SAGOPOEDING MET APPELKOOSKONFYT

2014-02-17-1619161_751736814838577_27697649_ntested

SAGOPOEDING MET APPELKOOSKONFYT
Week 250g sago in water oornag. Spoel sago goed af die volgende oggend.
Kook 1liter melk en n kaneel stokkie. Haal kaneel stokkie uit as melk kook.
Gooi nou geweekte sago met 1 ml sout in melk en prut op lae hitte vir so 20 minute(tot sago deurskynend is)
Haal van hitte af en gooi nou 75 g botter en 75 g suiker by. Meng deur..
Klits 4 eiers en 5 ml vanilla geursel en ook 75 g fyn appelkoos konfyt by en klits goed.
Gooi mengsel in bak en strooi kaneel poeier oor. Bak teen 160 ºC vir 45 minute.
Haal uit oond en smeer 100 g appelkoos konfyt oor en sit weer in oond vi 10 min.
Haal uit en bedien met vla.

Resep en foto: Johan Cremer




SAGO POEDING

1484278_10152958165051808_543499971_ntested

SAGO POEDING
1.5 litre melk
3 Eetlepels botter
5 ml vanielje geursel
1 koppie suiker
1 koppie sago (vooraf geweek in water vir omtrent 30 – 60 minute)
5 eiers

Verhit melk en botter. Voeg suiker en vanielje geursel by mengsel en roer tot suiker ogelos is. Voeg gedreineerde sago by en roer tot sago sag en deurskynend is. Haal potvan hitte af en voeg geklitste eiers stadig by terwyl geroer word. Gooi in bak en strooi met kaneelsuiker.

Resep en foto: Lyn Pieters




MARIAN SE MALVAPOEDING MET SJOKOLADESOUS

MARIAN SE MALVAPOEDING MET SJOKOLADESOUStested
MARIAN SE MALVAPOEDING MET SJOKOLADESOUS
Resep geplaas en foto: Marian van Deventer
FOOD LOVERS RECIPES
Eerstens ek maak dit sommer aan in die bak waarin ek dit gaan bak. Probeer so min as moontlik skottelgoed maak en ek het dit dubbel aangemaak.
1 koppie melk
1 koppie koekmeel
1 eetlepel stroop
1 teelepel koeksoda
1 koppie suiker
1 eetlepel asyn
1 teelepel bakpoeier
1 eier

Klits eier en suiker liggies voeg stroop en asyn by.
Sif droë bestanddele by en meng. Kook melk en voeg die koeksoda daarby ( onthou gebruik ‘n beker, want dit raak meer, voeg by mengsel en roer tot geen klonte.
Bak vir ongeveer ½ uur op 160ºC.

Sous
1 koppie melk
1 koppie suiker
1 eetlepel vanilla geursel
½ koppie water
¼ koppie botter

Kook saam in mikrogolf.
Steek poeding vol gate. Skep die sous oor die poeding as dit uit oond kom.

Sjokoladesous:
250 ml room
1 groot slab sjokolade
1 eetlepel botter

Plaas die room in ‘n pot en breek die sjokolade daarin. Moenie dat dit kook nie.
So gebruik lae hitte tot sjokolade gesmelt is, roer die hele tyd.
Haal van die hitte af en voeg die botter by.
Roer deur tot alles opgelos en gemeng is.
Skep die sous bo oor diepoeding.
Enjoy!!!!




Zwitserse roomvlaai

 

1508116_10152574747797166_60823581_n
1 taart 28 cm

Bodem:
150 gram bloem
3 gram gist
60 gram lauwe melk
10 gram suiker
1 gram zout
15 gram zacht boter
half ei
steunvulling in de vorm van gedroogde bonen (omdat de taart blind gebakken word heb je vulling in de bodem nodig om te voorkomen dat hij gaat rijzen) deze bonen kan je daarna niet meer eten, maar wel steeds weer gebruiken als steunvulling

Vulling:
1 zakje kant&klare mix voor banketbakkersroom of 400 gram vers gemaakte banketbakkersroom (van Dr. Oetker)
water
200 ml slagroom
4 eetlepels nougatine (van Dr. Oetker, kan je evt ook weglaten)
vlokken of een chocolade reep om te raspen

