BRANDEWYNTERT


BRANDEWYNTERT
brandewyn is nie net vir Coke bedoel nie.
BESTANDDELE:
200 g ontpitte dadels
5 ml koeksoda
250 ml kookwater
125 ml botter of margarien
250 ml strooisuiker
2 eiers
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2,5 ml sout
5 ml fyn kaneel
250 ml okkerneute
STROOP:
310 ml suiker
15 ml botter
190 ml water
5 ml vanielje ekstrak
knippie sout
125 ml brandewyn
NOU:
1.Voorverhit die oond tot 180 °C
2.Kap die dadels fyn
gooi kookwater en koeksoda in n houer en gooi die helfte van die fyngekapte dadels by die watermengsel – laat afkoel
1.Room die botter/margerien en suiker saam
2.Voeg die eiers by en klits verder
sif die droe bestandele saam en voeg by die eiermengsel
1.Kap die neute fyn
2.Voeg nou die orige dadels en fyn gekapte neute by die meelmengsel
3.Laaste voeg die dadel-en-koeksoda mengsel by
4.Smeer n tertbak en gooi die mengsel in jou tertbak
bak vir 35 minute by 180°C
STROOP:
1.Kook die suiker, botter en water saam vir 5 minute
2.Voeg die res van die stroopbestanddele by
gooi die warm stroop oor die warm tert.
Foto: Rita Killian
BREAD AND BUTTER PUDDING
BREAD AND BUTTER PUDDING-Serve warm
a few slices Crustless bread (white or brown bread)
Butter
Coconut grated (optional) Cinamon + nutmeg sprinkled over bread + raisins in dish
70 ml Raisins (Nuts optional)
2 eggs, beaten with a pinch of salt
750 ml milk
125 ml sugar
How to
Butter bread generously.
Arrange bread in an ovenproof dish, if using coconut, sprinkle over the bread, including the spices if wanted
Sprinkle over the raisins. (+ nuts if used)
Cover with another layer of bread.
Bake at 160 celsius for 1 hour or until the top is browning lightly and the custard mixture is heaving underneath the bread.
Serve with Custard or Vanilla Ice Cream
Minky Swiegers
KONFYT EN TOFFEEPOEDING OP DIE STOOF
KONFYT EN TOFFEEPOEDING OP DIE STOOF
Foto: Estelle De Klerk
FOOD LOVERS RECIPES
Vir 4 mense
In die winter het ma amper elke Sondag hierdie poeding gemaak. Dit brand maklik vas, maar soos kinders maar is, was dít selfs nog lekkerder vir ons.
4 eetlepels botter
4 eetlepels suiker
4 eetlepels marmelade, of ander konfyt soos appelkoos
2 eiers geklits
250 ml koekmeel
2 teelepels koeksoda
1 koppie melk
Sous
1½ koppie melk
1½ koppie suiker
½ koppie room of ingedampte melk (Ideal Milk)
2 teelepels vanilla geursel
Room die botter en suiker tot liggeel. Voeg die konfyt en eiers by die bottermengsel. Voeg die meel bietjie vir bietjie by. Meng die koeksoda met die melk en voeg dit bietjie vir bietjie by die mengsel totdat dit goed geklits is.
Maak die sous. Meng al die bestanddele saam in ’n swartboomkastrol van ten minste 3 liter. Bring dit tot kookpunt.
Keer die bak met die beslag versigting in die middel van die kokende sous om. Moet dit glad nie roer nie. Pasop vir oorkook! Draai dadelik die hitte tot die laagste en plaas ‘n styfpassende deksel op die pot.
Kook dit vir 35 minute oor ’n baie lae hitte sonder om dit ooit te roer. Die poeding is gaar wanneer die middel amper die kleur en tekstuur van ‘n sagte malvapoeding het.
Aletta sê: Ek maak dikwels ’n gemmerweergawe van dié poeding: Vervang die marmelade met appelkooskonfyt of gouestroop. Voeg dan ook ’n eetlepel fyn gemmer by die meelmengsel en ’n stuk vars gemmer (ongeveer 2 cm), baie fyngekap, by die sous.
BROODKRUMMELPOEDING
Oond op 180°C.
2 koppies vars broodkrummels
4 koppies warm melk
2 eiers
½ koppie suiker
¼ koppie gesmelte botter
1 teelepel vanilla
Gooi die warm melk oor die broodkrummels en laat eenkant staan sodat die melk in die krummels kan intrek.
Klits die eiers en voeg die suiker geleidelik by.
Voeg die botter en vanilla by en meng goed.
Voeg hierdie mengsel by die broodkrummels en gooi dan in ‘n gesmeerde oondbak.
Bak vir 45 minute.
Bedien saam met styfgeklitste room en ‘n skeppie appelkooskonfyt.
Resep geplaas deur Amanda Struwig
DARK CHOCOLATE FONDANT


