ZUCHINNI CARBONARA ALA SPAGHETTI

ZUCHINNI CARBONARA ALA SPAGHETTI
Kook ‘n pot gesoute water op stoof.
500 g spaghetti
1 ui, gekap
4 koppies murgpampoen gekap
250 g repie ontbyt spek
1 knoffel huisie, gekap
4 groot eiers
gerasperde skil van een suurlemoen
¼ koppie pietersielie gekap
¼ koppie basilie grof gesnipper

In groot pan braai die spek bruin en verwyder na bord met kombuis papier. Braai ui, knoffel en pampoen in dieselfde pan en sprei gelyk uit. Geur met sout en peper en laat braai tot ligbruin vir 10 min.
Terwyl pampoen braai, voeg die pasta by die kokende water en kook tot al dente.
Verwyder die pan van die hitte. Klits die eiers goed en meng die suurlemoenskil en pietersielie by.
sny spek in 2 cm stukke en voeg by pan. Dreineer die pasta en hou ¼ kop van die warm water eenkant. Meng die warm pasta by die pan in, gooi eier mengsel oor die pan uit en meng vinnig deur. Voeg die basilie by en meng. As die sous droog lyk, voeg van warm water by.
Sit voor met parmasan kaas
Resep geplaas deur Franco Dippenaar




MACARONI EN KAAS MET HOENDER

1620735_640132142719520_1180447655_ntested

MACARONI EN KAAS MET HOENDER
3 gaar hoenderborsies in stukkies gesny
250 g gaar kort macaroni
Cheddarkaas en Mozzarella kaas (soveel as wat jy lus het om te gebruik)
Bechamelsous. http://www.foodloversrecipes.com/2017/09/witsous-gemaak-met-koekmeel/
250 g gaar ontbytspekstukkies
1 soetrissie

Ek kook die hoender saam met ‘n ui wat net geskil en deurgesny is en 2 knoffelhuisies, ook net geskil en deurgesny, sout en peper en geursel van my keuse. Dan het ek sommer ‘n lekker aftreksel wat ek kan vries vir latere gebruik. Meng die gaar macaroni, hoenderstukkies, ontbytspek en soetrissie deeglik deurmekaar. Maak die béchamel/ kaassous met ‘n goeie klomp kaas daarby (onthou dit is ‘n kaasgereg) en meng deur die macaronimengsel. Strooi nog bietjie Cheddarkaas bo-oor en bak in die oond by 180ºC vir 30 minute.
Foto en resep: ADAM CLOETE




SPAGHETTIBROOD

spaghettibroodtested

SPAGHETTIBROOD
225 g gekookte spaghetti
sout en peper na smaak
1 hoenderekstrakblokkie
275 ml melk
25 g botter
3 groot geklitste eiers
150 g gerasperde Cheddarkaas
1 opgekapte soetrissie (kleur van jou keuse of gemeng)
50 g opgekapte ham of gaar hoender
1 teelepel basil
1 eetlepel fyngeknipte chives.

Smeer ‘n l,5 lt broodpan met botter. Verhit die melk en los die hoenderekstrakblokkie daarin op. Meng die 25 g sagte botter met die geklitste eiers en roer die melk, kaas, soetrissie, ham / hoender, basil en chives daarby in. Geur goed met sout en peper. (Ek verkies Aromat). Meng die kaasmengsel deeglik deur die spaghetti en sorg dat die groente en vleis deeglik versprei is. Skep in die broodpan en bedek met foelie wat liggies met botter gesmeer is. Bak in die oond by 150ºC vir 1 ½ uur totdat die gereg ferm gestol het. Rol uit op ‘n opskepbord. Die gereg kan warm of koud bedien word
Resep en foto: ADAM CLOETE
2de foto:  Elna Erasmus




MACARONI A-LA-CHRIS

2014-02-12-1606977_10152588384364112_252291258_n

MACARONI A-LA-CHRIS
Na my gesukkel om na macaroni-resepte te kyk, omdat ek mos macaroni toe marcaroni spel, het ek maar begin improviseer en die volgende het nie te selg gesmaak nie.
500 g macaroni
400 g maalvleis (ongeveer)
1 pakkie versnipperde spek (bacon)
2 pakkies gevriesde tamatie en uie (by P&P Hyper te koop – Mc Caine verpak dit)
1 pakkie gevriesde groen/geel/rooi soetrissies – ook P&P
genoeg gerasperde cheddar kaas (hoe meer beleë, hoe lekkerder)
1 koppie tamatiesous
Worcestersous
1 gevriesde gekapte uie. (ook by P&P)
Kaassous:
1 bakkie room (die gewone grootte wat op die winkelrakke staan)
1 room bakkie vol melk
1 bakkie plein jogurt
3 eetlepels koekmeel

