CHIA POT ALA GILLIAN

chia pottested

CHIA POT ALA GILLIAN

3 tablespoons Chia seeds, soaked in 50ml warm water for 10 minutes. Add
1/4 cup coconut milk and
1/4 cup milk of full cream milk
or 1/2 cup coconut cream.
1 teaspoon vanilla powder (you can get this from Woolies) and a tsp stevia/Xylitol.

add all ingredients to a jar with a lid, shake and leave for minimum 6 hours in the fridge. If you like a chocolate taste, add some cocoa. This serves 2. Can be warmed a little or eaten cold

Resep en foto: Gillian Logan Bredenhann




ONTBYT WAFEL MET BACON, EIER EN AVO

Ontbyt wafeltested

ONTBYT WAFEL MET BACON, EIER EN AVO
VIR 2 PERSONE

1 eier
½ koppie karringmelk
½ koppie koekmeel
½ teelepel origanum
knippie sout
½ koppie klein gesnyde spek
½ koppie gerasperde kaas

Klits eier en karringmelk.
Voeg meel, kruie en sout by en meng by eiermengsel.
Voeg spek en kaas by.
Gooi helfte van mengsel in wafelpan en maak gaar tot brosbruin.
Sit enigiets van jou keuse bo-op. Ek het avo en ‘n eier gedoen.
Voila -alles in 1 ontbyt.

Resep en foto:  Bernadene Daniell Prinsloo




BACON EN KAAS BROODROLLETJIES

 

2014-07-09-baconkaasrolletjiestested

So 8 snye brood
Kaas
Bacon
Sny korsies van brood af en rol plat met koekroller
Sit n skyfie kaas bo op
Rol toe
Draai dan bacon om dit
Steek vas met tandestokie
Braai in pan op stoof met botter
Die is baie ryk maar lekker.
Wees versigtig met die botter. Sit eerder bietjie vir bietjie by anders trek brood al die botter op

Maak seker jy draai die hele broodtjie toe met bacon. Want soos ek se die brood trek die botter op

BRON- Marian van Deventer




Bacon and Egg Muffins-Breakfast in a Cup

 

2015-11-22-bacon_egg_cupsbacon and egg muffins ceciltested

Bacon and Egg Muffins-Breakfast in a Cup
12 slices bacon
6 medium eggs
3 slices bread (any kind)
1/2 cup sauteed mushrooms -OR- 6 slices tomato (thin slices)
salt & pepper
thyme, oregano or parsley (optional)

Spray or grease REALLY well a 6-count muffin pan. Really grease that sucka up or the bread or any errant egg white will stick like glue. I’d actually advise using non-stick here.

Partially cook bacon–it should NOT be cooked to crisp. This will just render a lot of the fat out of it. The bacon should be pliable. Drain on paper towels and cool slightly.

Using a cookie cutter or a glass, cut circles roughly the size of the base of the muffin cup.

If you choose to use mushrooms, drain all but 1 tbs of the bacon fat out of the frying pan. Saute mushrooms for about 5 minutes over medium heat. Set aside.

Preheat oven to 400 degrees F.

Place a bread circle at the bottom of each muffin cup. Now fit 2 slices of bacon loosely around the sides in each cup, overlapping as necessary, lining the sides of the muffin cup, forming a bacon “cup”.

Place about 1 tbs of the mushrooms on top of the bread circle -OR- place sliced tomato on top of the bread circle.

Finally, break egg and add to the bacon-lined cup on top of the mushrooms/tomato. Sprinkle top of each egg with salt, pepper, and a pinch of any of the herbs (or a combo of all of them) on top of each egg.

Bake at 400 degrees F for 15-20 minutes, or until bacon is cooked to crisp–don’t overcook or the bacon will burn!

Makes 6 muffins, serves 3.

Photos:  Cecil Dunhin




ONTBYTGEREG

 

2014-06-20-ontbytgeregtested

ONTBYTGEREG
Resep en foto: Martie Fourie Moolman
FOOD LOVERS RECIPES
Nog ‘n eenpotgereg vanoggend gemaak. Ontbyt gereg of sommer vir ‘n ligte ete.
1 pakkie varkworsies of boeliebeef
1 ui, opgekap
1 teelepel fyn knoffel
1 rooi soetrissie, opgekap
2 koppies gerasperde kaas
1 blik sampioensop of meng 1 pakkie sampioensop met 1 koppie melk
ongeveer 1 koppie gaar aartappelblokkies
½ koppie room of melk
5 eiers
sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Sny die worsies in stukkies en braai dit saam met die uie, knoffel en soetrissie in ‘n pan met bietjie olie tot die worsies nog pink is.
Plaas die worsiemengsel in ‘n oondskottel.
Meng 1 koppie kaas (die ander helfte kom bo-op) sampioensop en aartappelblokkies en plaas dit bo-op die worsiemengsel.
In ‘n aparte bak, meng die melk of room, eiers, sout en peper en giet die mengsel oor die wors- en aartappelmengsel.
Bak die gereg oop vir ongeveer 30 min. Sprinkel die res van kaas oor die gereg en bak vir ‘n verdere 10 min.
Nota – jy kan skywe tamatie op die aartappels pak indien verkies.




OMELET PIZZA

omelet pizzatested

OMELET PIZZA
6 eiers geklits met ongeveer 100ml koue water
1/2 ui gekap en in botter gebraai saam met
1/4 green pepper
5 sampioene opgesny
2 snye ham in klein blokkies gesny
1 tamatie in blokkies gesny
1 koppie gerasperde kaas
Sout en peper na smaak

Laat ‘n blokkie botter in jou “non stick” eier pan smelt en gooi dan jou geklitste eier en water mengsel in oor stadige hitte. Wanneer die eiermengsel do amper gestol het, voeg dan die gebraaide uie, green pepper, sampioene, tamatie en ham by en maak seker dat jy dit eweredig oor die hele ommelet versprei.
Voeg dan sout en oeper by na smaak en sprinkel die kaas bo-oor. Sit weer die deksel op sodat die eier heeltemaal kan stol en die groente goed warm word en die kaas lekker smelt.

Sny in kwarte en bedien saam met rooster brood en lemoensap.

Bron: Rosemarie Maytham




EIER GEBAK VIR LIGTE ETE

Eiergebak en roosterbroodtested

EIER GEBAK VIR LIGTE ETE

Opbrengs: 6 porsies

8 Eiers
½ na 3/4 koppie room of melk (of helfte helfte)
1 koppie gerasperde cheddarkaas
1 koppie fyngekapte ham blokkies of gebraaide spek
¼ koppie fyngekapte groen soetrissie- gebruik rooi geel en groen
¼ koppie fyngekapte uie

In ‘n groot bak, klits die eiers en room. Roer die kaas, ham, soetrissie en ui by. Gooi in ‘n gesmeerde 20cm vierkantige bak. Sprinkel bietjie paprika en pietersielie oor.
Bak by 200° C vir 25/30 minute of tot goudbruin.

Hierdie resep is regtig vreeslik lekker. Ek het dit bedien met snytjies tamatie en komkommer, geroosterde brood en wors met ‘n uie sous. Dit was meer as genoeg en vullend.

BRON – Rencia Odendaal Pretorius

FOTO – Thalia Botha-Rondganger




ONTBYT IN DIE OOND

10360762_10204120422434690_600421318510982088_ntested

ONTBYT IN DIE OOND
Die bakkies word in n lekker diep muffinpan gedoen. Smeer goed en gebruik n rugspekkie om die bakkie mee te voer. Rasper of sny lekker sterk kaas binne en breek n eier bo op di kaas. Bak in lekker warm oond -so 220 grade tot di bacon gaar is en die eier na jou smaak is. Sout en peper na smaak.

Foto:  Bernadene Daniell Prinsloo




EIERGEREG – SOOS FRENCH TOAST

EIERGEREGtested

EIERGEREG – SOOS FRENCH TOAST
Sny in Witbrood in blokkies.
Klits 12 eiers en 500 ml melk saam met sout, peper, rooipeper.
Strooi bietjie gerasperde Cheddarkaas onder in gesmeerde bak.
Voeg broodblokkies bo-op en gooi die eiermengsel oor.
Druk liggies met ‘n vurk sodat die brood lekker klam raak.
Sprinkel die res van 2 koppies kaas bo-oor. Bedek en laat oornag in yskas rus.
Bak die volgende oggend vir 40 – 60 min by 180 ºC.
HEERLIK! Amper soos French Toast, maar sonder al die moeite.

Nota:  Ek het 16 mense daarmee gevoer Rina, maar ek het voorgereg en al die muffins ook gehad…ek sou dink 12 mense met gemak…as ons nie so baie mense was en ek by my eie huis was het ek individuals gemaak…
Heerlik verby …ek het ook 1 eetlepel bruinsuiker en 2 eetlepels Maple syrup bygevoeg…

Resep: Tertia van Zijl
Foto:  Elsa Van Antwerpen Kleinhans

 




FRENCH TOAST MET BACON

 

2014-05-24-frenchtoastmetbacon

My bydrae tot Otterjasie week… French Toast met Bacoooon!!!!!!! Oooh en my gunsteling Milo, want ek was 3 weke laas by die huis,,, hehehe ek sien hoe gaan hier nou ‘n paar mense se kwyl loop!!
Liezel Van der Merwe‎