy uit gekom.
Foto: Cine Venter




MINI PIZZA’S ALA GIDEON


MINI PIZZA’S ALA GIDEON
Ek’t vanaand vir my pasient die mini pizza ala Gideon gemaak en sy sê dit is djeeeerlik!
3 koppies meel
1 teelepel sout
2 koppies plain jogurt
1 klein pakkie snoep worsies, gekerf
1 groot ui, gekerf en gesoteer
2 eetlepels sweet chilliesous
2 koppies gerasperde kaas
1/2 koppie tuisgemaakte tamatiesous

Meng die meel saam met die sout en jogurt tot ‘n deeg en rol dit uit op ‘n meel oppervlak tot omtrent 3 tot 4 mm.
Maak sirkels uit die deeg met ‘n poedingbakkie of die groote wat jy verkies en smeer met die tamatiesous.
Strooi dan lagie uie.
Meng die gesnipperde worsies met die sweet chillie sous en strooi dit op die uie.
Strooi dan op elkeen ‘n bietjie gerasperde kaas en plaas op ‘n gespuite bakplaat.
Bak dit in ‘n voorverhitte oond op 180ºC vir omtrent 10 min.
Foto en resep:  Gideon Louw




TUISGEMAAKTE PIZZA


TUISGEMAAKTE PIZZA
Lekker tuisgemaakte pizza na eie smaak laat ‘n mens agter met ‘n bevredigende gevoel van liggaam en siel.
My bitter eenvoudige, maar tog só smaaklike avokado met spek was presies so.
Direk op ‘n dun standaard, halfgebakte basis is net tamatie en uie puree – opgekikker met knoffel en rooipeper – dan avokado en vooraf gebraaide spek.
Besprinkeld met fyn pecorino kaas, suurlemoensap, sout en swart peper.
Bak 10 tot 15 min in warm oond. (220 ºC)
Njam-njam!
Resep en foto: Nico Conradie




NAPOLITANO PIZZA


NAPOLITANO PIZZA
Set oven to 230 ºC
Tomato Sauce:
Add all the following into a medium size pot:
450 g tomato puree
1 onion thinly sliced
¼ cup oil
½ cup water
1 bay leaf
1 portion garlic
salt
pepper
sugar to taste (1 teaspoon)
1/8 teaspoon oraganum
1/8 teaspoon basil
Simmer for 10 minutes.

Grease a Pyrex dish:
Crust:
Mix together:
2 cups flour
3 teaspoons baking powder
1 teaspoon salt
In a jug add:
1/3 cup oil
2/3 cup milk

Make a well in center of dry ingredients pour liquid mixture in. Combine until all the dry ingredients are incorporated and your dough is not sticky.
Press dough into Pyrex dish.
Place in oven for 5 minutes.
Remove, press dough flat again with a clean dishtowel.
Reduce oven temperature to 200ºC
Cover the dough with a fairly thick layer of grated cheese.
Remove the bay leaf from tomato sauce.
Pour tomato mixture over cheese.
Cover tomato with grated cheese and add toppings of your choice. (Anchovy, bacon, pineapple mushrooms, asparagus)
Then after layering cheeese, tomato sauce, cheese and topping back in oven at 200ºC for 15 – 20 min.
Without toppings is also yummy.
Photo and recipe: Diana Faith Du Plessis-Swart




SKILFERKORS DEEG PIZZA


SKILFERKORS DEEG PIZZA
250 g sampioene
250 g spek
1 rol skilferkors deeg
Gerasperde kaas

Sny skilferkors deeg in vierkante
Braai sampioene en spek voor af tot effe gaar.
Rou skilferkors deeg in oondbak geplaas, bestanddele op gesit, kaas oor gestrooi en so 20 min. teen 180ºC gebak.|
Nota:  Mens kan enige vulsel opsit soos vir pizza, net nie te souserig nie.
Resep en foto: Lindi le Roux




GIDEON SE BLOMKOOL PIZZA

GIDEON SE BLOMKOOL PIZZA
Ons het vir middagete sommer ‘n blomkool pizza gemaak en was djeeerlik!
1 medium groot blomkool
1 koppie gesmoorde uie
1 koppie vol gaar gemaakte bacon bits
¼ koppie Parmasaan kaas
2 koppie Mosserella kaas
1 teelepel sout
1 teelepel Italian herbs
1 groot eier
1 teelepel peper
2 eetlepels tamatiesous (tuisgemaak )
Basil vir garnering

Verwerk die blomkool tot fyn in ‘n voedselverwerker en plaas in mikrogolf oond bestande bak en maak gaar in die mikrogolf oond op hoë hitte vir 6 min.
Gooi dit dan op ‘n skoon droë doek en draai alle water uit die pulp tot droog.
Plaas dit dan in ‘n mengbak en voeg die Parmasaan kaas en een koppie Mozzerella kaas asook die eier, sout en speserye en peper by en meng alles goed saam.
Berei ‘n plat oondpan met bakpapier daarop voor en giet die mengsel daarop.
Druk nou die mengsel plat sodat dit ‘n +- 250 mm deursnee sirkel vorm omtrent oral ewe dik.
Bak dit in ‘n voorverhitte oond op 220 grade C vir 10 tot 15 min tot mooi bruin.
Smeer dan die tamatiesous oor gevolg deur ‘n lagie gesmoorde uie en gevolg deur ‘n lagie spek.
Strooi dan die ander koppie Mozzerella kaas bo oor en plaas terug in die oond en grill vir omtrent 5 tot 10 min tot die kaas lekker bros en bruin is, en plaas op ‘n snybord en garneer met roket blare.
Sny in driehoeke met ‘n skerp mes en geniet.
Onthou om die bakpapier te verwyder
Foto en Resep: Gideon Louw




