EIER PASTA


EIER PASTA
9 eiers geskei (gebruik net eiergele, gewig was 177 gram)
177 gram meel (gewig van die meel en die eiergeel moet dieselfde wees)

Maak holte in meel, en voeg eiergeel in die middel by. Roer die meel in die eiergele in.
Knie tot n gladde elastiese deeg op n meelbestrooide blad. Laat rus vir 45 minute in die yskas. Knie weer deur. Sit pasta deur die masjien, begin by die grootste stelling, en eindig met kleinste stelling. Sit deur die snyer.
Kook soos enige ander pasta.

In foto bedien saam met hoenderrepe in ‘n romerige spek, sampioen en kaserige witwynsous.
Foto: Petrè van Jaarsveld




PESTO PASTA WITH GRILLED CHICKEN


PESTO PASTA WITH GRILLED CHICKEN
2 boneless, skinless chicken breasts
½ tsp salt
½ tsp pepper
450 g farfalle pasta
¾ cup basil pesto or to taste
1 cup cherry tomatoes, halved
¼ cup fresh basil, cut into thin strips or to taste
Parmesan cheese (optional)

Season the chicken breasts with salt and pepper.Grill the chicken over medium-high heat for 5-7 minutes per side, or until completely cooked. Transfer chicken to a cutting board and slice into strips.
Meanwhile, boil the pasta to the package instructions.
Rinse and drain pasta and set aside.
Using a large bowl, mix together the pesto, pasta and chicken. Stir until well combined and place in the refrigerator until chilled.
Stir in the cherry tomatoes and fresh basil immediately before serving.
Finish with freshly grated Parmesan cheese (optional).
Photo:  Ivanda Venter




KASERIGE “TENDERISED STEAK” EN PASTA


KASERIGE “TENDERISED STEAK” EN PASTA
2 groot stukke tenderised steak, in repies gesny
1 medium ui, fyn gesny
gevriesde soetrissie na smaak
15 ml skeutjie wyn
bietjie suurlemoensap om oor steak te sprinkel
vleissagmaakmiddel om oor steak te strooi
olyfolie om meer te braai
25 ml appelkooskonfyt
1.5 koppies cheddar kaas, gerasper
2 houers marscarponi kaas
1 pakkie Royco Bacon & Cheese pasta sous
15 ml oreganum
15 ml knoffel, fyn gemaak
1 blikkie tamatie en uie smoor
2 x 250g gesnyde sampioene
gaar pasta

Kook pasta gaar volgens aanwysings.
Sny steak in repies, sprinkel met vleissagmaakmiddel, suurlemoensap en gooi die wyn oor, roer goed deur en sit eenkant terwyl jy pasta kook. Verhit jou olyfolie in kastrol, braai ui, knoffel en soetrissie tot gaar.
Voeg steak by en braai so bietjie. Gooi blikkie tamatiesmoor by.
Gooi marscarponi en oreganum by en laat so bietjie prut terwyl jy roer todat marscarponi gesmelt het en ‘n lekker romerige sous maak.
Gooi nou sommer die Royco Souspoeier net so in die pot. Voeg appelkooskonfyt by en roer tot opgelos. Laastens voeg sampioene by kook vir so 3 minute.
Spuit oondvaste skottel. Gooi gaar pasta in.
Gooi vleissous oor en meng goed deur.
Looi hom met die gerasperde kaas vir die baas en bak teen 200°C vir 30 minute.
Geniet!
Foto: Esmarie Friedrichs




ROMERIGE ALFREDO IDEES


ROMERIGE ALFREDO IDEES
Suzelle Badenhorst
Ek gebruik room, cream cheese en dan sit ek nog Parmesan cheese (gekrummel) in die sous.

Franco Dippenaar:
Maak basiese witsous en laat dit heeltemal afkoel tot gestol en koud. Meng ‘n houer room met dieselfde hoeveelheid melk. Plaas ‘n lepel witsous in jou warm pan, voeg dan bietjies melk en roommengsel by en roer met die agterkant van ‘n lepel tot ‘n glad en romerige sous. Voeg dan 30 g Parmesan of Pecorino kaas by en swart peper en Spice o Mat by na smaak. Voeg dan jou alfredo betanddele by.

Chantélle Saayman:
Basiese witsous is nie so romerig soos eetplekke se sous nie, doen jouself ‘n guns en probeer hierdie een, jy sal nooit weer ‘n ander sous gebruik nie. Daar kom NIKS anders in die sous nie.
Pasta ala Chantelle
2 uie, fyngekap (klein twista)
250 g mushrooms, skyfies gesny
lekker baie knoffel
Sandwich ham koue vleis, ± 500 g in klein blokkies gesny
Spaghetti of enige pasta van jou keuse
1 liter vars room
Aromat
peper
Maizena (so 3 teelepels, met klein bietjie water vir die 1 liter room)
Kook jou pasta. Braai uie, knoffel en mushrooms. Gooi sandwich ham by.
Gooi room in. Geur met aromat en peper. Maak dik met Maizena.
Ek het pasta in die sous gegooi, jy kan bedien soos jy wil.

