PUMPKIN PIE CAKE

pumpkin pie caketested

PUMPKIN PIE CAKE

(cake or desert)
1 teaspoon bicarb of soda
½ cup milk warmed
1 cup dark brown sugar
2 eggs lightly beaten
½ cup oil
1 cup crushed pineapple in syrup or juice.
3 teaspoons mixed spice
½ teaspoon salt
2 cups self raising flour
2 cups grated raw pumpkin
1 cup chopped walnuts or pecan nuts
To serve: golden syrup, ice cream or I made a glaze of cottage cheese icing sugar and lemon juice

PREHEAT oven to 180°C.
Spray a 23 cm springform or bundt tin with non stick spray.
Add bicarb soda to warm milk and stir through.
In a large mixing bowl mix sugar, eggs, oil, pineapple and syrup. Mix until combined. Add mixed spice, salt, flour and milk mixture.
Stir in the pumpkin and the nuts and mix.
Pour mixture into prepared tin and bake for 55 minutes. The cake is cooked when firm to touch in center and ends pull away from sides of tin.
Allow to cool for 10 minutes in tin and turn out onto serving plate.
Serve lukewarm with ice cream and golden syrup or cold with cottage cheese icing.

TIP: I drizzled maple syrup over when it came out of the oven and waited for it to cool slightly and then pour over the cottage cheese icing.

Photo: Jacqueline Holker




NUTELLA MALVAPOEDING

2013-10-08-kleinmalvatjiesmetnutellasous

NUTELLA MALVAPOEDING
Foto- Rheda Vreken
Resep geplaas deur Rheda Vreken
FOOD LOVERS RECIPES
Beslag:
4 teelepels botter
1 koppie strooisuiker
2 eiers
2 ½ teelepels fyn appelkooskonfyt
1 teelepel koeksoda
½ koppie melk
1 teelepel bruin asyn
1 koppie meelblom, gesif
Knippie sout

Sous :
1 koppie room
¾ koppie suiker
125 gr botter
½ koppie kookwater
1 teelepel vanilla geursel
Voeg paar lepels Nutella by

Room botter en strooisuiker saam.
Voeg eiers een-een by en klits na elke byvoeging. Voeg konfyt by. Roer koeksoda by melk en voeg asyn by.
Meng meel en sout en voeg om die beurt met die melk by botter en suikermengsel.
Skep beslag in gesmeerde bak of klein enkel bakkies. Bak 45 min in 180ºC oond.

Sous:
Meng alles en verhit tot kookpunt. Giet warm oor poeding sodra uit oond kom.
N.S. Ek het sommer self ń paar lepels Nutella ingesit. Dis ñ gewone malvapoeding resep

 




KARAMELBROODPOEDING

 
KARAMELBROODPOEDING
Genoeg vir 8 mense
(moenie dat die brood jou afsit nie, my mense geniet hierdie poeding sonder dat hulle eens weet daar is brood in.)

Pak 10 snye witbrood, in groot blokke gesny met al die korsies af, in ‘n glasbak.
Smelt 3 eetlepels botter en 4 koppies melk saam, moenie kook nie.
Klits 4 eiers, voeg bietjie warm melk by en meng vinnig, giet die mengsel terug by die melkmengsel. Giet mengsel bo-oor brood en laat week vir 5 minute.
Bak vir 40 minute by 180°C.

BO-LAAG
Klits saam:
1 koppie margarien
2 koppies suiker
2 eiers
2 teelepels vanilla essense
Giet bo-oor warm poeding wanneer uit die oond kom.
Bak vir nog 20 minute by 180°C.
Bedien met vla

Foto 2: Marie Rheeder Troskie
Foto 1: Leonie van Ghert
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie




KARAMELPOEDING

karamel poeding brineeltested

KARAMELPOEDING
1 koppie melk
½ koppie suiker
1 teelepel bakpoeier
1 eier
1 koppie koekmeel
1½ eetlepel appelkooskonfyt
1 teelepel koeksoda
Knippie sout
Klop eier en suiker saam. Voeg konfyt by en meng goed. Meng melk en koeksoda, hou eenkant. Voeg res van die bestandele by en maak aan met melkmengsel. Sit in bak met deksel en bak vir ¾ uur by 200°C. Skep stroop oor sodra dit uit die oond kom.

STROOP
1 koppie suiker
1 koppie melk
½ koppie kookwater
125 g botter
1 teelepel vanilla
Knipie sout
Kook alles saam en gooi kokend oor die poeding. Bedien met vla of room.

Resep geplaas deur Rina Kleinhans




GEBAKTE SAGO EN KLAPPERTERT

gebakte sago en klapper tert met vlagebakte sago en klapper terttested

GEBAKTE SAGO EN KLAPPERTERT
220 ml sago
750 ml melk
175 ml suiker
Knipie sout
5 ml gerasperde suurlemoenskil
25 ml botter of margarine
2 eiers
125 ml klapper
Kaneel vir sprinkel
50 ml appelkooskonfyt bietjie warm gemaak

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n losboom pan (18-20) deeglik. Plaas sago in ‘n kastrol saam met die melk. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut stadig totdat die sago deurskynend is. Verwyder van die hitte en voeg suiker, sout, skil, klapper en botter by. Klits die eiers en roer dit by die sagomengsel in. Skep die helfte van die mengsel in die voorbereide pan en stip met appelkooskonfyt. Gooi res van mengsel oor, maak seker die konfyt is bedek. Gooi bietjie klapper en kaneel bo-oor. Bak sowat 20-25min of tot gaar en gestol. Sit warm voor met vla of laat heeltemal afkoel en bedien as tert saam met ‘n heerlike koppie koffie

