MAKARONILAATIKKO – MACARONI GEBAK

2014-02-02-1601937_10201524851619157_1379093030_otested

MAKARONILAATIKKO – MACARONI GEBAK
Na die wonderlike gesprek vandag op Skype deel ek graag ‘n baie traditionele Finse gereg wat jy op elke Finse tafel sal ontdek. Hierdie is een van daai wat jy kan verander soos dit jou pas en ‘n gunsteling by die kinders.
400 g elbow macaroni
1 ui op opgekerf
2 knoffel huisies gekneus
400 g maalvleis ( daar moet bietjie vet wees )
2 vleisaftreksel blokkies
5 ml paprika
15 ml gemengde droë kruie
vars gemaalde swart peper na smaak
3 eiers
700 ml melk
knippie nutmeg
Sout en peper
Verhit die oond na 175 grade celsius en plaas die rak op die onderste gedeelte van die oond.
Kook die macaroni volgens die aanwysings op die pakkie.
Sny die uie op in blokkie en braai in bietjie olie. Voeg die knoffel by. Braai bietjie saam, maar wees versigtig om nie die knoffel te brand nie,
Voeg nou die maalvleis by en braai tot mooi bruin. Die kruie, paprika en vleisaftreksel blokkies kan nou bygevoeg word. Dit klink miskien na baie en die maalvleis proe dalk baie sout op hierdie stadium, maar die macaroni absorbeer die geure en die eind produk is glad nie souterig nie.
Tap die water van die macaroni af voeg dan die maalvleis mengsel by. Meng goed saam.
Gooi die nou alles in ‘n gebotterde oondpan.
Meng die eiers en die melk saam. Voeg so ‘n knippie nutmeg by en jy kan ook sout en peper byvoeg as jy wil.
Gooi die melkmengsel oor die macaroni en plaas in die oond vir ongeveer 45 min of totdat die eiermelk mengsel gestol het.
Laat staan vir so 10 min voordat dit bedien word.
Bedien met ‘n lekker slaai en die kinders sal seker van tamatiesous of sweet chili sous hou.
Hierdie resep kan aangepas word soos dit elke familie pas en elke Finse Ma het haar eie manier van hom te maak.
BRON: Wilanda Räsänen




SPINASIEGEREG

spinasie geregtested
SPINASIEGEREG
 Uie, knoffel en spekstukkies in ‘n pan gebraai, bietjie gekapte groenrissie en tamaties bygesit, gegeur met sout en peper en toe gaar spinasie(opgekook en fyn gesny) daarby geroer.
Klompie gerasperde kaas ook ingeroer en dit toe met die gaar penne gemeng.
Saam met, op die kole gebraaide, rib-eye en varknek steakies en aartappelskyfies voorgesit.
Resep en foto: Adam Cloete



ROMERIGE HOENDERLEWERS MET PENNE

hoenderlewer met pennetested   hoenderlewers met macaroni

ROMERIGE HOENDERLEWERS MET PENNE
Sien nota aan die einde ivm die pasta asb.
500 g penne of macaroni
500 g hoenderlewers, skoongemaak
1 ui, fyn gekap
250 g knopie sampioene, in skywe gesny
1 blik (430 g) hoender-roomsop
125 ml (½ koppie) cheddarkaas, gerasper

Kook die pasta in genoeg vinnig kokende water tot sag, maar ferm. Dreineer en hou eenkant.
Braai die hoenderlewers in ‘n bietjie olie tot net gaar en goudbruin buite-om.
Verwyder uit die pan en sny in kleiner stukkies, Sorteer die ui tot sag en deurskynend. Braai die sampioene tot bruin.
Voeg die die hoenderlewers weer by asook die hoender-roomsop en gerasperde kaas.
Meng goed en verhit tot warm. Giet die hoenderlewermengsel oor die pasta en meng deur.
Genoeg vir 5 – 6 mense.

Foto’s: Adam Cloete en Tanya Prinsloo

Nota:
Net enkele dinge daaroor.
Dit het baie lekker gesmaak, maar ek het bietjie paprika en gedroogde oreganum by die lewer gesit toe ek dit gebraai het.
Dit lyk bietjie vaal en daarom sal ek miskien in die toekoms bietjie tamatiepuree inmeng en selfs soetrissies saam met die uie braai, vir bietjie kleur.
500 g penne vir 500 g hoenderlewers is hopeloos te veel. Ek het my grootste bak gebruik en dit is maar ¾ van die penne. Ek sal maar ‘n slaai moet maak van die res van die gaar pasta.




SPAGHETTI WITH ROASTED TOMATOS AND SAUSAGE

 spagetti with tomatoes
SPAGHETTI WITH ROASTED TOMATOS AND SAUSAGE
3 cups cherry and grape tomatoes, mixed
½ kg Italian sausage, sliced
3 tablespoons olive oil
2-3 tablespoons balsamic vinegar
6 cloves garlic, peeled
½ cup basil, roughly chopped
¼ cup parsley, chopped
salt, to taste
HERE’S HOW:
Toss tomatoes with 2 tablespoons olive oil and 5 whole garlic cloves. Roast at 400 degrees for approximately 25 minutes or until tomatoes darken and begin to burst. Remove from oven.
Mince last clove of garlic and cook with remaining olive oil in a pan over medium heat. Add sausage as garlic sizzles and cook until done.
Add cooked tomatoes and balsamic vinegar to sausage and stir
MY WENK:
Ek maak hierdie met enige lekker gegeurde wors wat ek in die hande kan kry. Het dit al met kaas russians ook gemaak en klein cocktail kaasworsies.
Resep geplaas deur Gerhard De Beer



HELENE SE MAC EN CHEESE MET KAASKRULLE

mac & cheese met kaaskrulletested
HELENE SE MAC EN CHEESE MET KAASKRULLE
Hier is my weergawe !
½ pak macaroni (half gaar gekook).
1 pak kaaskrulle geweek en opgelos in omtrent 2 koppies melk.
Bacon, uie en green pepper gebraai.
Aromat, peper, paprika en klein bietjie origanum.
Meng als deurmekaar. Vul melk aan tot so helfte van die bak.
Strooi gerasperde kaas oor en bak in oond. Is lekker sousig.
NB Onthou om sout of aromat by te sit na smaak anders is dit  laf!
Foto en resep geplaas deur Helene Garisch



MAKLIKE MACARONI GEREG

images (2)
MAKLIKE MACARONI GEREG
2 koppies rou macaroni
Kook die macaroni tot aldente, dreineer die water af.
Braai 2 pakkies snipper onbytspek saam met1 ui opgekap.
Skep die macaroni en spekmengsel in ‘n oondbak en rasper kaas by ongeveer ¾ koppie.
Giet 1 houer room (250 ml) by en meng alles saam.
Sprinkel ekstra kaas oor en bak in oond en geniet.
My gesin kon nie wag vir die ete.

Resep en foto: Regina Swanepoel




HOENDER LASAGNE

hoender lasagnetested

HOENDER LASAGNE
Resep en foto:  Trix Arp Smit
FOOD LOVERS RECIPES
Was lus om iets anders te probeer, en daar was seker al baie resepte hiervoor, maar hier is myne. Ek besef na die tyd dit sou dalk beter wees om die hoender te kook en dan te vlok, maar volgende keer!

spek, gekap
hoenderborsies, in repies gesny
uie, gekap
groen/rooi peper, gekap
gekapte sampioene
spinasie
lasagne blaaie
witsous
gerasperde kaas

Braai alles afsonderlik, gooi dan bymekaar met sout en peper na smaak, ek het so ‘n skoot chilliesous ook ingeroer.
Maak witsous, pak nou jou lae, eers hoendermengsel, dan lasagne blaaie, witsous, gerasperde kaas en herhaal, eindig met witsous en gerasperde kaas. Bak by 180°C tot goudbruin bo-op, so ± ¾ uur. Laat staan verkieslik ten minste ‘n uur.
Baie lekker en glad nie vetterig nie!




ITALIAN CARBONARA PASTA

tested

ITALIAN CARBONARA PASTA
250 g bacon, diced
250 g smoked ham, diced
100 g smoked Italian salami
2 cloves garlic, crushed
½ punnet brown/ white mushrooms, sliced
500 g pasta, cooked aldente
250 ml cream and milk, mixed
1 litre of bechamel sauce
coarse black pepper and spice-omat to taste
30 g parmesan, grated

In large pan, fry the bacon in a little oil until grey and half cooked.
Add the mushroom, ham, salami and garlic and fry for another 2 – 3 min until mushrooms are cooked and remove from heat.
In separate pan over medium heat add the bechamel sauce and thin to a thick cream consistency adding pepper and spice to taste.
Add the meat and mushroom mixture to the sauce and mix in the pasta.
Serve in pasta bowls with the grated parmesan cheese.

Variation. I make mine with penne or macaroni and thin the bechamel sauce a bit more and bake in the oven topped with parmesan and mozzarella cheese.
Recipe is from my bundle and contributed by chef Derick Bock

Franco Dippenaar




HOENDER LASAGNE

HOENDER LASAGNE
Resep geplaas deur Linda Venter
FOOD LOVERS RECIPES

2 gaar hoenders of stukke hoender, ontbeen en in stukke gesny
Pak lasagna velle
2 gekapte uie
350 g knopies sampioene, gekerf
2 gekapte groenrissies, geel rooi en groen
2 geskilde gekapte tamaties
250 g gerasperde kaas
250 g streepspek, gesnipper
2 pakkies room van hoendersop aangemaak met 3 – 4 koppies hoenderaftreksel
2 huisies knoffel, gekap
sout, peper, kruie en mosterd na smaak

Braai spek, uie, groenrissie, sampioene en tamaties liggies.
Roer aangemaakte sop by en kook goed deur, geur na smaak. Meng die vloeistof met die vleis.
Laat deurkook. Begin deur bietjie hoender mengsel onder in ‘n oondvaste bak te sit, dan die velle, dan weer die hoender en weer die velle.
Strooi kaas bo-oor en bietjie gakapte pietersielie of spruituie.
Laat staan vir ongeveer 1 uur voor jy bak sodat die velle sag kan raak en die vog kan absorber.
Bak by 180°C vir 45 minute.
Jy kan opsioneel bietjie ertjies, pitmielies of selfs gekookte spinasie byvoeg vir ‘n variasie.
Indien jy mozarella kaas het kan jy ook bietjie bo-oor strooi – meng dit met die chedder/gouda kaas.




EIERVRUG PASTAGEREG

1601184_629727303761560_56917236_n
EIERVRUG PASTAGEREG
Bron: Stompie Theron Borman
Foto: Floraine Wasserman Venter
FOOD LOVERS RECIPES
Genoeg vir 4 – 6 mense
2 groot eiervrugte, in skywe gesny
2 groot uie, in ringe gesny, bietjie olie om uie in te braai
900 g aartappels, geskil en sag maar nie pap gekook en in skywe gesny
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
500 ml (2 koppies) cheddarkaas gerasper

Verhit oond tot 180°C ( 350°F). Bespuit ‘n groot oondvastebak met kleefwerende middel.
Strooi sout oor eiervrug en laat 15 minute staan.
Soteer uie in bietjie olie tot sag.
Druk eiervrug droog met papierhandoek.
Rangskik die eiervrugskywe en aartappelskywe in lae in die voorbereide bak.
Geur elke laag met sout en peper en sprinkel ook elke laag met gebraaide uie en kaas eindig met kaas.
Bak sowat 40 minute of tot eiervrug gaar is en kaas gesmelt en effens verbruin het.