Avo en spek verrassing
Dit is gemengde blaarslaai onder.
Halwe advokadopeer gevul met balsamic and onion dip.
Bo op bacon en dan versier met ingelgde aspersies en klein tamaties
Marian van Deventer
Dit is gemengde blaarslaai onder.
Halwe advokadopeer gevul met balsamic and onion dip.
Bo op bacon en dan versier met ingelgde aspersies en klein tamaties
Marian van Deventer
Hierdie was nou lekker……nou nie breakfast met n twist nie.
Braai bacon en sit dan klein tamaties in en as als lekker bruin en gaar is, sit bocconcini mozzarella in. Strooi bo oor basil. Ek het gekookte eiers by bedien
Marian van Deventer
Hierdie is my BRAAI OPRUIM BREAKFAST.
Ou Braaibroodjie met oorblywende chips daarop en gebakte eiers bo-op.
Adam Cloete
Ontbyt vanoggend – french toast – met gebraaide uie, ham, worsies gemeng met geblikte tamatie – opgetop met peper feta kaas en grasuie. Garnering tamatie en gherkins
Marie Dumas Jennings
2k grootvoël eier (Volstruis)
1/2 red pepper gekap
1/2 green pepper gekap
1/2pk gesnyde wit mushrooms
1ui gekap
1pk diced bacon
1/2t dried chilli flakes
1/2t dried parsley
1k gerasperde kaas
sout en peper na smaak
1rol blaardeeg
eier vir smeer
Braai groentes en bacon. Voeg speserye by. Roer eier by.
Rol deeg effens uit. Sny deeg in 8 driehoekdele en rangskik op gespuite foelie soos op foto. Skep eiermengsel in middel en druk saam. strooi kaas bo-oor en druk vas. Vou driehoekpunte na d middel sodat mengsel bedek is. Sny enige oortollige deegpunte af. Smeer met eier. Plaas rol op foelie binne n oondpan. Bak in voorverhitte oond teen 180grade vir
30minute en grill op hoog vir ongeveer 2-3min.
ps hierdie inskrywing bevat gewone taal want liezl het dit getik.
FOTO- Gideon Louw
BEETROOT SMOOTHIE
Chop 3 shallots and 2 celery stalks and add 500g grated beetroot (the salad in a box). Mix with 2 crushed cloves garlic, 30ml red wine vinegar, 30ml extra virgin olive oil and cooled vegetable stock to the required consistency. Whizz to a purée in a blender. Add sea salt and black pepper to taste and whizz again. Chill until ready to serve. Stir in 25 ml mayonnaise or sour cream. Pour into small chilled glasses. Plop thick Greek yoghurt on top and garnish with reduced balsamic vinegar and chives.
TORTILLA WITH SMOKED SALMON
Chop 3 ripe tomatoes and halve 10 or more cherry tomatoes. Toss with ½ finely sliced onion, coriander leaves, handful of rocket leaves, 15ml lime juice, dash of Tabasco or chilli sauce, sea salt and pepper. Heat 4 tortillas in a frying pan until lightly toasted. Top tortillas with furls of smoked salmon. Halve 1 avocado, peel and chop; strew over tortilla with tomatoes and leaves. Sprinkle with lemon juice. Fold or roll tortillas or leave them sunny side up.
MARBLED EGGS
Place eggs in a saucepan with water and 4 rooibos teabags over medium heat. As soon as the water begins to boil, time the eggs to cook for 1 minute. Remove eggs and place on a tea towel. Lightly crack the outer shell with a spoon; return to the tea and cook for another 3 minutes. Remove from the liquid and allow to cool. Carefully remove the shell leaving the membrane intact.
Weekends call for a breakfast upgrade and a bit of a treat – so try these delicious treats next when you want to spoil your family.
GEVLEGTE WORSBROOD EN ONTBYT MUFFINS
Ontbyt met ‘n twist.
Gevlegde brood:
3 koppies koekmeel
3 koppies witbroodmeel
1 eetlepel droë pietersielie
1 teelepel sout
1 pakkie droë kitsgis
550 – 600 ml louwarm water
Sif die koekmeel en broodmeel saam en meng goed.
