BÊREMENGSEL VIR PASTEIKORS, SKONS EN SOUSKLUITJIES


BÊREMENGSEL VIR PASTEIKORS, SKONS EN SOUSKLUITJIES
2,2 kg koekmeel
4  eetlepels (60 ml) bakpoeier
3 teelepels sout
500 g margarien / botter / kookvet

Sif die droë bestanddele saam. Vryf die smeer by die droë bestanddele in.
Bêre die mengsel in ‘n glasfles in die yskas en gebruik soos nodig.
Pasteikors:
Maak 1 koppie bêremengsel aan met koue water. 1 eetlepel water op ‘n slag. Druk totdat die deeg net net gevorm het en laat rus vir 30 minute. Rol die deeg dun uit en gebruik soos benodig.
Skons / botterbroodjies:
1 ½ koppie bêremengsel
½ koppie koekmeel
1 eier
¼ koppie melk
Klits die melk en eier saam en voeg dit by die droë bestanddele.
Meng totdat ‘n sagte deeg vorm.
Druk die deeg plat op ‘n liggies meelbestrooide oppervlak, sowat 2 cm dik.
Druk sirkeltjies uit met ‘n drukkertjie.
Plaas die sirkels op ‘n gesmeerde bakplaat en bak in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir 10 – 15 minute tot goudbruin en gaar.

Souskluitjies:
4 groot eetlepels bêremengsel
1 groot eetlepel koekmeel
1 eetlepel suiker
1 eier
bietjie melk
Vloeistof:
water
knypie sout
botter
Sous:
1 ½ koppie water
½ koppie kaneelsuiker
Maizena om te bind
Voeg die bestanddele vir die souskluitjies saam in ‘n mengbak en meng tot ‘n sagte deeg vorm.
Voeg 1 ½ cm water in braaipan en bring tot kookpunt (of in pot met deksel wat dig seël).
Voeg die sout en ’n paar klontjies botter by die water.
Laat botter net smelt, skep lepelsvol van die deeg in die water in die pan, plaas die deksel op en kook / stoom vir sowat 10 – 15 minute.
Skep die kluitjies uit in ‘n opdienbak waarin ‘n dik lagie kaneelsuiker gestrooi is en strooi nog kaneelsuiker bo-oor die kluitjies. Stip met klontjies botter.
Berei in dieselfde pan die sous.
Voeg die water en kaneelsuiker in die pan en bring tot kookpunt. Maak ‘n bietjie Maizena aan met klein bietjie water tot ‘n pasta en voeg dit by die suikerwater.
Roer totdat die sous die verlangde dikte bereik het.
Hou die sous eenkant warm tot bedieningstyd, giet die sous oor die kluitjies in die bak.
Notas vir die bêremengsel:
Botter en vloeistowwe moet yskoud wees.
Sif die meel.
Voeg in ‘n lugdigte houer en bêre in yskas.
Resep: Santie Carelse




GESTOOMDE VRUGTE


GESTOOMDE VRUGTE
125 ml gemengde droë vrugte
125 ml water
15 ml suiker
kaneel of naeltjies (optioneel)
Week die droëvrugte oornag in water.
Mikrogolf die vrugte op hoog vir 2 minute.
Voeg suiker by. Mikrogolf vir 1 minuut.
Haal die kaneel/naeltjies uit voor opdien.

Voorstelle:
Bedien op mieliepap.
Bedien met koue jogurt.
Bedien met vla.

