QUEEN OF PUDDINGS

2014-05-15-queenofpuddingstested

QUEEN OF PUDDINGS
300 g fresh white breadcrumbs
60 ml (50g) castor sugar
grated rind of 1 lemon
600 ml cream
600 ml milk
100 g margarine or butter
8 egg yolks

For Topping
8 egg whites
300 ml (250g) castor sugar
120 ml strawberry or apricot jam
Lightly grease a 2,8 litre shallow ovenproof dish.
Put breadcrumbs, sugar and lemon rind into a bowl. Heat the cream, milk and margarine/butter in a saucepan until almost boiling. Pour over the breadcrumbs and stir well. Leave to stand for 10 minutes, then beat in egg yolks.
Pour mixture into prepared dish. Place in a preheated oven at 180 C until just set.
Make Meringue. Whisk egg whites until stiff, gradually add the sugar and continue to whisk until thick and glossy.
Spread jam over the breadcrumb mixture and top with meringue. Bake for 10-15 minutes until lightly browned.

Sharon Viljoen  Ek het vars brood snye gebruik, die korsies afgesny en geweeg, en toe gerasper en dit het 100% vir my gewerk. Jy sal nooit se dat daar brood in die resep is nie. Sit die regte hoeveelheid jam in want dit sal lekker oor die hele poeding smelt tydens die meringue proses in die oond. Geniet dit!

Sharon Viljoen –  Nadat die poeding in die yskas was het ek ook dit in pragtige blokke gesny. Die foto wat jy sien was die poeding nog warm ( net uit die oond gekom ) hierdie poeding is lekker koud of warm

Foto en resep geplaas deur Sharon Viljoen




SAGO-SOUSKLUITJIES

2014-05-14-sago

SAGO-SOUSKLUITJIES
750 ml melk
1 ml sout
75 ml sago
75 g botter
50 ml suiker
50 ml mielieblom
4 groot eiers, geskei
kaneelsuiker en neutmuskaat

Verhit melk en sout tot kookpunt. Voeg sago en 60 ml botter by. Kook oor lae hitte tot sag en deurskynend.
Meng res van die melk, suiker en mielieblom en eiergele tot gladde pasta. Roer klein bietjie van die sagomengsel hierby, roer hierdie mengsel dan vinnig by res van sagomengsel. Kook oor lae hitte tot gaar.

Klits eierwitte styf, vou liggies by sagopap in. Smelt oorblywende botter, strooi kaneelsuiker in warm opdienbak met bietjie klapper, doop lepel in warm botter en skep lepelsvol deeg in bak, strooi nog kaneelsuiker en plaas ekstra klontjies botter bo-op, rond af met strooisel klapper en dien warm op met tuisgemaakte vla en lemmetjiesap.
Die kluitjies kan ook in mikrogolfoond gemaak word, sodoende sal dit nie aanbrand.
ENJOY!

Floraine Wasserman Venter




LUSCIOUS CHOCOLATE PUDDING

choc fondanttested

LUSCIOUS CHOCOLATE PUDDING
5 eggs plus 5 extra egg yolks
110 g vanilla caster sugar (or just add a dash of vanilla to ordinary caster sugar)
225 g Albany Chocolate – broken up
225 g butter – put in glass bowl with chocolate, melt together in microwave on lowest setting, stirring every 30 seconds till melted.
55 g flour – sifted
Paint 6 to 8 ramekins (depending on size) inside with melted butter and sift with cacao powder.
Beat eggs, yolks, and sugar until pale. Add melted chocolate mixture bit at a time while beating as you go. Fold in the flour. Pour into buttered moulds immediately. Cool, then refrigerate for a couple of hours.
Preheat oven to 180C and bake (ek doen dit in ‘n bain mari) for about 10 – 12 minutes. The tops will have risen and feel dry to the touch. Loosen with a thin knife or tooth pick. Turn out. Ideally the inside will pour out a river of runny chocolate sauce when the spoon sinks into the sponge.
Serve with cream and a spoon full of berries to break the sweetness.

Ek bak myne in ‘n bain mari (water in die oondpan waarin ek die bakkies plaas) om ‘n beter tekstuur te verseker. Ek doen ook eers ‘n toets met een bakkie om seker te maak hoe my oond reageer. Die mix kan die vorige dag gemaak word en in die yskas gelaat word.

Foto:  Petro Borchard




KNUPPELDIK SE MELKKLUITJIES

2014-05-10-img-20140509-01898tested
KNUPPELDIK SE MELKKLUITJIES
Lewer 4 – 6 porsies
40 g (75 ml)  vlapoeier
50 g (60 ml)  suiker
500 ml (2 koppies) melk
2 eiers, geskei
2 ml vanieljegeursel
15 ml (3 teelepels) botter of margarien
7 ml (1½ teelepels) gemaalde kaneel

Meng vlapoeier en suiker met ʼn bietjie van die melk tot ʼn pasta.
Verhit res van melk in ʼn middelslag-kastrol oor matige hitte tot kookpunt
Verdik met vlapoeiermengsel.
Klits eiergele effens en roer vinnig by vlapap.
Kook tot gaar.
Haal van stoof af en roer vanieljegeursel by.
Klits eierwitte tot styf en vou met ʼn metaallepel in vlamengsel in.
Skep lepelsvol in lae in ʼn opdienbak; stip tussen lae met botter en strooi kaneel oor.
Sit warm voor.




STEPH SE MUFFIN MIX SJOKOLADE POEDING

steph se choc muffin poedingtested

STEPH SE MUFFIN MIX SJOKOLADE POEDING
1 pakkie chocolate muffin mix aangemaak volgens aanwysings en in bakskottel gebak by 180ºC vir 20 – 25 min. Toets vir gaar.

Kook 1 blikkie Ideal melk (hou 100 ml eenkant vir chocolate) saam met 75 ml suiker. Ek roer die suiker goed deur die melk. Mikrogolf dit vir so 1½ minute, roer weer goed en bring dan tot kookpunt. Dit giet jy oor die “tert” as dit uit die oond kom.
Terwyl die sous intrek smelt 2 heelneut chocolates saam met die 100 ml Ideal melk en smeer oor laaste oor. Kan warm of koud geeet word.

Resep en foto: Steph Kirchner




LEKKERSTE MAKLIKSTE SAGO POEDING

sago poeding louisetested

LEKKERSTE MAKLIKSTE SAGO POEDING
Ek maak ‘n baie maklike (en heerlike) sagopoeding. Ek meng net alles saam in ‘n pot, kook dit stadig en dit word glad nie gebak nie. Dis baie maklik en lekker. Dis ‘n resep wat ek self verwerk het.
1 koppie sago
2 koppies water
600 ml melk
1 eetlepel botter
3 eiers, geklits
½ koppie suiker
knippie sout
1 kaneelstokki
2 teelepels vanielje geursel
Kaneelsuiker

Week die sago in die water vir 2 ure.
Plaas al die bestanddele saam in ‘n groot pot en verhit oor lae hitte,
Roer af en toe (sago brand maklik aan onder in die pot, hou hitte van plaat baie laag).
Prut 10 – 15 minute tot die sago gaar en deurskynend is. Die mengsel sal verdik.
Verwyder kastrol van stoofplaat en haal die kaneelstokkie uit. Roer die vanielje geursel by.
Bedien louwarm saam met dun vla of room, appelkooskonfyt, konfytstukke of gouestroop of strooi net kaneelsuiker oor.

Resep kan maklik verdubbel word.
Resep en foto:  LOUISE GROENWALD




SJOKOLADE MALVAPOEDING

sjokolade malva poedingtested

SJOKOLADE MALVA POEDING
Resep geplaas deur Brigette Van Heerden-Store
Foto en nota:  Brigette Van Heerden-Store
FOOD LOVERS RECIPES
GENOEG VIR 4-6 MENSE
Kakao gee dié Suid-Afrikaanse gunsteling ’n heerlike kinkel.
Poeding:
400 ml suiker
80 g botter
2 ekstra groot eiers
500 ml (2 koppies) koekmeel
7 ml (1½ teelepels) koeksoda
10 ml (2 teelepels) bakpoeier
50 ml (40 g) kakaopoeier
500 ml (2 koppies) melk
30 ml (2 eetlepels) asyn
40 ml (8 teelepels) appelkooskonfyt
Sous:
150 g botter
300 ml room
180 ml (¾ koppie) suiker

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n oondbak of spuit dit met kossproei.

