LUIMANS PASTA

luimans pastatested
LUIMANS PASTA
As jy home alone is en jy is regtig nie lus vir kosmaak nie, maar jy moet want môre is daar monde wat moet kos kry, dan doen jy die luimans pasta.
1 ui gekerf
1 tamatie opgesny
1 blikkie tamatie en uiesmoor
1 blikkie boelie bief in blokkies gesny
gaar pasta
Braai ‘n ui, voeg die tamatie by, braai nog so bietjie.
Voeg die tamatie- en uie smoor by.
Voeg die soutvleis stukkies by en laastens roer jy bietjie gaar pasta by.
Daar het jy hom….Luimans pasta!!

Resep en foto: Adam Cloete




SPAGHETTI IN TAMATIESOUS

2014-03-25-spaghettiintamatiesousenkerriebonetested
SPAGHETTI IN TAMATIESOUS
500 g gesnyde uie, braai in olie
4 kg ryp tamaties, ontvel
375 ml appelkooskonfyt
200 g suiker
sout, basil na smaak
2 ml neutmuskaat
rooipeper net ‘n knippie
en 2 pakke spaghetti.

Metode is kook tamaties tot sag en soteer die uie, voeg by met al die bestandele behalwe die spaghetti. Kook tot die tamaties nie meer waterig is nie. Kook spaghetti tot net sag en dan voeg jy dit by tamatiemengsel en laat prut vir 10 min. Skep in gesterilliseerde flesse en seël dadelik.

Resep en foto: Elizabeth Haupt




PLAASHOENDER PASTA

Ranch hoender pasta
PLAASHOENDER PASTA
1 Hoender
500g Elmboog macaroni
1 ½ liter hoenderaftreksel
2 teelepels tiemie
2 teelepels knoffelsout
400g Gemengde groente
Sout en peper na smaak
1 Botteltjie Ranch slaaisous
1 Blikkie gesnipperde sampioene

Stoom die hoender in die stoompot in die hoenderaftreksel.
Ontbeen die hoender en snipper die vleis fyn.
Kook die macaroni in die aftreksel tot ‘n ¾ van die aftreksel weggekook het.
Voeg die geurmiddels by.
Voeg die sampioene, gevriesede gemengde groente, hoender en slaaisous by die macaroni en kook deur.
Bedien met knoffelbrood.
Bron: Corne Liebenberg




RANDREKKER LASAGNE

randrekker lasagnetested
RANDREKKER LASAGNE
1 blikkie bullybeef, in blokkies gesny
2 groot uie
1 blikke sweetcorn
1 groot tamatie
mayonnaise na smaak
chutney na smaak
kaassmeer (in my geval Homemade)
sout en pepper na smaak

Braai uie en tamatie saam voeg die bullybeef en sweetcorn by, geur met mayonnaise, chutney en ander geurmiddels.
Pak lae met lasagne velle en bully vulsel, ek voeg ‘n pakkie sampioen sop poeier by die om dit nog verder te rek.
Smeer kaassmeer bo-oor en bak vir 30 minute.
Dis goedkoop en baie baie lekker.
BRON: Riana Barnard Sadler




TUISGEMAAKTE PASTA MET TAMATIE-EN-FRIKKADELSOUS

2014-03-06-tuisgemaaktepastamettamatieenfrikkadelsous

TUISGEMAAKTE PASTA MET TAMATIE-EN-FRIKKADELSOUS
Hierdie is ‘n tipiese Bolognese vleissous maar met ‘n lekker kortpad kinkel. Ons gebruik worsvleis wat al klaar gegeur is. Gebruik jou gunsteling boere wors of worsresep vir hierdie sous.

Pasta
200 g koekmeel
2 medium eiers
knippie sout

Om die pasta te maak, verwerk die eiers, meel en sout in ’n voedselverwerker tot krummels vorm. Druk bymekaar om ‘n deeg te vorm en laat effe rus tot jy reg is om dit uit te rol.

1 kg ryp rosa tamaties
2 rooi uie, gekap
sout en peper na smaak
2 ansjovisfilette per persoon
hand vol ontpitte swart olywe
1 rissie met pitte, opgekap
Basilliekruid
Soyasous na smaak
1 kg beeswors
Parmesaan kaas vir opdieninig

Braai die uie in bietjie olie en geur met sout en peper. Voeg nou die tamaties by en kook tot ‘n lekker sous vorm. Proe nou hieraan – jy sal dalk bietjie suiker moet byvoeg as jou tamaties nie soet genoeg is nie.
Voeg die rissie, olywe en antjovis by en kook af tot ‘n lekker sous vorm. Geur met bietjie soyasous.
Trek die wors uit die vel en maak balletjies daarmee. Braai in ’n pan met lekker warm olie in tot net afgeseël.
Voeg dit nou by die tamatiesous en kook tot die vleis net gaar is.
Rol die pasta uit en sny in papadelle. Kook tot gaar en dreineer. Sit dit binne in die sous en roer deur, maar nie te veel dat die pasta breek nie.
Breek nou stukkies basillie kruid oor sowel as parmesaan kaasskerwe.

 

 




SPAGETTI ALA NATASCHA

 

spageti ala nataschatested

Dis nou nie ‘n formele resep ni… Maar okay, lol. 1 ui gekerf, eetlepel knoffel en 1 klein groenpeper gebraai in bietjie olie tot ligbruin. Snipper pakkie sampioene by en braai. Sit maalvleis by en braai. Geur met spesery, sout en peper. Sit 1 koevertjie tamatiepasta by. Gooi 1 koppie vleisaftreksel by en kook vi so 10 min. Gooi die sous oor pasta van jou keuse. Njammies!

