BASAARPANNEKOEK

Basaarpannekoektested

BASAARPANNEKOEK
5 ekstra groot eiers
5 kop melk (1.25 ml)
5 ml sout
500 ml olie
15 ml vanielje
4 x 250 ml (4 koppies) bruismeel
olie vir bak
kaneelsuiker

Klits eiers, melk, sout en olie saam. Voeg geursel by. Klits meel bietjies-bietjies by tot glad. Laat minstens 30 min rus. Bak en geniet! As deeg te dik raak, gooi ek sommer water by. Jy sal sommer sien as dit te dik raak. Ek vries gaar pannekoeke met sukses. Sit net stukkie waspapier tussen elkeen. Ek maak sout en soet vulsels.

FOTO – Hester Vrey
Hester Vrey – Vir sout pannekoek gebruik ek ‘n blikkie tuna gemeng met dik kaassous (witsous met bietjie kaas), fyngekapte ui, fyngekapte agurtjies en greenpeper. Meng net alles en vul. Jy kan fyn hoender in tuna se plek gebruik. Roomkaas versiersel vir wortelkoek – heerlik vir soet variasie.




GEVULDE PANNEKOEK WIELE

tested

GEVULDE PANNEKOEK WIELE
Genoeg pannekoek beslag vir 9 pannekoeke
Vulsel van jou keuse.
Plaas die gaar pannekoeke op ‘n teedoek dat dit oorvleuel en ‘n reghoek vorm. Smeer elkeen met botter en bou dan die vulsel van jou keuse. Ek het dit met maaskaas gesmeer, gaar, goedgedreindeerde spinasie, Fetakaas en gekapte groen olywe oorgestrooi. Rol dit dan met die doek styf op soos ‘n rolkoek. Sny in ringe en plaas in ‘n oondbak. Sprinkel met kaas en bak vir ongeveer 10 minute in die oond tot die kaas gesmelt is. Afhangende van watse vulsel jy gebruik het, kan jy dit bedien met ‘n kaassous of warm tamatiesous. Wat jou keuse ookal is. Heerlik, maklik en iets anders om jou gaste mee te beindruk.
Bron: Adam Cloete

VARIASIE:  Ek het hierdie resep se metode gebruik en toe plaas van wiele te sny en met kaas te bak, besluit om dit as ‘n roulade te hou. Dis gevul met gladde maaskaas, tuna en rooi soetrissie mengsel en kaasous.

adam se pannekoek rolade

Gebruik hierdie pannekoek resep
http://www.foodloversrecipes.com/2015/04/sukses-pannekoek-wenner/




SUKSES PANNEKOEK WENNER

pannekoek van dinetested

SUKSES PANNEKOEK WENNER
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
2 eiers
200 ml melk
175 ml water
5 ml suurlemoensap
125 ml olie

Sif meel, bakpoeier en sout saam. Klits eiers, melk, water en suurlemoensap saam. Voeg by meelmengsel en meng goed. Voeg olie by en meng goed om ‘n beslag, so dik soos room te verkry. Laat ‘n rukkie staan. Verhit pan wat met non-stick bespuit is. Roer beslag en bak pannekoeke. Strooi kaneelsuiker oor, rol op en bedien warm. Lewer 12 pannekoeke.

Resep: Cornelia Marais Myburgh

 




AMERIKAANSE PANNEKOEK – OF PLAATKOEKIES

AMERIKAANSE PANNEKOEK – OF PLAATKOEKIES
My kinders geniet hierdie Amerikaanse pannekoek met stroop vreeslik baie. Die rede waarom ek dit begin bak het, was omdat my man dit geniet het toe ek die eerste keer Gluten Vrye kosse probeer maak het. Dit is omtrent al wat van die begin af ‘n sukses was!!! Ek het egter die resep verander deur die jare en hierdie resep is regtig vreeslik lekker!!
½ koppie water
½ koppie melk
2 eiers
1 eetlepel botter
½ eetlepel suiker
1 teelepel bakpoeier (gluten vry gekoop by Dischem)
‘n knippie sout
1 ½ koppie meel (meng chickpea, wit rys en tapioca meel saam)
½ teelepel Xantham Gum (kan dit ook koop by Dischem)

Meng die water, melk en eier saam. Voeg die suiker by en klits goed.
Smelt die botter en meng hierby.
Sif die meel, sout, bakpoeier, meel en Xantham Gum saam en voeg by.
Indien die mengsel te dik is, voeg ‘n bietjie water by. Die deeg moet egter nie so slap soos gewone pannekoek wees nie.
Meng alles saam en laat staan vir 10 minute.
Skep lepelsvol in’n warm pan en bak aan albei kante.
Bedien met stroop, jogurt en piesang. Dit smaak heerlik!!
Indien jy wel Gluten kan eet, vervang gerus die meel met gewone meel en bakpoeier en laat net die Xanthan Gum weg. Hierdie resep is heerlik en geskik vir die hele familie.