Doe het zout, bloem, melk, ei, suiker en de gist in een broodbakmachine of een kneedmachine (met de hand kan uiteraard ook).
Als het deeg een bal begint te vormen voeg je de zachte boter toe.
Kneed 10 minuten.
Doe het deeg dan in kom met wat olie en dek deze af.
Laat het deeg minimaal een uur rijzen.
Vet een springvorm of andere vorm in van 26 of 28 cm in.
Verwarm de oven voor op 200 graden.
Rol het deeg heel dun(ongeveer 3mm) uit.
Leg dit losjes in de vorm en maak een opstaand randje.
Het overtollige deeg snijd je weg (dit kan je gebruiken om een kleine vlaai te maken of je kunt het invriezen voor de volgende keer).
Laat het deeg 10 minuten rusten en prik dan met een vork gaatjes in de bodem.
Leg er een stuk alu-folie in en verdeel hier de gedroogde bonen in.
Bak de bodem in 20 minuten gaar.

Maak ondertussen de banketbakkersroom klaar en rasp eventueel een chocolade reep.
Zet de room in de koelkast tot je hem gaat gebruiken.
Als de bodem helemaal is afgekoeld, klop je de slagroom zonder suiker stijf.
Spatel de slagroom voorzichtig door de room heen.
Dit slagroom banketbakkersroom mengsel is de ‘Zwiterse room’.

Verdeel de Zwitserse room royaal over de bodem.
Maak de taart af door de bovenkant af te dekken met de geraspte chocolade reep (of vlokken) en wat nougatine.

En klaar is je Zwitserse roomvlaai….mmm

Eet smakelijk!

Resep verskaf deur: Nicolette Abrahams




TJOP TJOP BRUINPOEDING

1794532_10202844245177525_1155184803_ntested

TJOP TJOP BRUINPOEDING
( my gunsteling..en ek bak dit ‘TJOP..TJOP”)
Meng die volgende droë bestanddele goed saam:
1 en 1/2 koppie bruisbeel
1 teelepel bakboeier
1/2 teelepel sout

Meng nou apart in ‘n beker
1/2 koppie suiker
1 teelepel Vanilla geursel
1 groot hoender eier
1 eetlepel appelkoos konfyt
1 eetlepel botter/olyfolie

Neem nou ‘n beker (250ml) melk
1 teelepel koeksoda
Los die koeksoda goed op in die melk…
Gooi nou 2 eetlepels bruin ASYN in die melk en roer..terwyl dit in die meelmengsel in gegooi word, gevolg deur die, suiker en eiermengsel…voeg nog bietjie melk by indien nodig

Roer goed tot ‘n gladde vloeibare deeg, en krap in ‘n gesmeerde glasbak.
Plaas in voor af verhitte oond en bak op 180ºC tot goudbruin +/- 45 minute tot een uur..

SOUS
1 koppie water
1 koppie melk
1 koppie suiker
1 teelepel vanilla geursel.
4 eetlepels botter

Kook alles saam tot dit borrel, en haal af….vir 2 minute
en gooi die kokende sous oor die poeding sodra dit uit die oond uitkom…
Laat nou afkoel, en eet saam met lekker dun “Custard”..
Resep en Foto: Stefaans Blaauw




GOUE BROOD EN BOTTERPOEDING

GOUE BROOD EN BOTTERPOEDING
4 koppies broodkrummels
4 koppies melk
4 eiers, wit en geel geskei
2 eetlepels botter
appelkooskonfyt
1 koppie suiker
1 teelepel kaneel
½ teelepel sout
4 eetlepels suiker

Klits die geel van eiers en voeg suiker, melk, sout en kaneel by.
Gooi melkmengsel oor brood in ‘n gesmeerde vuurvaste bakskottel.
Sit klein blokkies botter bo-op.
Bak in ‘n matige oond (180ºC) tot ligbruin.
Haal uit en smeer appelkooskonfyt liggies bo-op.
Klop die wit van eiers styf met 4 eetlepels suiker en smeer oor die konfyt.
Bak dit weer in ‘n matige oond tot die skuim bo-op goudbruin is.
Bedien warm met vla.

