SPAGHETTI EN FRIKKADELLE


SPAGHETTI EN FRIKKADELLE
500 g maalvleis
1 medium ui, fyngekap
1 eetlepel oats
sout na smaak
spice for mince na smaak
½ teelepel crushed garlic
1 eier

Meng al die bestanddele saam en maak balletjies. Ek het dit in die wok pan gepak en so bruin gebraai. Geen olie nodig nie, want die non stick wok en die bietjie vet in die maalvleis braai die balletjies mooi bruin.
Ek het ‘n bottel pasta sous gevat en oor die maalvleis balletjies gegooi en stadig geprut totdat die maalvleis balletjies gaar is.
Kook spaghetti tot gaar. Haal die maalvleis balletjies uit die sous uit. Gooi die spaghetti in die sous in en meng goed deur sodat die pasta goed bedek is met die sous. Skep die pasta op en rangskik die balletjies bo-op. Rasper kaas oor en bedien.
Foto: Juanita Vermeulen




GILLIAN SE TUISGEMAAKTE PASTA


GILLIAN SE TUISGEMAAKTE PASTA
750 ml koekmeel
4 groot eiers
1 teelepel sout
2 eetlepels olie/olyfolie

Sif die koekmeel en sout saam. Maak ‘n holte in die meel en breek die eiers daarin. Meng alles saam met houtlepel en voeg nou die olie by. Knie tot ‘n sagte, hanteerbare deeg. As deeg nog te styf is, voeg ‘n halwe teelepel olie op ‘n slag by en knie verder.
Sodra die deeg gereed is, bêre in ‘n plastieksakkie in die yskas vir minstens 30 minute. Haal uit yskas en rol so dun asdun moontlik uit met ‘n koekroller, sny dan met ‘n skerp mes soos verlang. As jy ‘n pastamaker het, rol die pasta uit daarmee (onthou om by die dikste “setting” te begin en die velle deur te werk na die dunste “setting”) en sny dan met die hegstuk in die verlangde vorms.
Resep:  Gillian Vermeulen




ARM-MAN LASAGNE OP DIE STOOF


ARM-MAN LASAGANE OP DIE STOOF
500 g maalvleis
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
5 medium wortels, gerasper
1 blikkie baked beans
30 ml tamatiepasta
30 ml suiker
30 ml asyn (wit/bruin is reg)
sout en swartgemaalde peper
5 ml tiemie
5 – 10 ml pietersielie
250 g lasagnevelle
250 – 500 ml gerasperde kaas
125 ml koekmeel
100 ml botter/margarien
1 liter melk

Gebruik ‘n pot/pan met ‘n 2 liter of groter kapasiteit en roerbraai die maalvleis, ui en knoffel tot ui deurskynend is en vleis nie meer pienk is nie. Gooi die gerasperde wortel, baked beans, tamatiepasta, asyn, suiker en 2 koppies kookwater asook die sout en peper by. Laat prut stadig vir ongeveer 30 minute totdat sous begin verdik, maar moenie laat droog kook. Gooi nog water by indien nodig. Gooi nou die tiemie by en roer deur.

Witsous
Plaas die botter/margarien in ‘n mikrogolfvaste bak in die mikrogolfoond vir 30 – 60 sekondes. Gooi die melk, asook sout en peper by en klits met ‘n draadklopper. Mikrogolf op 100% krag vir 2 minute, haal uit en klop met draadklopper. Herhaal die mikrogolfproses totdat die witsous begin dik word.
Skep die maalvleis uit die pot/pan. Pak dan ‘n laag lasagnevelle op die bodem van die pot/pan. Skep maalvleis oor en dan witsous, pak dan weer ‘n laag lasagnevelle, maalvleis en witsous totdat al die bestanddele klaar is. Rond af met gerasperde kaas en sprinkel pietersielie oor. Plaas deksel op pot en prut op die laagste hitte vir ongeveer 15 – 20 minute. Skakel stoofplaat af en laat pot rus vir 20 – 30 minute. Bedien lasagne met knoffelbrood en mengelslaai.
Resep en foto: Gillian Vermeulen




BOTTERSKORSIE TAGLIATELLE


BOTTERSKORSIE TAGLIATELLE
1×350 g pak butternut Tagliatelle
4 hoender fillets
2 uie, gesnipper
1 groen pepper, fyngesny
1 pakkie sampioene, in skyfies gesny

Sny hoender filets in blokkies.
Sprinkel genoeg bbq speserye en ½ suurlemoen se sap oor.
Braai bogenoemde alles in diep plat kastrol in bietjie olie.

Meng nou 500 ml hoender stock en 1 pakkie hoender roomsop saam.
Voeg by hoender mengsel.
Kook nou oor lae hitte.

Tagliatelle kook ek in mikrogolf.
Kook water sout en bietjie olyf olie saam.
Voeg nou tagliatelle by.
Stel mikro op 10 min en roer dan met tussen poses (hou dop dat dit nie pap kook nie, moet nog ferm wees).
Voeg nou tagliatelle by hoender mengsel, voeg sout en varsgemaalde swartpeper na smaak by en roer deur, haal van stoof af en voeg gekapte pietersielie by.
Resep en foto:  Alta Gunter Van Dyk




CREAMY BEEF AND SHELLS

CREAMY BEEF AND SHELLS
Recipes posted and photo: Benita Rodrigues
yield: 4 servings
230 g  medium pasta shells
1 tablespoon olive oil
450 – 500 g ground beef
½ medium sweet onion, diced
2 cloves garlic, minced
1 ½ teaspoons Italian seasoning
2 tablespoons all-purpose flour
2 cups beef stock
425 g can tomato sauce
3/4 cup heavy cream
Kosher salt and freshly ground black pepper, to taste
½ cup  shredded extra-sharp cheddar cheese

In a large pot of boiling salted water, cook pasta according to package instructions; drain well.
Heat olive oil in a large skillet over medium high heat. Add ground beef and cook until browned, about 3-5 minutes, making sure to crumble the beef as it cooks; drain excess fat. Set aside.
Add onion, and cook, stirring frequently, until translucent, about 2-3 minutes. Stir in garlic and Italian seasoning until fragrant, about 1 minute.
Whisk in flour until lightly browned, about 1 minute.
Gradually whisk in beef stock and tomato sauce. Bring to a boil; reduce heat and simmer, stirring occasionally, until reduced and slightly thickened, about 6-8 minutes.
Stir in pasta, beef and heavy cream until heated through, about 1-2 minutes; season with salt and pepper, to taste. Stir in cheese until melted, about 2 minutes.
Serve immediately.

Comment: Benita Rodrigues
Ek het ander pasta gebruik, nie dieselfde as in die resep nie, maar dit is een van die lekkerste wat ek in ‘n lank tyd geproe het en verskriklik maklik.




BOTTERSKORSIE LASAGNE


BOTTERSKORSIE (BUTTERNUT) LASAGNE
250 g lasagne velle
1 medium botterskorsie
1 medium ui
knoffel, opsioneel
1 liter melk
100 g botter/margarien
125 ml koekmeel
sout, peper en paprika
gerasperde kaas

Skil en verwyder pitte van die botterskorsie, sny in blokkies. Maak ui skoon en sny in blokkies. Stoom ui en botterskorsie gaar in pot met sout en swartpeper, steamer of mikrogolfoond.
Smelt botter/margarien in mikrogolfbak, roer meel by en geur met sout en swartpeper.
Gooi al die melk by. Klits met draadklopper. Mikrogolf vir 2-3 min op ‘n slag, haal uit en klits met draadklopper. Herhaal proses totdat witsous dik en romerig is.
Smeer/spuit ‘n vierkantige/reghoekige oondbak. Pak ‘n laag lasagne velle, dan botterskories, ui en knoffel en dan witsous. Herhaal lae tot bestanddele klaar is. Strooi genoeg gerasperde kaas bo-oor en paprika. Bak in voorverhitte oond vir 30 min by 180 ºC.
Resep: Gillian Kruger Vermeulen
Foto:  Ina Coetzer




MAKLIKE GEBAKTE MACARONI EN KAAS

MAKLIKE GEBAKTE MACARONI EN KAAS
6 – 8 Porsies
Basiese resep (ek sal my variasies aan die einde gee)
2 eetlepels botter
250 ml maaskaas (nie lae vet)
500 ml volmelk (te min na my mening)
1 teelepel droë mosterd
knypie rooi peper
knypie neutmuskaat
½ teelepel sout
¼ teelepel swart peper
450 ml gerasperde cheddar – hou ½ daarvan terug
100 – 200 ml broodkrummels/Panco
250 g macaroni – ongekook