Geniet hom, hy is regtig lekker

Bron: Rina Kleinhans

 




GESTOOFDE PERSKES EN KLUITJIES

2013-09-09-gestoofdeperskesenkluitjiestested
GESTOOFDE PERSKES EN KLUITJIES
Perskes
500 g gedroogde perskes
water – genoeg om perskes te bedek (5 koppies)
knippie sout
125 ml suiker
1 eetlepel botter
Plaas die perskes in pot. Voeg water en sout by. Kook die perskes tot sag. Meng suiker en botter by.
Kluitjies
250 ml bruismeel
knippie sout
1 eetlepel suiker
water
Meng die droë bestanddele met water tot stywerige deeg vorm. Skep lepelsvol op saggekookte perskes. Sit deksel op en prut oor stadige hitte tot kluitjies gaar is.
Foto: Die Bloubakkie

Rita Olckers
Hierdie heerlikheid kan met ontbyt bedien word, dan sonder die kluitjies, met griekse jogurt, by ligte middagete met roomys en saans as nagereg met warm dun vla. Dis soos ek dit bedien en ook as bykos by vleisgereg.
Maak dit, hou dit in julle yskas, julle sal nie spyt wees nie. Ek gebruik ook die gemengde droë vrugte.
Heerlik!!!!( moenie vergeet om stukkie pypkaneel by te sit terwyl dit kook nie).

Christina De Jager
Ek maak ‘n dik sousie van vla in die soet perskes en ek meng ‘n eier in die kluitjies, my ma en pa het altyd so gemaak.

 

 




LEKKER ROLKOEK POEDING


LEKKER ROLKOEK POEDING
1 rolkoek,
1 groot blik ingelegde vrugte ( enige vrugte van u keuse) fruit cocktail ook baie lekker.
Roomys.
Sny rolkoek in skywe en pak in n oondpan of glasbak. Gooi vrugte oor.
Skep lepels vol roomys bo op vrugte. Klits 2-3 eierwitte styf -gooi bietjie strooisuiker na smaak by.
Skep eierwitte oor roomys en bak in oond tot eierwit mooi verbruin het en gaar is by 180 grade C.
Bedien met vla of net so.
Resep geplaas deur Anet Grove
( resep van my skoonsuster-Bessie Young Grove).




SJOKOLADE BRANDEWYNTERT

tested

SJOKOLADE BRANDEWYNTERT
Regte staatmaker by my en my ma!

1. Meng saam:
¾ kop suiker
80 ml olie
3 eiers

2. Meng saam:
70 ml kakao
½ koppiie kookwater

3. Sif saam:
1 koppie koekmeel
1 eetlepel bakpoeier
sout

Meng 2 en 3 geleidelik by 1.
Skep in vierkantige mikrogolf bak. Bak ±8 minute by hoog.
Kook saam:
¾ koppie suiker, 1 koppie water, 3 eetlepels koffiepoeier.
Voeg 6 eetlepels brandewyn by na stroop gekook is.
Giet warm oor tert.
Bedien met styf geklitste room.

Bron: Luka Page




SITRUSPOEDING

SITRUSPOEDING
Genoeg vir: 8
Baktyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 180 ºC
2 lemoene
135 ml (125 g) sagte botter
210 ml (180 g) suiker
skil en sap van 1 suurlemoen
4 ekstra-groot eiers, geskei
130 ml (70 g) koekmeel
500 ml melk
room om voor te sit

Rasper die skil van die lemoene en hou dit eenkant. Sny die res van die skil af, gooi dit weg en sny die vleis in klein stukkies. Sit die stukkies in ’n bak saam met die sap van die gesnyde lemoen en die suurlemoensap.
Klits die botter, suiker en sitrusskil goed saam. Voeg die eiergele by en klits goed.
Voeg die meel en melk by en roer die stukkies lemoen en die sitrussap by.
Klop die eierwitte tot stywe punte vorm. Vou dit liggies by die mengsel in. Gooi in ’n oondvaste bak. Sit die bak in ’n oondpan wat halfvol water is.
Bak in die verhitte oond vir ’n uur of tot die poeding ferm voel wanneer jy daaraan raak. Sit warm voor met room.
Karen Basson van Darling bederf ons met haar heerlike kos.




GEBAKTE JELLIEPOEDING

jelliepoeding opgeskepjelliepoeding 1tested

GEBAKTE JELLIEPOEDING

Dié resep van Ronel Blanche is meer as 45 jaar oud en een van die gunstelinge wat haar ma – winter of somer – vir Sondagmiddagete gemaak het.

Vir 4-6
Vir die sous
¼ koppie suiker
1 pakkie jellie
2 eetlepels botter
1 ½ koppie kookwater

Vir die beslag
1 eetlepel botter
2 eiers, geklits
2 eetlepels appelkooskonfyt
1 teelepel koeksoda
1 eetlepel melk
2 eetlepels suiker
5 eetlepels koekmeel

Só maak jy:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Maak eers die sous deur al die bestanddele te meng totdat die jellie opgelos het. Gooi dit in ’n oondbak (20cm X 20cm).
Meng al die bestanddele vir die beslag goed saam. Skep dit bo-op die sous, maar moenie dit roer nie.
Bak dit vir ongeveer 30 minute totdat die deeg bruin bo-op en gaar is en ’n sous onderin die bak gevorm het.

Nota: indien jou sous nog te dun is na die bakyd, maak om toe met foil en bak hom ‘n verder 10 min

Wenk:
Skep die poeding soos koekstruif in glase, met lagies klaargemaakte vla tussen-in. Laat dit in die yskas afkoel, en sit dan voor.

Resep deur Ronel Blanche
Foto:  Rina Kleinhans