CHOCOLATE MOUSE – 2 INGREDIENTS


CHOCOLATE MOUSE – 2 INGREDIENTS
And that’s how you make delicious chocolate mousse:
70% dark chocolate Lindt Slab
250 ml Cream
In a 500 ml bottle  (Tupper quick shake should work)
Melt the Chocolate, shake the cream in the 500 ml cream bottle till whipped, mix together and put in the fridge.
If you don’t have any mixing equipment that’s no problem!
Recipe and photo: Kristy Townsand




WAATLEMOENSLAAI IDEES

WAATLEMOENSLAAI IDEES
Vandag weer bietjie waatlemoen uitgehol en vrugteslaai gemaak en weer terug geskep. Waatlemoen, mango, pynappel, rooi en wit druiwe, spanspek, granadillas en litchis
Foto en resep Adele Horn
Lilly Kalla Bonthuys
Neem ‘n groterige skottel half vol water, sit ‘n kleiner een binne in grote, ook half vol water, sit nou in vrieskas en laat ys. Haal die kleintjie uit. Nou het jy ‘n ysbak vir ‘n heerlike koue waatlemoen slaai.




HEAVENLY OREO DESSERT

HEAVENLY OREO DESSERT
Photo: Alma Wallis
FOOD LOVERS RECIPES
1 (15.35 ounce) package Double-Stuffed Oreo cookies
½ cup butter, melted
2 packages (3.9 ounce, each) Instant Chocolate pudding mix
3¼ cups cold milk
2 (8 ounce) containers Cool Whip
1 (8 ounce) block Cream cheese, softened
1 cup powdered sugar (Icing sugar)

Take a large zip-lock bag and place all the Oreo cookies inside. Seal bag shut and place on counter. Using a rolling pin, crush the cookies until they are small chunks/crumbs. You want them to still be chunky and small, but not fine crumbs.
Set aside half of the cookie crumbs for the topping. Pour the other half of cookie crumbs into a 9×13 baking pan. Pour the melted butter over the crumbs and mix well to combine. Once combined, press into the pan to form a crust.
In a bowl, whisk together the 2 pudding mixes and milk. Cover and place in fridge to set.
In a medium bowl, blend cream cheese until smooth. Slowly add in the powdered sugar. Fold in one container of Cool Whip. Spread mixture over the cookie crust. Next, take chocolate pudding and spread over the cream cheese mixture. Spread the other container of Cool Whip over the chocolate pudding layer. Sprinkle the top with the remaining cookie crumbs. Cover and chill in fridge at least 2 hours before serving.




FESTIVE FROZEN CREAM CHEESE LOAF

FESTIVE FROZEN CREAM CHEESE LOAF
2 tubs full fat cream cheese
250 ml whipped cream
60 ml castor sugar
5 ml vanilla essence
100 g chopped pecans (next time I will substitute with pistachios
70 g dried cranberries
80 g coarsely grated white chocolate

Blend the cream cheese, castor sugar, vanilla, cranberries and chopped pecans. Fold the grated chocolate and whipped cream in and spoon into a small loaf tin that has been lined with clingwrap and sprayed with non stick.
Freeze overnight until firm. Turn out onto serving platter and garnish with variety of berries and cherries.
Note:
Personally I would add double the amount of grated white chocolate next time I make it. And I would definitely make it again! Perfect dessert for a hot day.
PHOTO: Elsabie Templeton




MARISKA SE BLACK FOREST TRIFLE

MARISKA SE BLACK FOREST TRIFLE
Hier is die lang gewagte resep vir my tipe black forest trifle..
Ek het brownies gebruik in onderste laag en besprinkel met nachtmusik (chocolate liquor) bo op.
Paar geblikte black forest kersies, daarna styfgeklopte room met bietjie vanilla ekstrak in.
Geen suiker want dit moet die soet bietjie breek.
Bo op die room – Selfgemaakte aarbei sous gebruik. (ek het gevriesde aarbeie saam met suiker gekook tot dit lekker stroperig is).
Begin dan weer met die brownies hou so aan tot jou bak vol is, die laaste lagie moet room wees.
Versier dan met vars bessies en sjokolade, ek het vars kersies, rasberries en swartbessies gebruik.. en toe sommer ‘n paar Cadbury whispers by gegooi vir die liefde.
Foto en Resep: Mariska Griffin




FEETJIE POEP

FEETJIE POEP
1 sjokolade sponskoek
1 blik karamel
250 of 300 ml houertjie room
sjerrie
Breek koek in groot krummels. Pak in bak. Sprinkel sjerrie oor. Klits room styf en klits karamel daarby in. Skep bo op koek. Herhaal lae. Bere bietjie geklitste room vir heel bo op. Versier met gekrummelde flake en kersies.

