


AMARULA MALVAPOEDING
Resep geplaas deur Linda Venter
Foto’s: Tersia Du Preez Barnard en Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
Porsies: 6
25 ml wit suiker
1 eier
25 ml (1½ eetlepels) appelkooskonfyt [enige konfyt, of selfs stroop, sal werk)
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
knippie sout
5 ml koeksoda
250 ml melk
Stroop
60 ml botter
250 ml suiker
125 ml kookwater
250 ml Amarula likeur
knippie sout
Klits die suiker en eiers. Die mengsel moet lig en romerig wees, so wees geduldig en neem jou tyd.
Voeg die konfyt, meel, bakpoeier en sout by en roer goed.
Meng die koeksoda met die melk en roer by die beslag.
Giet die beslag in ‘n klein gietyster pot, sit die deksel op en plaas dit op matige kole.
Stapel ‘n paar warm kole op die deksel van die pot en bak vir ongeveer ‘n uur.
Verwyder die kole versigtig anders beland daar as in jou poeding.
Die poeding is gereed as ‘n skerp mes of toetspen in die middel skoon uitkom.
In die oond sal dit teen 180ºC vir ongeveer ‘n uur bak maar weer eens tot die toetspen skoon uitkom.
Stroop
Smelt die botter in ‘n pot oor die vuur.
Voeg al die ander bestanddele by en laat dit stadig verhit.
Moenie die sous kook nie.
Haal die poeding van die kole, en steek gaatjies in die poeding met ‘n vurk.
Giet die sous stadig oor die poeding en gee dit tyd om dit alles te absorbeer. Dit mag dalk lyk of dit veel stroop is, maar glo my, dit is nie. So moenie die resep verander nie – dit werk, en is heerlik