KLAPPER WINTER WARMPOEDING

KLAPPER WINTER WARMPOEDING
Poeding:
45 ml botter
5 ml koeksoda
250 ml melk
250 ml suiker
250 ml klapper
250 ml bruismeel
2 eiers

Sous:
250 ml room
125 gram botter
250 ml suiker
125 ml melk
5 ml vanilla

Dit moet gemeng word met elektriese klitser.
Room botter en suiker saam.
Voeg melk by suiker mengsel. Hou aan klits.
Voeg eier by.
Voeg koeksoda by.
Voeg koekmeel by.
Klits vir nog 2 min.
Gooi in gesmeerde oondbak.
Bak dadelik vir 45 min by 180 ºC.
Oond moet warm wees.
Moet nie mengsel laat staan nie. Sit dadelik in oond.
Sous:
Meng alles en kook tot suiker gesmelt is.
Gooi oor warm poeding. Die stroop moet ook warm wees.
Bedien warm met vla en of roomys.
Foto en resep:  Anita Kleynhans en Sonja Aukamp




BESSIE MALVAPOEDING

BESSIE MALVAPOEDING
Fotos en resep aangepas deur : Petré van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
Genoeg vir 12 porsies
Vir die bessiesous:
500 g gemengde bessies van jou keuse (1 groot pak)
250 ml suiker
Vir die malvapoeding:
3 koppies bruismeel
1 koppie botter
2 koppies strooisuiker
5 ml knippie sout
15 ml bakpoeier
500 ml melk
6 eiers, geklits
¾ koppie witsjokolade-splinters

Vir die bessiesous:
Plaas die bessies en suiker in ’n glasbak en sit dit in die mikrogolf vir sowat drie minute.
Laat afkoel.
Vir die malvapoeding:
Verhit die oond tot 180 °C.
Smelt die botter en sjokolade splinters saam.
Voeg die res van die bestanddele by en klits totdat die beslag romerig en lig van kleur is.
Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
Skep 2/3des van malva beslag in bak, gooi ‘n laag stroop oor en  skep ook 2/3 des van die bessies oor.
Skep die laaste van die beslag bo-oor.
Bak vir om en by 1 uur of tot toetspen skoon uitkom.
Nota:
Ek het ‘n blikkie bloubessies by die res van die gemengde bessies gevoeg tesame met 1 koppie suiker, dit in die mikrogolfoond gekook tot ‘n ligte stroop, en dit bo-oor die poeding geskep. Saam met vla en roomys bedien.
Sit voor saam met vars bessies; hulle sny deur die dekadente soet van die poeding.♫




MALVA PUDDING DESSERT PLATTER

MALVA PUDDING DESSERT PLATTER
Pudding:
1 cup flour
1 cup brown sugar
1 cup milk
1 tablespoon butter
1 tablespoon apricot jam
1 tablespoon bicarbonate of soda
1 tablespoon vinegar
1 egg

Sauce :
½ cup cream
1 cup milk
30 g butter
½ cup sugar
Cream the sugar, butter and jam together until smooth. Sift in flour and bicarbonate. Add the remaining ingredients and beat well. Butter a baking tray or ramekins. Pour the batter into the baking tray or ramekins until it’s half full. Cover with tin foil. Bake in a preheated oven at 180ºC for 30 – 35 minutes or until golden brown.
Meanwhile, add the sauce ingredients to a pot on the stove and bring it slowly to a boil remove from the heat. Pour the sauce immediately over the pudding as it is removed from the oven. Best served with vanilla custard.
Recipe: Mariovette Timmer




VERMICELLI CUSTARD PUDDING

VERMICELLI CUSTARD PUDDING
60 g vermicelli, broken into 2 cm pieces
50 g butter
5 cups milk
2 tablespoons cornflour
6 tablespoons sugar
1 egg
pinch of salt
1 teaspoon nutmegg
1 teaspoon cinamon
1 teaspoon vanilla essence

Fry the vermicelli in the butter until nutty brown (5 min). Add the milk and bring to a boil. In a bowl mix the cornflour, sugar, egg and salt. Add some of the warm milk to the egg mixture and mix well. Add the egg mixture to the milk and vermicelli to make a custard. Add the nutmeg, cinnamon and vanilla and bring to a boil. Boil until mixture thickens.
Recipe and photo: Fritz Linda Page Weilbach




KITS KARAMEL FONDANT POEDING


KITS KARAMEL FONDANT POEDING
1 pk sjokolade muffin mix (500 g)
1 pk butterscotch kitspoeding

Voorverhit die oond tot 180 grade C. Smeer of spuit ongeveer 8-9 ramekin bakkies.
Maak die kitspoeding aan soos op die verpakking maar gebruik net 400ml melk, sit eenkant maar nie in die yskas nie.
Maak nou die muffin mix aan net soos op die pakkie.
Skep nou die ramekins ongeveer half met van die muffins mix.

Skep bo-op die deeg ‘n lekker groot eetlepel vol van die kitspoeding. En skep weer die res van die deeg bo-or die die poeding, maak seker jy bedek die poeding heeltemal anders bak al die lekker uit.
Plaas in die oond en bak vir ongeveer 30 min tot die koek gedeelte gaar is. Laat omtrent heeltemal afkoel in die bakkies voor jy probeer om dit uit te haal, want dit is baie dekadent en sal breek.
Jy kan dit ook net so in die bakkie bedien indien verkies.
Bedien saam met vla of roomys.
Nota: Ek het myne in die groot muffin panne gebak, dan is dit ‘n baie groot porsie en kry mens so ongeveer 7 uit.
Regtig baie baie lekker, maklik en vinnig.
Foto: Rina Kleinhans
Idee by een van die lede op die groep gekry.

Foto: Zelda Ellis
Ek het dit vandag gemaak en dit was heerlik. Ek het dit met roomys bedien. Het die Choc mint muffin mix gebruik met die Peppermint Crisp Tert Kitspoeding.

I again made the muffins with the instant pudding – this time I used the Berry muffin mix and strawberry instant pudding. It was delicious.
I had some pudding left over so mixed it with stiffly beaten cream and used it as a topping – it was delicious!

Zelda Ellis –  Very easy….follow instructions on the packets for the muffins and the instant pudding (use little less milk for the pudding 400ml). I baked mine in a muffin pan – put Tablespoonful of muffin mixture in muffin pan – then a Tspoonful of the pudding and then you cover the pudding with a Tspoonful of muffin mixture. Bake it at 180 for 20-25 minutes. The original recipe on the blog was with chocolate muffin mix with caramel pudding. I also made it with the Chocolate mint muffin mix with the Peppermint crisp pudding.




LEKKER POST TOASTIES POEDING

LEKKER POST TOASTIES POEDING
1 koppie suiker
1/2 koppie botter
2 Eetlepel vlapoeier
2 koppie graanvlokkies
5 koppies melk
3 eiers, geel en wit geskei
vanilla

Meng botter en suiker goed en voeg gebreekte graanvlokkies by.
Laat staan terwyl jy vla maak.
Meng vlapoeier met bietjie van die melk en voeg vanilla en eiergele by.
Verhit die melk en roer die eiermengsel by.
Laat kook en roer heeltyd tot mengsel gaar is.
Skep die graanvlokkie mengsel in gesmeerde oondpan en skep die vlamengsel bo oor.
Jy kan lae ook maak.
Klits die witte styf met 4 eetlepels suiker en skep dit bo-op poeding. (Ek vat dubbel die witte en suiker)
bak by 180°C tot mooi bruin.
BEDIEN MET DUN VLA.
Resep geplaas deur Ronell Muller Boshoff
Foto: Ronell Muller Boshoff




GRAANVLOKKIEPOEDING

GRAANVLOKKIEPOEDING
DIK VLA
1 liter (4 koppies) volroommelk
knippie sout
175 ml vlapoeier
125 ml suiker
2.5 ml vanieljegeursel

GRAANVLOKKIELAAG
3 koppies graanvlokkies, fyner gedruk
1 koppie suiker
2.5 ml fyn kaneel
125 g botter
4 ekstra groot eiergele

MERINGUELAAG
4 ekstra groot eierwitte
60 ml versiersuiker, gesif
knypie kremetart
Stel oond op 180°C