DARK CHOCOLATE FONDANT
320 g 70% dark chocolate
300 g butter
500 g eggs (10 large)
300 g sugar
130 g cake flour
Melt the chocolate and butter over a pot with hot not boiling water. Whist sugar and eggs together just to combine. When the butter and chocolate has melted completely, remove from the heat and stir the eggs mixture into the hot chocolate and butter mixture (be sure to mix the chocolate while adding the eggs and sugar mixture). When that is mixed completely add sifted flour in 3 stages and fold in. Portion the fondant mixture into a muffin size cup and bake at 190ºC for 9 minutes. Make 10 – 12 fondants
Enjoy with Vanilla Ice cream grin emoticon …….
Source and Photo: Shane Seconds Gelderbloem
http://www.foodloversrecipes.com/2015/06/dark-chocolate-sauce/
PAIN AU CHOCOLAT WITH BERRY COMPOTE AND CREME ANGLAISE
PAIN AU CHOCOLAT WITH BERRY COMPOTE AND CREME ANGLAISE
Compote:
125g frozen mix berries,
115g sugar,
1.5g pectin.
Mix sugar and pectin together add to berries mix all and cook for 5 minutes.
Crème anglaise:
250g milk,
250g cream,
100g Egg yolk,
50g Sugar,
1 vanilla stick
Cream eggs and sugar, heat milk, cream and vanilla, stir warm milk and cream into egg and sugar.
Return the mix to the pot cook over low heat till the back of a spoon is coated.
Strain and cool to prevent curdel or making scramble eggs.
Pain au choc:
10 Pain au chocolat rolls,
500g Cream,
75g Butter,
2 Vanilla sticks,
132g Sugar,
3 Eggs.
Cream sugar and eggs.
Bring cream, butter and vanilla to a light boil and stir into egg mixture.
Put the pain rolls into a baking dish, strain cream mixture over the pain rolls and soak for 30 minutes.
Bake for 27 minutes at 170°C.
Posted and picture by: Shane Seconds Gelderbloem
POT DADELPOEDING


POT DADELPOEDING
2 koppies dadels sonder pit
2 koppies water kook tot sag fyn
1 koppie melk
2 teelepels botter
2 eiers
125 ml bruin suiker (½ koppie)
1 ½ koppies koekmeel
1 teelepel koeksoda
1 teelepel vanillageursel
SOUS
2 koppies water
1 koppies suiker
1 teelepel kaneel of gemmer
Knip sout
Kook sous tot suiker smelt.
Meng al die bestanddele en dadels, skeplepelsvol in die pot met sous.
Maak deksel toe kook stadig vir 30 tot 40 min. moenie deksel oplig nie.
Resep en foto: Andre Adriaan Esterhuizen
LEKKERBEK POEDING
LEKKERBEK POEDING
Sous: Kook die volgende saam:
2 koppies melk
1 koppie suiker
2 eetlepels botter
Knippie sout
Deeg:
8 eetlepels koekmeel
4 eetlepels suiker
2 eetlepels botter
2 eiers
1 teelepels koeksoda
1 teelepels bakpoeier
4 eetlepels appelkooskonfyt
Bietjie melk om te meng
Room botter en suiker, roer eiers een vir een in en klits goed. Voeg dan ander bestanddele by en meng goed.
Giet die sous in ‘n oond bak (casserole) en skep die deeg in die sous.
Sit die deksel op en bak by 180° vir 30 minute.
Nota:
My seun maak die sous dubbeld aan dan kook hy die een helfte apart en skep dit oor as die poeding klaar is, baie lekker!
Resep en foto: JAN POOL SNR
Nota en foto van Charmaine Timmerman:
Ek het ook 1 teelepel vanilla geursel (5 ml) by die sous gevoeg.
Johan Snyder Ek het hom bietjie ge-metriseer vir myself
Lekkerbek poeding.
500 ml melk
250 ml suiker
25 ml botter
Knippie sout
Kook bogenoemde saam.
Deeg:
100 ml koekmeel
50 ml suiker
25 ml botter
2 eiers
5 ml koeksoda
5 ml bakpoeier
20 ml appelkooskonfyt
Bietjie melk om te meng
Meode soos bo.
HEERLIKE WARM BRUINPOEDING


HEERLIKE WARM BRUINPOEDING
Kook saam in kastrol:
1/2 koppie room
1 1/2 koppie melk
1 koppie suiker
Meng:
2 eiers
2 eetlepels botter
2 koppies meel
2 koppies bruinsuiker( triacle )
1 koppie melk
2 teelepels koeksoda en laaste
4 eetlepels appelkooskonfyt
Skep lepels hiervan in die kookmengsel.
Sit deksel op en kook vir 1/2 uur op matige hitte.
Bedien met vla.
Resep geplaas deur Freda Strauss
Hierdie resep kom uit n boek uit wat my oorlede skoonma vir my gegee het. Hierdie boek is in 1963 uitgegee deur die AGS gemeente van Brakpan






