D SE HOENDER MAYO PANNEKOEKE


D SE HOENDER MAYO PANNEKOEKE
4-6 hoender stukke van die been af gekook (kan ook fillets gebruik, maar kook moeilik sag)
¾ koppie mayonnaise
± 4 eetlepels tamatiesous
2 teelepels suiker
2 eetlepels Sweet Chilly sous
speserye na jou keuse, sout en pepper
½ gekerfte ui, of 1 klein ui
Kook die hoender van die been af en kerf so fyn moontlik, braai die ui liggies en meng al die bestanddele saam in ‘n potjie, kook alles saam vir so 5 min max. Sous verdun sodra dit gekook word, maar verdik weer sodra dit van die stoof af kom. Pak dan so 2-3 eetlepels binne jou pannekoek en rol toe.
Ek gebruik dieselfde mengsel in ‘n pastry en bak as ‘n pie, net so heerlik en gebruik selfs vir lunch die volgende oggend. Dit stol baie lekker koud of warm.
Pannekoek beslag:
2 koppies koekmeel
2 teelepls bakpoeier
3 groot eiers
2 koppies melk
1 koppie water
1 eetlepel suiker
Meng al die droë bestanddele, dan die melk, eiers en suiker saam en dan stadig meng die melk mengsel in jou meel, as dit te dik voorkom, gebruik die water om by te meng totdat dit dun genoeg is na smaak, as dit te veel vasbrand, sit ‘n extra eier by dan brand dit nie vas nie.
Foto: Dominique Oosthuizen