Resep geplaas deur Morné Van Der Merwe




OONDGEBAKTE SOUSKLUITJIE


OONDGEBAKTE SOUSKLUITJIE
(SLAAN NIE TOE NIE)
Resep geplaas deur Gerda Swanepoel
FOOD LOVERS RECIPES
Sous:
1,5 liter water
375 ml suiker
15 ml botter
5 ml kaneel
knippie sout
Deeg:
500 ml koekmeel
3 teelepels bakpoeier
knippie sout
30 ml botter
2 eiers, geklits
125 ml melk
kaneelsuiker na smaak

Voorverhit die oond tot 150ºC.
Verhit sousbestanddele saam tot kookpunt en kook 3 minute.
Meng intussen die deeg:
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter met vingers daarin tot goed gemeng.
Meng eiers en melk, voeg by meelmengsel en meng tot deeg.
Gooi kokende stroop in ‘n groot diep oondskottel met ‘n deksel.
Skep dessertlepelsvol deeg in netjiese hopies in sous en doop die lepel elke keer in die warm sous voordat die volgende kluitjie geskep word.
Strooi ‘n bietjie kaneelsuiker bo‑oor, sit die deksel op en bak 40 minute.
Sit warm voor.
Lewer 6 ‑ 8 porsies.




VINNIGE SJOKOLADE BRUINPOEDING


VINNIGE SJOKOLADE BRUINPOEDING
Resep: Jenel Ralph van Wyk.
FOOD LOVERS RECIPES
“Ons weergawe van ‘n vinnige Choc bruinpoeding (soortgelyk aan Asyn/Jan Ellis-poeding). Ons verdubbel die resep altyd.”
1 koppie melk
1 koppie koekmeel
½ koppie kakao
1 eier
1 koppie suiker (ek het ¾ koppie gebruik)
1½ eetlepel konfyt, soort konfyt eie keuse
1½ eetlepel asyn
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
bietjie melk
sout
Sous:
¼ koppie botter
¾ koppie suiker (ek het ½ koppie gebruik)
½ koppie kakao
1 koppie water
250 ml room
½ eetlepel vanielje-essens

Meng al die droë bestanddele en dan al die nat bestanddele, sonder koeksoda en bietjie melk. Klits goed.
Meng koeksoda en melk laaste en voeg by.
Bak 30 minute teen 180 °C.
Kook sous en versprei bo-oor tert wanneer dit uit oond kom.
Bedien met room/vla/roomys.




NOG ‘N SKEPPIE NAGEREG


NOG ‘N SKEPPIE NAGEREG
4 eetlepels koekmeel
4 koppies melk
4 eiers
1 teelepel koeksoda
4 eetlepels botter
4 eetlepels suiker
4 eetlepels appelkooskonfyt
1 teelepel vanilla
Klop botter en suiker tot romerig. Voeg geklitste eier by. Los koeksoda op in melk en voeg by die konfyt.
Sif die droe bestanddele saam en voeg by die eiermengsel.
Voeg die geursel by en meng goed.
Voeg die melkmengsel geleidelik by en meng deur, skep die mengsel in ‘n gesmeerde bakskottel
Bak by 180ºC vir 45 minute tot lig en bruin.
Geniet dit.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans




KERSPOEDING OF DOEKPOEDING


KERSPOEDING OF DOEKPOEDING
Uit my ouma se Baie ou resepte boek. Vir die wat nie die foto kon oopmaak nie.
2 koppies meel
1 koppie suiker
1 koppie sultanas of dadelik
1 koppie botter of botter en vet saam
1 koppie melk
Sitroenskil fyngesny (nie seker van hoeveelheid nie) so 1/3 pd.
Bietjie sout
4 eiers geklits
2 teelepels koeksoda

Roer meel, suiker, botter en vrugte alles alles bymekaar en voeg dan geklopte eiers by dan die melk, waarvan n bietjie warm gemaak is. In die bietjie warm melk word dan die koeksoda geroer. Meng alles goed met die meel en skep in goed gesmeerde vorm wat met ‘n linnedoek uitgelê is. Vou die doek bo-op toe en sit die deksel van die pot op. Sit die vorm in ‘n groot pot met warm water en kook stadig op stoof 2 en half tot 3 uur in die doek. Tot die poeding gaar toets.  Haal uit die water en laat afkoel voordat die doek oopgemaak word. Keer die poeding uit die doek op ‘n opdienbord.
Sous:
1 beker kookwater
1 koppie suiker
Lemoenskil, lemoen geursel of wyn
Kook goed saam voeg bietjie maizena by, en vlapeoer en 1 eetlepel botter by.
Bedien die sous saam met die poeding.,
Nota:
Moenie vergeet om die gekookte toegedraaide muntstukkies in deeg te sit nie.

Resep:  Joan Du Toit




BREAD PUDDING WITH RUM

BREAD PUDDING WITH RUM
½ loaf of white bread, cut into small cubes
1 liter milk
1.5 cups sugar
6 eggs
1 tablespoon vanilla essence
20 ml rum (optional)
¼ cup raisins (optional)
Apricot jam for dotting on top

Mix the eggs, vanilla, sugar, milk and rum. Add the bread cubes and raisins and allow to soak for about an hour. Break up the bread cubes with a whisk. Dot with apricot jam.
Pour into a greased over proof dish and bake on 200°C until cooked and brown on top.
I served it with custard and Chantilly cream.

Photo: Natasha Ford Calvert




HALOGEEN OOND ROLY POLY POEDING


HALOGEEN OOND ROLY POLY POEDING
Ek het gister roly poly poeding in my oondjie gemaak.
Sous:
Kook saam:
1 koppie water
½ koppie suiker
1 eetlepel botter

Deeg:
Sif saam:
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
¼ koppie botter
1 eier
melk

Vryf ‘n ¼ koppie botter in meel. Klits 1 eier. Voeg by meel en meng tot stywe deeg. Voeg bietjie melk by indien nodig.
Rol uit in reghoek. Smeer appelkooskonfyt op. Rol op.
Sny skywe, gooi sous in oondbak en pak skywe op sous.
Bak teen 160 ºC vir 15 min op onderste rakkie.
Resep geplaas deur Amanda Theunissen
Foto: Amanda Theunissen




LANGKLOOF APPELWIELE


LANGKLOOF APPELWIELE
Suurlemoenstroop:
625 ml water
500 ml witsuiker
fyn gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen

Skondeegkors:
500 ml koekmeelblom
25 ml witsuiker
15 ml bakpoeier
1 ml sout
90 gr botter of margarien
1 groot eier
100 ml water

Appelvulsel:
4 granny smith appels
klontjies botter of margarien
kaneelsuiker na smaak

Stroop:
Kook die water, suiker en skil vir 5 minute lank.
Voeg suurlemoensap by en hou warm.

Skondeeg:
Voorverhit oond tot 180°c. Sif droë bestanddele saam en frummel smeer daarin. Klits eier en water saam en sny met ‘n deegsnyer by frummels in om ‘n sagte, hanteerbare deeg te vorm – sny nog meel in as deeg te slap is, of nog water as deeg te styf is. Rol sowat 1 cm dik in ‘n reghoek op ‘n meelbestrooide oppervlak uit.

Appelvulsel:
Skil en rasper appels grof oor deeg. Rol deeg soos ‘n rolkoek op met appels tussenin. Sny die rol met ‘n skerp mes in skywe.
Giet stroop in ‘n groot oondvaste bak.
Plaas die snye op die snykant styf teen mekaar in stroop.
Stip met klontjies botter en strooi kaneelsuiker oor.
Bak poeding vir 40 tot 50 minute lank tot mooi goudbruin.
Sit voor met vanilla roomys.
Lewer 10 tot 12 porsies.
Resep geplaas deur Ida Marx
Foto: Ida Marx




EASY SAGO PUDDING


EASY SAGO PUDDING
1 cup sago
75 ml sugar
75 ml butter (I used margarine)
4 eggs
1 ml salt
5 ml vanilla essence
5 ml cinnamon powder
1 litre milk

Mix eggs, sugar,  butter and vanilla together.
Put milk and salt into saucepan. Bring to a boil. Add sago. Add cinnamon. Stir on low heat for approximately 20 min until nice and thick and sago is transparent. Take off stove. Add egg mixture. Bake in oven for 45 minutes at 180°C. Serve with some jam and definitely custard.
Photo: Terry-Lee Heuer