DEATH BY PANCAKE

death by pancaketested
DEATH BY PANCAKE
Maak die volgende lae op ‘n pannekoek:
Eerste laag: room
Tweede laag: caramel treat
Gevolg deur aarbeie en piesangs met ‘n sjokolade laag bo-oor.
Gekapte neute sal ook lekker wees bo-oor.
Bron en foto: Lesley-Ann Fortuin




MARGARINE PANCAKES

2016-01-03-margarinepancakestested
MARGARINE PANCAKES
Servings: 6
1 cup white flour
¾ cup water
3 tablespoons white sugar
2 ½ tablespoons margarine, melted
2 ¼ teaspoons baking powder
2 teaspoons vegetable oil / cooking spray
¼ teaspoons salt
1 egg, beaten

Mix the flour, sugar, salt, and baking powder in a mixing bowl.
Pour the melted margarine in a jug, add the water and egg and mix well.
Add the egg mixture to the dry ingredients and stir until mixed.
In the meanwhile, heat the skillet or griddle and coat it with vegetable oil or cooking spray.
Pour spoonful’s of batter onto the heated pan and cook on medium-high heat.
When the sides turn brown and bubbles appear at the center of the top side, flip it and cook until the side turns golden-brown. Serve the pancakes with the toppings of your choice.
Note – How does margarine work for pancakes?
The more you mix or knead the batter, the gluten makes it tighter, making it harder to spread the batter over the pan or griddle. Margarine is a fat, like butter, that covers the flour in the batter and prevents the flour protein strands from absorbing any other liquid among the ingredients, that would otherwise result in the formation of gluten. Margarine also has a shortening effect that makes the pancakes crunchy and soft rather than chewy.
Recipe and photo: Jo Lubbe




BREAKFAST CAKES

2015-08-11-breakfastcakestested
BREAKFAST CAKES
1 egg
15 ml sugar
125 ml milk
15 ml butter
250 ml flour
10 ml baking powder
1 ml salt
2.5 ml vanilla essence

I added one small chopped banana but this is optional, can add any fruit or nuts too.
Mix together and fry in either butter or little bit of oil. Shallow fry till bubbles appear and flip over.
Served with honey, syrup, yoghurt or whipped cream.
Source and Photo:  Gail Lynn Daniels Joshi




RINA SE PANNEKOEK

RINA SE PANNEKOEK
Ek het die een jare terug ironies genoeg by Rina gekry, op ‘n ander kosgroep.  Skies vir die gramme, ml in hakies agterna.
270 g olie (1 koppie)
1750 g water (7 koppies)
20 g brandewyn of asyn (20 ml)
560 g koekmeel (4 koppies)
4 eiers (4)
20 ml bakpoeier (4 teelepels)
5 ml sout

Klits eiers, olie, asyn/brandewyn en 875 g (1/2) van die water by. Sif meel en sout en klits by. Klits nou res van water by. Meng goed en laat rus 5-20 minute. Roer bakpoeier by.

Giet in waterbottel met indruk knoppie (hulle werk prima). Bak in baie warm pan. Smeer net jou pan die eerste keer. As jy hom warm genoeg hou, sal hulle nie vassit of weer smeer nodig hê nie. Stonedine etc werk fantasties. Resep gee ± 36. Vries uitstekend, met of sonder papier tussenin.

Geplaas deur Kiti de Jager
Resep:  Rina Kleinhans
Foto:  Ansi Fourie Pypers Fourie




BESLAG VIR EIERLOSE PANNEKOEK SONDER BAKPOEIER

2015-07-13-toortsietested

BESLAG VIR EIERLOSE PANNEKOEK SONDER BAKPOEIER
2 koppies bruismeel
2 koppies koue water
1 koppie melk
¼ koppie olie
2 eetlepels wit asyn
¼ teelepel sout

