PASTA MET KAAS EN TAMATIE


PASTA MET KAAS EN TAMATIE
2 blikkies tamaties
125 g botter
2 eetlepels suiker
sout en peper
cheddar kaas
witsous
4 eetlepels botter
4 koppies melk
4 eetlepels wit meel
sout en peper
Ek was kort aan macaroni, so moes lasagne pasta velle gebruik, maar het net so lekker geproe.
Gooi blikkies tamatie in pot met botter, suiker, sout en peper na smaak en laat kook op lae-medium hitte vir ½ uur .
In ander pot – smelt botter, voeg meel en daarna voeg baie stadig die melk by – roer aanhoudend tot dik en glad . Plaas ’n laag lasagne-velle op die boom van die oondbak.
Skep van die tamatie sous oor die pasta. Skep daarna van die witsous oor die tamatie sous gevolg deur 1 koppie gerasperde kaas en herhaal die lae en eindig met ’n laag witsous met kaas bo-op.
Resep vir 6 mense.
Bak op 180°C tot goudbruin.
Foto en resep: Benita Rodrigues







