STOMPIE SE APPEL VLAPOEDING

STOMPIE SE POEDING

STOMPIE SE APPEL VLAPOEDING
365 g blik tert Appels
250 ml bruinsuiker
1 ml kaneel

Kook saam tot suiker gesmelt is vir so 10 minute Bind dit met 30 ml water en 15 ml vlapoeier gemeng kook vir 5 minute Laat afkoel. Neem 1 rol “Puff Pastry” wat in yskas ontdooi is rol oop en smeer appelmengsel oor, rol toe soos konfytrol, sny in skywe en plaas in oondvaste bak effe uitmekaar. Bak in 200ºC oond vir 35 minute.
Maak vla. Meng 50 ml melk, 45 ml vlapoeier en 45 ml suiker. Verhit 700 ml melk tot kookpunt en voeg vlamengsel by. Gooi vlamengsel oor Appelgereg as dit gaar is. Strooi bietjie kaneel oor. Versier met rooi appel skywe in helftes gesny wat in 125 ml suiker en 125 ml appelsap vir 5 minute gestowe is.

Stompie Theron Borman




APPELGEREG

 

5 bestandele appelgereg - popatrys

Blikkie ingemaakte appels
puff pastry
vla
suiker
melk
rol deeg uit smEer vla oor en pak appels bo op.

Rol toe maak snytjies bo op deeg en bak tot lekker gaar en bruin. Smelt intussen suiker op stoof tot bruin kleur voeg melk by en roer aanmekaar tot suiker gesmelt is. Voeg vla by suikerstroop. Lyk dan amper soos karamel. Haal van stoof af. As appelgereg kla gebak is gooi van suikerstroop oor en sit weer terug in di oond bak nog vi n paar minute. Haal uit en sny in skywe en bedien met vla.

Baie lekker uitgekom

Patience Rossouw Grobler O’Kennedy




APPEL EN VLA NAGEREG

elsie se poeding 2tested

APPEL EN VLA NAGEREG

Hier het ek die appel en deeg wat oorgebly het by die horinkies gebruik.

Vulsel:
1 blik tertappels
3 eetlepels suiker

Druk die appels fyn met ‘n vurk en voeg suiker oor. Laat eenkant.

2 koppies melk
3 groot eetlepels vlapoeier
1/4 koppies suiker
Knippie sout
1 pk gekoopte puff pastry

Meng vlapoeier met bietjie van die melk. Verhit res van melk saam met suiker en sout. Roer aangemaakte vlapoeier by kook melk en roer tot lekker dik. Skep genoeg van die vla by die appels om dit te bedek as deurgemeng. Bedek die res van die vla met kleefplastiek om te voorkom dat vel vorm en laat afkoel tot lou warm. Moenie dat dit heeltemal koud word nie want dan werk dit moeilik.
Rol die deeg ‘n bietjie dunner en smeer die appel mengsel oor. Rol op soos ‘n rolkoek.  Sny in lekker dik skywe en pak in voorbereide oond bak.

Maak nou ‘n meduim dik sous met die volgende:
1 ½ koppie water
¼ koppie sagte bruin suiker
½ eelepel kaneel

Kook die sous tot meduim dik. Gooi oor appel en deeg skywe. Bak by 200ºC vir 50 min Bedien saam met vla

Resep: Tim En Elsie Slabbert

 




MARIETTE SE MAKLIKE RYSPOEDING


MARIETTE SE MAKLIKE RYSPOEDING
Ek het ‘n heerlike, ontsettend maklike ryspoeding resep.
Wanneer dit klaar gebak is, lê die rys in so ‘n lagie onder en dan is daar so lekker dik gebakte vla laag bo-op.
Jy kies self of jy kaneel of neutmuskaat wil gebruik in die resep!
Verhit saam in die mikrogolf tot net voor kookpunt en als gesmelt is:~
1 koppie gaar rys
1 koppie suiker
2 koppie melk
knippie sout
1 eetlepel botter (rondvol geskep)

Intussen klits jy saam tot skuimerig:~
6 eiers en 1 teelepel vanilla geursel.

Klits nou die eiermengsel by die warm rysmengsel in en giet dit in ‘n gesmeerde oondbak (krap die skuim ook alles in), sprinkel kaneel of neutmuskaat oor en bak 20-30minute by 180ºC.
Bedien met ‘n straaltjie room.
Resep:  Mariette Visser
Foto:  Chrisma Theart




KLAPPER KLUITJIES

FLR Slogan 2b

KLAPPER KLUITJIES
Uit ouma FLORENCE se kombuis
Hierdie reseppie kom uit my ouma se resepteboek, Sy was 83 jaar toe sy oorlede is en ek het die boekie al 25 jaar. Ek gaan hom gee net soos sy dit geskryf het, dis baie lekker en altyd ‘n sukses.