Olga Els Bosch
Chantélle Saayman ek gooi nog bacon bits ook by.
Herman Carstens
2 eetlepels peanut butter

Kiti Citi
http://www.foodloversrecipes.com/2019/03/alfredo-sauce/
Ek maak myne presies soos Jennifer Weir, maar asseblief moenie dit laat “simmer” nie. Die room daarin SAL SPLIT as jy dit kook. Sit jou plaat stadig en bly roer. Dit vat omtrent 4 minute teen 90 grade. Ek gooi alles behalwe parmesan in pot (of thermomix). En sodra dit gesmelt is, gooi ek die kaas by en sit
voor met vars pietersielie.

Yvette Pretorius
Kook jou fettechini, saute uie in ‘n pot met bietjie botter en olie, gooi ‘n pakkie gesnyde sampioene by. Swart peper en bietjie sout, gooi ham blokkies in en laat braai vir paar min, gooi 250 ml vars room by en roer en op lae hitte. Gooi oor fettechini en laat sous intrek. Jy kan gekneusde knoffel ook bygooi. As jy bedien, gooi Parmesan kaas oor. Ek hou nie van witsous nie.

Linda Botha
Ek maak die heerlikste roomsous met net 3 bestanddele.
Vars room( soveel jy dink gaan genoeg wees)
blokkie hoender aftreksel
sampioene
growwe peper en kaas
Kook teen medium hitte, roer aanhoudend tot sous lekker dik afgekook is.
Kan hitte verlaag, roer aanhoudend.
Foto:  Kiti Citi




PASTA MET HOENDER EN KERSIETAMATIES


PASTA MET HOENDER EN KERSIETAMATIES
350 g hoenderborsfilette, sonder die vel in blokkies gesny
50 ml Italiaanse droë vermot
10 ml vars gekapte roosmaryn
15 ml olyfolie
1 ui fyn gekap
90 g Italiaanse salami, in stukkies gesny
275 g pastastrikkies
15 ml balsamiese asyn
1 x 400 g blik Italiaanse kersie tamaties
gedroogde rissie na smaak
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas die hoender in ‘n groot bak, skink die vermot oor en strooi die roosmaryn oor. Geur met sout en peper na smaak. Roer goed deur en hou eenkant.
Verhit die olie in ‘n groot braaipan of kastrol en roerbraai die ui en salami oor matige hitte vir omtrent 5 minute.
Kook die pasta volgens die instruksies op die verpakking.
Voeg die hoender en vermot by die ui en salami, verhoog die hitte en braai 3 minute, of tot die hoenderstukkies oraloor wit geword het. Sprinkel die asyn oor.
Voeg die kersie tamaties en rissies by, roer goed en prut ‘n paar minute. Proe die sous en geur na smaak indien nodig.
Dreineer die paste en voeg by die hoendermengsel.
Foto: Elna Erasmus




WORSGEREG MET SPAGHETTI


WORSGEREG MET SPAGHETTI
Resep en foto:   Christelle van Rooyen
FOOD LOVERS RECIPES
500 g rou wors, opgesny
3 wortels, geskil en gesny
1,5 koppies gesnyde groenbone
1 pakkie bruinuie soppoeier
500 g spaghetti, apart gekook in water tot gaar

Voeg bietjie sout by as dit amper gaar is. Dreineer oortollige water.
Gooi alles bymekaar (behalwe spaghetti) en voeg water by, net genoeg om alles te bedek. Kook tot gaar. Maak soppoeier aan met bietjie water en voeg by. Kook deur tot alles mooi gebind is. Pasop dit kan brand, water word vinnig minder. Geniet oor spaghetti.




DENZY SE BOTTERSKORSIE, SAMPIOEN EN TAMATIE SPAGHETTI


DENZY SE BOTTERSKORSIE, SAMPIOEN EN TAMATIE SPAGHETTI
Foto: Denzel Koenana
Resep geplaas deur Denzel Koenana
FOOD LOVERS RECIPES
500 g maalvleis
½ botterskorsie, in blokkies gesny
10 sampioene, gesny
½ pakkie spaghetti
1 ui, gekap
1 rooi pepper, gekap
1 groen pepper, gekap
2 tamaties, gekap
1 eetlepel knoffel
½ koppie suiker
1 eetlepel tiemie
2 eetlepels olie
½ koppie tamatie puree
1 klein pakkie tamatie paste
sout en pepper
gerasperde Edam kaas
gekapte grasuie (chives)

Kook spaghetti in water met sout tot sag. Kook botterskorsie in water tot sag en dreineer.
Maak pot bietjie warm en gooi olie in, voeg die ui, peppers, tamatie en knoffel by en soteer tot sag. Voeg nou maalvleis, sampioene, tamatie puree, tamatie paste en suiker by en kook tot vleis gaar is. Voeg nou botterskorsie en spaghetti by en meng goed. Voeg dan sout en peper na smaak by.
Skep in bakkie en strooi Edam kaas en grasuie oor.
Geniet.