Verhit oond tot 230ºC.
Oondrak in boonste derde van oond.
Smeer oond bak met botter / spray n cook.
Oorspronklike resep sê om die maaskaas, melk, mosterd, rooi peper, neut, sout en peper saam te blits en dan die res bymekaar te voeg. Hulle bak dit dan van die begin af in ‘n oondbak met ‘n deksel in die oond.
Om tyd te spaar, verkies ek om alles in ‘n kastrol wat in die oond kan gaan op die stoof te begin en wanneer alles lekker begin kook en die macaroni halfpad sag is, die laaste cheddar + krummels oor te gooi en te bak tot gaar en bruin in die oond – min of meer 30 minute.
My verdere variasie van die resep:
Ek gebruik letterlik enige kaas variasie wat ek in die yskas het – parmesan, cheddar, blou kaas, maaskaas, feta – plus melk, plain yoghurt en room. Enige bietjies oorskiet in die yskas – sampioene, rooi en geel soetrissie, tamatie in blokkies gesny, spek en/of worsies opgesny, uie wat vooraf gebraai is kom ook by. Dit is nie noodsaaklik nie, maar dit doen ook geen kwaad nie.
Ek het baie eiers beskikbaar, so ek klits so 5 eierwitte tot lekker pof en vou dit en die eiergele deur die bogenoemde mengsel. Dis optioneel, maar ek dink dit gee lekker lyf aan die gereg.
Meng die broodkrummels en laaste deel van die cheddar en sprinkel ruim oor die mengsel in die oondbak/kastrol. Bak minstens 30 min tot net gestol en mooi bruin en crisp bo-op.
Ek het dit met piekels bedien.
Resep en foto: Petro Borchard




EASIEST BAKED MACARONI AND CHEESE


EASIEST BAKED MACARONI AND CHEESE
Ek gooi sommer enige en elke stukkie oorskiet kaas/roomkaas/plain yoghurt wat ek in die yskas het, ook by die mengsel. Wat ook nie kwaad doen nie, is om tiemie, tamatie blokkies, gaar spek of worsies in te sit.

Yield: 6 to 8 servings
2 tablespoons butter
1 cup cottage cheese (not low fat)
2 cups milk (not skim)
1 teaspoon dry mustard
pinch cayenne
pinch freshly grated nutmeg (I skipped this)
½ teaspoon salt
¼ teaspoon freshly ground black pepper
1 pound sharp or extra-sharp cheddar cheese, grated (I’m a big fan of Cabot extra-sharp, in the purple wrapper)
½ pound elbow pasta, uncooked (225 g)

Heat oven to 375°F and position an oven rack in upper third of oven. Use one tablespoon butter to grease a 9-inch round or square baking pan.
In a blender, purée cottage cheese, milk, mustard, cayenne, nutmeg and salt and pepper together.* Reserve 1/4 cup grated cheese for topping. In a large bowl, combine remaining grated cheese, milk mixture and uncooked pasta. Pour into prepared pan, cover tightly with foil and bake 30 minutes.
Uncover pan, stir gently, sprinkle with reserved cheese and dot with remaining tablespoon butter. Bake, uncovered, 30 minutes more, until browned. Let cool at least 15 minutes before serving.

* Next time, I will puree everything without the milk, and then add it in. I think that will put a finer grind on the cottage cheese, so no lumps remain.
Recipe posted and tested by Petro Borchard




SANTIE SE SPAGHETTI SPECIAL


SANTIE SE SPAGHETTI SPECIAL
1 medium ui, opgesny
1 knoffelhuisie
1 rooi soetrissie peper
250 gram gevriesde shrimps
1 stuk steak, in repies gesny
250 ml suurroom
2 eetlepels chutney
250 gram rou spaghetti
100 gram cheddar kaas gerasper

Kook spaghetti soos normaal.
Braai ui, knoffel en rooi soetrissie peper in bietjie botter tot glaserig. Voeg shrimps by en braai tot geen water meer te sien is nie, want shrimps bevat heelwat water.
Voeg dan repies steak by en braai weer tot alles lekker deur gebraai is.
Voeg suurroom en chutney by en laat alles lekker meng en nog so 1 minuut lang kook.
Meng deur met gaar spaghetti en strooi kaas bo oor.
Resep en Foto: Santie Hain




MACARONI EN KAAS MET SPEK


MACARONI EN KAAS MET SPEK
500 g pak macaroni
1 blik gesnyde tamaties
1 pak 200 g spek
2 uie, gesny
250 ml melk
2 eiers
2 koppies Cheddar kaas
3 eetlepels suiker
5 ml Aromat
paprika

Verhit oond oond op 180°C.
Kook macaroni tot sag. Braai uie en spek saam in groot pan tot gaar. Gooi blik tamaties by en Aromat en suiker. Gooi water af van macoroni. Meng macoroni en spek en uie saam en skep dit in oondbak. Strooi kaas oor.
Klits die 2 eiers en melk in ‘n maatbeker en gooi stadig oor kaas en macoroni.
Strooi liggies paprika oor.
Bak op 180°C  vir 20 minute tot eier melk mengsel gestol is en kaas mooi bruin is.
Foto: Sonja Beukes Oosthuizen
Resep geplaas deur Sonja Beukes Oosthuizen