HUISKOS SPAGHETTI BOLOGNAISE

HUISKOS SPAGHETTI BOLOGNAISE
375 g spaghetti
1 ui fyn gekap
12,5 ml margarien
500 g maalvleis
5 ml sout
3 ml gemengde speserye
3 ml tiemie
3 ml kaneel
12,5 ml appelkooskonfyt
25 ml blatjang
1 blik(410 g) tamatie en uie
gerasperde cheddarkaas

Kook die spaghetti volgens die aanwysings op die pak. Dreineer en hou eenkant warm.
Braai intussen die fyngekapte ui liggies in die margarien in ‘n kastrol tot goudbruin. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar. Roer af en toe. Voeg die res van die bestandele behalwe die kaas by en laat kook nog 10min oor lae hitte.

Skep spaghettie op bord en skep mince bo oor en dan gerasperde kaas
LEKKER!
Foto: Benhet Nieuwenhuis




PASTA MET ROMERIGE MOSSELSOUS

PASTA MET ROMERIGE MOSSELSOUS
400 g vars pasta of 200 g droë pasta
1,5 liter water
25 ml sout
Kook water en sout. Wanneer kook voeg pasta by en kook tot gaar. Verdeel tussen jou hoeveelheid pakkies.

20 ml olie
1 klein ui, geskil en fyngekap
2 koffelhuisies fyngekap
5 ml tamatiesmeer
1 tamatie,, gekap
500 g gaar skoongemaakte mossels of mosselvleis
500 g vistukke, soos stokvis
100 ml room
10 ml pietersielie gekpa
10 ml dragon, gekap
‘n paar sprietuie
sout en peper na smaak

Verhit die olie in ‘n pan en voeg die ui en knoffel by. Sorteer liggies oor marige hitte tot sag.
Voeg die tamatiesmeer en gekapte tamatie by en kook tot droog.
Voeg die mossels en visstukkies by, sit die deksel op en laat 3-4 min lank stoom.
Skep uit oor pasta.
Gebruik selfde pan en giet room en kruie en geurmiddels by. laat kook.
Giet die sous oor die mossels en pasta in die bakkies.

HEERLIK

Foto: Benhet Nieuwenhuis




BACON PASTA

BACON PASTA
Braai ui, mushroom en bacon met knoffel in ‘n pan.
Gooi spinasie of brokkoli by.
Sit speserye na smaak by.
Maak witsous en meng met bacon mengsel.
Meng deur pasta van keuse.
Gooi in oondbak en rasper kaas oor.
Bak tot goudbruin.
Kan ook ui, bacon, mushroom, tamatie en greenpepper braai in botter.
Meng weer met witsous en pasta.
Kan ook bacon braai en gewone slaai maak sonder kropslaai.
Kook macaroni of penne.
Meng bacon, slaai en pasta en roer slaaisous deur.
Dis ook baie lekker

Elizabeth Frylinck Claassens




“MAC AND CHEESE” BURGER

“MAC AND CHEESE” BURGER
Ek het Mac and Cheese burger gemaak.. die “buns” is mac and cheese.. ek’t ‘n video gesien met die resep en dit gevolg, sal dit nou vir julle share* het sommer crumbled mushrooms by gemaak*
1 pak pasta skulpies
2 eetlepels koekmeel
3 eetlepels butter
2 koppios melk
2 koppies room
4 koppies kaas
Sout
Peper
4 eiers geskei
Kellogg’s krummels
Meel
Kook olie vir diepbraai
Burger patty’s
Bacon
Uie
Blaarslaai
Tamatie
Kook pasta tot sag en dreineer.
Smelt botter in pot, gooi meel by.
Gooi nou melk en room by.
Kook tot dit effe verdik het.
Gooi peper en sout na smaak in.
Sit plaat af, gooi kaas in en roer tot dit gesmelt is.
Gooi oor pasta en roer goed deur.
Gooi pasta uit op bakplaat en versprei eweredig. (grootterige bakplaat)
Sit nou in diepvries vir teminste n halfuur of tot gestol.
Druk nou sirkels uit (ek het 12 uitgedruk gekry, hang af van grootte van sirkels)
Rol die “buns” in meel dan eierwit en dan in die krummels.
Braai in olie tot goud bruin en sit op kombuis papier.
Maak patties en bacon gaar.
Bou nou die burger met blaarslaai, patty, tamatie, uie en bacon.
Geniet.
Myburgh Streicher van Zyl
Foto en resep: Marlé Brits
2de Foto: Benhet Nieuwenhuis




ILLSE SE GUNSTELING PASTA EN MAALVLEIS GEREG

ILLSE SE GUNSTELING PASTA EN MAALVLEIS GEREG
250 g pasta – apart gaargemaak volgens aanwysings
1 pakkie maalvleis
1 pakkie klein mielies, klein gesny
1 pakkie knopie sampioene, in kwarte gesny
1 rooi slaai pepper, blokkies gesny
1 groen slaai pepper, blokkies gesny
1 ui, fyngekap
2 knoffel, fyn gekap
100 g klein spinasie blaartjies
sout en peper na smaak
1 Beef ekstrak blokkie
1 handvol vars basielie, fyngekap
1 groot handvol vars pietersielie, fyngekap
1 eetlepel Sjerrie asyn of rooiwyn asyn
500 ml Passata
2 eetlepels tamatie puree
1 eetlepel elk olyfolie en botter
1 teelepel Robertson steak & chops spesery mengsel

