SONDAG MIDDAG GEBAKTE POEDING


SONDAG MIDDAG GEBAKTE POEDING
1 koppie meel
½ koppie suiker
1 koppie melk
1 eier
sout
1½ teelepel asyn
1 teelepel appelkooskonfyt
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda

Klits eiers en suiker saam, voeg ander bestanddele by(laaste melk) bak  vir 1 uur.

Sous:
1 koppie bruinsuiker
1 koppie melk
½ koppie kookwater
200 g margarien
1 teelepel vanilla

Kook saam terwyl poeding bak en gooi warm oor warm poeding sodra dit uit die oond kom.
Resep geplaas deur Petro Kloppers
Foto:  Petro Kloppers




WALTER SE LEKKER MALVA POEDING


WALTER SE LEKKER MALVA POEDING
1 koppie suiker
1 koppie meel
1 koppie melk
1 eier
3 eetlepels appelkoos konfyt
2 eetlepels botter
½ teelepel sout
2 teelepels vanilla essence
1 teelepel koeksoda
2 teelepels bruin asyn

Sous
250 ml klappermelk
3 eetlepels suiker

Meng botter, eier en suiker klits tot ‘n ligte geel kleur. Gooi asyn in melk met vanilla. Meng droë bestanddele en gooi eers die helfte van droë mengsel by eier en suiker dan helfte van melk, klits tot gladde mengsel en voeg die res by, klits weer tot gladde mengsel.
Gooi in gesmeerde bak of in kolwyntjie pan of in miniatuur brood pan. Ek doen die laaste twee aangesien dit lekker enkel porsies gee +- 6-8.
Plaas in voorverhitte oond op 180 grade  C en bak 40-45 min, alle oonde verskil, so kyk maar wanneer dit wegtrek van kante af.
Sous: ek hou daarvan om klappermelk te gebruik wat warm gemaak is met so suiker wat ek bo-oor gooi.
Bedien met ‘n keuse van vla, roomys of room.
Resep en Foto: Walter Bender




STROOP LEMOENKOEK


STROOP LEMOENKOEK
Klits saam:
3 eiers
1 koppie suiker

Meng by eerste mengsel:
1½ koppie meel
1½ teelepel bakpoeier

Smelt saam en voeg by :
3 eetlepels margarien
¾ koppie melk
Bak 25 – 30 min by 180º C

STROOP:
1 koppie water
2 koppie suiker
1 eetlepel margarien
1 koppie lemoensap
1 eetlepel gerasperde lemoenskil

Kook water, suiker en margarien 5 min saam.
Laat afkoel en voeg by 1 koppie lemoensap en 1 eetlepel gerasperde lemoenskil.
Gooi oor gaar warm koek.

Ek sny gewoonlik die koek klaar op in blokkies dan trek die sous lekker in.
PS Lemoentyd… druk ek klomp sap uit en vries dit… so dan kan jy heeljaar lekker smul lemoenkoek
Geplaasdeur en foto: Marinda Peyper
NOTA:  Elizma Bezuidenhout
Probeer die resep net met suurlemoen in plaas van lemoen. Vat dieselfde hoeveelheid suurlemoensap en suurlemoen skil. Dit is baie lekker.




PAPAJA POEDING

PAPAJA POEDING
½ koppie botter, gesmelt
2 koppies wit suiker
1 ½ koppies bruismeel
1 teelepel bakpoeier
¼ teelepel sout
¼ teelepel gemmer
¼ teelepel neutmuskaat
½ teelepel kaneel
3 eiers
2 koppies papaja vleis, opgesny
1 ½ koppies melk
1 teelepel vanilla geursel

Verhit die oond tot 180°C.
Meng die suiker, meel, bakpoeier, kaneel, gemmer en neutmuskaat saam.
In ‘n ander bak, meng die eier en papaja saam tot dit sag is. Meng in die melk en vanilla, dan die botter.
Voeg by die suiker en meelmengsel.
Giet in ‘n gespuite oondbak.
Bak vir +- 50 min, of tot gaar in die middel.
Bedien met vla, room of wat ookal jul gepas vind 😋.
Foto: Madélynn Janse van Rensburg




