APPEL EN APPELKOOS ROL POEDING

tested

APPEL EN APPELKOOS ROL POEDING
Ek het ‘n paar dae gelede ‘n paar tert appels gehad wat ek gekook het en in die yskas gesit het. Vandag toe ek yskas skoon maak het ek op hulle afgekom en besluit om poeding van hulle te maak vir vanaand. My man het dit geniet en gesê ek moet julle die resep gee. Ek noem dit sommer appel en appelkoos rol poeding.
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
Knippie sout.
2 eiers geklits met ¼ koppie melk
½ koppie margarien
3 eetlepel fyn appelkooskonfyt
8 Tert appels gekook met ½ suurlemoen se sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
½ teelepel fyn kaneel
½ eetlepel suiker


Stroop
1 ½ koppie kookwater
1 eetlepel margarien
1 koppie suiker
Meng alles saam en plaas eenkant
Vryf margarien in meel bakpoeier en sout
Voeg melkmengsel by en meng tot hanteerbare deeg.
Rol dun uit op meel bestrooide oppervlakte
Smeer 3 eetlepels appelkooskonfyt oor deeg
Maak appels fyn en smeer bo-op konfyt oor deeg
Rol op soos ‘n rolkoek en sny in ewe groot stukke, so 3cm lank
Sit op gesnyde kant in bak.
Strooi  171 eetlepel suiker gemeng met  171 teelepel kaneel bo-oor
Gooi sous versigtig oor en bak 1 uur of tot mooi bruin by 180ºC
Bedien saam met vla
Resep geplaas deur Tim En Elsie Slabbert
Foto: Tim En Elsie Slabbert




KERSFEES “PENNIE” POEDING

tested

KERSFEES “PENNIE” POEDING
Handvol munte in kastrol water gekook vir min 10 minute, skrop deeglik af
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
100 g pekanneute, opgekap
250 g dadels, rof gekap
250 ml water
5 ml koeksoda
100 g sagte botter
200 ml strooisuiker
1 eier

Vir die stroop:
250 ml suiker
120 ml water
120 ml brandewyn ( die alkhol verdamp sodra dit kookpunt bereik, gee net die geur, dus gee gerus vir die kleinspan)
5 ml vanilla geursel
30 ml botter
½ teelepel fyn kaneel

Voorverhit oond na 180ºC
Berei oondvaste bak voor, smeer goed met botter.
Plaas dadels en water in kastrol, en laat vinnig kook vir 2 min.
Verwyder van plaat en voeg koeksoda by dadels, laat koud word.
Room saam botter, suiker en eiers.
Sif die koekmeel, bakpoeier saam en voeg by bottermengsel.
Voeg die koue dadelsmengsel by roer liggies deur.
Meng die neute by.
Giet mengsel in jou voorbeide oondpan.
Druk die munte oral binne die rou mengsel in.
Bak vir +- 1 uur lank, of tot toetspen skoon uitkom.
Stroop:
Plaas suiker, water, botter en vanilla saam in ‘n kastrol, bring tot kookpunt en laat goed vir 10 minute kook, hou aan met roer.
Voeg die kaneel en brandewyn by, laat vinnig opkook roer aanhoudend vir 1 min. Giet oor poeding sodra uit oond kom
Resep geplaas deur: Carol Elliott Claassen




DADELPOEDING IN ‘N OONDPAN

DADELPOEDING IN ‘N OONDPAN
(Heerlik)
500 g fyngesnyde dadels
2 koppies kookwater
2 teelepels koeksoda
1 ½ koppie suiker
2 eetlepels botter
2 eiers geklits
2 koppies bruismeel
knippie sout

Los die koeksoda in die kookwater op en gooi oor die gesnyde dadels. Hou eenkant.
Room die botter en suiker en voeg die geklitste eiers by. Meng goed.
Sif die droë bestanddele saam en voeg by die eiermengsel.
Voeg die dadels by en meng baie goed. Gooi in ‘n voorbereide oondpan en bak by 180°C vir 1 uur. Sny die poeding in blokkies en gooi die volgende stroop oor.