Braai uie en knoffel tot deurskynend in olyfolie en botter.
Voeg al die groente behalwe die spinasie by en roerbraai ‘n paar minute.
Voeg maalvleis by en roerbraai tot bruin.
Voeg passata, puree en bief ekstrak en spesery mengsel by. Meng goed deur. Voeg ook asyn by.
Prut op lae hitte vir 20 minute.
Voeg basielie & pietersielie by asook spinasie en roer deur vir so minuut of twee tot spinasie blare sag is.
Kook intussen ook die pasta sodat alles saam gaar is. Dreineer pasta en voeg by vleis mengsel. Voeg sout en grofgemaalde peper by na smaak.
Bedien warm met sterk Cheddar of Parmesaan kaas bo-op gerasper.
Bron en Foto: Illse Anthony Martheze




MONIQUE SE HOENDER LASAGNE


MONIQUE SE HOENDER LASAGNE
Foto:  Monique Van der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES

1 gaar hoender, bene en vel verwyder
1 houertjie roomkaas
Witsous:
100 g botter, voeg meel by tot sagte bal stadium vorm
500 ml melk
sout
peper
knoffel sout na smaak
lasagne velle
gaar spek
kaas

Maak witsous met botter, meel, melk, sout, peper en knoffel sout na smaak.
Voeg houertjie roomkaas by en roer tot roomkaas gesmelt het.
In ‘n oondvaste bak pak lae soos volg: witsous, lasagne velle, gaar hoender gevlok, kaas en spek, begin weer met witsous, gaar hoender ens en eindig met witsous.
Strooi kaas oor en bak in die oond tot lasagne velle gaar is.
Ek dink dit sal ook lekker wees as jy gaar hoender met ‘n blikkie tamatie smoor of puree meng voordat dit in lae gepak word.




RONELL SE HOENDERPASTA


RONELL SE HOENDERPASTA
BESTANDELE
1kg hoender filette in klein blokkies gesny
1 pakkie gesnyde sampioene
1 groot ui fyngekap
1tl fyn gekapte knoffel
hoenderspeserye
1tl gemengde droe kruie
1tl knoffel en kruie Ina phaarman
1tl italiaanse kruie
sout en growwe peper
1 pak pasta van jou keuse gekook tot net gaar.
Maak genoeg kaassous. Ek het so 3k uitgekry met 2k gerasperde kaas ingemeng.
METODE VIR HOENDERPASTA
.Meng Al jou speserye en kruie en sout en peper met hoender blokkies.
.Braai die blokkies hoender in vlak olie tot gaar.
.Haal dit uit en skep in glasbak met deksel .
.Braai nou die fyngekapte ui en knoffel tot ligbruin.
.Voeg die gesnyde sampioene by en braai liggies.
.Voeg nou weer die hoender blokkies by die uie en sampioene .
.Voeg die pasta by die bg. En roer deur.
.voeg jou kaassous bo oor en meng liggies deur
foto 2
3 pakkies spek gebruik en die hoender uitgelaat
BRON: Ronell Muller Boshoff  – My eie resep
FOTOS: Ronell Muller Boshoff




VINNIGE HOENDER EN SPAGETTI ETE


VINNIGE HOENDER EN SPAGETTI ETE
Braai 2 uie en sampioene in bietjie olie tot sag en uie is deurskynend.
Vat 4 hoeder borsies sonder vel en been en sny op in blokkies en voeg by uie en sampioene.
Voeg nou so 1 1/2 telepels sout by.
Braai totdat hoender nie meer pienk is nie.
Gooi nou n blik tamatie en uie mengsel by en gooi dan nog n blik water by.
Skep nou 3 eetlepels Butternut Chakalaka ook in. Roer en gooi dan bietjie suiker by om ergste suur weg te vat.
Kook totdat hoender gaar is. Voeg nou n halwe koppie room by en maak n slury van 50ml koekmeel en 100ml water en voeg dit ook by. Kook totdat alles verdik het. Jy kan ekstra sout en peper byvoeg as jy wil. Skep op Spaghetti of macaroni. Geniet

FOTO EN RESEP:  Ronel Muller Thoma




PEANUT BUTTER PASTA

PEANUT BUTTER PASTA
In my lewe sou ek nie gedink het hierdie sal werk nie, maar Peanut Butter Pasta is waarskynlik een van my nuwe gunsteling disse! Ek dink die kinders sal mal wees hieroor. Ek het die resep iewers op die internet gekry, en het die gemmer en chilli uitgelos. Ons het ons AMPER doodgeeet aan hierdie dis!
1 cup chicken broth
3 tablespoons soy sauce
3 heaped tablespoons peanut butter
1 ½ teaspoons honey
3 cloves garlic, minces
¼ cup chopped green onions
Bring a large pot of water to a boil. Add noodles and cook until tender according to package directions. Drain.
Meanwhile, combine chicken broth, soy sauce, peanut butter, honey, and garlic in a small saucepan. Cook over medium heat until peanut butter melts and is heated through. Add noodles, and toss to coat. Garnish with green onions and peanuts.
Note: Optional –  1 ½ tablespoons minced fresh ginger root and 2 teaspoons hot chile paste (optional)
Source: Unknown from internet as adapted by Venita Van Wyk
Photo: Venita Van Wyk




ROMERIGE TUNA, PASTA EN BROKKOLI

ROMERIGE TUNA, PASTA EN BROKKOLI
4 koppies gaar pasta vorms
2 koppies liggies gestoomde brokkoli stukkies
2 blikkies gedreineerde gevlokte tuna
2 koppies medium dikte witsous
2 geklitste eiers
2 koppies gerasperde Cheddar kaas

Roer die eiers by die witsous in asook 1 koppie van die kaas. Meng al die bestanddele behalwe die ekstra koppie kaas. Skep in gesmeerde oondbak en bak vir 25 min by 180°C.

Resep en foto: Elsabie Templeton