POEDING
Klop die suiker en botter sowat 5 minute in ’n mengbak tot romerig. Klits die eiers by en klits die hele mengsel goed.
Sif die meel, koeksoda, bakpoeier en kakao in ’n aparte mengbak.
Meng die melk, asyn en appelkooskonfyt in ’n aparte mengbak. Voeg dit en die droë bestanddele beurtelings by die romerige eiermengsel.
Meng alles baie goed en giet in die bereide oondbak. Bak sowat 30 minute of tot gaar.
SOUS
Meng intussen die sousbestanddele in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat sowat 3 minute prut.
Giet die warm sous oor die poeding sodra dit uit die oond kom. Sit dit voor saam met roomys en vrugtepuree.

Note:  Brigette Van Heerden-Store
Chocolate malva pudding made yesterday. I used the recipe on the page, but with the sauce I used 2 cups of orley whip, 2 cups of sugar, 15 ml margarine and caramel essence. Optional add 1 cup chocolate liqueur. It was absolutely divine.




GEKARAMELISEERDE PERE MET RYK SJOKOLADESOUS

GEKARAMELISEERDE PERE MET RYK SJOKOLADESOUS
Pere
3-4 harde groen pere 
30 ml gesmelte botter/margarien

Plaatkoekies
3 eiers
150 ml suiker
500 ml melk
30 ml gesmelte botter/margarien
500 ml koekmeel
4 hoogvol teelepels bakpoeier
5 ml sout Sjokolade sous
80 ml room
100 g sjokolade

Pere: Sny die pere in ongeveer 5mm dikte skywe in die lengte van die peer. Plaas dan die skywe op n gesmeerde bakplaat en verf met gesmelte botter. Bak die pere in die oond teen 180°C vir 15min. Hou eenkant.

Plaatkoekies: Klits die eiers en suiker saam tot liggeel en donsig. Die geheim le in die baie klits om dit veerlig te laat. Voeg dan net 250ml melk en botter by. Sif die droë bestanddele saam en voeg by die eiermengsel by. Voeg dan die oorblywende 250ml melk by en meng tot n gladde beslag. Moenie die mengsel roer nadat alles goed gemeng is nie. Smeer n pan met olie (ek gebruik n elektriese braaipan). Plaas dan n skyf peer op die pan en skep n lepel vol beslag oor die peer sodat die peer net-net bedek is. (Die beslag rys baie, so wees versigtig om nie te veel plaat koekies in jou pan te he op een slag nie. Dit maak die moeilik om te draai). Bak dan die plaatkoekies aan die eenkant tot lug borreltjies aan die bokant verskyn. Draai dan versigtig om en bak aan die ander kant tot lig goud bruin. Plaas die room en sjokolade in n souspannetjie en roer oor lae hitte tot gesmelt en dik. Vir n dikker sous voeg net ekstra sjokolade by. Bedien die plaatkoekies saam die ryk sjokolade sous.

Bron: Lorraine Swanepoel

 




RUBARB-POEDING

rhubarb poeding 2tested

RUBARB-POEDING
3 eiers
3 koppies suiker
3 koppies melk
1 koppies meel
3 koppies rou rabarber in blokkies gesny
2 eetlepels botter
2 teelepels bakpoeier

Meng suiker, eiers en melk tot room. Voeg botter by dan meel en bakpoeier. Heel laaste rabarber. Gooi in bak en bak, ek het op 180°C gebak vir ± 1 uur.
Ek kuier hier by my ma by ‘n klein plattelanse dorpie, tannie langsaan het ‘n groente tuin, besig om rubarb te pluk. Sorry weet nie hoe spel mens dit nie. Ek vra wat doen mens daarmee, sy sê rubarb poeding. Ek koop dadelik, nou die groot probleem my ma se ou stoof vat 350 g ek maak n plan’, vra gee asb resep, tussen almal kry ek die resep, en hier is my resultate.
RUBARB IN DIE OUTYDSE DORPIE
Ek vra toe waarmee eet mens dit, vla, room en roomys – sal nog besluit, sê ek toe, wag ek sal nog besluit.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie




EASY PINEAPPLE CASSEROLE

pineapple casserole
Serves 8-10

Ingredients:
1 large can crushed pineapple
4 cups bread, cubed (8 slices)
3 eggs, beaten
1 stick of butter
1 cup sugar

Directions:
Mix all ingredients together.
Bake at 350 degrees F for 45 to 60 minutes.

Source: Not the Perfect Cook