Meng die res van die bestanddele by die meelmengsel en knie goed tot die deeg terug bons wanneer jy daarop druk. Plaas die deeg in die skottel, bedek en laat dit rys op ‘n warm plek tot dubbel die volume.
Knie die deeg af en deel dit in 3 ewe groot stukke deeg.
Maak elke deel deeg plat, plaas gaar braaiwors op die plat deeg en rol die deeg toe om die wors. Vleg die 3 stukke deeg met die wors soos ‘n gevlegde brood en plaas op ‘n bakplaat, plaas eenkant en laat die gevlegde brood rys.
Bak die brood in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir ongeveer 1 uur.
Gevulde tamaties:
1 koppie fyn aspersies
¼ koppie mayonnaise
2 eetlepels fyn gekapte uie
tamaties, ontpit en uitgehol
Meng die 1ste 3 bestanddele saam in ‘n mengbak, skep die vulsel in die uitgeholde tamaties en plaas eenkant.
Gebraaide swart sampioene:
Braai die groot heel sampioene in knoffelbotter in ‘n warm pan op die stoof tot gaar.
Strooi gerasperde kaas en rooipeper na smaak oor die sampioene, laat die kaas smelt, verwyder die sampioene van die hitte en plaas eenkant.
Ontbyt muffins
Mengsel 1:
125 g gekerfde dadels
200 ml water
½ teelepel koeksoda
⅓ koppie rosyntjies
⅓ koppie sitrus skille (pomelo skilletjies soos vir konfyt opgekook)
⅓ koppies tuisgemaakte marmelade
Plaas die bestanddele in ‘n kastrol op die stoof en kook dit saam vir 5 min. Plaas eenkant om af te koel.
Mengsel 2:
1 eetlepel fyn semels
¼ koppie sonneblomsaad, effens gekap
¼ teelepel sout
1 koppie bruismeel
1 groot eier
¼ koppie suiker
1 koppie fyn gerasperde wortel
Klits die suiker en eier saam in ‘n mengbak, voeg die res van bestanddele met die dadelmengsel by die eiermengsel en meng goed deur. Skep die deeg in voorbereide muffinpannetjies.
Bak die muffins in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 25 minute.
Maak intussen die stroop vir die muffins:
½ koppie kookwater
2 Rooibostee sakkies
1 eetlepel suurlemoensap
¼ koppie suiker
Voeg die water, teesakkies en suurlemoensaop in ‘n potjie op die stoof en laat die tee sterk trek voordat jy die suiker byvoeg. Bring die tee tot kookpunt en verwyder die potjie van die plaat.
Skep 2 eetlepels stroop oor elke muffin wanneer dit uit die oond kom.
Resepte: Meisie Hattingh
Wat n lekker ontbyt so op n Saterdagoggend . Worsie gerol in kaas en spek met n eierjie op n kant met varsgebakte muffin en n bietjie konfyt. Simpel maar lekker.
Die goed in die middel is fyn gekookte hoender met kruie( Sweet basil, lemoen peper en BBQ ) gemeng en gerol in fyn broodkrummel in olyf olie gebak.
Ertjies De Witt
Braai steak en kitney in olyfolie
As dit gaar is breek eier daarby. Jy besluit hoeveel. Laat kook tot net wit gaar is. Gooi baby spinish by en blokkies mozarella kaas en klein tamaties en casew nuts. Laat warm word en bedien dadelik
Marian van Deventer
MAAK ALLES IN EEN ONTBYT
Nog net 2 keer gebruik, wit olifantjie. Vanoggend ontbyt gemaak in die oondtjie.
Brood gerooster daarin, botter gesmeer. Uie en tamatie bo-op die brood en nog verder vir vyf minute gerooster op die hoogste temperatuur.
Toe ses eiers daarin gebreek en toe nog verder 5 minute gerooster op hoogste temperatuur. Ek het snye kaas daaroor gesit en gesmelt, moenie sout en peper vergeet na die eiers nie.
Toe sommer ‘n russiese worsie (russian) gesny en ook bo-oor gesit.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie