BEVERLEY’S GRANOLA

museli Estrela
BEVERLEY’S GRANOLA
2 cups bran flakes
2 cups corn flakes
2 cups wheat germ
2 cups desiccated coconut
2 cups powdered milk
2 cups sunflower seeds
2 cups pecan nuts
1 cup walnuts
1 cup sesame seeds
2 cups raisins
2 cups sultanas
4 cups oats
250 ml pure honey
1 cup brown sugar
2 cups melted butter
Mix everything in a large flat tray and bake for 250°F until golden brown and aromatic.

Posted by Estrela Oosthuizen




“FRENCH TOAST” IN WAFFEL PAN

1463156_10152365556159348_325851442_n
“FRENCH TOAST” IN WAFFEL PAN

Sjoe, iemand vertel my die naweek hulle maak altyd hul french toast in ‘n wafelpan. Ek het dit toe gisteraand probeer. Werk soos ‘n bom..sal dit van nou af altyd so doen. Sy maak ook glo haar kaas en ham roosterbroodjies daarin…
Foto: Zelda Menmuir

 

 




GEPOSJEERDE EIER MET HOLLANDAISE SOUS

egg benedickttested

GEPOSJEERDE EIER MET HOLLANDAISE SOUS

‘n Tyd gelede het ek gevra oor ‘poached eggs’ ‘n Chef het my vandag gewys en ek is sommer baie in my skik. Hy het ook vir my gewys om ‘n baie lekker vinnige hollandaize sous te maak en ek deel dit graag aangesien ek so lekker aan al julle resepte smul. Hollandaise sous:
3 eiergele
omtrent 80-100 ml witasyn
¾ blok botter
Plaas eiergele en asyn in ‘n blender en blend tot romerig.
Smelt botter in mikrogolf tot die milksolids afgesak het en die olie gedeelte bo lê.
Lekker warm seker so 1-2 minute op hoog.

Voeg die botter (alles) baie gelydelik by die eiermengsel terwyl jy dit vinnig blend – gelydelik anders skif dit. Dit word lekker dik en baie lekker.
Kan dit buite die yskas bere vir 2 -3 dae in ‘n koelerige plek nie yskas nie dit word hard in die yskas en as jy dit warm maak skif dit. Asyn in mengsel preserve dit.
VIR DIE EIER
Kook ‘n pot water. Pot moet omtrent ¾ vol en voeg 100 ml asyn by die water. Water moet nie woes kook nie, moet net sagte bubbles maak. Dan roer jy die water met ‘n lepel in die rondte.
Breek die eier eers in ‘n koppie (moet vars eiers wees) en laat die koppie bietjie sak in die water en gly die eier uit in die water in.
Gebruik ‘n lepel met gate in om uit te haal en plaas eers die eier in ‘n ander bord sodat die ekstra water kan afloop voor jy dit op die salmon of spek sit.
Ek het sommer van die koekies gevriesde spinasie gebruik wat mens koop. Het baie goed gewerk.

Resep en foto: Estelle Meyer

 




HEERLIKE MUESLI

muesli - estrela

HEERLIKE MUESLI
Cornflakes
All-Bran flake
Oats
Coconut
Cranberries
Mixed seeds: linseed, sesame seeds, pumpkin seeds
Mixed Nuts
Dried banana (can also use dried mango)
Lots of melted butter and honey.
Mix the lot, spread in baking tray and bake at 180°C.
Skuus dat ek nie mates kan gee nie. Ekt die 300 g bokse van die flakes gebruik, maar jul kan 150 g van elk gebruik, want dis te veel – tensy jul vir kids wil inpak as hul uit die huis is. Myne bak nou. Ek gaan dit ‘n roer gee en kyk of dit al reg is…..

Resep en foto: Estrela Oosthuizen




LEKKER OMELET

2013-09-25-lekkeromeletsabrinaherbst
LEKKER OMELET
Klits die volgende goed saam:
3 eiers
1 teelepel bakpoeier
Bietjie melk

Plaas baie min olie of botter in die pan, giet die eiermengsel in die warm pan, en trek die kant so bietjie weg soos die eier stol sodat die eier onder kan inloop.  Hou aan tot die al die eier gestol is. Gly uit op ‘n bord en skep die vulsel op die een helfte, vou toe.
Die vulsel het ons soetrissie, sampioene en spek gebraai met peperdew sous, na die omelet klaar is, bietjie blatjang gesmeer, kaas op gesit en dan die gebraaide spekmengsel

Resep en foto: Sabrina Herbst




APPLE OATS

appel-oats
APPLE OATS
Ek het vanoggend die appel-oats in die slowcooker gemaak, baie lekker!
Place in the bottom of a crockpot: 2 sliced apples
¼ cup brown sugar
1 teaspoon cinnamon
pinch saltPour in: 2 cups of oatmeal
2 cups of milk
2 cups water
Do NOT stir. Cook overnight for 8 – 9 hours on low.
Recipe and photo:  Zelda Menmuir




GEVULDE SAMPIOENE MET ROEREIER

gevulde sampioenetested

GEVULDE SAMPIOENE MET ROEREIER

Groot bruin sampioene bietjie gebraai albei kante in bietjie botter en olyfolie gemeng. Roommielies gemeng met roereier, aspersiestukke, sit op sampioen, bedek met kaassous, kaasworsies en vars kruie, enjoy!

Floraine Wasserman Venter




ONTBYT IN ‘N MUFFINPAN

ontbyt in 'n muffinpan
ONTBYT IN ‘N MUFFINPAN
Brood onderin muffinpan gesit, bietjie plat gerol met koekroller. Uie en tamatie smoor, gebraaide bacon, eier en kaas in elke gaatjies gesit en in die oond gebak, by 180 ºC tot eier gaar genoeg is na smaak.
We’ve put the egg in raw, but I think you must experiment with this, to get the egg the way you prefer it. We’ve turned on the heat when the white wasn’t cooked but we also like the yellow still running. I’ve lined out the pan with baking paper, but you can also butter it. My son put peanut butter in his, with the bacon, egg and cheese!
Bron:  Annelie van der Merwe-Kruger



MARGARIEN BAKKIE ONTBYT-BROOD

margarien bakkie

MARGARIEN BAKKIE ONTBYT-BROOD

My man se idee van ontbyt op ‘n Sondagoggend.
Moenie jou lee margarien bakkies was nie, bere in yskas tot Sondag.
Plaas ‘n sny gesmeerde brood onder in die bakkie.
Dan repies gaar spek, skyfies tamatie, gebraaide uie, kaas (wors, biltong skyfies of wat ook al).
Breek ‘n eier bo-op.
Herhaal die lae tot bakkie vol is.
Bak in mikrogolf tot eier na maak (jy moet maar eksperimenteer tot dit na jou smaak is want die kg bakkie sal langer neem vir eierwit om te stol en dit hang af van smaak hoe die styf eiergeel moet wees).
Keer bakkie om, sny in skywe en geniet.
Jy gaan net borde en messegoed hê vir skottelgoed (gooi die bakkie weg) en volgende keer gebruik jy die volgende margarien bakkie.
Resep idee Annetjie van Huyssteen




KRUMMELPAP VERRASSING

2013-07-01-krummelpapverrassingtested

KRUMMELPAP VERRASSING
4 koppie gaar krummelpap
500 ml bruinbroodkrummels
5 ml sout
250 g botter
2 pakkies spek
500 ml melk
8 eiers, geskei
285 g blik geroomde sampioene
2 pakkies gesnipperde sampioene
500 ml cheddarkaas gerasper
170 g blikkie ingedampte melk

Voorverhitdie oond tot 180°C en smeer oondskottel. Meng pap en krummels, sout, voeg die gesmelte botter by en meng goed. Braai spek bros en krummel dit Voeg by pap. Klits melk en eiergele saam en voeg dit en die sampioene en 350 ml kaas by mengsel. Skep in oondskottel uit en bak vir ongeveer 1 uur. Sprinkel res van kaas oor en gooi ingedampte melk oor. Plaas terug in oond vir 5-10 min. Bedien warm met braaivleis.

Foto en resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis