PASTA IN PASTAMASJIEN


PASTA IN PASTAMASJIEN
500 g meel
5 eiers
‘n klein bietjie olyfolie
Klits die eiers effens en gooi dit in die middel van die meel.
Gooi ‘n bietjie olyfolie by.
Knie tot ‘n droë deeg.
Laat die deeg 1 – 2 ure rus, toegedraai in plastiekStrooi meel op die werks -oppervlakte en sny deeg in stroke.
Voer die deeg 4 – 5 keer deur die pastamasjien (op 1ste stelling) Gooi bietjie meel oor jou masjien sodat die deeg nie vassit nie en oor die deeg wat ingaan.
Hou so aan tot jy op die laaste stelling kom.
Stel dit nou op die sny stelling en sny jou dikte wat jy verlang.
Gebruik ‘n pan en stooi meel.
Plaas jou pasta daarop en strooi meel oor sodat dit nie aan mekaar vassit nie, maak dit los en laat droog word.
Party mens hang dit op om droog te word.
Kook water en gooi so ‘n handjievol sout in (nie te veel nie).
Gooi jou pasta in en kook dit so 2-3 min dit moet nie te pap kook nie.
Dreineer en geniet dit saam met enige pasta sous of mengsel