Maak jou maalvleis gaar in ‘n pan of kastol. Onthou die tamatiesous en sit sommer worcestersous ook by.
Voeg dan of die hele pakkie uie by of sommer net bietjie, soos warvan jy hou.
Voeg so ‘n derde na ‘n halwe van die pakkie soetrissies in.
Roer aanhoudend sodat dit lekker in die vleis intrek.
Voeg die spek in en roer. sodra die spek goed gemeng is met die maalvleis kan jy maar die vleis van die stoof afhaal, deksel opsit en begin met die macaroni.
Ek stoom my macaroni altyd in die stoompot vir 10 minute. Sit genoeg olie in jou kookwater en laat dit bietjie oop kook en roer met pastalepel of braaivurk terwyl dit kook om seker te maak dis los en koek nie. Sodra dit los is en lekker begin kook, sit jy die deksel van die stoompot op en stoom vir 10 minute. Onthou om sommer genoeg kookwater in die pot te sit.

Na 10 minute dreineer  die macaroni en skep ‘n laag onder in ‘n gesmeerder bakpan. Skep nou die vleismengsel bo-op die macaroni en neem dan die tamatie en uie ringe en pak dit so gevries bo op die vleis. Skep die res van die macaroni bo-op die vleis. Giet nou die kaassous soos hieronder, bo-oor en strooi sommer lekker baie gerasperde kaas bo-oor alles en bak teen 180ºC vir ongeveer ½ na 45 minute.

KAASSOUS.
Meng apart die 3 eetlepels koekmeel en KOUE water tot vloeibaar.
Kook ROOM en dieselfde hoeveelheid melk.
Voeg die jogurt by en kook.
PASOP VIR OORKOOK.
Roer nou die meelmengsel in die melkmengsel in.
Kook tot hy begin dik word, haal van die stoof af en voeg genoeg gerasperde kaas in die mengsel.
Hoe meer kaas, hoe lekkerder.
GENIET
Bron: Chris Agenbag

 

 




MACARONIPASTEI – PASTITSIO

2014-02-10-1620604_10203297250937078_995450678_ntested

MACARONIPASTEI – PASTITSIO
500g macaroni
500g maalvleis
1 groot ui
1 blikkie gekapte tamaties
¼ koppie olie
sout en peper
¼ koppie gesmelte botter
1 koppie gerasperde Cheddarkaas
2 teelepels oreganum
Bechamelsous (resep hieronder)

Plaas die maalvleis, die gekapte ui en ‘n klein bietjie water in ‘n kastrol. Kook totdat die water geabsorbeer is terwyl een of tweekeer geroer word. Voeg die olie by en verbruin die maalvleis. Voeg sout, peper oreganum en die tamaties by en laat alles saam kook oor lae hitte totdat die vloeistof geabsorbeer is.

Kook die macaroni en dreineer.

Smeer ‘n bietjie Bechamelsous oor die bodem van ‘n gesmeerde oondbak. Versprei helfte van die macaroni bo-oor die laag sous en sprinkle met ‘n laag kaas. Smeer nou die maalvleismengsel bo-oor die macaroni en dan die res van die macaroni bo-op die vleis. Besprinkel met kaas en giet die gesmelte botter daaroor. Smeer nou die res van die sous bo-oor en besprinkel met die res van die kaas. Bak by 180ºC vir 30 – 40 minute totdat die bokant verbruin het en die sous geset het.

BECHAMELSOUS
2 eetlepels botter
2 opgehoopte eetlepels meel
500ml melk 2 eiers
200g gerasperde Cheddarkaas
bietjie sout

Smelt die botter in ‘n kastrol. Voeg die meel by en roer vinnig met ‘n spaan of draadklitser om te verhoed dat klonte vorm. Verhit die melk effens en voeg dit by die meel en botter terwyl aanmekaar geroer word. Voeg die kaas en sout by en roer steeds aanmekaar. Wanneer dit begin dik word, verwyder van die hitte en laat staan vir een of twee minute. Klits die eiers en voeg dit stadig by die mengsel terwyl aanmekaar geroer word.

Leanne Thurston Coetzer
In die bechamelsous het ek Greek Yoghurt bygevoeg. In die maalvleis mengsel het ek 1 teelepel kaneel, 1 teelepel cayenne pepper en 1 teelepel vars tiemie bygevoeg. Ek het ook ‘n kwart koppie rooiwyn by die maalvleis in die begin bygevoeg
BRON-  Adam Cloete
FOTO- Leanne Thurston Coetzer




PASTICCIO

tested

PASTICCIO
Preheat oven to 190 degrees

1T olive oil
1 onion, chopped
2 cloves garlic, chopped
450g lamb mince
2T tomato paste
2T flour
300ml chicken stock
Salt and pepper
1tsp cinnamon
115g macaroni
2 tomatoes, sliced
300ml Greek yoghurt
2 eggs, lightly beaten

Heat oil in pan, add onion and garlic and cook on low heat, stirring occasionally, for about 5 minutes.
Add mince, until browned all over.
Add tomato paste and sprinkle in flour
Cook and stir for a minute and then stir in the chicken stock
Season with salt and pepper and stir in cinnamon
Bring to boil, reduce heat and cover and cook for 25 mins
Meantime – cook macaroni
Spoon mince mixture into oven dish and arrange tomato slices on top
Drain macaroni and transfer to a bowl
Add yoghurt and eggs and mix well
Spoon pasta mixture on top of mince and bake for 1 hour.
Recipes posted by Angela Landsberg




SPAETZLE

spatzletested
SPAETZLE
3 k meel
4 eiers
sout en wit peper
halwe k melk of water
1 t gerasperde neut
Meng meel s&p en neut, klits eiers goed. Meng die meel en melk en eiers om die beurt tot gladde deeg. Kook water in ‘n groot pot. Jy kry ‘n spaetzle maker maar ek gebruik sommer my kolander. Druk nou die deeg drupsgewys deur die gaatjies in die kookwater. Moet nie alles op een slag doen nie. Kook tot dit bo-op die water dryf en haal uit met gaatjies lepel. Wanneer alles gekook het roer gesmelte botter deur.

Foto en resep: Martie Fourie Moolman

Isobel Conradie
Oe-la-la, Martie Fourie Moolman, spaetzle is een van my gunstelinge!! Al wat ek anders doen is om die degie op ‘n plastiese snyplankie oop te smeer [nie te dik nie] en dan sommer met ‘n nat mes klein stukkies af te sny-krap sodat dit in die water val – die stukkies hoef nie eenders te lyk of ewe groot te wees nie! Ek maak dit gewoonlik vooruit, vries dit so gaar en wanneer ek dit nodig het, ontdooi ek dit eers en braai dit dan stadig in ‘n diep pan in gesmelte botter bo-op die stoof. Die eienaar van die “Wooden Shoe” restaurant hier naby ons [in Seepunt] het [behalwe die gourmet biefstuk wat hy kon optower] die heerlikste pastaresepte ook bedien met spaetzle wat sy kelner so voorberei het. Ek en Kobus het graag daar gaan eet, en een aand toe ek haar uitvra, het sy eers sy toestemmiing gaan vra en toe aan my kom verduidelik hoe hulle groter hoeveelhede vries en later in botter braai. Ongelukkig het hy afgetree en bestaan die restaurant nie meer nie. ‘n Mens moet net baie geduldig wees wanneer jy dit aanvanklik in die water gaarmaak, want dit is ‘n stadige proses – twee kastrolle werk beter as een …




PASTAGEREG MET MAALVLEIS EN PILCHARDS

tested
PASTAGEREG MET MAALVLEIS EN PILCHARDS
1 x 500 g pasta
2 uie opgekap
1 greenpepper
mushrooms (opsioneel) en plus minus
250 g maalvleis
1 blik pilchards in tamatiesous
1 x 250 ml room
1 koppie melk
1 pakkie bruin uiesoppoeier 
Maak die pasta soos gewoonlik en strain
Braai uie, greenpepper en mushrooms tot sag
Meng die droe soppoeier met die room en melk
Voeg die uiemengsel, pilchards en roommengsel met die pasta!
Skep in ‘n oondvaste bak (gespray met cook en spray) en rasper lekker baie kaas bo-op!
Bak in die oond op 180 grade C totdat die baksel amper geset is!
Dit is heerlik!
RESEP:  Hettie Marais Schoeman




ROOIWYN EN KORTRIB RAGU MET PENNE

2014-02-03-1794669_229828163869689_1848823442_ntested

ROOIWYN EN KORTRIB RAGU MET PENNE

+/- 1,5kg kortrib
olyfolie
1 groot ui in ringe gesny
250 g sampioene
10 ml knoffel
1 Bief stockpot
Teelepel tamatie pasta
Halwe bottel rooiwyn (Ek gebruik Merlot)
Gemaalde koljander
Vars gemaalde swartpepper en sout na smaak
Basil
Oregano

Braai kortrib, knoffel, sampioene en uie tot bruin in olie.
Voeg res van bestandele by en bedek met water.
Kook stadig vir 3 na 4 ure. Voeg water by indien nodig.
As vlies sag is en uitmekaar val laat ek die pot oop staan en al die vloeistof wegkook dat daar ‘n lekker taai bruinerige sous vorm. ( Maak myne soos baie ander goed in 3poot pot)

Bedien op penne of pasta van jou keuse.

Bron: Bonita Wright




AWESOME SPINACH AND RICOTTA CANNELLONI

2014-02-04-awesomespinachricottacannellonitested
AWESOME SPINACH AND RICOTTA CANNELLONI
2 knobs butter
olive oil
2 cloves garlic, peeled and finely sliced
1 large handful fresh marjoram or oregano, roughly chopped
¼ nutmeg, grated
8 large handfuls spinach, thoroughly washed
1 handful fresh basil, stalks chopped, leaves ripped
2 x 400 g good-quality tinned plum tomatoes, chopped
sea salt
freshly ground black pepper
1 pinch sugar
400 g crumbly ricotta cheese
2 handfuls Parmesan cheese, freshly grated
16 cannelloni tubes
200 g mozzarella, broken up

For the white sauce
500 ml crème fraîche
3 anchovies, finely chopped
2 handfuls Parmesan cheese, freshly grated

This is a super-tasty cannelloni, and I’ve avoided making the frustrating, painstaking béchamel sauce and given you a much tastier and simpler version. All you need to make sure of is that you fill the cannelloni well with the ricotta and spinach mix, so it’s not all full of air. And the lovely thing about it is that it goes crispy and golden on top, but remains soft and moist at the bottom. This is a bit of naughty one but you’ll love it!

Preheat the oven to 180ºC/350ºF/gas 4. Then find a metal baking tray or ovenproof dish that will fit the cannelloni in one layer so it’s nice and snug. This way you’ll get the right cover of sauce and the right amount of crispiness on top. When I cook this at home I just use one pan to cut down on lots of washing up! Take your metal tray or a saucepan, put it on a high heat and add your butter, a drizzle of olive oil, one of the sliced garlic cloves, a handful of marjoram or oregano and the grated nutmeg. By the time the pan is hot the garlic should be soft. Put as much spinach as will fit into the pan. Keep turning it over; it will wilt quickly so you will be able to keep adding more spinach until it’s all in. Moisture will cook out of the spinach, which is fine. By cooking it this way you don’t lose any of the nutrients that you would if boiling it in water.

After 5 minutes, put the spinach into a large bowl and leave to cool. Place the pan back on the heat, add a little olive oil, the other clove of sliced garlic, your basil stalks and the tomatoes, then fill one of the empty tomato tins with cold water and add this too. Bring to the boil, then turn the heat down, add a pinch of salt and pepper and the sugar, and simmer for about 10 minutes, until you get a loose tomato sauce consistency. Then take the pan off the heat and add the basil leaves.

By now the spinach will have cooled down, so squeeze any excess liquid out of it and pour this back into the bowl. Finely chop the spinach and put it back into the bowl. Mix it with the liquid, add the ricotta and a handful of the Parmesan, and then use a piping bag to squeeze the mixture into the cannelloni. You can make your own piping bag by getting a sandwich bag and putting the spinach mix into the corner of it. Then twist the bag up and cut the corner off. Carefully squeeze the filling into the cannelloni tubes so each one is filled right up – really easy.

Lay the cannelloni over the tomato sauce in the pan. Or you can pour the tomato sauce into your ovenproof dish and lay the cannelloni on top. To make the white sauce, mix together the crème fraîche, anchovies and the 2 handfuls of Parmesan with a little salt and pepper, then loosen with a little water until you can spoon it over the cannelloni. Drizzle with olive oil, sprinkle with the remaining Parmesan and the mozzarella pieces, and bake for about 20 to 25 minutes until golden and bubbling.

Resep aangepas deur Louw Coetzee
Foto: Louw Coetzee

En net om te se twee cannellonis per persoon is genoeg vir my en my vrou – maar ons is nie groot porsie mense nie – so as jy ‘n 300 gram rump met allie chips kan eet sal ek se drie vir jou!