BAKGAT BROOD VIR AAND ETE OF ONTBYT

tested
BAKGAT BROOD VIR AAND ETE OF ONTBYT
6 snye brood, korsies afgesny
botter
Marmite
1 koppie gerasperde Cheddar kaas
2 eiers
sout en peper
tamatieskyfies
3/4 koppie melk
1 pakkie spek, gesnipper en bruin gebraai
Smeer die snye brood met die botter en Marmite en sny elke snytjie in die helfte. Klits die eiers en melk saam en voeg sout en peper by na smaak. Smeer ‘n vuurvaste oondbak met smeer en pak ‘n lagie brood onder in die bak.
Rangskik die spek en tamatie bo-op die brood en strooi die kaas bo-oor. Giet die eiermengsel bo-oor die spek en tamatie en bak die gereg in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir 30 minute tot goudbruin.
Nota: Die resep kan verdubbel word, maar pak bestanddele dan in 2 lae en giet net laastens die melk- en eiermengsel bo-oor.




GEBAKTE EIERMUFFINS

 

Gebakte eiermuffinstested

GEBAKTE EIERMUFFINS

Iemand het onlangs gesoek na ontbyt-idees vir haar Bed en Ontbyt. Hierdie resep is absoluut heerlik. Die platgerolde broodkorse in die muffinpanne kan vooraf gemaak en in ‘n plastieksak gebêre word, en die ontbytspek kan ook sommer onder die oondrooster voor die tyd gaargemaak word. Die resep is vir 6 “eiermuffins”, en die oondbaktyd sal afhang van hoe gaar die eiers moet wees. In die oggend hoef jy dan net alles saam te stel, te sorg dat die oond warm is, en die hele kaboedel te bak.
6 spekrepe, verkieslik die “streaky bacon”
Ongeveer 2 eetlepels gesmelte botter
Ongeveer 2 eetlepels “maple syrup”
6 snye witbrood, korsies afgesny
6 eiers, (ek verkies Jumbo van vryloop-hoenders!)
sout en peper
6 eetlepels vars, dik room
6 eetlepels gerasperde Cheddarkaas (“mature” is die beste)

Maak die spek goed gaar — dit kom nogal mooi bros en bruin uit onder die oond se rooster-element. Krummel en bêre.
Verhit oond tot 190 grade C. Smeer 6 gewone muffinpannetjies baie goed met botter, selfs al is hulle die nie-kleef-soort.
Meng die botter en stroop in ‘n bakkie.
Rol die brood met ‘n broodroller tot plat, en smeer dan (aan die kant wat binne sal wees) met die botter-maple syrup mengsel.
Voer die gesmeerde muffinpanne uit met die brood, soos ‘n pasteikors.
Bak die broodkorsies tot die brood bros is, so 5 minute — toets maar self. Haal uit en bêre lugdig indien jy dit eers die volgende oggend gaan gebruik.
Dan: sprinkel gekrummelde spek in elke muffin. Breek ‘n eier in elke muffin. Geur baie liggies met sout en peper (probeer ‘n slag witpeper).
Bedek elke eier met 1 eetlepel room en 1 eetlepel kaas.
Bak tot die eierwitte net geset het — dit neem so 10 – 15 minute, of totdat die eiers gaar genoeg is na jou smaak.

Foto: Zuri Roos




Ontbyt Cupcakes

 

Ontbyt Cupcakestested

Ons ontbyt vanoggend!!! Stukkies ham tamatie en kaas en toe geklitste eier oor oor!
In my cupcake masjien!!! HEERLIK
Benhet Nieuwenhuis‎




Heerlike omelet-rol

 

heerlike omeletroltested

HEERLIKE OMELET-ROL
Het julle gaar wors oor van gister se braai of viennas, rolletjies en relish?
Maak hierdie heerlike gerolde omelet soos ek vandag vir ons gemaak het, heerlik.
Bak ‘n omelet in die pan, smeer die relish op die omelet, plaas wors op die relish en rol die omelet op.
Bedien met roosterbrood of rolletjies, tamatie en gherkins.
Resep en foto: Marie Dumas Jennings‎