LOURENS SE MACARONI EN KAAS


LOURENS SE MACARONI EN KAAS
Resep en foto: Lourens Claassen
FOOD LOVERS RECIPES
(as jou bak groot is, verdubbel al die bestanddele, behalwe die sampioene)
1 pak gaar macaroni
1 groen soetrissie, opgesny
1 pak spek, stukkies
1 ui, gekap
2 tamaties, in skywe gesny
1 pak sampioene, opgesny
gerookte paprika

Braai soetrissie, sampioene, spek en ui in botter of olie. Onthou alles hang af hoe groot jou bak is.
Hou eenkant terwyl jy die witsous maak.

Witsous:
1 liter melk
knippie sout
100 ml koekmeel
1 koppie kaas, gerasper
100 ml botter

Smelt die botter, voeg koekmeel en sout by. Klits met draadklopper tot gemeng en voeg dan die melk by. Hou aan klits totdat witsous verdik oor lae hitte. Verwyder van plaat en voeg die kaas by.
Pak nou jou lae in die voorbereide oondbak.
Laag tamatieskywe onder in bak, dan lagie macaroni, dan mengsel van uie, peppers en spek, dan laag kaassous. Ek het witsous gemaak met tonne kaas (van jou keuse) in. Meng nou die oorblywende witsous met die oorblywende macaroni en sit alles op die laaste kaassous laag.
Strooi Smokes paprika bo oor met nog ekstra kaas en tamatie heelbo.
Plaas in die oond teen 180°C tot geset. (ongeveer 30 minute)




BEKOSTIGBARE HEERLIKE HOENDERPASTA


BEKOSTIGBARE HEERLIKE HOENDERPASTA
3 koppies gaar hoender (ek het oorskiet braai hoender gebruik)
4 koppie kaassous medium dikte (met omtrent 2 koppies kaas in)
1 blik sampioenstukke, gedreineer
250 g rou macaroni (ander pasta sal ook werk), gaargemaak volgens aanwysings
1 eetlepel droë mosterdpoeier
1 teelepel droë Italiaanse kruie
sout en peper na smaak
kaas om bo-oor te strooi

Ek gooi soms ‘n halwe koppie gekapte groenrissie en as ek het 1 koppie gekapte ham (sommer sandwich ham) by.
Meng alles goed saam en gooi in oondvaste bak en strooi kaas bo-oor.
Bak ongeveer 20 minute op onderste rak van klein oondjie of groot oond as jy nie een het nie teen 180°C.
Die dis kan ook in 2 bakke verdeel word en dan kan een bak gevries word.
Bedien saam met slaai.
Genoeg vir minstens ses persone (afhangend van hoe honger).
Resep en Foto: Francis Schoeman




ONE-POT SPAGHETTI BOLOGNAISE


ONE-POT SPAGHETTI BOLOGNAISE
1 tablespoon extra virgin olive oil
1 brown onion, chopped
1 carrot, finely chopped
1 stalk celery, finely chopped
250 g bacon bits
2 garlic cloves, finely chopped
600 g beef mince
1/3 cup tomato paste
1 x 410 g can crushed tomatoes
1 jar Ina Paarman tomato pasta sauce (or any other brand 400 g)
½ cup of fresh cream
3 cups chicken stock
6 sprigs fresh thyme
250 g spaghetti
¼ cup chopped fresh parsley leaves
extra chopped fresh flat-leaf parsley, to serve
grated Parmesan, to serve

Heat oil in a large non-stick saucepan over medium-high heat.
Add onion, carrot and celery. Cook, stirring occasionally, for 3 minutes or until onion starts to soften. Add bacon. Cook for 3 minutes or until golden. Add garlic. Stir to combine.
Add mince to dish. Cook, breaking up mince with a wooden spoon, for 5 minutes or until browned all over. Stir in tomato paste, tomatoes, stock and thyme sprigs. Cover.
Bring to the boil and add the spaghetti. Reduce heat to medium. Simmer, uncovered, for 15 minutes or until spaghetti is tender and sauce has thickened, stirring mixture every 5 minutes.
Remove pot from heat. Remove and discard thyme sprigs, add  fresh cream and parsley, season with salt and pepper. Stir to combine. Serve topped with extra chopped parsley and Parmesan.
Recipe tested and note: Dricus Bosman – Dit is heerlik, gisteraand aanmekaar geslaan.
Photo and note: Marlene Potgieter – Ek het nie die genoemde fles pastasous gebruik nie, ek het ‘n goedkoper alternatiewe handelsnaam gebruik wat in ‘n 400 g sakkie is, gebruik en in my lewe het ek nog nie ‘n lekkerder spaghetti bolognaise ge-eet nie, dit is regtig baie lekker.