Resep geplaas deur Jenny Nel Robberts




OUTYDSE ASYNPOEDING

tested
OUTYDSE ASYNPOEDING
Sous:
500 ml water
500 ml suiker
125 ml asyn
Verhit die bestanddele vir die sous saam tot kookpunt.
Laat prut vir 5 minute en laat afkoel.

Deeg:
30 ml botter
125 ml strooisuiker
2 eiers
375 ml koekmeelblom
5 ml koeksoda
10 ml gemmer
1 ml sout
2 ml neutmuskaat
30 ml appelkooskonfyt
Voorverhit die oond tot 180ºC en smeer ‘n oondbak van 26 cm met botter.
erroom die botter en suiker tot lig en romerig. Klits die eiers een vir een by.
if die droë bestanddele saam en roer dit by.
Roer die appelkooskonfyt by tot goed gemeng.
Skep in die gesmeerde bak en giet die afgekoelde sous bo-oor.
Bak vir 30 – 40 minute tot goudbruin. Sit voor met vla of roomys.
Genoeg vir ses mense.

Resep geplaas deur Jenny Nel Robberts
Foto: Piet Pompies




DIE LEKKERSTE BROODPOEDING OOIT

broodpoedingtested

DIE LEKKERSTE BROODPOEDING OOIT
10 sny brood (korsies af en sny in blokkies )
pak in bakskottel en strooi 1/2 koppie suiker oor.
Smelt 3 eetlepels botter in 4 koppies melk, klits 4 eiers by lou melkmengsel.
Gooi oor blokkies
Bak 40 min by 180 ºC

Meng die volgende:
1 koppie botter
2 koppies suiker
1 teelepel vanilla
2 eiers
Haal broodpoeding na 40 min uit en smeer die mengsel oor die poeding
Plaas terug in oond en bak vir nog 20 min
Bedien met warm vla!!!!!
Resep en foto:  Kotie Wessels




MIKROGOLF SOKOLADE POEDING

mikrogolf sjokolade poedingtested

MIKROGOLF SOKOLADE POEDING
Genoeg vir 4 mense
60 ml (¼ koppie) koekmeel
60 ml (¼ koppie) suiker
30 ml (2 eetlepels) kakao
2 ml (½ teelepel) bakpoeier
1 eier
45 ml (3 eetlepels) olie
5 ml (1 teelepel) vanieljegeursel
45 ml (3 eetlepels) melk

Meng al die droë bestanddele.
Voeg die eier by en meng goed.
Giet die olie, geursel en melk by en meng goed.
Skep in 4 koppies en mikrogolf 30-40 sekondes tot gaar, maar effens loperig.
Sit voor saam met roomys of vla.
WENKE
Sprinkel gekapte neute oor die deeg voor jy die koppies in die mikrogolf sit. Of voeg 5 ml (1 t) koffie by die kakao vir ’n mokkageur.

Foto:  Marie Rheeder Troskie




MIELIEPAP POEDING

tested
MIELIEPAP POEDING
Genoeg vir 4
1 liter melk
Knypie sout
1 kaneel stokkie
1 koppie mieliemeel
3 eetlepel water
1/2 koppie suiker
5 ml vanilla essence
2 eier gele
Strooisuiker vir garneering

Meng sout, melk en kaneel in swaar boom pot en bring tot kook punt oor hoë hitte.
Prut op lae hitte.
In ‘n meng bak, meng mieliemeel met die water om ‘n paste te vorm.
Haal kaneel stokkie uit die melk en voeg die mieliemeel paste geleidelik by en roer aanhoudend vir so 10 min.
Verwyder pot van hitte en roer die suiker en vanilla by.
Plaas ‘n deksel op die pot en laat rus vir 5 min.
Roer nou die eier gele by.
Skep in aparte bakkies
Strooi strooisuiker bo-oor elke bakkie en karameliseer dit met n blaasvlam of onder die oond rooster.
Het dit eenkeer gemaak. Is baie lekker en romerig.
Resep: Franco Dippenaar.