GILLIAN SE PANNEKOEK


GILLIAN SE PANNEKOEK
10 koppies koekmeel
15 ml bakpoeier
10 ml sout
6 groot eiers
50 ml suurlemoensap
2 koppies olie
12-14 koppies water

Gooi al die vloeistof-bestanddele in ‘n groot mengbak, sif dan die droë bestanddele bo-oor. Klits tot glad. Laat mengsel vir ten minste een uur staan voor dit gebak word. Hierdie pannekoek is sag en word glad nie taai as dit oorstaan na die volgende dag nie.
Resep: Gillian Vermeulen




IDEES VIR SOUS OOR PANNEKOEK


IDEES VIR SOUS OOR PANNEKOEK
Retha Sorum Burger:
Ek het jare gelede ‘n resep gehad vir ‘n kaneelsous wat mens oor die pannekoek gegooi het – die sous trek so in die pannekoek in.
Charmaine Van der Linde:
Jare gelede gesien iemand verf die pannekoek met gesmelte margarien alvorens die kaneelsuiker gestrooi word. Dit vorm dan so ‘n stropie.
Ria Pienaar:
My ma het altyd die gaar pannekoek op die stoof op ‘n kastrol met kookwater gesit terwyl sy gebak het, dan maak dit so suikerige kaneelstroop.
Tharina Marais:
Botter kaneel en suiker met bietjie kookwater, dis wat ek doen. En dis lekker! Ek meng sommer so na skatting.
Luzanne Kleingeld Nel:
My ma smelt nog al die jare bietjie botter in ‘n pot, gooi suiker by en ‘n knippie sout, kaneel en water. Laat dit kook tot suiker alles opgelos is. (Retha Sorum Burger – Dit klink reg, ek kan net ook onthou dat die sousie verdik is net maizena.)
Hildegard Fourie:
Ek gebruik altyd geelsuiker en kaneel. Dit is geneig om ‘n lekker stropie te trek.

Lucille Richardson Huyzers:
Ek rol pannekoek op en pak dit in bak. Dan 1 blik Ideal Melk en 250 ml donker bruin suiker. Kook saam in pot tot suiker gesmelt is. Ek roer maar gereeld. Gooi oor pannekoek en laat staan vir so half uur dat die sous lekker intrek. Bedien warm. Die volgende dag is die pannekoek op sy lekkerste. (±15 pannekoeke)

Odp Bothma:
Ek maak so:
Sprinkel elke pannekoek met kaneel suiker soos ek bak, smelt kaneelsuiker in ‘n bietjie water om ‘n lekker dikkerige stroop te maak en gooi dit oor die pannekoek, na ek almal opgerol het.
Ek gooi ekstra kaneelsuiker op elke pannekoek met ‘n bietjie warm lemoen sap. Rol op. Smelt van die kaneelsuiker in die oorblywende sap en gooi dit oor.
Maak maalvleis gaar en skep dit op die pannekoek in ‘n rytjie. Sit repies mozzarela kaas op die vleis, rol op, pak in ‘n bak, strooi nog kaas oor (mens kan nooit te veel kaas gebruik nie) gooi bietjie room oor en bak tot die kaas lekker gesmelt het. Soms gebruik ons hoender maalvleis.
Rol ‘n bokwurst (kook eers die worsie) op in ‘n pannekoek met kaas plaas in ‘n bak, gooi nog kaas oor en bak tot die kaas gesmelt het.
Maak room spinasie. Skep in ‘n vierkant in die middle van ‘n pannekoek, strooi bietjie kaas oor en vou toe soos ‘n pakkie en bak. Ek hoef seker nie te sê met nog kaas nie!😁
Smeer Nutella op pannekoek, sit ‘n lyntjie room op (of roomys), rol versigtig op, sif versiersuiker liggies oor bedien.
Foto:  Ina vd Merwe Jooste




EIERLOSE PANNEKOEK

EIERLOSE PANNEKOEK
250 ml koekmeelblom
2 ml bakpoeier
2 ml koeksoda
1 ml sout
450 ml water
12.5 ml asyn
60 ml olie

Sif meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Meng water, asyn en olie. Roer die helfte van die vloeistof by die droë bestanddele. Meng tot glad. Roer die res van die vloeistof by om ‘n loperige beslag te vorm. Giet 100 ml beslag op ‘n keer in ‘n verhitte gesmeerde braaipan. Braai pannekoek aan beide kante tot goudbruin en gaar – resep voldoende vir 6 pannekoeke.
Resep geplaas deur Ronel Sakko




CURRIED MINCE STUFFED PANCAKES


CURRIED MINCE STUFFED PANCAKES
I made these for supper night before last.
3 large onions
1 tablespoon crushed garlic
2 tablespoons tomato paste
1 kg beef mince
1 tablespoon mother in laws curry powder
1 tablespoon oriental curry powder
1 teaspoon mild rajah powder
3 bay leaves
1 teaspoon turmeric
3 chicken stock cubes
½ tin Koo baked beans
1 cup mixed vegetables
4 large potatoes
125 ml cooking oil
1 tablespoon apricot jam
mixed herbs

Heat a ½ cup cooking oil, fry onions until brown, add curry powders, garlic, mixed herbs, let simmer on low heat for 10 min. Add beef mince, tomato paste and 2 cups hot water, add chicken stock cubes, apricot jam, turmeric powder, cook for approximately 20 min. Add diced potatoes, mixed veg, bay leaves and baked beans, cook until veg is soft and gravy thickens, add more water if required.

