CHEEZY PUFFS

12038364_557047814477154_6978691986180259017_ntested
CHEEZY PUFFS
250 ml cake wheat flour
15 ml baking powder
1 ml sout
1 ml paprika
250 ml (100 g) grated cheddar cheese (extra cheese for sprinkling)
1 extra large egg
150 ml milk

Sift dry ingredients add cheese.
Whisk egg and milk.
Add to the dry ingredients and mix.
Spoon mixture into greased patty pans and sprinkle extra cheese.
Bake in a preheated oven at 200°C for 8-10 min. ( Ek het net die mengsel in my waffle masjien gegooi)
Serve warm.
Photo: Annalize Momberg




HEIBRE SE MAALVLEISPOFFERS

katkoppe frikadelle in deegtested
HEIBRE SE MAALVLEISPOFFERS
Klits saam:
2 Eiers
125ml Olie (halwe koppie)
Voeg by bogenoemde:
250ml Koekmeel (een koppie)
10ml Bakpoeier (twee teelepels)
2ml Sout
2ml Fondor
Metode:
Deeg is baie slap.
Bespuit of smeer kolwyntjie pannetjies.
Skep eers bietjie deeg onder in, dan bietjie maalvleis en dan weer deeg bo-oor.
Bak in oond by 232 grade celseus tot goudbruin.
Maak maalvleis, of enige ander vulsel ( tuna, spinasie en kaas, bacon, mushrooms, ens) eers gaar voordat jy begin met deeg. Daar kan ook kaas bo-oor gestrooi word voor jy dit in die oond sit.
Baie lekker en maklike resep vir kosblik of funksie as jy ietsie te ete moet saamvat.
(Bron: onbekend) die resep is by my ma gekry en sy het dit weer iewers gekry….

BRON: Heibre Schronen




BILTONGPATEE

2014-12-05-biltongtested

BILTONGPATEE
Heerlik vir oujaarsaand
15 ml olie
1 ui, gekap
200 g vars sampioene, fyn gekap (400 ml)
500 ml fyn biltong
125 g gladde maaskaas (125 ml)
200 ml mayonnaise
30 ml pietersielie, gekap

Verhit die olie en soteer die ui en sampioene tot sag.
Vermeng dit met die res van die bestanddele tot glad.
Bedien die patee met growwe broodvingers.
Porsies: 10
Kan bevries word.

Geplaas deur Peter Harry




SJOKOLADE BALLETJIES

2014-04-08-sjokoladeballetjies
SJOKOLADE BALLETJIES
250 ml versiersuiker
100 ml kakao
125 g margarien
125 ml appelkooskonfyt
1 Pakkie Marie beskuitjies fyn gebreek
5 ml likeur (jou keuse) of Old Brown sherry, partykeer gly my hand!!! Lol!!

Meng alles saam en rol in balletjies en rol dan in klapper of vermicilli. Opsioneel kan jy kersie of neut binne in sit. Ek so pas 100 gemaak vir ‘n 60ste. Dit word nou gevries en Saterdag uitgehaal. Indien dit gemaak word vir dadelik gebruik, hou dan in yskas tot jy dit bedien. Ek maak dit al 29 jaar.

FOTO- Elmarie Snyman




MARLENE SE MAKLIKE WORSROLLETJIES

2014-03-01-worsiesinreaydowtested
MARLENE SE MAKLIKE WORSROLLETJIES
1 pak puff pastry, ontvries
1 pak cocktail worsies, ontvries
Bietjie mayonnaise

Rol die deeg uit en sny in vierkante grootgenoeg vir worsies om in te pas
Sit die worsies in die middel van elke vierkant deeg, rol toe, smeer mayonnaise oor.
Bak tot goudbruin teen 160 ºC.
Resep en foto: Marlene Minderon




KAAS TAFEL IDEES

kaas en wyn tafel
KAAS TAFEL IDEES

 daar was hopeloos te veel soorte kaas, soetmelk, brie,cumenbert, gorgonzola,ryp cheddar, kaas met komyn, swartpeper soetrissie ens. Beskuitjies, druiwe vars vye uit my tuin, olywe, gekaramelde uie, piekels, salami, gerookte ham rog en sade brood met my suurvytjie, kumkwat en heel vye konfyt, kan nie meer als onthou nie maar dit was ‘n fees.

Martie Fourie Moolman




SONJA SE TUNA MOUSSE

 

download (1)tested

SONJA SE TUNA MOUSSE

(20 Mense)
1 blik tuna in water
½ koppie mayonnaise
½ koppie tamatiesous
½ koppie fyn gekapte ui
2 eetlepels suurlemoensap
¼ teelepel mostert poeier
2 teelepels suiker, sout en peper
½ koppie room. Versap
3 opgehoopte teelepels gelatien, opgelos in ½ koppie warm water en ½ koppie koue water

Meng en laat stol in yskas.
Maak dit met liefde en die komplimente stroom in.

Bron – Sonja Mulder




KAAS EN WYN IDEE

kaas en wyn elsabe
KAAS EN WYN IDEE

heel voor op die foto is ‘n kaas toring met Camembrieni, Brie, roquefort gedrup met karamel sous en besprinkel met neute en vars en verglansde vrugte.

Elsabie Templeton




Eier hartjies

1546285_10152507632039348_1011025784_n




GESTOLDE TUNA VORM


GESTOLDE TUNA VORM
Hier is ook ‘n baie lekker tuna in vorm resep.
6 teelepels gelatien, los op in 1 koppie warm water.
Sit in yskas om te begin stol (nie te lank nie).

2 blikke tuna, gedreineer
2 uie, fyn gesny
2 eierwitte, styf geklits
195 ml styfgeklitste room
150 ml Mayonaise
25 ml Tamatiesous
sout en peper
peri peri spesery na smaak

Meng alles saam en laaste die room en eierwit. Spoel die vorm uit in yskoue water en gooi dan alles in en laat oornag staan in yskas om te stol. Ek het nog oral waar ek die vorm saam geneem het die resep moes deel, dit is heerlik saam met sout beskuitjies!

BRON- Sheila Marsburg Troskie