PIESANGPOFFERTJIES

piesang poffertjies
PIESANGPOFFERTJIES
Appels of pynappel wat geskil, ontkern en in dik skywe gesny is, kan in die plek van die piesangs gebruik word.
6 piesangs
250 ml koekmeel
2 ml sout
2 eiers, geklits
melk
sonneblomolie vir braai
versiersuiker om oor te strooi
Sif die meel en sout saam en voeg die eiers en genoeg melk by om ‘n dik, romerige beslag te vorm. Laat 1 uur lank staan om te rus. Halveer piesangs oorlangs en doop in die beslag. Braai die piesangs dadelik vir 3 – 4 minute aan elke kant in warm olie tot goudkleurig. Strooi versiersuiker oor en sit voor met ekstra suiker, stroop of heuning.
Lewer 6 porsies.
Nota: Verdun die oorskiet beslag en gebruik vir pannekoek.
Resep: Elda Lombard




SOUSERIGE SJOKOLADE POEDING SONDER EIERS EN MELK


SOUSERIGE SJOKOLADE POEDING SONDER EIERS EN MELK
(sonder eiers EN MELK)
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
125 ml strooisuiker
25 ml kakao
knippie fyn naeltjies
50 ml margarien, gesmelt
125 ml water
5 ml vanilla
100 ml suiker
50 ml kakao
375 ml kookwater

Sif die meel, bakpoeier, sout, strooisuiker, 25 ml kakao en naeltjies saam. Roer die gesmelte margarine, water en geursel by die droë bestanddele. Skep die deeg in ‘n gesmeerde bakskottel van 23 cm x 5 cm diep, Meng die suiker, 50 ml kakao en kookwater tot klontvry. Giet versigtig oor die deeg. Plaas die bakskottel in ‘n oondpan met kookwater. Bak 30-35 min by 180°C.

Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Rina Kleinhans
Ek het ook ‘n paar klein paaseiers in gesnipper, en dit met olie ipv margarien gemaak – regtig heerlik!!




LEMOENPOEDING

LEMOENPOEDING
(Vry van koring, gluten, melk en soja)
50 ml melkvrye margarien
100 ml suiker
2 ml gerasperde lemoenskil
1 medium eier
250 ml rysmeel (kan vervang met ongeveer 280 ml koekmeel, maar dan nie meer gluten vry)
3 ml koeksoda
6 ml kremetart
1 ml sout
100 ml lemoensap
5 ml suiker
½ teelepel fyn kaneel

Stroop:
100 ml suiker
250 ml lemoensap
5 ml gerasperde lemoenskil
12,5 ml melkvrye margarien

Room die margarien, suiker en lemoenskil tot goed gemeng. Klop die eier by.
Sif die meel, koeksoda, kremetart en sout saam.
Voeg om die beurt met die lemoensap by die geroomde mengsel.
Skep die beslag in ‘n gesmeerde tertbak, maak gelyk en strooi kaneel bo-oor.
Bak 20 – 25 min by 180°C tot goudbruin en gaar.
Stroop:
Berei die lemoenstroop terwyl die poeding bak.
Verhit die suiker, lemoensap en margarien tot kookpunt.
Roer en kook oor lae hitte totdat suiker gesmelt is.
Giet warm stroop oor die poeding sodra dit uit die oond kom.
Sit louwarm voor.