SJOKOLADE EN MAASKAAS KOEK OF POEDING

SJOKOLADE EN MAASKAAS KOEK OF POEDING
375 ml koekmeel
5 ml koeksoda
200 ml suiker
1 ml sout
50 ml kakao
250 ml water
125 ml olie
12,5 ml wit asyn
5 ml vanilla geursel
1 blok (100 g) vrugte-en-neutsjokolade
250 g geroomde maaskaas
1 ekstra-groot eier
75 ml suiker, ekstra
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n 20 x 20 cm oondvaste bak met botter of kleefwerende kossproei. *ek vind 20 x 30 cm, of bietjie groter ronde bak beter.*
Sif en meng die meel, koeksoda, suiker, sout en kakao en hou eenkant.
Klits die water, olie asyn en geursel saam en voeg by die droë bestanddele, meng goed deur met draadklitser.
Giet in die voorbereide bak.
Breek die blok sjokolade in die helfte. Breek die een helfte in blokkies en kap die ander helfte grof.
Druk die sjokoladeblokkies in die beslag.
Meng die maaskaas, eier en suiker saam en skep met lepel liggies op beslag.
Sprinkel die gekapte sjokolade bo-oor.
Bak 40 min lank in die oond tot gaar of totdat ‘n toetspen skoon uit die middel van die koek uitkom.
Lewer een gemiddelde koek.
Bedien met room of vla.
Resep en Foto: Tursa Triegaardt




MALVA POEDING MET KLAPPERMELK BOTTERSOUS

MALVA POEDING MET KLAPPERMELK BOTTERSOUS
Hierdie was Sondag my nagereg vir Vadersdag middagete. Ek het nie genoeg room gehad en toe besluit om klappermelk te gebruik. Wel dit werk perfek!
15 ml botter (sag)
100 g/125 ml suiker
2 eiers
250 ml melk
30 ml appelkooskonfyt (fyn en tuisgemaak is beste as jy het)
140 g/250 ml koekmeel (ek het net bruismeel gehad en dit gebruik, perfek)
Knippie sout
5 ml koeksoda
15 ml wit asyn

Bottersous
160 g/200 ml suiker
5 ml vanielje ekstrak
125 g/140 ml botter
100 ml water
250 ml klappermelk, room of ingedampte melk

Room botter en suiker en voeg die eiers by. Klop tot gemeng en voeg melk, konfyt, meel, sout en koeksoda by (ek voeg eers die nat goed by en sif dan meel sout en koeksoda saam bo-oor)
en meng goed met handklitser of balonwisk tot gladde beslag. Voeg asyn by en meng deur.
Gooi in gesmeerde bak (300×200×60 of 25 cm deursnee rond) en bak teen 180°C vir 25 minute of tot mooi gerys en goud bruin.
In my gas oond het dit langer geneem, so 35-40 min.
Terwyl die poeding bak maak die sous. Sit suiker, vanielje, botter en water in kastrolletjie en laat kookpunt bereik. Verwyder van hitte en roer die room by.
Hou eenkant tot die poeding gaar is. Gooi so 2/3 van die bottersous our die poeding en laat bak vir nog 5 minute. Gooi dan die res oor maar as dit lyk of dit klam genoeg is behou die sous om saam te bedien. Dien op met vla, geklopte room of vanielje roomys.
Resep en foto: Elsabie Templeton
2 de foto:  Malva pudding with black cherries and coconut cream sauce 💕 no custard or ice cream needed. Utterly delicious
I add a tin of drained blacked pitted cherries on top of the batter before baking. They sink to the bottom. I also added Kirsch instead of brandy to the coconut cream butter sauce.