Klits alles goed saam en bak in warm pan.
Bron:  Sannie van den Berg




ONFEILBARE PANNEKOEK

ONFEILBARE PANNEKOEK
Dis die enigste pannekoek wat ek van weet wat, indien daar enige iets oorbly, jy dit kan vries en weer kan opwarm sonder dat dit bros of taai is. Dis werklik onfeilbaar.
Brenda Lucke
4 eiers
1,25 L water
250 ml sonneblomolie
50 ml asyn
5 ml koeksoda
5 ml sout
4 x 250 ml, ongesif afgemeet, koekmeelblom
20 ml bakpoeier

Klits die eiers goed, voeg 250 ml van die water by en dan die olie en asyn.
Dan koeksoda, sout en meel om die beurt met die res van die water.
Roer die bakpoeier laaste by.
Laat staan vir ongeveer halfuur.
Indien die beslag te dik is kan nog bietjie water bygevoeg word.
Gebruik net ‘n paar druppels olie in die pan vir die eerste pannekoek.
Bak gewoonweg pannekoeke van die beslag.
Lewer 30 middelslag pannekoeke.
Resep geplaas deur Linda Venter




PANNEKOEK LASAGNE MET ‘N VERSKIL

2015-07-08-pannekoeklasagne(1)testedpannekoek lasagne met hoender

PANNEKOEK LASAGNE MET ‘N VERSKIL
Om pannekoek, pleks van pastavelle, vir lasagne te gebruik, sorg vir dunner, sagter lagies tussen die vleislae; en vir ’n heerlike geur.
Sorg dat jy ’n ronde bak gebruik wat net ’n rapsie groter as die pannekoeke is, sodat die pannekoek perfek daarin pas. Dis ook ’n lekker resep vir die plat ysterpot en kan maklik oor die vuur gemaak word.
Vleissous:
30 ml olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
250 g beesmaalvleis
250 g gemaalde varkvleis
15 ml Worcestersous
15 ml tamatiepasta
1 blik (410 g) tamatiepuree
125 ml water
sout, swartpeper en suiker na smaak
5-10 ml gekapte vars OF 3 ml droë oreganum
Witsous:
45 ml botter
45 ml koekmeel
850 ml louwarm melk
sout en peper na smaak
6-8 pannekoeke
2 eiers

Vir die vleissous: Verhit die olie en braai die ui en knoffel in ’n pot tot geurig. Voeg die vleis by en braai tot gaar. Voeg die res van die bestanddele by en verhit tot kookpunt. Prut vir 20 minute baie stadig, terwyl jy nou en dan roer. Terwyl die vleissous prut, maak ’n witsous van die botter, meel, melk, sout en peper. Voorverhit die oond tot 180°C.
Om saam te stel: Skep ’n dun lagie vleissous onder in ’oondbak en smeer gelyk. Sit ’n pannekoek bo-op en skep nog ’n lagie vleissous op die pannekoek. Skep ’n dun lagie witsous bo-oor die vleissous en bedek met nog ’n pannekoek. Herhaal die lae en hou sowat 250 ml witsous oor om bo-op te gebruik. As jy jou laaste lagie vleissous geskep het, voeg die eiers by die orige witsous en klits goed.
Skep die sous bo-op en bak vir 30 minute tot die sous goudbruin en die lasagne deurwarm is. Laat staan vir 10 minute voor jy die lasagne voorsit. Eet dit met ’n mengelslaai. Lewer 8 porsies.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto 1:  Maurice Darren Olivier
Foto 2:  Adam Cloete
Foto 3:  Erika Weber Vos
Ons het die lekker pannekoek lasagne bietjie verder geneem en hierdie keer hoender in plaas van maalvleis gebruik.

Aletta Muller
Vleis gaar gemaak soos vir lasagna, witsous van ‘n 1 L melk gemaak.
Pannekoek resep:
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
2 eiers
½ koppie olie
1 ½ koppies koue water

Meng baie goed en bak.
Resep is vir ± 6 pannekoeke.
‘n Laag pannekoek dan ‘n laag vleis, witsous, dan weer pannekoek en weer vleis en witsous en laaste ‘n laag pannekoek en witsous en dan ‘n lekker laag gerasperde kaas. Bak vir 45 min by 180ºC.