DIK VLA
Verhit melk en sout in groot kastrol tot kookpunt.
Maak vlapoeier met bietjie van warm melk tot gladde pasta aan.
Voeg by res van melk en roer sodat dit nie klonte vorm nie.
Roer suiker by en laat prut vir 2 min. Verwyder vla van hitte.
Laat vla effens afkoel en roer vanieljegeursel by.
GRAANVLOKKIELAAG
Meng graanvlokkies, suiker en kaneel in groot mengbak.
Smelt botter in mikrogolf, maar moenie laat kook nie. Laat bietjie afkoel.
Klits eiergele en roer by botter. Roer bottermengsel by graanvlokkiemengsel.
Skep graanvlokkiemengsel in oondbak van 20 cm x 28 cm.
Skep vla versigtig bo-op.
Bak vir 15 min.
MERINGUELAAG
Klits eierwitte, versiersuiker en kremetart tot stywepuntstadium.
Skep oor poeding en bak nog 12 min of tot meringue goudbruin is.
Skep klontjies appelkooskonfyt bo-op sodra dit uit oond kom.
Resep geplaas deur: Susan Fourie




POST TOASTIE POEDING MET VLAPOEIER

POST TOASTIE POEDING MET VLAPOEIER
Ek maak hom baie gereeld
1 koppie suiker
1/2 koppie botter
2 eetlepels vlapoeier
2 koppies graanvlokkies
5 koppies melk
3 eiers, geel en wit geskei
vanilla

Meng botter en suiker goed en voeg gebreekte graanvlokkies by.
Laat staan terwyl jy vla maak.

Meng vlapoeier met bietjie van die melk en voeg vanilla en eiergele by.
Verhit die melk en roer die eiermengsel by.
Laat kook en roer heeltyd tot mengsel gaar is.
Skep die graanvlokkie mengsel in gesmeerde oondpan en skep die vlamengsel bo oor.
Nota:  jy kan lae ook maak.
Klits die witte styf met 4 eetlepels suiker en skep dit bo-op poeding. ( Ek vat dubbel die witte en suiker)
Bak by 180°C tot mooi bruin.
BEDIEN MET DUN VLA
Resep geplaas deur Ronell Muller Boshoff




BABS SE POST TOASTIE POEDING

BABS SE POST TOASTIE POEDING
Kors:
1 kp fyn post toasties
1/2 botter
1/2 kp suiker
1/2  teel kaneel
Meng alles en druk vas onder in oondbak

Vulsel:
2 kp warm melk
2 teel vanilla
3 eiers, geskei
1/2 kp suiker

Maak vla daarvan – verhit die melk en suiker oor lae hitte, klits die eiergele, gooi bietjie van die warm melk by die eier, klits baie goed en gooi dan die eiermengsel stadig by die warm melk terwyl jy die hele tyd roer, gooi die vanilla by en meng goed, laat stadig deurkook op lae hitte tot gaar, verdik met mielieblom indien nodig.
Klits eierwitte styf en voeg 6 e suiker by, lepel vir lepel terwyl jy klits.
Sit oor vulsel en sprinkel heel vlokkies post toasties oor.
Bak stadig by 160 grade tot gestol.
My ma het dit altyd vir ons gemaak en dit was heerlik.
Resep:  Babs Tiran




KITS VANILLA POEDING

KITS VANILLA POEDING
Naand bobaas kokke….my skoon ouers het by ons kom braai en ek moes ‘n nagereg aanmekaar slaan. Ek het ‘n vanilla muffin mix gevat en aangemaak volgens die pakkie se instruksies, maar in plaas van om dit in muffin pannetjies te bak, het ek dit in ‘n langwerpige pyrex bak gebak teen 180°C vir 20 min.
Ek het toe die Jan Ellis poeding se stroop gemaak en oor die koek gegooi, maar ek het net helfte aangemaak.
halwe koppie water
halwe koppie suiker
halwe koppie room (ek het volroom melk gebruik, want ek het nie room gehad nie)
teelepel vanilla essence
groot eetlepel botter
Saamgekook tot dit kookpunt bereik het en oor die koek gegooi en laat staan tot dit ingetrek het. Ek het dit bedien met Ultramel vla. Dit was regtig baie lekker.
Resep: Juanita Vermeulen

Gertrude Schoeman:
Jy kan ‘n blikkie perskes kleiner sny en sonder die sous dit ook byvoeg, of appel stukkies ook (in die blikkie)
Sandra Prinsloo Botes:
Ek het al die gemengde vrugte sonder sous onder in bak gegooi, deeg bo-op en sous bo-oor en dan gebak
Elize Van Niekerk Koertzen:
Probeer kondensmelk en melk wat jy kook tot dit verdik. Prik koek as dit uit die oond kom en gooi oor. Dis heerlik!