Natascha de Jongh




LIEZEL SE GNOCCHI

2014-03-02-liezelsegnocchitested
LIEZEL SE GNOCCHI
Dit is 1 kg mash op 500 g koekmeel en 2 eiers. Meng goed saam tot ‘n deeg.
Ek het minder en minder gemaak later het ons die een eier in die helfte gebreek!! En dan rol jy ‘n wurmpie, dan sny jy 2cm stukkies en druk saam met jou duim en wysvinger.
Plaas in kookwater en kook tot hulle op kom.  Haal uit  en braai bietjie in olie

Resep en foto: Liezel van der Merwe




Pasta with bacon and poached egg

 

2014-03-02-pastawithbaconandpoachedegg

Preparation time: 10 min
Cooking time: 20 min

This dish is truly a heavenly combination of flavours and textures.
Ingredients

2 tsp olive oil
1 packet (250 g) shoulder bacon, diced
200 g fresh asparagus spears, trimmed into bite-sized pieces
100 g fresh (or frozen) peas
4 large free-range eggs
2 Tbs white vinegar
250 g penne, cooked until al dente
1/2 cup Parmesan shavings
3 Tbs Parmesan-infused olive oil
Juice of 1 lemon
Salt and pepper to taste

Recipe from: Bits of Carey – December 2011




SISILIAANSE SPAGHETTIKOEK

1724630_643157682416966_1700182290_ntested

SISILIAANSE SPAGHETTIKOEK

3 groot eiervrugte
olie om in te braai
500g maalvleis
1 groot gekapte ui
2 fyngemaakte knoffelhuisies
400g heel geblikte tamaties
1 teelepel oreganum
2 eetlepels tamatiepasta
sout en peper na smaak
250g gekookte spaghetti
250g gevriesde groente (ertjies, wortels, mielies ens.)
90g gerasperde Cheddarkaas
90g gerasperde Parmesankaas
4 eetlepels droë broodkrummels
Fetakaas gekrummel
Paar stukkies gekleurde soetrissie
Paar ontpitte olywe

Sny die eiervrugte in 3mm dik skywe en dompel in soutwater vir 30 minute. Dreineer en droog met ‘n skoon kombuislap en braai in die olie oor medium hitte tot hulle ligbruin aan beide kante is. Dreineer in ‘n enkellaag op absorberende papier. Verminder die olie in die pan en voeg die maalvleis by dieselfde olie en braai tot dit begin verkleur. Voeg die ui en knoffel by en kook vir ‘n paar minute. Druk die tamaties met ‘n vurk fyn en voeg, saam met die sous by die vleis. Geur met sout en peper en laat onbedek prut tot die vloeistof met die helfte verminder het en die vleis gaar is, ongeveer 20 – 30 minute. Kook intussen die gevriese groente tot sag en dreineer. Meng die vleis met die spaghetti, groente en gerasperde kase. Smeer ‘n diep, ronde koekpan en plaas ‘n eiervrugskyf in die middel van die bodem. Rangskik die ander in ‘n sirkel rondom sodat dit oorvleuel, todat die bodem bedek is. Plaas nou ‘n skyf teen die kant en pak dit met die spaghettimengsel vas. Gaan voort om die kant so te bedek en skep dan die res van die mengsel in die middle van die pan. Maak dit gelyk bo-op en pak bedek die bokant ook met eiervrugskywe. Strooi die broodkrummels bo-oor en versier liggies met gekrummelde Fetakaas, soetrissie en deurgesnyde olywe. Bak onbedek by 180ºC vir 30 minute of tot goudbruin. Laat ‘n paar minute staan voor dit uitgekeer word op ‘n opdien bord.

Wenk: Dit is gesonder en maak die koek minder olierig indien die eiervrugskywe in die mikrogolf gaargemaak word, in plaas van in die olie gebraai word.

RESEP EN FOTO: ADRIAN OLIVIER




PASTA WITH A CREAMY BILTONG SAUCE

 

PASTA MET BILTONG SOUStested

PASTA WITH A CREAMY BILTONG SAUCE
olive oil
1 packet of button mushrooms (250g)
500 ml cream
2 tablespoons flour
200 g moist very thinly cut biltong (or a nice handful of moist biltong)
salt and pepper to taste.
Spagetti or Linguini Pasta

Cook your pasta in boiling water.
While pasta is cooking prepare your sauce.
Biltong sauce:
Fry mushroom in olive oil.
Sprinkle flour over mushrooms and stir till all flour is mixed properly.
Add the cream and stir well , sauce will thicken.
Add the moist biltong and cook for a few minutes on low heat.
Add salt and pepper to taste.
Should the sauce become too thick and this can happen if you add too much biltong,
just add some milk to tone down the sauce.
Dish up sauce over pasta, and decorate with a few pieces of biltong.

This dish is very creamy and rich, but very enjoyable and something you can quickly make.
If you have visitors. The secret to this recipe is that you must use moist biltong and preferably biltong that has been spiced nicely as the spice comes off the biltong and give the cream a delicious flavour.
Please be advised that you must also use shaved or very thinly cut biltong, otherwise you going to find it is not enjoyable to chew big pieces of biltong.
If your biltong is not strongly spiced you will find that adding a bit more salt and pepper will make this dish delicious.
Enjoy.
Recipe changed and photo:  Sharon Naude