CANNELLONI MET N TWIST

2014-04-18-cannellonimetntwisttested

My dogter wil die laaste tyd wors saam met alles eet, en my seun wil weer lasagne hê, toe besluit ek om ‘n kompromie aan te gaan, Cannelloni met wors!

Druk die wors vleis in die cannelloni buisies, pak in oondbak, ek het ‘n Tomato & Basil pasta sous bo-oor gegooi, toe ‘n lekker dik kaassous daaroor gegooi, tamatieskywe en gerasperde kaas bo-op, en vir omtrent ‘n uur teen 160 grade. Vinnig, maklik, en dit was nog lekker ook!!

BRON- Trix Arp Smit




CHIP-KOS HOENDER

 

2014-04-18-chip-koshoender

1 Hoender (hier het ek stukke hoender gebruik)
500g noedels(screws)
1 koppie mayonnaise
2 k gerasperde cheddarkaas
2 k melk
1 x410g sampioenroomsop
1pak kaas en uie chips fyngemaak

METODE: kook hoender gaar met 3uie
Laat afkoel, ontbeen en maak fyn.
Kook noedels tot sag
Meng al jou bestanddele,maar hou ASB 1 koppie kaas uit om bo-oor te strooi.
Stel oond op 180 grade
spuit oondpan

BRON-Sandra Schreuder-de Klerk

FOTO- Marie Rheeder Troskie




PASTA EN SALMSEEKOS

 

2014-04-18-pastaensalmseekos

Kook klein skulpie pasta . Braai, uie, groen of rooi peper en knoffel tot sag en uie deurskynend. Voeg salmpieces, mossels en crabsticks by, asook hoender stock van knorr + koppie water, laat prut vir n paar minute.Voeg by die room en soices waarvoor jy lus is. Dis dit julle en ons eie konkoksie. sorry spices haha en voeg pasta by

 

BRON- Sandra Schreuder-de Klerk




RAVIOLI

2014-04-18-ravioli
RAVIOLI

PASTA DEEG:
300g koekmeel
3 eiers
1 E olie
sout
paar druppels water om sagte deeg te maak indien nodig
VULSEL:
Hier kan jy speel met verskillende vulsels. Ek het twee soorte gemaak.
VULSEL EEN: Gaar botterneut met knoffel en feta.
VULSEL TWEE:
Shitaki sampioene.
Vars shitaki of porcini sampioene so 300g
‘n halwe klein ui fyn gekap
1 t fyngekapte knoffel
olyfolie
s&p
vars basilie of enige ander kruie gekap.
OPDIENING:
1 E vars salie blare gekap
1 E botter
gesorteerde shitaki of porcini sampioene in skyfies gesny
vars parmasaan skaafsels
DEEG:
Skep deeg op werkoppervlak en maak holte in middel. Gooi eiers, olie en sout in holte. Meng geleidelik die meel met jou vingerpunte van die kant af. Voeg net druppels gewys water by om sagte rolbare deeg te maak.Vorm ‘n bal en draai toe in kleefplastiek en laat minstens twee uur rus voor gebruik.Rol deeg dun uit en druk sirkels van 5 cm uit (As jy ‘n pasta masjien het maak dit natuurlik maklikker rol tot so no 5)
VULSEL MET SHITAKI:
Sorteer sampioene, ui en knoffel in bietjie olie tot sag. Geur met s&p en vars kruie. Pak die helfde van die deegsirkels op werk oppervlak. Skep bietjie vulsel in die middel en verf die deeg rande met geklitste eier en bedek met oorblywende deeg sirkel, Druk opmekaar en verseel deeglik. Bring groot pot met diep water tot kookpunt en kook die ravioli ‘n paar op ‘n slag hierin. Skep uit met gaarjieslepel sodra dit boontoe dryf so 3-5 min.
OPDIENING
Braai die salie blare in botter toot effens bros. Rangskik 6- agt raviolis op ‘n bord, skep bietjie sampioene en salieblare oor en besprinkel met parmasanskaafsels. Sit dadelik voor.

BRON- Martie Fourie Moolman




ALLES IN EEN HOENDERPASTA

 

2014-04-18-allesineenhoenderpasta

Alles in een Hoenderpasta. Meng gaar, ontbeende hoenderborsie stukkies, gemengde groente, bacon en pasta deur mekaar. Verdik die hoenderaftreksel met Maizena en meng by pastamengsel. Gooi slap degie oor en bak vir 30 minute. Heerlike vullende maaltyd in ‘n japtrap!!

BRON- Adam Cloete




MACARONI EN MINCE

 

2014-04-18-macaronienmince

VANAAND SE ETE MACARONI EN MINCE (PASTA GEREG)

Ek het my uie gebraai in bietjie olie,
Macaroni gekook met bietjie sout.
Mince gebraai in kastrol en gemengde speserye, en sout en peper.
Mince en macaroni saam gevoeg in een bak, en pakkie kaassous, aangemaak met koppie water en bo oor gereg gesit, en nog kaas bo oor gerasper, en toe verder in oond totdat kaas gesmelt het

BRON- Marie Rheeder Troskie




MEXIKAANSE SPAGHETTI

2014-04-18-mexikaansespaghetti

MEXIKAANSE SPAGHETTI
500 g ongekookte spaghetti
6 medium grootte tamaties, geblanseer en geskil (ek sal sommer ‘n blik heel tamaties gebruik)
2 tot 3 geskilde knoffelhuisies
½ gekapte ui
3 eetlepels olyfolie
2 koppies hoenderaftreksel
fyngekapte pietersielie
gerasperde, verouderde kaas na smaak
sout na smaak
‘n paar avo skywe, indien jy so verkies