SOUS:
2 ½ koppies suiker
1 ½ koppies water
2 teelepels vanilla
2 eetlepels botter
½ koppie brandewyn

Kook alles behalwe die brandewyn saam, voeg die brandewyn by en gooi die warm stroop oor die poeding. Bedien saam met vla of roomys.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto:  Elsabie O’Neill Ackerman
2de foto:  Ineke Steyn –  Ek het die resep vanaand probeer. Dit is sooo lekker!!! Sal my dood eet. Ek het dit in ‘n glas oond pan gesit.




RENE SE JAN ELLIS POEDING


RENE SE JAN ELLIS POEDING
90 porsies
Beslag:
1 kg suiker
500 g margerien
20 eiers
500 ml appelkooskonfyt
50 ml koeksoda
50 ml bakpoeier
1,8 kg (15 x 250 ml) koekmeelblom
sout
melk

Sous:
3,75 l kook water
3, 75 l melk
2 kg (10 x 250 ml) suiker
500 g margerien
50 ml vanilla

Kook die bestanddele van die sous saam. Gooi in bak.
Room die margerien en suiker. Voeg die eiers geleidelik by en daarna die konfyt.
Meng die koeksoda met ‘n bietjie melk en voeg dit by die eiermengsel.
Vou die droë bestanddele en genoeg melk om ‘n drupbeslag te vorm.
Skep sous in en bak vir 30 minute by ongeveer 180° C.
(Resep dui ongelukkig nie bak grootte aan)”- Kareehof Resepte”

Rene Wessels




HEERLIKE SJOKOLADE SOUSKLUITJIES

SJOKOLADE SOUSKUITJIEtested

HEERLIKE SJOKOLADE SOUSKLUITJIES
Resep:  Petra Pretorius
Foto:  Piet Pompies
FOOD LOVERS RECIPES
Meng die volgende bestanddele saam in ‘n mengbak:
1 koppie (250 ml) koekmeel
2 teelepels (10 ml) bakpoeier
2 eetlepels (30 ml) suiker
2 eetlepels (30 ml) kakao
½ teelepel (2.5 ml) sout

Vryf dan 2 eetlepels (30 ml) botter of margarien by die droë bestanddele in.Klits 1 eier en 100 ml melk met’n vurk saam en meng dit deeglik by die meel- en margarienmengsel.
Bring intussen 4 koppies (1 liter) water in ‘n kastrol tot kookpunt.
Jy kan 1 teelepel (5 ml) kaneel en 6 kardemompeule se fyn gekapte sade byvoeg vir ekstra geur.
Doop’n lepel in die pruttende water, en skep dan lepel-vir-lepel die deeg in die kastrol.
Plaas die deksel op en kook 10 minute – sonder om een keer die deksel op te lig.
Skep die kluitjies in ‘n opdienbak uit en plaas ‘n deksel op.
Maak die sous deur:
2 eetlepels (30 ml) kakao met van die vloeistof in die kastrol te meng tot ‘n paste, voordat jy dit byvoeg by die res van die vloeistof in die pot.
Voeg ook 1 koppie (250 ml) donker bruinsuiker en 2 eetlepels (30 ml) botter of margarien by.
Roer en bring dit tot kookpunt. Prut vir 1 – 2 minute totdat die sous dik is en ‘n mooi glans het.
Hou van die sous uit in ‘n sousbekertjie en giet die res oor die kluitjies.
Bedien met roomys indien jy dit so verkies, maar natuurlik met ekstra sous.




GEBAKTE POEDING

polisie poeding

GEBAKTE POEDING
Gebakte poeding uit die polisie boek.
1 koppie meel
half koppie suiker
1 koppie melk
1 eier
sout
1 en half teelepel asyn
1 teelepel appelkooskonfyt
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda

Klits eier en suiker saam. Voeg ander bestanddele by (heel laaster die melk)
Bak 1 uur in matige oond tot gaar.