Pancakes
1 ½ cups cake flour
1 egg
3 tablespoons melted butter
2 cups milk
1 teaspoon salt
1 teaspoon sugar

Mix dry ingredients together, form a well in the middle then mix in wet ingredients til smooth, lightly greases a shallow pan and add spoons of the mixture thinly to the pan on low heat, when it bubbles, flip and cook the other side.
Recipe and photo: Samantha Lottering




LIZA SE LEKKERSTE PANNEKOEKE

LIZA SE LEKKERSTE PANNEKOEKE
Ongeveer 25 dun pannekoeke.
2 koppies koekmeel, gesif
2 koppies melk
2 eiers
1 koppie water
2 eetlepels olie

Ek het melk, water, olie en eiers baie goed geklits en meel gemeng.
Bak pannekoek soos normaal in warm pannekoek pan.
Resep en Foto: Liza Botes –
Vandag gemaak en wraggies nie 1 flop nie en so lig en lekkerrrrrr. Baie dankie vir die awesome groep. Van dit soet gemaak en van dit lekker aandete met creamy savoury mince. Ek kon die pannekoek sommer so dun maak.




PAMPOEN PANNEKOEK

PAMPOEN PANNEKOEK
2 eiers
1 eetlepel suurlemoensap
½ teelepel sout
½ koppie olie
1 koppie melk
1 ¾ koppie water
2 koppies koekmeel
2 teelepels  bakpoeier
1 koppie gaar pampoen

Klits eiers, suurlemoensap en sout saam. Voeg olie, melk en water by eiermengsel. Voeg meel, bakpoeier en gaar pampoen by vloeistof.
Klits tot gladde mengesel. Bak soos pannekoek- rol op met kaneel suiker of sny in wieletjies met karamel sous bo-oor. HEERLIK vir soet bygereg of poeding.
Resep: Charlene Keyter Cornelissen

Heather-Jannie Strumpher –  die 1 koppie pampoen is reg. Dis ‘n heerlike pannekoek, ek klits 2 koppies room en 1 blikkie karamelkondensmelk en smeer tussenin, stapel dit en gebruik dit as soet bygereg by ‘n braai.




LAERSKOOL GOUDKOP SE PANNEKOEK

LAERSKOOL GOUDKOP SE PANNEKOEK
(20 pannekoeke)
2 koppies meel
2.5 ml sout
5 ml bakpoeier
2 eiers
30 ml olie
3 koppies water
1 eetlepel asyn

Meng water, olie, en eiers.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam, voeg dit by die water- en oliemengsel en klits baie goed.
Laat staan die beslag vir 1 uur.
Voeg asyn by die mengsel net voordat pannekoek gebak word.
Bak die pannekoek in ‘n matige warm pan. Giet’n dun lagie deeg oor die hele pan se bodem, sodra die kante los raak draai die pannekoek om, laat net gaar word en gooi die pannekoek uit, doen dieselfde met die res van die deeg.
Nota en foto: Juanri Van Der Walt
Ek het onlangs weer die pannekoek gebak en die resep was so ongelooflik lekker, mens kon nie ophou eet nie. (Ek verkies die resep beslis). Ek het die beslag dubbel aangemaak, want my man alleen eet 20 pannekoeke op ‘n slag. Ek het ook 1 eetlepel vanilla bygevoeg, was heerlik en super sag.
Resep: Elna Erasmus




MILKTART FILLED PANCAKES

MILKTART FILLED PANCAKES
Basic Pancake:
310 ml cake flour
3 ml baking powder
2 ml salt
60 ml sugar
2 eggs
300 ml milk
cooking oil
cinnamon sugar

Sift the flour, baking powder and salt, add the sugar.
Add the milk while stirring.
Mix in the eggs.
Mix everything very well and make sure there is no lumps.
Let the mixture rest for 30 min.

Milktart Filling:
1 tin condensed milk
3 cups milk
¼ cup maize meal
2 eggs, whipped
pinch of salt
1 teaspoon vanilla essence
30 ml butter
cinnamon sugar

Bake the pancakes – do not roll them yet.
Mix 2 cups of the milk and the condensed milk in a pot on the stove (low heat).
Mix the rest of the milk with the maize meal and add it to the mixture in the pot.
When the mixture starts to thicken, add your eggs.
Keep on stirring.
Add the salt, vanilla and butter.
Mix very well and let it rest and thicken even more.
Take a spoon and add ± 3 – 4 spoonfulls of melktert mixture to each pancake, then roll it up.
Sprinkle with cinnamon sugar.
Photo: Melissa Butler




OUMA TRUITJIE SE PANNEKOEK

OUMA TRUITJIE SE PANNEKOEK
2 koppies meel (koek)
4 eiers
1 teelepel sout
1 koppie melk
2.5 koppies water

Meng alles saam.
Bak en geniet dit.
Strooi kaneelsuiker oor.
Resep: Ben Herbst




PANNEKOEK A LA BENHET

PANNEKOEK A LA BENHET
Ek het al paar keer pannekoek gemaak maar hierdie resepie is vir my nou regtig lekker.
125 ml olie
750 ml water
2 eiers
15 ml asyn
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml sout

Klits olie, water,  eiers en asyn tot gemeng.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en roer by eiermengsel.
Giet klein bietjie olie in braaipan en bak pannekoeke.
Sit warm saam met kaneelsuiker voor.
Foto: Benhet Nieuwenhuis