HOE OM TUISGEMAAKTE PIZZA TE VRIES

HOE OM TUISGEMAAKTE PIZZA TE VRIES
Ek wil vir my seuntjie klein pizza’s maak en vries. Nou wil ek die volgende weet asb:
1) As ek my pizza base klaar gaar gemaak het en tomato paste op gesit het, kan ek nog kaas en bacon op sit voor ek dit vries? Of moet ek dit eers op sit as ek die base ontvries.
2) Hoe vries ek hulle, moet ek elk een apart toe draai met plastiek wrap?
3) Hoe ontvries ek dit weer sodat pizza base nie pap raak nie?

Shafieka van Wyk:
Parbake die base dit sal werk dan sit jy di toppings op en vries dit.

Kitty Jacobs:
Vries een laag op ‘n slag, dan kan jy op mekaar sit as gevries is, sit bak papier of gladwrap tussen in as jy wil.

Anna Venter:
Ek pre-bake my basisse, sit dan my toppings op. Ek vries dit met bakpapier tussin-in. As jy dit dan bak plaas op ‘n roostertjie en nie direk op die pan nie. Anders neig die deeg se middel om pap te wees agv vog wat nie kan verdamp nie en gebruik redelik hoë temp (200°C). Jou toppings is tog alles gaar, jy wil dit net lekker warm hê en die kaas smelt.

Rina Kleinhans:
Vertel vir ons hoe pre-bake jy jou basis asb, teen watter grade vir hoe lank asb?

Anna Venter:
As ek pizzas maak bak ek teen 180°C baie dun uitgerolde brooddeeg. Ek draai die basisse om sodra die bo-kant begin verbruin sodat die onderkant ook effe verbruin. Ek hou maar dop as ek ek bak, want ek gebruik soms brooddeeg uit my broodmasjien en dit bak effe gouer as winkeldeeg. Maar dis belangrik dat jy dun sirkels uitrol anders het jy aaklige degerige basisse,tensy jy van dikker onderkante hou.

Annelore Von Solms Joubert:
Ek sit my tamatiebasis op en bak dit vir 5 minute teen 200°C. Dan vries ek dit. Jy haal dit net uit en sit jou bestanddele bo-op en bak vir 8 minute teen 200 grade. Maklik as daar niks in die huis is vir kinders nie. (Of groot mense)
Foto:  Elsabie Templeton




FLAMMKUCHEN – (Alsatian bacon and onion flatbread)

FLAMMKUCHEN – (Alsatian bacon and onion flatbread)
Ek het ‘n gedeelte van my geen knie brood deeg gevat, baie dun uit gerek op ‘n non-stick silikon blad.
Laat plain yoghurt dreineer deur ‘n moeselien doek in sif, smeer dun laag oor meeste van deeg. Laat 1 cm van die rand oop.
Versprei daarna uie wat baie stadig gebraai is tot dit sag en bruin was oor . Nie te dik nie.
Ek het blobs roomkaas hier en daar gesit.
Bak in baie warm oond op pizza plaat tot die deeg droog gebak en die rante van die Flammkuchen amper begin skroei.
Sny op soos focaccia.
Dit tradisioneel om bacon stukkies ook oor te sit.
Foto en resep: Petro Borchard




INEKE SE TIEN STER PIZZA DEEG

INEKE SE TIEN STER PIZZA DEEG
5 koppies witbroodmeel
2 teelepel suiker
2 teelepels sout
1 sakkie gis ek gebruik die groen een
2 koppies lou warm water, pasop vir nie te warm nie
olyfolie vir bo oor smeer

Laat die gis en suiker in water rys. Gooi dan by meel en knie saam met sout tot dit bymekaar kom. Laat deeg rys tot dubbel. Knie af en maak bolle. Laat weer rys en maak pizza kors of calzones. Geniet.

Vir die pizza toppings:
Ek het die pizza deeg se kante met kaas gestop. Toe die basis met jimmy bbq sous gesmeer. Toe hoender en bacon op gegooi. ‘n Paar rooi uie. Pepperdews wat ingele was asook pynappel en kaas (2 soorte: mozarella en gouda gemeng) en oor gestrooi.
Bak teen 230⁰C vir 20 minute (kan minder wees afhangende van jou oond) tot die toppings reg is na jou smaak. Stel die oond af na 200⁰C en bak tot jou pizza basis mooi bruin is onder.
Dis regtig die lekkerste pizza wat ek in n lang tyd gehad het.
Jy kan hoender en bacon vir seekos veruil of ander toppings bygooi.
Foto: Ineke Steyn