SOUS
1 koppie bruin suiker (ek het wit, gebruik)
1 koppie melk
half koppie kookwater
200 g margarien
1 teelepel vanilla

Smelt alles saam op die stoof en gooi oor warm poeding.
Baie lekker
Resep en foto:  Stompie Rademeyer



OUMA THERON SE SAGOPOEDING

sagopoeding moedersdag

OUMA THERON SE SAGOPOEDING
Plasing: Marcel-Rounel
Foto:  Rina Kleinhans
500 ml melk
60 ml sago
2 eiers
5 ml vanilla geursel
60 ml suiker
2 ml sout
appelkooskonfyt

Week sago tenminste 2 uur lank in die melk (oornag is beter).
Bring tot kookpunt in die mikrogolfoond –  op hoog  en roer elke 3 – 5 minute.
Meng eiergele, geursel, sout en die helfte van die suiker.
Roer dit geleidelik by die warm mengsel in en mikrogolf verder totdat dit net begin verdik.
Moet dit nie te lank mikrogolf nie, anders sal dit skif. Dit moet nog slapperig wees.
Gooi in ‘n gesmeerde, vuurvaste bak.
Skep teelepelsvol konfyt in die mengsel.
Klop eierwitte totdat dit sagte punte vorm en klop die res van die suiker geleidelik by.
Smeer meringue oor en bak teen 180ºC totdat die meringue liggies verbruin het.




CHOCOLATE RICE PUDDING

tested
CHOCOLATE RICE PUDDING
1 litre milk
15 ml cocoa powder
150 g / 200 ml Tastic Bonnet Rice
good pinch salt
30 ml sugar
30 ml butter
5 ml vanilla essence
100 g dark chocolate
250 ml cream
To serve and garnish:
reserved whipped cream
reserved chocolate shavings

Place the milk, cocoa, rice and salt in a heavy based saucepan and bring to boil, stirring
Reduce heat, cover partly and cook over very slow heat for about 30 minutes or until the rice is tender and the mixture has thickened.
Stir in the sugar, butter and vanilla essence and cool to room temperature.
Hold the bar of chocolate on it’s side and with a sharp knife, scrape the whole bar into coarse shavings.
Reserve about 50 ml of the chocolate shavings for garnish.
Whip the cream until stiff and reserve about 1/3 of the cream for garnish.
Add the rest of the chocolate and cream to the cooled rice mixture and fold into the mixture until evenly combined.
Spoon the mixture into a serving bowl or divide between 8 stemmed glasses.
Decorate with reserved cream and chocolate shavings. Refrigerate and serve chilled

Plasing: Jana Prinsloo




SELF-SAUCING BUTTERSCOTCH POEDING

self saucing butterscotts puddingtested
SELF-SAUCING BUTTERSCOTCH POEDING
Deeg:
1 koppie bruismeel
¾ koppie strooisuiker
Knippie sout
1 eier
2 eetlepels botter
½ koppie melk
1 eetlepel goue stroop
1 teelepel karamel of vanilla geursel
Stroop:
2 eetlepels stroop
1 eetlepel botter
500 ml kookwater

Voorvehit die oond tot 180 ºC .
Meng alle droë bestanddele. Vryf botter in tot dit lyk soos broodkrummels.
Meng melk, stroop en eier en voeg by droë bestanddele.
Meng deur en skep beslag in ‘n oondbak.
Maak sous as volg:
Meng goue stroop en botter met die kookwater.
Gooi versigtig oor die agterkant van ‘n lepel oor die beslag versprei oor die hele poeding.
Bak in oond vir 35 minute.
Bedien met roomys of room.

Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto:  Rina Kleinhans
Vir bietjie meer smaak sal ek beslis bietjie karamel of vanilla geursel insit, maar dit is baie lekker

 




SELF SAUCING CHOCOLATE PUDDING

self saucing puddingtested

SELF SAUCING CHOCOLATE PUDDING
1 cup self raising flour
¾ cup brown sugar
¾ cup milk
2 tablespoons melted butter
2 tablespoons cocoa powder

Sift the flour into a dish, stir in brown sugar and cocoa making sure there are no lumps. Stir in milk and butter.
Smooth top.
Make the sauce by mixing together ¾ cup brown sugar and 2 tablespoons of cocoa in a jug with 1 ¾ cups boiling water.
Pour gently over the pudding mix.
Bake in a moderate oven 50 to 60 minutes.
Recipe: Marisa Vosloo
Photo:  Rene Grobbelaar