SUID-AFRIKAANSE NAPOLEON

napoleon - louise
SUID-AFRIKAANSE NAPOLEON

Puff pastry:
Moenie die pastry uitrol nie, want jy wil hê dit moet hoog rys. Sny puff pastry ongeveer 11cm by 6cm reghoeke.  Bak op ‘n bakplaat vir omtrent 20 minute by 180ºC. Laat afkoel. Verdeel elke reghoek in twee (‘n bo en onder stuk).
Vulsel:
Appel:
Sny ‘n blikkie appels klein stukkies, sit dit in ’n kastrolletjie, voeg omtrent ’n kwart koppie water by asook knippie gemengde speserye, fyn naeltjies en kaneel en twee eetlepels suiker. Meng 10ml vlapoeier met ’n bietjie water, meng met appels en bring tot kookpunt, dit sal vinnig verdik, verwyder van hitte en koel af.
Vla:
Maak baie dik vla van omtrent twee koppies melk. Laat afkoel.
Garnering:
Maak dun vla en geur met gemmer.
Samestelling:
Skep die dik vla op die onderste gedeelte van ’n pastry reghoek, en plaas ’n reghoek bo-op, skep dan die appel op en dan die bokant van ’n pastry reghoek. Drup die garnering bo-oor.

Resep en foto: Louise Groenewald




DIE APPEL

Die appel - retha

Braai die appelskyfies (geblikte appel) in ‘n pan met bietjie melk en bruin suiker.
Sny intussen ‘n appelvorm in die deeg en bak in warm oond soos op pakkie aangedui. wanneer mooi ligbruin en gaar,
laat afkoel, en snydan die appel horisontaakl deur, Druk die appelskywe, gebraai in melk en bruin suiker,
fyn, en besprinkel dit met pypkaneel. Skep van die appelmoes op die een helfte van die appelvorm,
en gooi vla rondom dit …in ‘n sirkel. Plaas die boonste gedeete van die appelvorm skuins teen die gevulde deel.
Sprinkel liggies met geurmidde.( Kaneel gemeng met bietjie versiersuiker)

Retha- Jane Duvenhage




APPEL VLA LAAG

Appel Vla Lae - Dries
APPEL VLA LAAG
Vla (tuisgemaak )
Appels
Blaardeeg
Kaneel suiker
1. Maak vla . Ek verkies dit lekker dik sodat dit n dik laag vorm  op die blaardeeg.
(laat lekker afkoel)
2. Rol blaardeeg uit . Sny dit in vierkante of langwerige stroke 3 per persoon.
Bestrooi met laneelsuiker en bak teen 180grade celsuis tot gaar.
3. Sny appel in kwarte , skil af indien jy so verkies Smelt suiker en bietjie water in n pan .en braai
appel liggies daarin . Strooi nog kaneelsuiker oor sadat n stroop vorm .
4 Opdien : Plaas onder n strook vd blaardeeg . Smeer oor n dik laag vla .
Pak n klompie appel skyfies op .Herhaal proses tot jy 3 lae blaadeeg op het .
5 Gooi bietjie van die stroop wat in die pan gevorm het oor en bedien.
Dries Von Weidtz




DECONSTRUCTED CARAMELIZED APPLE CUSTARD PIE

appel gebak - elsa
DECONSTRUCTED CARAMELIZED APPLE CUSTARD PIE

Ek het n vorm uitgedruk uit die blaardeeg met ‘n mini losboom quiche vorm…het hom gebak en in die helfte gesny. Toe het ek ‘n dik vla gemaak en so n cm (kon dikker gewees het) vla in dieselfde quiche pan gegooi en verkoel…ek het dit uitgehaal en afgegly op die onderste gedeelte van die blaardeeg…toe het ek appels gekaramaliseer met kardamomsade en steranys, afgekoel en bo-op die dik vla gestapel…n dun vla gemaak en bo_oor gedrizzle en deksel van blaardeeg lossies bo-op gesit…

Baie dankie…dit was vet pret!
Elsa van Antwerpen Kleinhans




CUSTARD AND APPLE SAMIE

samies - eddie

CUSTARD AND APPLE SAMIE
500 ml milk
50 ml custard powder
30 ml sugar

Make custard. Put cling wrap over to prevent skin forming. Let cool.
Peel and thinly slice one green and one red apple. Add 20 ml Damara sugar. Cook for 8 min on medium. Let cool.
Preheat oven to 200 ºC. Cut pastry into rectangles. Place on baking sheet, bake for 12 minutes.
When cooled, split pastry in half. Put slices of apple on bottom half, top with custard, put “lid” back on.
Dust with castor sugar.

