GEBAKTE SUURLEMOEN POEDING

 

Gebakte suurlemoen poedingtested

GEBAKTE SUURLEMOEN POEDING
Terwyl dit bak verdeel hierdie poeding in ‘n sponslaag oor ‘n basis van smaaklike suurlemoenvulsel.
Lewer 4-6 porsies
125 g witsuiker
50 ml botter
15 ml kokende water
50 g koekmeel
Sap en gerasperde skil van een groot suurlemoen
2 groot eiers geskei
225 ml melk

Klop die suiker en botter tot romerig en klop dan die kokende water in. Roer die koekmeel, suurlemoensap & skil by. Klits die eiergele en melk saam en voeg dit bietjies-bietjies by die geroomde mengsel. Klop na elke byvoeging deeglik. Klits die eierwitte styf en vou by die meelmengsel in. Giet die mengsel in ‘n gesmeerde oondbak en plaas in ‘n oondpan half vol met water (ek bak myne sonder die oondpan met water). Bak 45min lank by 170°C. Sit warm voor of laat effens afkoel en bedien met dun room.

Nota: Ek sal in die vervolg hierdie resep verdubbel en in dieselfde oondbak gooi.
FOTO – Elsabie Templeton




CREME BRULEE

 

2015-05-24-cremebruleetested

CREME BRULEE
2 cups double cream
120g sugar
4 egg yolks
1 vanilla bean pod
6 tbs caster sugar
Pour the cream in a pot and add 1/2 the sugar on top of it. Cut the vanilla bean in 1/2 and scrape the Inside and add it to the cream with the pod.
In a bowl whisk the eggs and the remaining sugar. Don’t over whisk. Just enough to combine with sugar.
Heat your cream but Do Not Let It Boil. Just enough to heat through.
Pour the cream over the eggs whisking straight away so it doesn’t scramble.
Then strain the mixture into a jug.
Pour the mixture into ramekins and put in a deep pan. Then add boiling water around the ramekins to make a water bath.
Fill up to 1/2 way of the ramekins.
Bake at 150 degrees Celsius for 30-40min depending on your oven.
Remove from oven but leave them in the water bath for 30min.
Then refrigerate for 2 hrs.
Sprinkle 1 tbs of sugar over each ramekin and blow touch them.
Wait about 2-3 min before serving
Recipe and picture:  Di Bo




PEETMA SE GEMMERPOEDING

gemmerpoeding 2tested

PEETMA SE GEMMERPOEDING
1 ½ koppies meel
1 koppie melk
1 teelepel koeksoda
1 eier
1 koppie suiker
250 g margarien
1 teelepel fyn gemmer
2 eetlepels appelkooskonfyt

Verroom botter en suiker.
Voeg eier by en klits goed.
Voeg konfyt by.
Sif droë bestanddele.
Gooi afwisselend met melk by eiermengsel.

STROOP.
Smelt 1 koppie suiker in 3 koppies kookwater.
voeg 1 teelepel suurlemoenskil by.
Gooi in diep skottel (skep die beslag in die stroop voor jy dit bak) en bak by 180°C tot bruin en gaar.
Bedien met vla.
Resep: Alice Meintjes




MARETA SE OUTYDSE KARRINGMELKPOEDING


MARETA SE OUTYDSE KARRINGMELKPOEDING
Hierdie is ‘n ou gunsteling by menigte Suid-Afrikaners. Jy kan ook ‘n teelepel vanieljegeursel byvoeg om dit ekstra lekker te maak!
1½ eetlepel botter
¾ koppie suiker
3 eiers
3 eetlepels koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
1 koppie melk
2 koppies karringmelk

Room die botter en suiker saam, voeg die eiers 1 vir 1 by en klits goed.
Sif die meel, bakpoeier en sout en voeg by.
Maak aan met melk en karringmelk.
Skep in gesmeerde bak. Sit klontjies botter bo-op.
Bak 40 min tot mooi ligbruin bo-op.
Bedien met sitroen- of vye konfyt.

Wenk van Dine van Zyl:
Hierby kan ook 1 teelepel vanilla geursel gevoeg word.
Foto:  Juanita Viviers Scheepers




HOT CHOCOLATE FUDGE CAKE

2015-05-12-hotchocolatefudgecake

HOT CHOCOLATE FUDGE CAKE
Recipe posted by Farren Silverwolf Pretorius‎
Recipe and photo: Diethood
FOOD LOVERS RECIPES
¾ cup all-purpose flour
2/3 cup cocoa powder
1 ½ teaspoons baking powder
¼ teaspoon salt
4 tablespoons butter, softened
2/3 cup sugar
2/3 cup packed light brown sugar
4 eggs
1 ½ teaspoons vanilla extract
1/3 cup semi-sweet chocolate chips, chopped
powdered sugar
In a large bowl sift together the flour, cocoa powder, baking powder, and salt. Set aside.
In your mixer’s bowl cream the butter, then add in the sugar and brown sugar; beat until well combined.
Add in the eggs and the vanilla and continue mixing until thoroughly combined.
Fold the flour mixture into the sugar mixture, then fold in the chopped chocolate chips.
Divide the batter evenly among 8 4-ounce ramekins, cover and put in the refrigerator for 4 hours.
Preheat oven to 180ºC.
Take out the ramekins from the fridge and let sit in room temperature for 10 minutes.
Arrange the ramekins on a baking sheet and bake for 20 minutes, or until the tops of the cakes are puffed up and crusty on top.
Sprinkle with powdered sugar and serve while they are hot.
If you like, serve it with a scoop of vanilla ice cream… nom nom nom!




IDEES VIR PIESANG NAGEREG

IDEES VIR PIESANG NAGEREGtested

IDEES VIR PIESANG NAGEREG

Madeleine Vermeulen – Ek het hulp nodig. My dogter moet n nagereg resep opstel vir n taak vir skool. Sy mag net die volgende bestandele gebruik. Watse tipe poeding sal dit wees…? Sy mag net die bestandele gebruik ?
Aarbeijellie, piesang, mielieblom, vanieljeroomys, kakao of koffiepoeier en marie beskuitjies.

Elsabie Templeton – Onthou as jy die roomys laat smelt het jy die melk gedeelte wat jy met mielieblom bietjie kan verdik nadat jy die roomys warm gemaak het. Maak die jellie soos per instruksies, meng met die roomys mengsel, druk die piesangs fyn in ‘n moes & meng met dit en gooi in lagies tussen die marie beskuitjies in ‘n bak. Nadat dit in die yskas gestol het oornag (verkieslik) strooi bietjie kakao oor die bo-kant deur ‘n fyn siffie en bedien.

Elsje Stolk – As ek sy was sal ek dit doen :
Maak die aarbeijellie aan (soos normaal)
Druk die piesangs fyn en meng met sagte vanieljeroomys – sitbin vrieskas dat dit kan hard word. Breek die mariekoekies fyn en sit in ‘n drukkerkie dat dit soos ‘n “base” is.
Sny dan ‘n ronde stukkie van die jellie uit ek sit bo op die koekie base.
Vat dan twee lepels en maak ‘n ovaal vorm van die roomys vir bo op.

Barbara Swart – Vat n kleinerige bakkie en voer uit met clingwrap, maak die piesang fyn en meng met die saggemaakte roomys, sit in die bakkie, sit terug in die vrieskas tot dit gebruik moet word, maak die jellie aan met die helfte van die water, laat afkoel en giet n hoeveelheid oor die roomys mengsel, sit terug in die yskas. Vat n klein hoeveelheid water en suiker en bring tot kookpunt, meng die kakao en maizena saam en gooi by die stroop mengsel, kook tot dit begin verdik, pasop vir te dik dit moet oor die roomys gegooi kan word. Keer die roomys en jellie vorm uit op die opdien bordjie en gooi van die sjokolade stropie oor en versier met gekrummelde marie biscuits en aarbeie.

Lida Pieterse – Meng aarbeijelly met 250 ml water. Maak piesang baie fyn en voeg bietjie suurlemoensap by. Meng jelly wat afgekoel het en piesangmoes met sagte roomys. laat weer styf word in vrieskas. Plaas ‘n mariekoekie onder op plaat. Skep roomys bo-op – so 2 cm hoog. Plaas weer mariekoekie bo-op soos toebroodjie. Maak kante mooi gelyk met warm mes en plaas weer in vrieskas. Sif bietjiekakao oor voor bedien.

Gerrie Oosthuizen Coetzee – Maak die jellie aan met 250ml kookwater en sny die piesangs in. Laat stol. Meng die kakao met kookwater en verdik dan met die mielieblom as n sjokoladesous. bedien die jellie met die roomys en die sous




GESTOOMDE (DADEL)POEDING

2015-05-08-gestoomdepoedingtested

2 K Meel
3 E Botter
2 E Gouestroop
2 E Appelkooskonfyt
2 t Koeksoda
Knypiesout
Melk
(As jy dadels het kan jy een pakkie insny by deeg. Of rosyne as jy wil.)

Vryf botter in meel mengsel. Voeg al die bestanddele bymekaar, voeg net genoeg melk by om stywe deeg te maak.

STROOP IN DIEP KASTROL:
6K Warm Water
2K Suiker
Fyn kaneel en fyn gemmer na smaak. (Ek sit ½ teelepel van elk)
Meng alles goed en gooi dit in ’n diep kastrol.
Bring tot kookpunt en sit lepels vol deeg in die stroop.
Sit deksel op en stoom op stadige hitte vir 1 uur.
Bedien met poeding stroop en lekker vla !!!
Geniet dit !!!
Bron: Kook en Geniet 1966
Geplaas deur: Antoinette Rossouw
Foto: Lyn Stephenson

Lyn Stephenson sê ek het Self-raising meel gebruik met 1t Koeksoda, en 5ml Vanilla bygevoeg. En’ n halwe koppie melk gebruik. Dit proe fantasties!!!!!!!




