LEMON CURD PUDDING

lemon curd pudding jill-nitatested
LEMON CURD PUDDING

Less than 1 hour
Serves: 4

Main Ingredients
60 ml butter
125 ml white sugar
3 ml vanilla
60 ml grated lemon peels and juice
2 extra large free range egg whites, separated
125 ml self raising flour
300 ml low fat milk

Preheat oven to 200ºC.
Cream butter, sugar, vanilla and lemon peel in a mixing bowl.
Add egg yolks and flour.
Beat in milk and 3 Tbsp (45ml) lemon juice until mixed well.
Whisk egg whites until stiff peak stage, add flour mixture and fold to combine.
Pour into a medium-sized, greased ovenproof dish.
Place dish into a roasting pan and three quarter-fill with water.
Bake for about 30-45 minutes or until top has set and pudding is spongy and golden.
More good ideas:

Swap lemon juice and peel for orange or lime.
Stir some chopped or flaked almonds through
the batter.

Foto:  Jill-nita Wenger




MILO MALVAPOEDING


MILO MALVA POEDING
Resep geplaas deur  Petra Pretorius
Foto: Sarie Van Vuuren‎
FOOD LOVERS RECIPES
Voorverhit oond 180 ºC.
Klits saam in mengbak:
250 ml suiker
20 ml sagte botter
1 groot eier
Meng die volgende saam:
250 ml melk
10 ml asyn
10 ml vanilla geursel
Sif die volgende saam:
275 ml bruismeel
5 ml koeksoda
¼ teelepel sout
100 ml milo

Meng melkmengsel om die beurt met meelmengsel by eiermengsel.
Skep in gesmeerde oondbak en bak vir 30 tot 40 minute tot gaar. Giet volgende sous oor.Smelt in kastrol:
100 g blok milosjokolade
125 ml room
160 ml melk
30 ml botter
80 ml milopoeier
Giet oor gaar poeding en bedien met roomys of room.




MARITHA SE JAN ELLISPOEDING

jan ellistested
MARITHA SE JAN ELLISPOEDING
Beslag:
5 ml koeksoda
125 ml melk
375 ml bruismeel
125 ml suiker
2 eiers
30 ml fyn appelkooskonfyt
25 ml baie sagte botter/ margarien
1 ml sout

Sous:
250 ml water
250 ml room of 500ml melk
250 ml botter / margarien
250 ml suiker
5 ml vanilla

Voorverhit oond tot 180°C.
Spuit poedingbak van 2 liter met kleefwerende middel.
Los koeksoda in die melk op.
Meng die res van beslag se bestanddele.
Roer sodamelk by en meng baie goed.
Skep beslag in bak, moenie kleiner bak gebruik nie, al lyk dit min.
Bak die poeding vir 25 tot 30 minute.
Verhit die sous se bestanddele tot kookpunt.
Giet die sous oor die warm poeding sodra dit uit die oond kom.
Laat die poeding ‘n rukkie staan. Dien louwarm poeding op met vla of vanilla roomys.

Foto:  Maritha Blaauw




GESTOOFTE DROE PERSKES MET VLA SOUS

GESTOOFTE DROE PERSKES MET VLA SOUS

Charne de Jager
Kook perskes sag in suikerwater met knippie sout. Maak vlapoeier met water aan tot pasta. Gooi in suiker water. Laat deurkook. Ek gooi n proppie vanilla ook in. Ai, nou verlang ek sommer my ma.
Lekker eet.
Elize Coetzee
Die vrystaaters het my geleer week per perskes oor nag. Kook volgende dag so half pad Gooi n handvol rosyne en “orange peel” so eetlepel in. As gaar Maak bietjie vla aan, gooi suiker na smaak in, roer vla in. Laat Prut. Wees verseker dit is heerlik verby.



SJOKOLADE POEDING OP DIE STOOF

SJOKOLADE POEDING OP DIE STOOF
Ek het groot geword daarmee, my oorlede pa se gunstelling saam met “Canned fruit” en dun vla, wanneer die vla bietjie dikker was het hy dit “custard” genoem!!! GEKOOK – My ma se resep.
1 liter melk
2 eetlepels botter
250 ml suiker
3 eetlepels Maziena
150 ml kakao
1 teelepel vanilla
knippie sout

Meng droë bestanddele met ‘n bietjie melk tot gemeng.
Voeg res van melk by, kook tot verdik en roer botter en vanilla laaste by.
Bedien net so in bakkies sprinkel bietjie neute oor indien verkies.
Kan ook verdun word om as sjokoladesous te dien.
BRON: Hannalie Kitshoff




ROLLY POLLY

rolly polly
ROLLY POLLY
1 koppie botter/margarine
2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
2 eiers
¼ koppie melkSif die droë bestandsele saam.
Vryf die botter in.
Klits eiers goed en voeg melk by.
Voeg by die droë bestanddele en meng.
Rol die deeg uit en smeer appelkoos konfyt oor.
Rol op soos ‘n rolkoek en sny in skywe.
Pak bietjie uitmekaar uit in ‘n oondbak, dit swel uit.