SMUL-SAGOPOEDING IN DIE PRUTPOT

SMUL-SAGOPOEDING IN DIE PRUTPOT
Resep: Esmari Kruger
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie resep is uiters ekonomies, absoluut kinderspeletjies om te maak en fluweelsag op die tong.
½ pakkie sago (250 g) – oornag in water geweek (dreineer)
80 g botter
1 liter volroom melk
1 koppie suiker
2 teelepels vanilla geursel
4 eiers
2 eetlepels appelkooskonfyt
fyn kaneel

Klits, eiers, botter, suiker en konfyt saam.
Roer alles saam en skep in prutpot.
Strooi kaneel bo-oor.
Stel prutpot op auto en bak vir omtrent 3 ure.
Bedien met appelkooskonfyt, vla, roomys-njammie.
NS: Ek was te haastig om die sago eers te laat week – het sommer die sago saam met 375 van die melk vir 4 minute in die mikrogolf gedruk om sag te word. Toe die botter en suiker bygeroer en die klonterigheid weggeklits.
Die finale resultaat was ‘n laag sago onder, en ‘n heerlike fluweelsagte vla-lagie bo.
Ek weet nie of dit is hoe dit moet kom nie, maar dit was HEERLIK!!!




CHOCOLATE FUDGE PUDDING IN SLOW COOKER

choc fudge puddingtested
CHOCOLATE FUDGE PUDDING IN SLOW COOKER
Chocolate fudge is a favorite recipe for many. The slow cooker produces a great tasting dessert recipe.
1 cup cakeflour
¾ cup brown sugar
firmly packed 2 tablespoons cocoa
2 teaspoons baking powder
¼ teaspoon salt
½ cup milk
2 tablespoons cooking oil
½ teaspoon vanilla
¾ cup brown sugar
firmly packed 2 tablespoons cocoa
1 ¾ cups hot water
Place first group of ingredients in bowl, stir. Add milk, cooking oil and vanilla. Stir well. Turn into Slow cooker. Stir second amount of brown sugar and second amount of cocoa together well in bowl. Add hot water. Mix. Pour carefully over batter in slow cooker. Do not stir. Cover. Cook on High for about 2 hours until wooden pick inserted in centre comes out clean. Serves 6.

Photo:  Benhet Niewenhuis en Diane Roode Hancox




DOEKPOEDING

DOEKPOEDING
5 koppies koekmeel
250 ml ontpitte rosyne
5 eiers, geel en wit geskei
250 ml dadels
1 en ½ koppie appelkooskonfyt
½ teelepel gerasperde neut
250 ml botter
25 ml koeksoda
250 ml suiker
½ koppie melk
½ teelepel sout
Room botter en suiker saam en voeg die geklitste eiergele by. Voeg die appelkooskonfyt by. Snipper die dadels en voeg die rosyne by. Los die koeksoda op in die melk en gooi dit oor die vrugte. Voeg dit by die bottermengsel. Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by die mengsel. Klop die eierwitte styf en vou dit in die mengsel in. Smeer ‘n linnedoek met botter en sprinkel meelblom oor. Skep die mengsel daarin en bind die doek toe. Los egter genoeg spasie vir die poeding om te rys. Plaas die poeding in kokende water en plaas die deksel van die kastrol op. Stoom vir 3 uur lank. Bedien met ‘n sous van jou keuse, maak ‘n lekker wynsous smaak heerlik hierby

 




SKRIKKELJAARPOEDING

tested
SKRIKKELJAARPOEDING
110 ml margarien
125 ml suiker
2 eiers (geskei)
250 ml ongesif afgemeet koekmeelblom
10 ml bakpoeier
knypie sout
375 ml melk
25 ml strooisuiker
100 ml fyn appelkooskonfyt


Stel die oond op 180°C en smeer ‘n vuurvaste skottel van 24cm in deursnee. Klop die maragrien en suiker saam tot romerig. Voeg die eiergele by en meng. Sif die koek meelblom, bakpoeier en sout saam en roer beurtelings met 75ml van die melk by die suikermengsel. Gooi die beslag in die bakskottel en bak vir 30 minute. Klits die eierwitte en strooisuiker saam tot styf, net voor die poeding uit die oond gehaal moet word. Haal die poeding uit en gooi die oorblywende melk bo-oor. Smeer die
konfyt bo-op en bedek met die eierwit. Plaas terug in die oond en bak nog ‘n paar minute tot die meringue verbruin. Sit warm voor. Lewer 6 porsies.