BASAAR PANNEKOEK

pannekoek poppietested

BASAAR PANNEKOEK
Lewer 25 pannekoeke
4 koppies water
¼ koppie asyn
4 eiers
4 koppies meel
1 teelepel sout
4 teelepels bakpoeier
½ koppie olie

Klits goed en bak in warm pan.Ek gebruik net ‘n klein bietjie olie min die pan met my eerste pannekoek en dan nie weer nie. NOOIT FLOPS nie. Hoe langer die deeg staan hoe lekkerder is dit. As die deeg bietjie dik is, verdun met water. My ma-hulle het emmers vol gebak vir fondsinsamelings deur die jare, en ek ook. Lekker eet.
Foto: Poppie Naude 
Resep: Jannie Duvenage




VOLMAAKTE PANNEKOEK

tested

VOLMAAKTE PANNEKOEK
Jy hoef nie verder te soek nie; dis die volmaakte pannekoek beslag.
Lewer 20
1 liter (4 koppies) water
5 ml (1 teelepel) sout
250 ml (1 koppie) olie
20 ml (4 teelepels) witwynasyn
8 eiers
1 liter (4 koppies) meel
5 ml (1 teelepel) bakpoeier
10 ml (2 teelepels) louwarm water
kaneelsuiker
500 ml (2 koppies) strooisuiker
5 ml (1 teelepel) fyn kaneel

Meng al die beslag-bestanddele saam terwyl jy goed klits om te sorg dat daar geen klonte is nie. Bedek en laat staan 15 min.
Giet 5 ml (1 teelepel) olie in ’n 20 cm kleefwerende pan en smeer met papierhanddoek om die pan te bedek. Plaas oor matige hitte. Sodra dit warm is, skep ’n lepel vol van die beslag in die pan en swaai dit rond om die bodem vinnig te bedek. Laat bak 2 min voor jy dit omkeer en bak dan 1 min.
Plaas op ’n opdienbord en hou aan met die orige beslag. Smeer die pan terwyl jy bak en pak die pannekoeke op mekaar.
Kaneelsuiker: Meng die suiker en kaneel en strooi oor elke pannekoek wanneer jy dit oprol. ’n Mens kan dit ook met gesmelte sjokolade voorsit.
Resep geplaas deur Elize Olivier




PANNEKOEKSTAPEL

tested

PANNEKOEKSTAPEL
Pannekoek:
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
2 eiers
200 ml melk
175 ml water
5 ml suurlemoensap
125 ml olie

Sif meel, bakpoeier en sout saam.
Klits eiers, melk, water en suurlemoensap saam.
Voeg by meelmengsel en meng goed.
Voeg olie by en meng goed om ‘n beslag so dik soos room te verkry.
Laat ‘n rukkie staan.
Verhit pan wat olie gesmeer of gespuit is en bak.

Vulsel:
Braai opgekapte ui en 500 g maalvleis tot bruin.
Voeg ‘n pakkie soppoeier of stroganoff poeier by.
Roer tot gemeng.
Gooi so koppie melk en halwe koppie warm water by.  Roer tot dik.  Voeg nog water by as dit te dik is, maar dit moenie te souserig wees nie.

Kaassous:
Maak ‘n kaassous met ten minste so 1 liter melk, botter en kaas tot styf.
Rasper kaas.

STAPEL:
Pak lae met pannekoek, maalvleis, kaassous.  Herhaal lae tot jou bestanddele klaar is.
Eindig met so bietjie kaassous oor die laaste pannekoek en strooi kaas oor.
Plaas nou terug in die oond en laat die kaas lekker smelt en effens bruin word.
Sny skywe soos ‘n koek.
Resep:  Amanda Struwig