Foto:  Sannah Oday – Heerlike Malva poeding met bruismeel dankie




ORANGE PUDDING IN A SYRUP

ORANGE PUDDING IN A SYRUP
Syrup:
250 ml water
180 ml orange juice
5 ml finely grated Orange rind
15 ml butter
Pinch salt
125 ml sugar

Batter:
125 ml soft butter
250 ml sugar
2 eggs
30 ml smooth apricot jam, slightly heated
10 ml finely grated Orange rind
360 ml cake flour
2 ml salt
5 ml baking powder
4 ml bicarbonate of soda
250 ml milk

Preheat oven to 180°C and butter a deep ovenproof dish.
Prepare syrup:
Heat all the ingredients together and stir over medium heat until the sugar has dissolved. Simmer for 2 minutes and keep warm. Pour into oven Pan as soon as the batter has been mixed.

Beat the butter and sugar for the batter together until light and creamy then beat in the eggs, jam and orange rind. Sift the dry ingredients together and add to butter mixture,alternating with the milk. Spoon into the hot syrup in the pan and bake for about 20 minutes until golden brown.
Photo: Elena Kaminaridou Prins




MARLENE SE POST TOASTIES POEDING

MARLENE SE POST TOASTIES POEDING
1 koppie suiker (Ek gebruik minder)
2 eiers
2 eetlepel margarien (kan meer gebruik)
3 koppies melk
3 koppies Post Toasties (Die ou handelsmerk werk die beste)

Klits melk, eiers en suiker goed. Ek klits sommer in die bak waarin ek dit gaan bak. Voeg Post Toasties by en druk met lepel liggies onder melk in sodat almal nat is. Voeg nou klontjies margarien oral bo-op die Post Toasties.
Bak vir so 45 min by 180°C.
Vandag s’n op foto was 3x aangemaak.
Foto: Marlene Mouton Carstens
Resep geplaas deur Marlene Mouton Carstens




PERSKE NAGEREG

PERSKE NAGEREG
1 mayonnaise grote ingelegde perskes gedreineer, hou stroop (kan groot blik ingemaakte perskes gebruik)
Smeer ‘n groterige bak met botter en pak perskes daarin.

Meng saam:
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
knippie sout
1 koppie suiker

Klits saam:
4 eiers
1 koppie melk
4 teelepels gesmelte botter

Vooraf verhitte oond 180°C.
Meng die nat en droë mengsels saam en klits tot ‘n gladde degie vorm, gooi versigtig oor perskes.
Bak in oond vir ± 60 min tot mooi bruin en gaar.
Bedien met room, roomys of vla.
Foto en resep: Alta Gunter Van Dyk




PETRE SE BLITSPOEDING

PETRE SE BLITSPOEDING
Fotos: Petre van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
Dit is die resep wat ek ‘n hele tyd terug gesoek het, die een wat ek altyd gemaak het, was die sjokolade een – Sjokolade beslag en kakao saam met die bruinsuiker gemeng.
Oond 180 ºC.
Maak die deeg in die bak aan waarin jy die poeding gaan bak, of meng apart en smeer die oondbak waarin jy gaan bak en skep die mengsel dan daarin. Altwee maniere werk goed.
Bak moet omtrent inhoudsmate van 2 liter hê.
Meng volgende saam in mengbak:
1 eetlepel sagte margarien
1 koppie appelkooskonfyt
1 teelepel koeksoda
6 eetlepels hoogvol bruismeel
¼ teelepel sout
1 teelepel fyn gemmer
2 teelepels asyn

Strooi 1 koppie bruinsuiker bo-oor deeg en dan 3 koppies kookwater.
Gebruik die agterkant van ‘n groot lepel en laat die water oor dit loop om te verseker dat al die suiker nie na een kant toe gaan nie.
Bak 30 – 35 minute tot goudbruin en gaar.
Poeding maak ‘n dik sous onder in bak. Bedien met roomys of vla.