Foto: Amanda Struwig




GEBAKTE SAGOPOEDING SOOS OUMA SIN

sago poeding met lepeltested

GEBAKTE SAGOPOEDING SOOS OUMA SIN
Soos ouma hom gemaak het – een salige heerlikheid.
200 ml sago
750 ml melk
175 ml suiker
knippie sout
2 ml amandelgeursel
25 ml botter of margarien
2 eiers, geskei
50 ml appelkooskonfyt
¾ teelepel kremetart

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n oondvaste bak deeglik.
Spoel sago af en plaas dit in ‘n kastrol saam met die melk.
Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut stadig totdat die sago deurskynend is
Verwyder van die hitte en voeg 125 ml suiker, sout, geursel en botter by.
Klits die eiergele en roer dit by die sagomengsel in.
Skep die mengsel in die voorbereide bak en stip met appelkooskonfyt.
Bak vir ongeveer 30 min totdat die poeding redelik begin stol
Klits die eierwitte tot stywe punte begin vorm.
Voeg die res van die suiker gemeng met die kremetart lepel vir lepel by en klits tot blink en glad is.
Skep die meringue oor die poeding sodat dit puntjies staan.
Bak sowat 20 – 25 min of tot gaar en tot die meringue goudbruin is.
Sit warm voor of by kamer temperatuur.

VARIASIE
Kaneelgeur: Laat prut ‘n kaneelstokkie saam met die melk en sago en sprinkel kaneel oor die poeding i.p.v konfyt.
Klapper:  Voeg 125 ml klapper by sodra die sago deurskynend is en sprinkel klapper oor die meringue.
Sjokolade:  Voeg 50 ml kakao by die 125 ml suiker.
Geniet hom, hy is regtig lekker

Resep aanpassings en tweede foto:  Rina Kleinhans
Foto:  Ansi Pypers Fourie




RINGPOEDING / KOEK


RINGPOEDING / KOEK
Koek:
2 koppies bruismeel
1 koppies suiker
2 teelepel koeksoda gelyk
2 eetlepels fyn appelkooskonfyt
knippie sout
2 eiers
1 blikkie 410 g vrugteslaai snippers in sous

Meng al die droë bestanddele saam. Meng 2 eiers in koppie, giet vrugte en eiers by droë bestanddele en meng deeglik saam. Smeer pudding ping met Spray & Cook en giet mengsel in gesmeerde pudding ring. Plaas in die middle van die oond en stel teen 180°C. Oond word saam met bak verhit.
Bak vir 40-50 min. Haal uit en gooi warm sous oor. Indien oond element bo het, bedek bak met foelie vir eerste 15 min.

Sous:
4 eetlepels botter
1 koppie suiker
1 teelepel vanilla
1 koppie ideal melk

Smelt botter en voeg suiker by, roer tot half gesmelt. Voeg ideal melk by en laat net kook. Voeg vanilla by en gooi oor koek.
Hierdie vrugte ring is fantasties vir nagereg saam met room of roomys, kan ook vir koek gebruik word, verminder net sous.

 




JAPIE SE GUNSTELING – SUURLEMOENPOEDING

Japie se gunsteling Driestested

JAPIE SE GUNSTELING – SUURLEMOENPOEDING
Resep:  Kook en Geniet
2 eiers, geskei
500 ml suiker
60 ml meel
500 ml melk
180 ml lemoensap
15 ml suurlemoensap
gerasperde skil van ‘n lemoen
25 ml gesmelte botter

Klop die geel van die eiers en vou die suiker by. Die melk en meel kom om die beurt by.
Voeg nou die lemoensap, suurlemoensap, skil en botter by.
Klits die eierwit styf en vou by die mengsel.
Skep die mengsel in ‘n oondbak en plaas die bak in ‘n pan warm water in ‘n 180ºC oond vir 45 minute.