KLEIN DUITSE PANNEKOEKIES

tested

KLEIN DUITSE PANNEKOEKIES
Meng saam:
2 x 250 ml bruismeel
2 eetlepels strooisuiker
knippie sout

Voeg nou 250 ml melk en 125 ml water by meel en klits met menger glad.
Breek 3 eiers by mengsel in en klits goed.
As jy n Dutch pannetjie het, kan jy hom gebruik, maar ek het dit op stoof in pan gemaak. Spuit net jou pan baie goed en smeer met bietjie olie. Dis baie vinnig.
Sprinkel versiersuiker, of stroop of albei bo-oor of eet saam met roomys.
Foto: Ronel Muller Thoma
Resep geplaas deur Ronel Muller Thoma




HEERLIKE KANEEL CREPES

tested
HEERLIKE KANEEL CREPES
Crepes:
1 koppie koekmeel
2 eiers
½ koppie melk
½ koppie water
¼ teelepel sout
3 eetlepel botter gesmelt

Vulsel:
250 g roomkaas (sag gemaak)
6 eetlepels versiersuiker
1 eetlepel bruinsuiker
2 eetlepels versiersuiker
1 teelepel kaneel

Meng meel en eiers goed saam.
Voeg melk en water geleidelik saam.
Klits baie goed saam tot glad.
Voeg res van die bestanddele by meng goed.
Gooi deur sif om alle klonte uit te kry.
Bak Crepes.

Vir die vulsel:
Klits roomkaas en  versiersuiker goed saam.
In aparte bakkie meng res van bestanddele alles saam.
Plaas eerste crepe op skoon blad (ek gebruik sommer stuk foil) smeer laag roomkaas oor crepe.
Plaas tweede crepe half pad oor eerste een en herhaal met roomkaas doen dit met al die crepes.
Indien daar roomkaas oor is, smeer oor al die crepes.
Strooi nou van die kaneelsuiker oor voor dit opgerol word soos ‘n swissroll. (in die lengte)
Sny in omtrent 5 cm stukke. Strooi nog bietjie kaneelsuiker oor voor opdiening.

Nota:  ek het 7 pannekoeke uit gekry uit die deeg en so 8 skywe as klaar gesny is.
Foto en resep:  Suenell Liebenberg




ANDOLIEN SE LEKKER PANNEKOEK IDEE

tested

ANDOLIEN SE LEKKER PANNEKOEK IDEE
Van begin tot einde, pas die hoeveelhede aan na gelang.
Bak genoeg pannekoek van jou gunsteling resep,  rol dan op met worsies as vulsel, pak in ‘n groot genoeg oondbak.
Maak sommer genoeg lekker kaassous, http://www.foodloversrecipes.com/2013/06/kaassous/
Gooi die sous oor die pannekoek en strooi gerasperde  kaas bo-oor, laat smelt  in die oond by 180°C tot lekker deurwarm  en daar is hy klaar.
Smaaklike ete!

Foto en idee:  Andolien Fourie
http://www.foodloversrecipes.com/2015/04/sukses-pannekoek-wenner/




GESONDE PIESANG PANNEKOEKE

tested

GESONDE PIESANG PANNEKOEKE
Baie maklik!
3 piesangs, opgesny en fyngedruk. Oorryp piesangs werk die beste en is die soetste.
2 eiers
1 teelepel kaneel
1 teelepel Xylitol of heuning
100 g oatbran

Klits alles saam, maak seker pan is lekker warm, en gooi in pan. Ek hou my pannekoekies maar klein so plaatkoekie grootte, makliker hanteerbaar. As dit klaar is kan jy nog bietjie heuning oorgooi en lekker gerasperde mozzarella en dan smelt in mikrogolf. Bacon bo-oor is ook hemels.
Resep en foto: Anri Loots




BETS SE PANNEKOEK

tested

BETS SE PANNEKOEK
(14-16 pannekoeke)
2 koppies koekmeel
knippie sout
2 eiers, geskei
½ koppie olie
3 koppies koue water
2 teelepels bakpoeier

Skei eiers en klits witte styf. Hou eenkant. Klits eiergele en olie saam. Voeg helfte van die water by en klits goed. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Klits totdat daar geen klonte meer is nie. Voeg res van water by en klits deur. Vou eiewitte in. Laat deeg rus vir 1 uur. Bak bruin aan albei kante en bedien met kaneel en suiker of enige sout vulsel van u keuse.
NB: Hierdie deeg kan met sukses gevries word en dan net op sy eie laat ontvries en bak soos gewoonweg. Die gaar pannekoeke kan ook gevries word.

Foto:  Bets Lourens




ANNATJIE’S OATS PANCAKES

tested
ANNATJIE’S OATS PANCAKES
Mix together in a bowl:
4 eggs
4 cups water
1 cup oil
¼ cup white vinegar
Then add:
1 teaspoon salt
4 cups cake flour
4 teaspoon baking powder (Always add baking powder last)
2 tablespoon oats (optional)

Mix together well. You need to use Spray and Cook or a bit of oil for the first pancake – after that they won’t stick and you don’t need to oil or spray your pan again.
You can make the batter in the morning, but leave out the baking powder. In the afternoon or evening when you get home, you can just mix in the baking powder and start baking. This works especially well if you add the oats as well.
These pancakes also do not dry out and will last up to week (but they will always get eaten before then anyway).
Things to look for / do when you make pancakes:
When you have poured the batter into the pan, the pancake will be wet and if you turn the pan upside upside down, the pancake will stay stuck to the bottom of your pan.
Watch your batter, you will note that it begins to dry out and the little bubbles in the pancake will become little holes. When your pancake is “dry” on top, it will be cooked on the bottom and will have become loose so that you can turn it over. All it needs now is a little bit of browning on the other side, because it is already cooked
Do not press your pancake into the pan with the spatula, it squeezes out all the air and make for chewy pancakes.
If your batter is too thick, you can add little bits of water to make it more pourable.
The thinner your batter and pancakes, the more pancakes you will get.
If you want to get fancy and flip your pancake in the air, you will have to make sure that it is a little bit thicker, otherwise it will break and flop.
This recipe works well with savoury as well as sweet fillings.
Good luck and enjoy!
Photo and recipe:  Annatjie Heydenrych




FRIKKIE SE GROOTMAAT PANNEKOEK

tested

FRIKKIE SE GROOTMAAT PANNEKOEK
500 PANNEKOEKE
Klits saam:
40 eiers
10 liter water
2.5 liter olie
2.5 koppies wit asyn
10 teelepels sout
Voeg 40 koppies koekmeel bietjies bietjies by en meng.
Voeg 20 teelepels koeksoda en 20 teelepels bakpoeier by en meng deur.
Laat staan oornag.
Meng deur. Belug weer deur ‘n sif. Bak soos gewoonlik.
Ek bak die resep so vir kerkbasaar.

Vir huisgebruik deel ek alles deur 10 – Maw:
4 eiers
1 teelepel sout
1 koppie olie
¼ koppie asyn
1 liter water
4 koppies koekmeel
2 teelepels koeksoda
2 teelepels bakpoeier

NOTA: Ek vervang soms die asyn met ‘n tot brandewyn en ‘n knippie neutmuskaat
Resep:  Frikkie Jones




ROMERIGE MACKEREL PANNEKOEK GEBAK

romerige makarel pannekoek gebaktested
ROMERIGE MACKEREL PANNEKOEK GEBAK
8 tot 10 pannekoeke
250 g gladde maaskaas (geur van jou keuse)
2 blikkies gesnipperde mackerel (of tuna)
dik kaassous (bechamel)

(Ek het klein pannekoekies gemaak en die vis en maaskaas net so bietjie verminder)
Meng die mackerel / tuna met die maaskaas. Plaas ‘n pannekoek op die bodem van ‘n groot genoeg ronde oondbak dat dit net pas. Smeer ‘n dun lagie kaassous oor die pannekoek, gevolg met ‘n laag kaas en vis mengsel. Herhaal die proses tot alles opgebruik is. Hou genoeg kaassous oor om oor die boonste pannekoek te skep. Strooi bietjie gerasperde Cheddarkaas bo-oor indien verkies. Bak in die oond by 180ºC tot goudbruin.

Resep en foto: Adam Cloete
©-acloete-2016




PETRE SE KLEINMAAT PANNEKOEK

tested

PETRE SE KLEINMAAT PANNEKOEK
Resep en foto:  Petré Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
Maak 10 pannekoeke
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
2 eiers
2 ml sout
200 ml melk
175 ml water
5 ml suurlemoensap
125 ml kookolie

Klits melk, eiers, water, suurlemoensap saam.
Voeg res van bestanddele by en meng goed.
Laat ‘n rukkie staan.
Bak in ‘n warm pan, soos mens pannekoek bak.




CHEESE GRILLERS IN PANNEKOEK EN KAASSOUS


CHEESE GRILLERS IN PANNEKOEK EN KAASSOUS
Kaassous:
2 koppies melk
2 eetlepels botter
1 eetlepel meel
sout en swart peper na smaak
3 koppies gerasperde kaas om bo-oor te strooi

Vir die sous: meng die meel met bietjie melk tot ‘n gladde “paste”,  meng dan die res van die sous bestanddele (melk en botter) saam en kook tot ‘n lekker dik kaassous.
Rol cheese grillers in pannekoeke.
Bedek met kaas sous.
Strooi gerasperde kaas oor.
Bak vir 20 min teen 150 ºC.
RESEP EN FOTO: Cecil Dunhin
Tweede foto en nota:  Slegs een koppie melk gebruik – Roni van der Walt