4 eetlepels koekmeel hoogvol
1 eetlepel botter
2 eetlepels klapper
1 eetlepel suiker
1 eier
2 ½ teelepels bakpoeier
3 kleinkoppies kookwater met ½ teelepel sout

Klits suiker en botter en klapper saam met vurk, klits nou die eier in, klits goed. nou meel en bakpoeier in en roer goed. Maak ‘n rukkie koud in yskas, skep dan teelepels vol in die kookwater. Stoofplaat moet op 3 wees as water kook en dan na 1 as kluitjies in is.
Kook 7-8 minute dan is dit gaar, skep in bak met deksel. maak nou die sous.

Sous
Sit ‘n  ½ koppie of meer suiker en bietjie fyn pypkaneel in selfde pot waarin kluitjies gekook is, voeg 1 koppie water by en roer goed en voeg ‘n lekker groot klont botter by.
Kook 10 minute by 3.
Skep die sous oor die souskluitjies en strooi bietjie kaneel oor.

UITSTAANDE RESEP DIE.
Die geheim van souskluitjies is, dat dit soos ‘n laagkoek aangemaak word, dan slaan dit nie toe nie al word dit ook gebere. Moenie die deksel oplig solank dit kook nie. ‘n driekwart duim water in die pot is genoeg, op 7 minute is dit net mooi droog gekook as die stoofplaat afgedraai word in die begin.

Resep:  -Floraine Wasserman Venter




FLUWEELPOEDING-ROOMYSPOEDING

fluweelpeoding jeanettetested
FLUWEELPOEDING-ROOMYSPOEDING

Dié poeding herinner my aan winterdae in die skoolkoshuis. Daar het dit die naam “roomyspoeding” gehad en as ons dit na ete gekry het, het daar nooit iets oorgebly nie. Probeer ‘n slag (soos op die foto) vir elkeen ‘n individuele porsie in vuurvaste bakkies of koppies bak. Jy kan enige konfyt gebruik — aarbei-, vye- of frambooskonfyt is ewe lekker.

125 ml suiker
2 ml sout
180 ml koekmeelblom
1 liter volroommelk
4 eiers, geskei
60 ml botter
5 ml vanieljegeursel
45 ml louwarm appelkooskonfyt
60 ml strooisuiker

Meng die suiker, sout en koekmeelblom. Verhit die melk tot net onder kookpunt. Giet ‘n bietjie daarvan oor die meel-en-suikermengsel en meng goed. Giet terug by die warm melk en verhit stadig oor lae hitte terwyl geroer word tot verdik. Klits die eiergele en giet die warm melkmengsel daaroor. Meng goed en voeg die botter en vanieljegeursel by. Giet in die voorbereide oondbak en bak vir 40 minute teen 160 °C. Smeer die appelkooskonfyt oor. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en voeg die strooisuiker lepelsgewys by. Klits tot dik en blink. Skep op die poeding en smeer met agterkant van ‘n lepel tot die hele poeding bedek is. Bak vir ‘n verdere 10-15 minute tot die punte liggoudbruin is. Sit warm voor met dun vla.
Genoeg vir ses mense.

Resep geplaas deur Rina Kleinhans
FOTO:  Jeanette Martins




FRUIT COCKTAIL POEDING

Fruit cocktail tert - Louisetested
FRUIT COCKTAIL POEDING
1 Blikkie Fruit Cocktail met stroop (410gr blikkie)
2 Koppies koekmeel
1 ½ koppies suiker
3 Eiers
2 teelepels Koeksoda
Meng alles saam en sit in oondvaste glas bak wat vooraf gesmeer is
Bak 40 minute by 180°C
Stroop
1 kop suiker
1 Blikkie Carnation Ingedampte Melk
1 Teel Vanilla Essence
1 Eetl Margarien
Kook alles saam tot suiker goed gesmelt is
Steek gaatjies in die warm poeding met sosatie stokkie en gooi stroop oor (ek gooi met ‘n lepel bietjie bietjie oor en mens maak seker elke deel kry ewe veel – dit trek ook vir my baie mooier in – anders dam als in die middel en dan is dit vir my “soggy”)
Bron: Martie Briel
Foto:  Louise Groenewald




GEBAKTE APPEL EN WORTELPOEDING

APPLE AND CARROT PUDDING

GEBAKTE APPEL EN WORTELPOEDING
500 ml meel
500 ml suiiker
3 ml sout
5 ml fyn kaneel
1 ml fyn naeltjies
5 ml koeksoda
5 ml bakpoeier
160 g sagte margarien
500 ml gerasperde appel
500 ml gerasperde wortel
250 ml pitlose rosyne
250 ml klapper
Sif droë bestanddele saam.
Vryf botter in en roer die res van bestanddele in en bak vir 30-40 min.

Lemoensous:
300 ml suiker
500 ml water
500 ml lemoensap
250 ml soetwyn (opsioneel)
knippie sout
50 ml mielieblom
50 ml margarien
Sif droë bestanddele saam.
Vryf botter in en roer die res van bestanddele in en bak vir 30-40 min.

Lemoenstroop:
Meng alles behalwe die margarien en soetwyn en kook op plaat vir ongeveer 2 min.
Roer dan margarien by en voeg soetwyn by.
Bedien saam met poeding.

Nota: Ek het ook al die stroop gemaak en nie mielieblom bygevoeg, en dit dan oor poeding gegooi as uit oond haal dat dit so intrek. Dis net so lekker.

Resep geplaas deur Mariana Cassie Carosini




ROLY POLY WITH LEMON TWIST

tested

ROLY POLY WITH LEMON TWIST
Makes about 12 servings.
2 cups flour
2 teaspoons baking powder
1/2 teaspoon of salt
1 tablespoon of grated lemon rind
2 tablespoon margarine or butter
2 eggs
2 tablespoon  milk
½ – 1 cup smooth apricot jam to spread out over the dough.
Syrup:
1 cup sugar
2 cups boiling water
2 teaspoons vanilla flavoring or caramel flavoring
1 ½ tablespoons of freshly squeezed lemon juice.
Rub the margarine or butter with your fingers thru the flour, salt, baking powder and lemon rind. Add the eggs and milk and work it into a stiff dough that you can roll out into a rectangle. Roll the dough to +- ½ cm thick.
Spread the apricot jam evenly over the rolled out rectangle and roll up, slice it into twelve thick slices and arrange somewhat apart in a rectangle baking dish.
Mix the syrup ingredients and pour over the rolled up dough wheels in the dish.
Bake in the oven at 180ºC for about 45 minutes or until golden brown.
Serve warm with custard, cream or ice cream.
The pudding forms a runny syrup on the bottom that you can scoop over the bake roll ups when you dish it up. It really goes well with a custard sauce, but my family likes it with vanilla ice cream.
Yum, yum my family asked for these tonight.
Recipe: Karin Van Coller Minnaar




ANITA SE LEMOENPOEDING

tested
ANITA SE LEMOENPOEDING

50 ml. Margarien
100 ml. Suiker
2 ml. Gerasperde4 lemoenskil
1 medingroot eier
250 ml. Koekmeel
3 ml. Koeksoda
6 ml. Kremetart
1 ml. Sout
100 ml. Lemoensap
5 ml. Suiker
0,5 ml. Fyn kaneel
Lemoenstroop
100 ml. Suiker
250 ml. Lemoensap
5 ml. Gerasperde lemoenskil
12,5 ml. Margarien
Meng deeg. Bak poeding vir 25 – 30 minute by 180° C.
Kook stroop en giet dadelik oor as uit die oond kom.
Bedien met vla.
Resep:  Bokkie En Anita Marais

Lemoenpoeding met sous

Marisa Visagie van Noordwes het vir ons dié eenvoudige dog heerlike resep gestuur. Dis haar staatmaker vir familiebyeenkomste en Sondagmiddagetes, want dit is altyd ’n wenner.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 30-40 min.

VLA
250 ml (1 k) water
250 ml (1 k) suiker
sap en skil van 1 lemoen
45 ml (3 e) vlapoeier
45 ml (3 e) koue water
KOEK
1 eier
125 ml (½ k) suiker
250 ml (1 k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
’n knippie sout
30 ml (2 e) botter, gesmelt
125 ml (½ k) melk

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak van 23 x 13 cm.

Vla Kook die water, suiker, sap en skil in ’n kastrolletjie.
Meng die vlapoeier en koue water en voeg dit by die suikerwater terwyl jy klits tot dit verdik. Verwyder van die hitte.
Koek Klits die eier en suiker tot bleek. Sif die meel, bakpoeier en sout in en meng deur met ’n spatel.
Voeg die gesmelte botter by en meng. Voeg die melk by en meng deeglik.
Giet die vla in die bereide bak.
Giet die koekmengsel oor en bak 30-40 min. of tot dit goudbruin is en ’n toetspen skoon uitkom.