PANNEKOEK MET MELKTERTVULSEL

2015-04-05-pannekoekmelkterttested

PANNEKOEK MET MELKTERTVULSEL
Foto: Vicci Hindle
FOOD LOVERS RECIPES
Bak pannekoek van jou geliefde resep of gebruik die resep onder aan die blad.
Plaas pannekoek in die yskas om solank af te koel en maak die vulsel.
Melktert vulsel:
1 liter melk
25 g botter of margarien
¾ koppie maizena, aangemaak met ʼn klein bietjie water
¾ koppie suiker
2 eiers
knippie sout
1 teelepel vanillageursel

Sit die melk en botter of margarien in ʼn pot en verhit tot die margarien gesmelt is en alles kook.
Voeg die res van die bestanddele by en kook stadig vir 10 minute. Roer deurgaans, anders brand dit aan en maak klonte.
Skep in ʼn gesmeerde tertbak, met of sonder ʼn kors van eie keuse.
Laat melktert mengsel afkoel sodat hy dit nie so erg loperig is nie.
Plaas dan so 2-4 eetlepels melktertmengsel in die middel van die pannekoek en strooi bietjie kaneel oor.
Vou toe. “Plak” hom toe met bietjie van die melkert mengsel om hom toe te hou.
Plaas in yskas sodat die melktert mengsel kan styf word. Bedien as nagereg.

*Ek het nie vreeslike groot pannekoeke gemaak nie. Daarom mag daar dalk pannekoek of melkert vulsel oorbly.

For the pancake
1 cup cake flour
1 heaped tsp baking powder
1 tsp sugar
pinch of salt
2 small eggs
2 cups milk
sunflower oil

Sift flour, baking powder, sugar and salt into mixing bowl. Whisk the eggs with 1 cup milk and add to the dry ingredients. The batter should be quite runny, like pouring cream, so add more milk if you need to.
Let the batter rest in the fridge while you heat ½ tsp oil in a non-stick frying pan on high.
Ladle some batter into the pan and quickly swirl it around to cover the surface. After about 30 seconds bubbles will start to appear on the pancake’s surface and the batter will no longer be runny. Flip the pancake and cool for 30 seconds on the other side.
Slide the cooked pancake onto a plate.




FLOPVRYE PANNEKOEK

tested
FLOPVRYE PANNEKOEK
Die enigste pannekoek resep wat jy nodig het. Flop nooit en is nooit rubber nie, selfs as dit koud is.
4 koppies koekmeel
4 eiers
5 koppies water
½ teelepel sout
4 teelepels bakpoeier
½ koppie olie

Meng alles baie goed saam en bak, die geheim is om die bakpoeier laaste by te gooi en goed te meng
Resep geplaas deur Belinda Derrick Duvenage
Foto: Marie Rheeder Troskie




GERT SE FLOPVRYE PANNEKOEK

GERT SE FLOPVRYE PANNEKOEKtested
GERT SE FLOPVRYE PANNEKOEK
My pannekoeke word nie taai nie en brand nie vas nie. Dit is lekkerder as meeste duur resepte. Met ‘n goeie pan lig die pannekoek op langs die kante as dit gaar is en dan kan jy dit maar omdraai.

750 ml koekmeel (3 koppies)
5 ml sout
10 ml bakpoeier
1 liter water
2 eiers
15 ml asyn

Ek meet sommer die water af, meng die ander bestanddele, dan voeg ek dit so stelselmatig by terwyl ek klits.  Laat staan so 5 min en bak.

Resep: Gert Steyn
Foto: Linda Dot Bothma
Linda Dot Bothma – Gert! Jou resep is ‘n wenner! Baie dankie!




SUKSES PANNEKOEK

pannekoek wenreseptetested

SUKSES PANNEKOEK
(Wenresepte 3)
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
2 eiers
200 ml melk
175 ml water
5 ml suurlemoensap
125 ml sonneblomolie

Klits die water, melk, eier en suurlemoensap saam. Meng olie by.
Sif  koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.
Voeg die meelmengsel by eiermengsel en klits goed. Beslag so dik soos room. Laat dit ‘n rukkie staan.
Smeer ‘n braaipan, liefs een met kleefwerende afwerking, baie effens met sonneblomolie en verhit tot goed warm.
Roer beslag en bak pannekoeke daarvan.
Lewer nagenoeg 12 middelslag-pannekoeke.
Foto: Issie Snyman

Rina Kleinhans, ek het gevind dat ek maar af en toe ‘n druppel olie in my pan moet drup, maar baie lekker!




SOUTVULSELS VIR PANNEKOEK

SOUTVULSELS VIR PANNEKOEK
Gebraaide murgpampoentjie en frankfurter skyfies, gemeng met ‘n lekker tuisgemaakte tamatie-en-uie-smoor.
Roomkaas, gaar spinasie en gebraaide sampioene. Jy kan bietjie gebraaide spek byvoeg as jy wil.
Gevlokte skelvis (haddock) en kaas-mosterd-witsous.
Ham of gaar spek, fyn gesny, gerasperde kaas en bietjie romerige mayonnaise om dit aan te klam. Dis heerlik koud.
Oorskiet hoender en fetakaas-witsous.
Gerookte snoek + avo + mayonnaise.
Gaar brokkolie en geurige romerige slaaisous. Jy kan bietjie spek en geroosterde dennepitte ook byvoeg as jy dit ekstra dekadent wil maak.
Ek het al hoender ala king in pannekoek voorgesit met ‘n ete en die mense was gaande daaroor.
Geurige maalvleis toegerol in die pannekoek en dan in ‘n bak gepak met witsous bo-oor en gerasperde kaas bo-op, gebak tot lekker goudbruin.
Gebraaide sampioene en ham in ‘n lekker geurige witsousie.
Bak klein pannekoekies en voer gesmeerde muffinpannetjies daarmee uit. Maak jou gunsteling bobotie en skep in die pannekoek-bakkies, gooi klein bietjie van die eiervla bo-oor en bak so tot die bobotie reg is. Dit lyk baie mooi en is sommer ‘n anderste manier om bobotie voor te sit vir gaste.

Ek het tot ‘n vegetariese variasie vir julle:
smoor 1 ui (baie fyn gekap) saam met 750 g wortels (kap dit in baie klein blokkies of rasper dit as jy te haastig is) in 30 ml margarien tot dit sag is.
Voeg 1 ½ pakkie sampioene (ook fyn gekap of gerasper) by en braai so rukkie.
Voeg 500 ml vars room en 2 garlic and herb blokkies.
Prut oor lae hitte vir ± 10 min. Dreineer die wortel-sampioenmengsel (sif/ vergietes/gaatjieslepel) en vul 16 pannekoeke daarmee. Pak in ‘n diep oondbak. Gooi die roomsous bo-oor en besprinkel met so 80-100 g gerasperde kaas. Bak vir 20-30 min by 180°C tot kaas mooi goudbruin en alles deurwarm is. Bedien saam met ‘n lekker vars mengelslaai.
BRON – Mariette Visser

Petro Borchard – Ek glo sodawater sal die beslag lekker lig maak.
Ek maak ‘n chicken (of tuna) mayo mengsel en maak lae met pannekoek, gebraaide mushrooms, gebraaide uie, sheba, gerasperde kaas of wat ek ookal in die huis het. Gooi dan kaassous bo-oor en laat deurwarm word. Grill vir ‘n paar minute vir die mooi en sny soos ‘n koek in wiggies. Bedien met slaai of piekels

Hester Vrey – Vir sout pannekoek gebruik ek ‘n blikkie tuna, gemeng met dik kaassous (witsous met bietjie kaas), fyn gekapte ui, fyn gekapte agurtjies, greenpeper. Meng net alles en vul. Jy kan fyn hoender in tuna se plek gebruik. Roomkaas versiersel vir wortelkoek, heerlik vir soet variasie.




TANNIE POPPIE SE EIERLOSE PANNEKOEK

poppie se eierlose pannekoeketested

TANNIE POPPIE SE EIERLOSE PANNEKOEK
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
15 ml witasyn
15 ml brandewyn
125 ml olie
750 ml water

Sif droë bestanddele. Meng die res. Maak ‘n gaatjie in die meel en voeg bestanddele in die holtes. Klits g0ed. Laat 1 uur staan en bak jou pannekoek. BAIE LEKKER!
Foto: Benhet Nieuwenhuis‎

Elizma Louw Boonzaaier: Asyn vervang die eiers. Brandewyn maak ook dat die pannekoek nie taai word nie.