PANNEKOEKGEREG

tested

PANNEKOEKGEREG
Ek het 6 lae pannekoeke gepak in ‘n bak, boonste laag is bedek met ‘n dun witsous met gerasperde kaas en ‘n bietjie gekapte rissies bo-op. So 12 minute teen 180°C gebak.
Ek het nie witsous tussen-in gesit nie, anders is dit dalk te ryk.
Vulsels op verskillende lae, is:
maalvleis, herhaal
gebraaide spek
gaar sampioene in knoffel gebraai
gekapte soetrissies met vars tamatie en pietersielie
‘n lagie tamatiesmoor (Ina Paarman)
Genoeg vir 4 – 6 mense.
My man het baie van dit gehou.
Resep en fotos: Rindi Becker Goosen




FLAPJACK KOEK

flap jack koektested

FLAPJACK KOEK
Pannekoek beslag
My man gebruik die resep en niks anders. Hy maak nie dun pannekoeke nie maar lekker dik groot flap jacks. Dit kan ‘n lekker waffle resep ook wees. Resep kan gehalveer word. As eiers te veel klink moet nie skrik nie. Dis die geheim van goeie pannekoek beslag.
Lewer 60-72 pannekoeke
500 g gesifte koek meel (4 koppie x 250ml)
5 ml (1 teelepel) bakpoeier
10 ml (2 teelepels) sout
12.5 ml (1 eetlepel) strooisuiker
8 ekstra groot eiers
1 liter (4 koppie) melk
25 ml (2 eetlepel) brandewyn
250 ml (1 koppie) olie

Gebruik groot mengbak en sif meel, bakpoeier, sout en suiker saam. Tweede mengbak klits die eiers en roer melk geleidelik by. Roer van die melk/eier mengsel geleidelik by meel mengsel en maak aan tot ‘n gladde pasta. Gebruik ‘n houtlepel en roer res van melk/eier mengsel by. Giet deur sif vir eksta gladde mengsel. Voeg brandewyn en olie by en meng goed met houtlepel. Maak seker dat olie heeltemal opgeneem is in beslag. Laat beslag rus vir een uur. Roer weer deur en begin bak. Stapel met vulsel na smaak.
Resep en foto:  Marie Fourie




TUNA PANNEKOEK

2014-11-12-tunapankoektested

TUNA PANNEKOEK
Jeanine Luyt:
Die resep wat Tiaan Mari-Lu Vd Merwe gedeel het:
1 koppie koekmeel
1 koppie water
2 eiers
knippie sout.
Ek het net bietjie meer water by gegooi. Ek het tuna en mayo gemeng vir die vulsel en dan ‘n gewone wit sous gemaak met 1 sirkeltjie feta in. En kaas oor gerasper.

Sandra Kuisis: Ek gebruik weer
1 blikkie tuna met
1 hardgekookte eier
1 gekookte aartappel fyn gedruk
1 teelepel gerasperde ui
bietjie mosterdpoeier
Meng saam en vul die pannekoek daarmee, bedek met ‘n sterk kaassous en gerasperde kaas bo oor. Pak in foelie bakkies, op hierdie punt kan die dis gevries word. Ek het dit baie gedoen en as daar onverwagte gaste opdaag, ontdooi, đan grill tot die kaas mooi bruin is en bedien met ‘n lekker mengelslaai.
Dit is ‘n heerlike maar ryk dis, een van die pannekoeke is genoeg, bygesê die hoeveelheid wat ek gegee het kan 3-6 pannekoeke vul afhangende hoe vol jy hul rol. As ek wegsak dan maak ek sommer 5 – 6 van die middelmatige foelie houers vol. Net baie lui om die pannekoek te bak.

Foto: Jeanine Luyt




HEERLIKE PANNEKOEK

pannekoek poppietested
HEERLIKE PANNEKOEK

4 x 250 ml koekmeel
5 ml sout
1.250 L water
20 ml bakpoeier
250 ml kookolie
4 groot eiers
50 ml wit asyn

Klits die eiers, 1 koppie water en asyn en olie goed saam. Meng meel en bakpoeier by en voeg water om die beurt by. Meng alles goed saam.
Heerlike Pannekoek!
Resep geplaas deur Poppie Naude
Foto: Poppie Naude




TIRAMISU CREPE

2014-09-25-tiramisucrepetested
TIRAMISU CREPE
So vandag het ek ‘n tiramisu crepe (dun pannekoek) koek gemaak. Tussen elke pannekoek (wat koffie in die resep kry) ‘n laag mascapone met Tia Maria en room mengsel in. Dis so 24 pannekoeke en dan soos ‘n koek bedek met die res van die mengsel.
For the crepe batter:
1 cup self raising flour
½ teaspoon salt
¼ cup sugar
¾ cup milk
¾ cup water
¼ cup melted butter
5 small eggs
2 tablespoons strong coffee
2 tablespoons oil

Make the crepes: In a large bowl, combine dry ingredients together. In another bowl, mix together wet ingredients except for the oil. Pour wet ingredients into dry ingredients and whisk until well blended. Set aside in the fridge for at least 30 minutes or up to 2 days.

For the cream filling:
3 egg yolks
1/3 cup sugar
1/8 teaspoon salt
2 tablespoons Tia Maria of coffee liqueur
340 grams mascarpone cheese
1/3 cup cold heavy cream
1/2 tablespoon cocoa powder for dusting on top of cake

Make the crepes: Follow procedure to make Basic Sweet Crepes. However, use a nonstick 6-inch frying pan and ladle a scant 1/4 cup (about 3 tablespoons) batter per crepe.

Make the cream filling: In the bowl of an electric mixer fitted with the paddle attachment, beat egg yolks at low speed until just combined. Add sugar and salt; beat at medium speed until pale yellow, about 2 minutes. Add coffee liqueur or Tia Maria and beat until just combined. Add mascarpone then beat until no lumps remain, about 1 minute. Set aside. In another bowl, beat cream at medium speed until frothy, about 1 to 1 ½ minutes. Increase speed to high, then beat until soft peaks form, about 1 to 1 ½ minutes. Fold cream into mascarpone mixture. Chill, covered, for 1 to 2 hours.

Assemble the cake: Place 1 crepe on the center of a serving plate and spread with 2 tablespoons cream filling. Continue stacking crepes and spreading with cream, ending with a layer of crepe to make a total of about 24 crepe layers. Chill, covered, for at least 4 hours and up to 24 hours.

Frost the top of the crepe cake with remaining cream. Dust with cocoa powder. Chill for at least 2 hours before serving.

Jammer vir die Engels maar dis hoe die resep is. Met ‘n paar van my eie veranderings.
Geniet dit, baie ryk, maar dis soooo lekker!
BRON- Anette Scheepers

2de foto:  Kotie Barwise Coetzer
Het toe die resep van die Tiramisu Crepe op die blog gebruik en tussen die pannekoeke ‘n lagie karamel kondensmelk, room soos in resep en gerasperde skokolade gesit.
Ek het elke pannekoek eers karamel gesmeer, dan ‘n lekker lepel room en dan die skokolade gerasper. My pan wat ek gebruik het, is 24 cm en so 17 tot 20 pannekoeke maak ‘n mooi koek. Druk so 4 of 5 sosatie stokkies in koek om dit mooi regop te hou en plaas in yskas. Verwyder stokkies voor bedien. Geniet.




PANNEKOEK

tested

PANNEKOEK
2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
2 eiers
2 koppies water
100 ml olie
bietjie sout

Meng eiers, olie en water. Roer dit lekker deur, gooi meel, sout en bakpoeier bymekaar en meng met eier mengsel. Spray pan met spray en cook of ‘n bietjie olie, nie baie, pan moet lekker warm wees. Gooi ‘n bietjie mengsel in pan, draai om met eierspaan. Meng strooisuiker en fyn kaneel en gooi oor pannekoek. Rol op en gooi weer op. Dis my resep en dit werk altyd.
Resep:  Elizabeth Magou Jaarsen




BEREMENGSEL VIR PANNEKOEK

beremengsel vir pannekoektested
BEREMENGSEL VIR PANNEKOEK
6 koppies koekmeel
6 teelepels bakpoeier
2 teelepels sout
Hou lugdig in yskas.

Om te bak, klits:
1 eier
5 ml asyn
15 ml olie
340 ml water
Voeg 1 koppie mengsel by en meng. Bietjie meer of minder water na gelang van smaak, enjoy!

FOTO EN RESEP:  Floraine Wasserman Venter




SODAWATER PANNEKOEK

sodawater pannekoektested
SODAWATER PANNEKOEK
Dit is maar die gewone reseppie van:
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
knippie sout
2 eiers
½ koppie olie
sodawater

Klits die eiers en die olie saam, sif meel, bakpoeier en sout in eiermengsel en meng.
Giet sodawater by ongeveer 2 ½ koppies en klits goed. Ek het die sodawater maar geskat tot die beslag vir my reg gelyk het. Dit kan dalk ‘n bietjie meer sodawater wees.
Foto en resep:  Elsa Hattingh




GEVULDE PANNEKOEK

2014-05-26-nutmegapplepancaketested

GEVULDE PANNEKOEK
Vir die pannekoek:
2 koppie meel
2 teelepel bakpoeier
2 eiers
3.5 koppies water
2 eetlepels olie
Klits en bak.
Goeie Pan die Sukses!

Soet:
Was 4 appels geskil en klein gesny met 3 eetlepels bruin suiker en mixed fruit en rosyne en geprut met ‘n halwe koppie appelsap vir 20 min. Bedien met roomys!
Sout:
Steak strips met mixed veggies en braaisous in pan gebraai. Kaas op steak en rol.
Geniet!
Sonja Du Toit




PANNEKOEK KLEUR WENK

2014-04-17-gekleurdepannekoek

PANNEKOEK KLEUR WENK
Nog ‘n idee met pannekoek:
Maak beslag aan, deel dit in kleiner bakkies.
Kleur met koekkleursel, kan ook geure bygooi, bak.
Gee vir kinders en jy hoor die beste kommentaar.

Groen proe soos appels, rooi soos waatlemoen, geel soos piesangs ens.
Kinders wat swak eet, eet meer want hul wil elke een proe.
Bron: Joey Brummer