WATERBUL

2015-05-08-waterbul

WATERBUL
’n Tradisionele resep wat vroeër op afgeleë plase berei is – vandaar die eenvoudige bestanddele.
Lewer 6 porsies.
BESLAG
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
140 g sagte botter
5 ml fyn gemmer
5 ml fyn kaneel
15 ml fyn appelkooskonfyt
10 ml koeksoda
250 ml melk
STROOP
1 liter water
300 ml suiker

BESLAG
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Room botter.
Voeg gemmer, kaneel en konfyt by botter en meng goed.
Los koeksoda in melk op.
Vou meelmengsel en melk om die beurt in beslag en meng tot ‘n redelike stywe deeg.

STROOP
Plaas water en suiker in platboompotjie oor lae kole en roer tot suiker opgelos het.
Verhit tot kookpunt en kook vir 5 minute.
Skep deeg in kokende stroop.
Bedek en prut baie stadig vir 1 uur of tot poeding gaar is.
Sit voor met vla.

Tip: Vir Dadel poeding laat gemmer en kaneel uit en vervang met 1 koppie fyn dadels. Meng die dedels eers in die koeksoda met melk en dan by res van die deeg.




ASYNPOEDING VIR OP STOOF OF IN OOND

2015-05-08-asynpoeding
ASYNPOEDING VIR OP STOOF OF IN OOND

Redelike groot poeding. Jy kan dit halveer as dit net vir 2 -3 mense is.

LET WEL – Hierdie poeding se stroop kom eers onderin in bak, dan kom deeg bo-op.

Gebruik dieselfde resep vir oond of bo-op stoof poeding.
Maak net bietjie meer stroop vir die kastrol op die stoof aan.

Stroop:
Kook saam vir so 5 min:
2 kop. water,
2 kop. suiker en
½ asyn.
Laat bietjie afkoel.

Deeg:
1.5 kop. koekmeel
Halwe kop. suiker
2 eetl.appelkoos konfyt
2 teel. fyn gemmer
kwart teel. sout
1,5 eetl. Margarine of Botter
2 eiers
1 teel. koeksoda (bicarbonate of soda)

Klop margarine en suiker saam en voeg geklitste eiers by.
Sif droëe bestanddele saam en voeg by botter mengsel soos bo.
Roer appelkooskontyt by en meng goed.

Gooi deeg bo-oor die sous in bak, deeg moet stadig op ‘n eetlepel in sous gegooi word.
Deksel moet toemaak word, nie ‘n oop bak nie.
Bak 30 – 40 min of tot poeding bruin is, sit die oond op 180 grade.

NB. Poeding rys nogal redelik -gebruik ‘n groot genoeg bak of kastrol.

As bo-op stoof maak, stel baie laag – so op 2 – en lig deksel net BIETJIE oop.
Kook maklik oor – hou maar dop!
Bo-op stoof: min of meer 25 min. of tot bruin.

 




JONKMANSPOEDING

OU JONKMAN’S POEDING
Geplaas deur Herman Pypers
Uit ons Die Noordweste se Beste Tradisionele geregte
FOOD LOVERS RECIPES
Dis n resep van amper 200 jaar oud ( oorspronklik die Engelse BACHELOR’S PUDDING)
Neem 3 koppies meel, 2 koppies melk, 1 koppie suiker, 1 koppie fet en botter te same, 1 telepel soda, n bitji komfyt, 2 onse korente, maak algar goed deurmakaar, bak 2 uur lank in n gesmeerde skottel. ( E Dijkman 1890)

Nou se weergawe”
JONKMANSPOEDING
115 g botter
115 g vet
200 g suiker
5 ml koeksoda
360 g koekmeel
5 g fyn gemmer
500 ml melk
25 ml fyn appelkooskonfyt
75 g korente

Klits botter, vet en suiker tot romerig.
Sif meel en gemner goed saam en voeg beurtelings met melk, waarin koeksoda opgelos is, by die bottermengsel.
Roer appelkooskonfyt en korente by en bak by 180 C vir 60 – 75 minute

Ja dit lyk my 200 jaar terug het mens makliker verstaan as nou!! Geen detail.

OU JONKMANSPOEDING
750 ml koekmeel
250 ml suiker
250 ml botter
5 ml gemmer
500 ml melk
5 ml koeksoda
25 ml appelkooskonfyt
125 ml korente

Room botter en suiker saam. Sif koekmeel en gemmer saam.
Los koeksoda in melk op. Voeg koekmeel en melk beurtelings by bottermengsel.
Roer appelkooskonfyt en korente by. Skep beslag in ‘n vuurvaste oondskottel.
Bak vir 1 uur by 180ºC.
Bedien warm.