WENK
Maak hierdie poeding ‘n dag of wat voor die tyd en hou in die yskas. Hoe langer dit staan hoe klammer en geuriger word dit. Baie lekker!
Ek het die sponskoek met Khaluha gesprinkel.. elke laag met fyngekapte neute en kersies gestrooi.. bo op het ek kersies, fyngekapte neute en gerasperde sjokolade gestrooi..
Foto:  Petré Van Jaarsveld




GESTOLDE MALVALEKKER- EN SJOKOLADENAGEREG


GESTOLDE MALVALEKKER- EN SJOKOLADENAGEREG
Ek moes vandag my ma se gunsteling nagereg met die Kersseisoen maak. Ek het so na haar verlang.
10 ml gelatien
45 ml sterk swart koffie
125 ml warm water
20 wit malvalekkers
120 g kooksjokolade, grof gerasper
250 ml yskoue ingedamptemelk
120 ml room, styf geklits
12 suikerbroodvingers (Boudoir)

Week die gelatien in die koffie oor ‘n dubbele kastrol.
Voeg die warm water, malvalekkers en sjokolade by die koffiemengsel.
Laat die mengsel stoom tot alles gesmelt is. Roer aanhoudend.
Verwyder van die hitte en plaas op ‘n koel plek om af te koel tot dit amper stol.
Klits die ingedamptemelk tot dubbel die volume en styf is.
Voeg die sjokolademengsel by die melk, klits aanhoudend. Vou laastens die styfgeklitsde room by die melk- en sjokolademengsel in.
Giet die beslag in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei gespuit is en plaas in die yskas.
Keer die gestolde poeding uit op ‘n bord en pak halwe suikerbroodvingers rondom die poeding. Skep roomys in die middel en bedien. Oppas vir ooreet.
Resep en foto: Marlize Williams




GEMMER NEUTSJOKOLADEKOEK

GEMMER NEUTSJOKOLADEKOEK
Maak 20 skywe
600 g donkersjokolade, in blokkies gebreek
125 g botter
100 g Brasiliaanse, pekan-makadamia- en kasjoeneute
100 g pampoenpitte
100 g sponsvingers, in stukke gebreek
175 g ingelegde gemmer, kleiner gesny
bessies vir voorsit (opsioneel)

Spuit ’n silikon-broodpan van sowat 23 x 10 cm met kleefwerende sproei.
Smelt die sjokolade en botter in ’n glasbak in die mikrogolfoond tot glad. Roer gereeld.
Voeg die neute, pitte, sponsvingers en gemmer – stroop en al – by en meng deur. Werk vinnig, want dis byna weer gestol teen die tyd dat jy klaar gemeng het.
Skep in die broodpan en verkoel tot stewig.
Ontvorm en sny in skywe. Sit voor saam met bessies indien verkies.
Foto:  Marita Pritchard




SJOKOLADE MOUSSE TRIFLE

SJOKOLADE MOUSSE TRIFLE
Ek het sjokolade swiss roll gebruik.
Vanilla en Sjokolade mouse
Ek het kitspoeding gebruik om my mousse te maak.
Meng die kitspoeding met 300 ml melk en klits.
Klits intussen 250 ml room styf vir elke pakkie kitspoeding.
Klits die room saam met die kitspoeding.
Nou begin jy om in lae te pak. Begin eerste met die swiss roll, daarna het ek die sjokolade mousse oorgegooi, weer ‘n laag swiss roll en dan die vanilla mousse. Pak weer ‘n laag swiss roll. Klits 500ml room styf en smeer bo oor. Dis jou keuse met wat jy bo-op wil versier. Ek het frambose gekies vir bietjie kleur saam met flake en whispers.
Resep en foto: Celeste Pelser Thompson




CHURRO BAKKIES VIR ROOMYS

CHURRO BAKKIES VIR ROOMYS
Kook die volgende saam:
¼ koppie botter
2 teelepels bruin suiker
1 koppie water
1 koppie koekmeel
4 eiers
1 teelepel vanilla geursel
olie vir diep braai

Voeg die koekmeel by die mengsel en haal van hitte af.
Voeg die eiers een vir een by en meng deur.
Voeg die vanilla geursel by en meng deur.
Spuit die onderkant van ‘n muffin pannetjie met cook and spray.
Spuit die mengsel om ‘n bakkie te vorm. Vries tot hard.
Diep braai die bakkies in olie tot goud bruin. Drup droog op papierhanddoek.
Sprinkel kaneelsuiker oor bakkie.
Bedien met roomys! Yum!

FOTO: Andrie Grims