Maak sous van die volgende en skep oor die deegwiele:
3 koppies water
1 koppie suiker
2 eetlepels botter
Kook bogenoemde  saam in mikrogolf vir 5 min.
Bak 1 uur by 180ºC

GENIET DIT.

Resep en foto: Vicki Veiga Broodryk



POST TOASTIES POEDING

post toastie poedingtested
POST TOASTIES POEDING

BESTANDDELE
3 kop Post Toasties
Half kop suiker
2 eetl klapper
3 eiers
2 en half kop melk
Knippie sout
Vanielje
Botter
3 eetl appelkooskonfyt
METODE
Gooi droe post toasties in oondskottel
Strooi suiker en klapper oor, moenie roer
Klits eiers, melk, sout en geursel en gooi oor droe mengsel
Sit klontjies botter op
Bak by 180 grade tot gaar. Seker so 45 min
Smeer appelkooskonfyt bo-oor terwyl warm of stip net hier en daar
Bedien met vla (opsioneel
Resep:  Juanita Jansen van Rensburg
Foto:  Petro Borchard



PETRA SE BROODPOEDING

2013-07-04-broodpoeding

PETRA SE BROODPOEDING
Vir broodpoeding is daar baie resepte, maar die een is van die beste wat ek al gemaak het.
5 dikkerige snye witbrood
1 liter melk
5 eiers
200 g (250 ml) suiker
25 ml vlapoeier
5 ml vanilje geurselkaneel
klontjies botter/margerien

Verhit die oond tot en met 180°C.
Smeer ‘n oondvaste bak van so 30 x 20 x 5 cm.
Sny die broodkorsies dun af en week die snye in die melk tot goed sag.
Maak die brood fyn en voeg dit by die melk waarin dit geweek het.
Voeg die eiers, suiker, vlapoeier en geursel by en klits alles saam tot dit goed gemeng is.
Giet die mengsel in die bak strooi kaneel oor en sit die klontjies margarien bo op.
Bak die poeding ongeveer 30 min of tot gestol.
Dit word stywer namate dit afkoel.
Sit die poeding lou warm voor.
Petra Pretorius




SAGO POEDING MET KONDENSMELK

sago poeding met kondensmelk

SAGO POEDING MET KONDENSMELK
1 koppie volroom melk
1 koppie room
knippie sout
½ koppie sago
1 blik kondensmelk
2 eiers, geskei
½ teelepel bakpoeier
1/3 kop sagte bruinsuiker (83 ml)
1½ teelepel fyn kaneel

Meng die melk, room en sout in n kastrol.
Voeg die sago by en prut 30 minute baie stadig.
Smeer n medium-groot oondbak met botter.
Verwyder die sago van die hitte.
Voeg die kondensmelk en eiergele by.
Klop die eierwitte tot dit sagte punte vorm en voeg die bakpoeier by.
Vou versigtig in die mengsel.
Skep in die voorbereide bak.
Meng die suiker en kaneel. Sprinkel oor die poeding.
Bak 20 tot 30 minute by 200 ºC tot pofferig en mooi bruin.
Sit warm voor met appelkoossous.
bron wat eet ons vanaand

Foto:  Marie Rheeder Troskie




ROMANY PERSKE GENOT

tested
ROMANY PERSKE GENOT
1 blik halwe perskes
sherry van jou keuse
1 pakkie romany creams

Dreineer die stroop van die perskes in ‘n aparte koppie.
Sit die perskes op ‘n bakplaat.
Sit ‘n romany cream op elke perske en skep ‘n bietjie (omtrent 2 – 3 eetlepels sherry oor die romany cream.
Giet klein bietjie van die stroop oor en bak in die oond op 180°C tot sherry en die perskesap in die koekie ingetrek het.
Bedien met roomys of met room.
Resep geplaas deur Linda Venter
Sharon Cochrane-Viljoen:
I do mine slightly differently, line an oven dish with the romany creams , large tin sliced peaches chopped on top of biscuits, pour juice over and bake for approximately 20 min at 160ºC.
Serve while still warm with vanilla ice cream. Quantities depend on how many servings you are needing.
Meyer Combrinck:
Voorstel: sit dalk elke perske-koekie torinkie in aparte ramakins, dan bly al die yummy juices behoue?
Barbara Kaplan:
Het gemaak met gemmerkoekies wat fyn is en toe met bietjie botter gemeng en op perskes geskep, bietjie sjerrie oor en toe gebak. Was heerlik.
Lindi Claassens:
My ma het altyd in die ou dae halwe perskes met chutney gevul en dit bietjie in die oond gebak en saam skaapboud bedien. Jis ek verlang nou na ouuuuu dae!!