STELLA SE LUI PASTA

TAGLIATELLI WITH MUSHROOMStested
STELLA SE LUI PASTA

Een pakkie bacon bits
Tagliatelle pasta
N punnet mushrooms
250 ml room
Kook pasta tot al dente gooi in n bak
Braai bacon tot gaar
Sit mushrooms in ( ek kerf hulle baie din)
Sit plaat op laer stelling
Gooi room by
Laat die hele storie af kook na die helfde.
Die mengsel raak dukker
Gooi mengsel oor pasta en meng
Laat die sous so bietjie in die pasta intrek
15 minute met n bord op die bak
En daar het jy lekker lui pasta!
Vars pietersielie is ook heerlik saam

RESEP: Christelle Louise Bester




CARBONARA

 

2014-05-24-carbonaratested

(vir 6 mense)
Hou alles byderhand want hierdie neem omtrent 15 minute

750 g maer bacon (opgesny)
1/2 ui – fyngekap
500 ml room
3 eiers – geklits
100 g VARS fyn gerasperde Parmesan kaas (nie die botteltjies nie)
Sout en peper na smaak
500 g pasta (ek gebruik spaghetti)

Braai die bacon en uie in ‘n bietjie olie tot amper crispy
Kook die pasta tot sag (so 9 minute)
Dreineer goed
Sprinkel met ‘n bietjie olyfolie
Plaas terug op stoof met plaat op Lou
Gooi die bacon en room oor die pasta
Eindig met parmesan en eiers
Roer nou aanhoudend tot dit lyk of eiers begin gaarword

Bedien met ekstra fyn gerasperde Parmesankaas.
BRON- Amanda Vallero‎




LEANNE SE LASAGNE

leanne se lasagnetested

LEANNE SE LASAGNE
Spuit oondpan en voorverhit oond tot 180 ºC.
Braai 2 uie en 1 greenpepper met 3 huisie knoffel  gekap tot mooi bruin.
Sit nou 1 kg maer maalvleis by en braai tot mooi bruin.
Ek sit dan ‘n pakkie tamatie paste in en braai. Nou season jy dit met sout, peper, Ina Paarman se garlic en herbs en so kwart teelepeltjie kaneel. Moet nie die kaneel uitlos nie, dit gee so lekker smaak.

Nou voeg ek 2 blikkie Miami Boerie Relish Sweet Tomato by en laat prut tot dit ryk en geurig is. Maak genoeg kaassous (volg jou eie resep) en wanneer jy dit van die stoof afhaal voeg ‘n eiergeel by en meng deeglik. Die eiergeel wat jy byvoeg maak dat dit so mooi bruin bo bak. Begin nou met ‘n laag maalvleis, dan kaassous, dan lasagne velle. Maak soveel lae soos jy wil en bak in die oond vir om en by ‘n driekwart uur tot ‘n uur.

Foto en resep geplaas deur Leanne Thurston Coetzer




CHICKEN NOODLES

 

2014-05-15-chickennoodles

4 boneless skinless chicken breasts (I used frozen)
2 cans cream of chicken soup
1 stick of butter
2 15 oz cans chicken broth
24 oz. frozen egg noodles

Directions
Cook chicken, soup, butter, and broth in crock-pot on low for 6-7 hours.
Take chicken out and shred.
Put chicken back in; add noodles and cook on low for 2 hours. Stir a few times while cooking.
BRON- Delicious Recipes




HOENDERPASTA

 

2014-05-15-hoenderpasta

Sny 4 hoenderfilette in blokkies maak gaar in n bietjie Avo-olie met n bietjie hoendergeursel en Masala van Ina Paarman

Voeg fyngekapte ui met n t gekapte knoffel by. Voeg gaar Italiaanse pasta by.

Voeg blokkies vars avo- tamatie – fyn gekapte rissies ( geel rooi en groen) by.

Sny blokkies kaas. by.

Voeg selderystukkies met gesnyde Israeli komkommertjies by.

Geur na smaak.

Meng goed deur.

Kan koud of warm bedien word.