SWITSERSE OMELET

 

Switserse omelet

SWITSERSE OMELET
Sny jy ‘n paar knopiesampioene in skywe en braai dit in botter tot sag, plaas eenkant.
Jy benodig 3 eiers per persoon, klits die eiers met ‘n knippie sout goed met die hand.
Smelt ‘n groot stuk botter in ‘n swaarboompan, hou bietjie gesmelte botter eenkant om oor die omelet te gooi.
Dit moet oor lae hitte gesmelt word, moenie dat die botter verbruin nie.
Voeg die eier by, terwyl jy die pan skud. Dit is om te verseker dat die eier nie vassit op een spesifieke plek in die pan nie. Draai die pan sodat die eier die hele bodem bedek, jou aan met skud.
Na ‘n paar minute sal die omelet begin stol.
Bedek die omelet met dun skywe Switserse kaas en strooi die sampioene bo-oor.
Lig die pan weg van jou en vou ⅓ van die omelet aan jou kant na die middel toe. Lig die pan na jou toe op en vou ⅓ van die ander kant af na jou toe. Gly die omelet uit in ‘n bord.
Resep en foto: Timothy Valentine




GEVULDE APPEL VIR ONTBYT

 

2014-10-26-gevuldeapplestested

GEVULDE APPEL VIR ONTBYT
Gestop met rou vark worsievleis, bedek met spek, bedriup met esdoringstroop en gegeur met tiemie.
Bak in die oond tot sag en goud bruin, ongeveer 40 min in die oond.
Dis was ‘n ongewone ontbyt, baie smaaklik.
Resep en foto: Christina en LP Louw




STERRETJIEBROOD

 

Sterretjiebrood

Sterretjiebrood, vrugterol, tamaties en polonie.
VENITA NOLTE




EGG MUFFINS

egg muffins esmetested
EGG MUFFINS

Ingredients
Spring onion as required
Chopped tomatoes as required
Onion as required
Cheese as required
Green chillies
Fresh coriander
Capsicum chopped as required

You can add chicken, beef, mince cooked., spinach, sausages, ricotta cheese and lots more as per your taste.,

Eggs 6 beaten with 2 tbsp milk salt and black pepper to taste

Method
Preheat oven at 200C
Grease your muffin tin
Add vegs of your choice along with cheese., pour beaten egg mixture on it.,

Place muffin pan on the center rack of a preheated oven and bake for 20-25 minutes or until muffins are light brown, puffy, and the eggs are set.

Let muffins cool for a few minutes before removing from the muffin pan or cups. Loosen gently with knife if they seem to be sticking. Eat immediately or let cool completely and store in plastic bag in refrigerator or freezer. The Egg Muffins can be reheated in the microwave.

Enjoy!!

Picture:  Esme Slabbert




TUPPERWARE OMELET PAKKIE

 

2014-09-27-1606299_10152694787369356_8128489352582559418_otested

Heerlike vinnige ontbyt!!! In my tapper omelet pakkie!! Klits 2 eiers met bietjie melk! Toe meng ek van gister aand se braai vleisies in en tamatie, ui en kaas! En bietjie spice! Gooi in pakkie en mikrogolf 3min! Strooi kaas oor en geniet

Geplaas deur: Benhet Nieuwenhuizen




DADELSOUS VIR ONTBYTPAP

2014-09-26-dadelsousvirontbytpaptested
DADELSOUS VIR ONTBYTPAP
250 g dadels (gekerf)
6 koppies water
2 eetlepels mielieblom
½ koppie heuning
1 blik klappermelk (400 ml)
Kerf dadels fyn en kook dit in water tot sag.
Meng mielieblom (maizena) met bietjie koue water en voeg by dadels.
Laat dit net deurkook en haal van hitte af.
Roer die heuning in terwyl dit warm is.
Voeg die klappermelk by en roer goed. Laat afkoel en hou in yskas. Gebruik op ontbyt pap en strooi sade, neute of rosyne van jou keuse oor.
Resep en foto: Meisie Hattingh