FRITTATA

FRITTATA

Lekker lui Saterdag frittata gemaak.
Hoeveelhede na gelang van die hoeveelheid porsies wat jy wil maak en die grootte van die pan wat jy gebruik.

spek, opgesny
rooi- en groen soetrissie, gekerf
rooi ui, gekerf
klein tamatietjies
gerasperde kaas
7 eiers, geklits
sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 180ºC en gebruik ‘n pan wat oond toe kan gaan.
Braai die spek en rooi- en groen soetrissies saam.
Voeg rooi ui en tamaties by en braai tot alles  mooi gaar is.
Voeg die eiers by en meng liggies deur die mengsel.
Sit gerasperse kaas by en meng deur.
Sit pan in die oond vir so 15 – 20 minute.
Sodra dit uit die oond kom, keer die frittata uit die pan onderstebo op ‘n bord.
Bedien dadelik.

Resep en foto: Angela Landsberg




PLAAS ONTBYT MET ‘N TWIST

farmhouse brekfis met 'n twisttested

PLAAS ONTBYT MET ‘N TWIST
Vanoggend se brekfis… Farmhouse brekfis met ‘n twist.
Portugese rolletjies bo oopgesny en uitgehol.
Vul  die rolletjies met uie, spek en sampioene saam gebraai.
Breek ‘n eier op elke een oop, sit sout en peper op en sprinkel gerasperde kaas oor.
Bak in die oond tot lekker krakerig en goudbruin…
Bedien met ‘n lekker Caramel Latte…
Foto en idee: Jacques Vorster



ONTBYTGEBAK

2014-02-12-1511047_638862532846481_428511340_n

ONTBYTGEBAK
Gisteraand se bykos by eergisteraand se oukos, saam met die brood. Dis ‘n resep wat ek lank terug by What’s for Dinner gesien het. Dit is baie eenvoudig en lekker vir sommer so ‘n vinnige bykossie vir enige tyd van die dag, alhoewel dit eintlik ‘n oggend ding is. Hierdie is die basiese resep, maar ek gooi enige ding daarin van oorskietvleis tot gerookte worsies ens. ens.
‘n Paar snye brood (hoeveelheid hang af van hoe groot jou oondbak is)
250 g opgesnyde ontbytspek
ongeveer 300 g cherry tamaties
4 groot eiers
bietjie olyfolie
1 koppie melk
250 g sampioene, in skyfies gesny
1 pakkie kaas & bacon gegeurde Potato bake

Sny die snye brood in driehoeke en rangskik dit, sodat dit met mekaar oorvleuel, op die bodem van jou gesmeerde oondbak. Braai die ontbytspek en sampioene in die olie tot net gaar. Strooi die sampioene en ontbytspek, asook die tamaties oor die brood en sorg dat dit ook in die openinge tussen die broodskywe inval. Meng die melk, eiers en inhoud van die potato bake en giet dit oor die gereg. Laat staan vir ongeveer 10 minute sodat die vloeistof deeglik in die brood kan intrek. Strooi bietjie gerasperde kaas bo-oor en bak in die oond by 180ºC vir 30 minute of tot die vloeistof gestol het.
Bron: Adam Cloete




MASALA OMELETTE SERVED WITH SALSA

1795530_10152178266044798_62915320_n
MASALA OMELETTE SERVED WITH SALSA
Serve this delicious lightly spiced omelette with fresh salsas and sliced chiabatta on the side. A delicious and healthy main meal.

THE BASIC OMELETTE
Serves 1
2 eggs per person
½ an eggshell of water per egg
1 teaspoon (5 ml) Ina Paarman’s Masala Spice
1 teaspoon (5 ml) butter per omelette
Use an 18-20 cm non-stick pan.
Beat the eggs with a fork in a small bowl and add the water and Masala Spice. Foam the butter over high heat in a non-stick omelette pan. Swivel the browned butter to coat the base of the pan.
Add all the egg mixture at once. Allow the egg to start setting. Tilt the pan, use a spatula to pull the mixture away from the sides and allow liquid to run in towards the sides of the pan. Keep on tilting and pulling until the omelette has browned on the underside but is still soft and slightly runny on top.
Fold the omelette double and serve.
RED TOMATO SALSA
Serves 2-3
2 tomatoes, skinned and diced
1 small red pepper, seeded and diced
1 small onion, finely diced
2 tablespoons (30 ml) olive oil
1 – 2 tablespoons (15-30 ml) lemon juice
1 teaspoon (5 ml) Ina Paarman’s Chilli and Garlic Seasoning
1 tablespoon (15 ml) Ina Paarman’s Basil Pesto
In a large bowl, combine the diced tomatoes, red pepper and onion.
Add the olive oil, lemon juice, Chilli and Garlic Seasoning and Basil Pesto. Stir through. Keeps well in the fridge.

YELLOW MANGO SALSA
Serves 2-3
1 large ripe mango, peeled, stoned and diced
1 small yellow pepper, seeded and diced
2 tablespoons (30 ml) lemon juice
1 teaspoon (5 ml) Ina Paarman’s Green Onion Seasoning
1 small onion, peeled and finely diced
½ hot red chilli, seeded and thinly sliced
1 tablespoon (15 ml) Ina Paarman’s Coriander Pesto
In a bowl, combine the mango and yellow pepper with the lemon juice and Green Onion Seasoning.
Add the onion and hot red chilli and mix well.
Stir in the Coriander Pesto.
VARIATION
If mangos are not available, they can be substituted with yellow cling peaches.

Recipe and photo: Ingrid Mouton




HAM EN EIER BAKKIES

Tina se ontbyttested
HAM EN EIER BAKKIES
Ek het vanoggend dungesnyde ham, (kon ook spek gebruik het), gevat en diep, Muffin panne, wat met kleefwerende middel gespuit is se kante en onderkant daarmee bedek.
Daarna het ek bietjie gerasperde kaas onderin gesit, fyngekapte uie bo-op dit, geklitste eier met rooipeper, varsgemaalde swartpeper en lekker baie witpeper, in.
Ek het dit oor dit alles in die diep panne gegooi, en weer kaas bo-op.
Toe bak ek dit sowat 15-20 min, tot geset, teen 180 ºC. Die ham was bo effens krakerig, maar dit was baie lekker.
Ek het gister dieselfde gemaak, en ‘n heel eier ingegooi en die kaas oor en gebak.
Albei is baie lekker.
(ns. jammer ek is mos tegnologies gestremd!) Dis Wheat en Gluten Vry!

Resep en foto:Tina Botha




QUINOA MUESLI

2014-01-16-quinoatested

QUINOA MUESLI
75 gr havermout
30 gr quinoa
30 gr quinoavlokken
40 gr quinoazaden
15 gr pompoenpitten
15 gr zonnebloempitten
15 gr lijnzaad
50 gr gemengde noten
30 gr rozijnen
50 gr gedroogde abrikozen
70 ml appelsap
2 eetlepel olijfolie

Verwarm  oond op 180ºC.  Verdeel alles behave appelsap, abrikozen en rosijnen en olie op een bakplaat met bakpapier. Meng eerst die appelsap en olie met mekaar en strooi dan oor mengsel. Rooster in oond ongeveer 15 minuten tot goudbruin. Meng wel een paar keer met een lepel door. As uit oond haal, dan pas die rosijnen en abrikozen doorheen roer. Laat afkoel en bewaar in glaspot. Lekker met soja yoghurt

BRON- Lucille Coetzee-Kukkuk




PASTA OMELET

2014-01-02-pastaomelet
PASTA OMELET
2 x 75 g-pakkies twee minuut-noedels
50 ml botter
3 groot eiers, geklits
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
30 ml fyngekapte vars pietersielie of koljander
30 ml kookolie
50 g Tusserskaas, gerasper
125 ml gebakte wors of spek
gegeurde tamatie-en-uiesmoor om voor te sit.

Maak die noedels gaar volgens aanwysing op verpakking. Meng met botter.
Voeg geklitste eiers saam met die sout, swartpeper en pietersielie by noedels.
Braai soos ‘n pannekoek in verhitte olie in ‘n groot braaipan. Draai om.
Strooi kaas oor. Braai tot gaar. Skep op ‘n bord, verdeel in 4 en sit voor met gebakte wors of spek en gegeurde tamatie-en-uiesmoor.
Lewer 4 porsies.

Wenke enige oorskietpasta kan op hierdie manier gebruik word. Enige oorskietvleis kan grofgekap en bygevoeg word. Om die pasta-omelet maklik om te draai, glip uit op ‘n opdienbord en glip weer terug in die braaipan.
Verandering:
Ek sal minder botter en olie gebruik, jy moet groot bord vat om die pizza om te keer, die pizza is baie swaar, so plaas bord bo-op pizza in pan, dop om en laat gly pizza terug in pan, bak onderkant gaar. Ek het kaasworsies, uie, groen soetrissie gebruik.

Resep ne foto: Sharon Viljoen




MARIAN SE OORSKIET STEAK ONTBYT

oorskiet steak mariantested

MARIAN SE OORSKIET STEAK ONTBYT

Dis nou as jy oorskiet steak het van vorige aand se braai. Het dit net in skywe gesny en in pan gebraai met knoffel, grasuitjies en coctail tamaties. Net lekker warm gemaak want dit is mos gaar en toe gooi ek balsamic en rosemary glaze by

Marian van Deventer




BOBBY BREAKFAST

bobby breakfast

Elmarie Jansen van Nieuwenhuizen



KAAS OMELET

kaas ommelet
KAAS OMELET
O gaats jong . . . nie eintlik resep nie maar hier is dit soos ek dit maak.
3 eiers
3 eetlepels koue water
sout en peper
Klits alles saam en giet in pannetjie.
Trek die kante sagkens weg soos dit gaar word en laat die rou eiermengsel dit vul.
Ek maak my plaat warm en sodra ek die mengsel in die pannetjie (waarin bietjie botter gesmelt is) giet, sit ek my plaat af.
Vanaand het ek sommer so ‘n halwe hand gesnipperde sprietuie in die eiermengsel gesit. Spinasie snippers is ook lekker, so ook peppadews en groen soetrissie stukkies. Vul die omelet met jou gunsteling vulsel en vou toe. Sny myne altyd daarna in die helfte. Dit vertoon vir my mooier in die bord.

Resep en foto: Lorraine Weitz Brand