GRANADILLA VORM
Ansie Mitchell Rowe
Ek maak dit met ‘n blikkie fyn pynappel, in plek van granadilla, ook baie lekker.
Ansie Mitchell Rowe
Ek maak dit met ‘n blikkie fyn pynappel, in plek van granadilla, ook baie lekker.
1 groot sjokolade rolkoek
1 koppie room
1 houertjie maaskaas
1 blikkie kondensmelk
75 ml suurlemoensap
1 groot pak Cadbury Dairy Milk Whispers (Maltesers)
10 – 15 klein meringues
Metode:
Klits room styf en voeg suurlemoensap by.
Klits goed.
Klits maaskaas en kondensmelk by roommengsel.
Meng goed.
Maak helfte van Cadbury Whispers en meringues fyn en voeg by roommengsel.
Sny sjokoladerolkoek in skyfies en pak 1 laag in glasbak.
Gooi helfte van roommengsel oor.
Pak nog ‘n laag rolkoek en gooi res van roommengsel oor.
Laat stol in yskas.
Versier met res van die Cadbury Whispers en meringues.
Heerlik!!
BRON- Louise Venter
PIESANG VLAPOEDING
1 eetlepel botter/storkbake
3 piesangs
4 groot eiers geskei
750 tot 1 liter gekookte melk
6 teelepels suiker
3 eetleelpels vla poeier (45 ml)
Flan / sponskoek as kors
250 ml room plus 1 teelepel strooisuiker
1 teelepel vanilla geursel
Voer geskikte tertbord met sponslaag
Klits eiergeel, suiker, geursel en vlapoeier
Voeg bietjie vir bietjie eiermengsel by melk sodat eier nie kook nie. Kan eers ‘n paste maak met bietjie water vir vla om klonte te voorkom en by warm melk inroer. Verhit eier/vlamengsel en roer aanhoudend sodat dit gaarkook en klontvry is. Verwyder van hitte en roer so eetlepel botter/storkbake deur. Klits eierwit styf en vou in die vlamengsel in. Sny twee van die piesangs daarby in en gooi oor spons laag.
Klits room/strooisuiker styf, versier soos verkies/roomrosies en sny oorblywende piesang daarin as versiering.
Resep en foto: Daleen Terblanche
Resep: Eleanor Steyn
Foto: Sonja Young
2de foto: Adam Cloete
Lekker maklike nagereg. Ek het net nie sponsvingers gehad nie en toe sommer tennisbeskuitjies onder in die bak gepak. Dit werk heel goed. Dit sou seker beter lyk met ‘n klomp room bo-op, maar ek is nie baie lief vir so ‘n room storie nie, so ek het dit maar plein gehou.


DRYWENDE EILANDE
sowat 1 liter vla
Eilande
150 ml melk
3 eierwitte
200 ml strooisuiker
donker sjokolade
Vul die helfte van ‘n groot, diep pan met water. Voeg die melk hierby en verhit tot dit begin prut. Klits die eierwitte saam met sout tot styf. Klits die suiker geleidelik by tot ‘n gladde en blink meringue. Skep ‘n eetlepel hoogvol van die meringue uit en laat sak dit met behulp van ‘n tweede lepel in die pruttende melk-water-mengsel. Plaas nog sowat 3 lepelsvol van die meringue in die pan. Kook sowat 30 sekondes, draai die meringues om en kook ‘n verdere 30 sekondes. Meringues behoort dubbel in grootte te wees. Wees versigtig om dit nie te lank te kook nie. Lig uit met gaatjieslepel op ‘n draadrak om te dreineer. Kook res van meringues op dieselfde wyse. Rangskik die meringues op die vla (sien foto). Rasper sjokolade bo-oor indien verkies.
Wenk: Maak seker dat dit groot lepelsvol meringue is wat gebruik word vir die eilande.
FOTO: Chantel Vorster
HEERLIKE ROOMYS
1 blik Ideal Melk, verkoel
1 boksie Orley Whip
1 koppie strooisuiker
15 ml vanielje geursel
knippie sout
Voeg alles bymekaar en meng lank en baie goed met elektriese menger tot verdubbel in volume.
Skep uit in roomysbak of vorm en bêre in vrieskas.
Vir variasie gebruik verskillende geursels, sjokolde sprinkels ens.
BRON: Marlene Beyers
DIE VOLMAAKTE MERINGUE
jy het nodig:
6 eierwitte
2 ml kremetart
320 ml strooisuiker
5 ml vanielje
die oondtemperatuur moet so laag as moontlik wees, 110°C, bietjie hoer as jy dit bruin wil he!
Klits die eierwitte in ‘n glasbak met ‘n elektriese klitser tot skuimerig
Sprinkel die kremetart oor en hou aan klits tot die eierwit net begin stywe punte vorm- dit moenie droog geklits wees nie
Voeg 250 ml van die suiker, 20 ml op ‘n keer, by en klits goed na elke byvoeging. Die mengsel moet styf, dik en glad wees. die meringue moet aan die klitser kleef as die klitser uitgelig word.
Voeg die res van die suiker en die vanielje op een slag met ‘n deegskraper in die meringue. MOENIE WEER KLITS NIE!
SIT IN VERSIERSAK EN SPUIT OP VOORBEREIDE BAK PLAAT. BAK VIR 90 MIN.
SKAKEL DIE OOND AF EN LAAT DIE MERINGUE IN DIE OOND HEELTEMAL AFKOEL.
DIE GEHEIM VAN ‘N GOEIE MERINGUE IS DAT DIE EIERS BY KAMERTEMPERATUUR IS, NIE HEELTEMAL VARS MOET WEES NIE EN DAT DAAR NIE ‘N DRUPPEL GEEL IN DIE WIT MOET BELAND NIE
Riana du Plessis
Resep: Marlene Beyers
Recipe: Alma Phillips
Photo: Petra Pretorius