MACARONI EN KAAS

2014-05-14-img-20140514-01925tested

Ek het uie sampioene, en bacon lekker gebraai.
Noedels gaar gekook en dreineer.
4 eiers geklits.
2 pakkies 3 kaas sous aangemaak met die hoeveelheid water en by eiers geklits met 1 koppie kaas, sout en peper.
Meng nou alles tesame.
Rasper kaas bo oor en bak in oond 180g tot gaar
BRON – Resep en foto – Marie Rheeder Troskie




EIERVRUG, MAALVLEIS EN TAMATIE PASTA

tested
EIERVRUG, MAALVLEIS EN TAMATIE PASTA
500 g eiervrug
3 tamaties
400 g maalvleis
1 vars chilli
3 knoffel huisies
300 ml tamatie passata
1½ teelepel sout
¾ teelepel vars gemaalde swart peper
½ teelepel suiker
400 g pasta
80 ml vars basil, gesnipper
50 g Parmesan, gerasper

Spoel die eiervrug, tamaties en brandrissie af. Sny die eiervrug in ½ cm skywe en die tamaties in blokkies. Kap die brandrissie, verwyder die sade en druk die knoffel deur ‘n knoffel pers.
Strooi die eiervrug skywe met sout en laat hulle staan vir vyftien minute. Droog die oppervlak van die eiervrug met papier handdoek af en sny die skywe in kwarte. Verhit olie in ‘n pan en braai die eiervrug in ‘n paar sessies tot bruin aan beide kante. Plaas opsy tot die pasta gaar is.
Gooi nog olie in ‘n warm pan indien nodig en braai die maalvleis tot bruin. Voeg die knoffel en brandrissie by. Laastens word die tamaties en tamatie passata bygevoeg. Geur met sout, peper en suiker. Laat die sous prut oor lae hitte vir ‘n rukkie.
Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie tot al dente. Dreineer die pasta, en gooi dit terug in die kastrol.
Roer die eiervrug by die tamatiesous mengsel. Voeg die vars gekerfde basil by die mengsel. Proe en pas die sout en peper aan na smaak.
Meng van pasta en eiervrug mensel saam. Skep op en rasper dan van die Parmesan kaas oor.

Hierdie resep was oorspronklik net eiervrug, maar ek het maalvleis bygevoeg vir die kinders. Die brandrissie kan ook vemeerder word, want ons het glad die die die chili geproe nie. Speel maar rond met dit totdat ‘n “happy medium” gevind word.
Resep geplaas deur Wilanda Räsänen
Foto: Wilanda Räsänen




TAMATIE SPAGHETTI MET KAAS OOR

 

2014-05-10-tamatieenkaasspaghetti

1 pak spaghetti op twee pakkies tamatie “cup n soup” . Kook spaghetti tot half gaar en voeg een pakkie sop by, voeg tweede pakkie sop by 5 minute voor pasta gaar is vir ekstra geur. Ek hou van my pasta plein, maar kan gerus “russian” of “hadock vis” by sit. Vir my die geur van daai tamatie is alreeds baie heerlik. wanneer gaar strooi met kaas na smaak, en voeg eie by kos by. n Heerlike groen slaai werk net so lekker.
BRON- Karl Marius du Preez




TAMATIE SPAGHETTI

2014-05-10-tamatiespaghettitested
TAMATIE SPAGHETTI
Gaar spaghetti
Braai die volgende saam in 30 g botter:
1 ui, fyn gesny
3 toontjies knoffel, fyn gesny
blokkies groen, rooi en geel peper
1 komkommer, in blokkies gesny
3 sprietuie, in ringe gesny
12 rooi en geel kersie tamaties, gehalveer
4 viennas, in ringe gesny

Voeg by:
½ koppie tamatiesous
½ koppie tamatieblatjang
1 koppie water
½ teelepel roosmaryn
sout en peper na smaak

Prut vir 5 minute.
Sprei die spaghetti in ‘n groot bak en giet die sous oor.
Meng goed en bedien met tamatieslaai op ‘n stokkie.

Bron: Corne Liebenberg




EIERVRUG PASTA

eiervrug pastatested

1 medium eiervrug in blokkies gesny
1/2 ui en een knoffelhuisie fyn gekap
Olyfolie
Sout en peper
Een blikkie gaar, gekapte tamaties
250 ml room
1 pak pasta
Mozzarella kaas
Parmesaankaas

1. Braai eiervrug in olie (maak seker dat eiervrug blokkies aan alle kante vol olie is) en besprinkel met sout en peper.
2. Na so 10 minute, sit knoffel en uie by en braai tot deursigtig.
3. Sit tamaties by en laat prut.
4. Maak nou die pasta gaar volgens aanwysings (penne pasta werk lekker vir die resep).
5. Terwyl pasta kook, voeg room by die eiervrug en tamatie mengsel en laat verder prut.
6. Wanneer die pasta gaar is, gooi meeste van die water af – behou omtrent ‘n koppie vol saam met die pasta.
7. Meng die eiervrug mengsel met die pasta. Breek stukke mozzarella kaas daarin en meng goed.
8. Sit voor met parmesaan en growwe swartpeper oorgesprinkel.

Hanta Henning aangepastested
Jamie’s dinners: the essential cookbook. London: Penguin. pp. 194-195.