Maak die tamaties, knoffel en ui fyn in ‘n voedselverwerker of versapper tot dit redelik glad is. Verwarm die olie in ‘n groot, wye pot en voeg die ongekookte spaghetti daarby. (ek het hulle helfte deur gebreek) roer die spaghetti tot dit eweredig verbruin het verwyder. En hou eenkant. Giet die tamatie mengsel in die pot. Saam met nog ‘n bietjie olie indien nodig. Laat dit vir ‘n paar minute prut. Voeg ¾ van die hoender aftreksel by die tamaties en bring tot kookpunt. Voeg die spaghetti by die tamatie- en aftrekselmengsel en verlaag die hitte. Voeg die sout en pietersielie by. Die gereg is gereed wanneer daar niks meer vloeistof in die pot is nie. Roer die kaas deur en bedien.
Resep en foto: Adam Cloete

Hier is die resep wat ek gisteraand op Impala Radio gegee het. Ek het dit saam met frikkadelle bedien. Die frikadelle is dieselfde resep wat ek op die blog het, maar in plaas van broodkrummels, het ek ‘n pakkie bruin soppoeier en 125 ml jogurt ingemeng en toe op hoog in die mikrogolf gemaak vir 15 min.




GNOCCHI

2014-04-18-gnoccitested

GNOCCHI
Het vandag ‘n voorraad Gnocchi gemaak. Ek het die deeg verkleur met Koo se Garlic tamatiepasta en daarna die Gnocchi gevorm en dit nie gekook nie, maar gevries in pakkies. Vries baie goed.
Ek maak Gnochhi gereeld en ek werk op die skaal van vir elke koppie fyn aartappels
gebruik jy ‘n koppie meel!
Dit is baie maklikker vir die eerstekeer kokke om die deeg net reg te kry!
Jy moet dan natuurlik altyd so ekstra meel hê om die oppervlakte te bedek waarop jy gaan werk asook vir die elastiesiteit reg te kry van jou gnochhi indien nodig.
Nog ‘n idee wat ek kan byvoeg is dat jy kan met jou meel sommer so bietjie gerasperde parmesan
byvoeg ( mens koop die klein pakkies klaar gerasper by alle kruideniers winkels)
Ek gooi so ‘n hele pakkie in met vier koppies fyn aartappels/meel verhouding), dit maak dit gnochhi nog lekkerder smaak!
Terloops elke koppie fyn aartappels/meel maak genoeg gnochhi vir een persoon met groot eetlus! Geniet !

Recipe for gnocchi
2 potatoes
2 cups all-purpose flour
1 egg

Bring a large pot of salted water to a boil. Peel potatoes and add to pot. Cook until tender but still firm, about 15 minutes. Drain, cool and mash with a fork or potato masher.
Combine 1 cup mashed potato, flour and egg in a large bowl. Knead until dough forms a ball. Shape small portions of the dough into long “snakes”. On a floured surface, cut snakes into half-inch pieces.
Bring a large pot of lightly salted water to a boil. Drop in gnocchi and cook for 3 to 5 minutes or until gnocchi have risen to the top; drain and serve.

FOTO- Corne Liebenberg




TUISGEMAAKTE LASAGNE

lasagne - kompetisietested

TUISGEMAAKTE LASAGNE
Lasagne tuisgemaak met my eie blaaie ek sal die foto opsit as dit klaar gebak is
1 pak lasagne velle of maak jou eie
1 Groot ui
2 Huisies knoffel gerasper 
500g Lean maalvleis
3 Tamaties
1 Rooipeper gerooster
Pakkie mushrooms opgekap
Woestersous tamatiepasta en sout en peper na smaak
En so klein bietjie rooiwyn
2 tl Origanum
Gerasperde kaas

Pak Lasange blaai (Of maak jou eie 1en 3\4 koppie meel met 2 eiers en 2 tl water knie goed en rol deur pasta masjien
Braai jou maalvleis met uie en Rooipeper wat gerooster is, voeg al die ander bestanddele by kook dit tot dit lekker dik is laat afkoel. Nou pak jy laag vir laag eers maalvleis, pastablaaie en witsous ek sit nie baie gerasperde kaas tussen in nie net bo op

WitSous
1 l Melk gekook met 2 pakkies mushroom soppoeierrasper bietjie neut in .
Bak in oond vir 45 min teen 180 grade C  hou hom maar dop as hy bubble en bruin is haal maar uit
Bedien saam met lekker Groen slaai

Bron en Foto: Anita Groenewald Olderwagen




OOP LASAGNE MET EEND EN BLOU BESSIE SOUS

 

2014-04-17-ooplasagnatested

4 eend borsies
kwart k port
kwart k basamiek asyn
250 g bloubessies
1 E heuning
1 k hoenderstock
sout en rooipeper
1 E mezena
1 E bruin suiker
vars oreganum en roosmaryn gekap
Vars lasangne velle
Maak snytjies aan vetkant van eendborsies en vryf s&p en gekapte oreganum aan albei kante. Braai in warm pan met vetkant eerste. so drie min aan albei kante. moet nog pink binne in wees.Maak die sous en kook die lasangne velle. Sny die borsies in skyfies en rangskik dit alternatief saam die sous tussen die velle lasangne

Bron: Martie Fourie Moolman