Edie Janse van Rensburg




APPLE SQUARES WITH CARAMEL SAUCE

Apple square with carmamel - Sharon Gien
APPLE SQUARES WITH CARAMEL SAUCE

( I made 2)
1 Sheet puff pastry
1-2 Granny Smith apples, or apple of choice
Dash cinnamon mixed with 2-3 tablespoon brown sugar
Cut puff pastry in half. Lay on a flat baking tray. Preheat oven to 180° Wash and decore apple, or you can peel the apple. Cut apple in half, and slice thinly and as evenly as possible. Arrange 2 rows of apple slices on top of the puff pastry, leaving about 2cm space all around. Sprinkle cinnamon and sugar mix evenly on the apple slices. Bake in oven for about 25 minutes. The pastry should be nicely puffed up and brown, and apples soft. Take out and put aside to cool.
Caramel sauce
1 cup sugar 125 ml fullcream milk
On medium heat slowly melt sugar. DO NOT STIR Once melted, add milk and stir. Continue stirring till sugar caramelises (about 20 minutes) Let cool slightly. Brush caramel sauce over apple squares.
Enjoy.

Sharon Gien-Cambier




APPEL-STAPEL

Appel-stapels - Martie
APPEL-STAPEL
1 rol skilferkorsdeeg
4 groot Granny Smith appels
½ koppie suiker
200 ml water
15 ml vlapoeier
Knypie pypkaneel en naeltjies elk
500 ml dik tuisgemaakte vla (met vla-poeier)
Gespinde suiker (“spun suger”) opsioneel
Gekarameliseerde appelskyfies (opsioneel)
Versiersuiker
Bak sirkels van blaardeeg teen 200’ C tot opgepof.
Skei in 3 lae.  Kook appels met suiker en water.
Verdik water-stroop met vla-poeier.
Vul lae met appels en vla.
Versier met gekarameliseerde appels skyfies en gespinde suiker en gesifte versiersuiker

Foto en resep: Martie Fourie Moolman




BANOFFIE PIE

2013-07-31-banoffiepie
BANOFFIE PIE
1 x pakkie tennisbeskuitjies
250 ml room. Styf geklop
5 piesangs gesny en suurlemoensap bo oor(20ml)
1 blik caramel(geklits)
Pak inlae:
Tennis beskuitjies
Caramel
Piesing
Room

Herhaal tot alles op is en strooi flake oor!
Enjoy!

Bron- Barbara Bullock




FRAMBOOS CHARLOTTES

FRAMBOOS CHARLOTTE
FRAMBOOS CHARLOTTES
Het die naweek ietsie nuuts probeer, was super maklik en lekker en nog mooi gelyk ook. Framboos charlottes op die maklike manier.

volkoring koekies fyngemaal
botter
1 pakkie kits framboos poeding
100 ml gepureerde framboos
200 ml styfgeklopte room

Maak die kors deur die volkoring koekies met die botter te meng.

Maak ‘n framboos mousse vir die vulsel.
Maak die framboos poeding aan soos op die pakkie (van die melk poeding boksies wat mens in die winkel kry). Kan alle smake gebruik, ek het gekies vir framboos die naweek want ‘n vriendin is allergies vir aarbeie. Voeg die gepureerde framboos by en vou die room liggies in.

Versiering – styfgeklopte room en vars vrugte.

Gebruik vormpies, druk koekie bodem vas in elke vormpie, pak vingerkoekies om die rand van die vormpie, spuit framboos mousse in tot 2/3 vol. Spuit styf geklopte room bo-op mousse en versier met vars vrugte. Laat oornag in yskas. Volgende dag maak vormpie los en sit strikkie om.

Resep en foto: Carli Bensch




BAKLAVA

2013-07-26-baklavarecipe
BAKLAVA
1 pkt phyllo pastry
1 cup melted butter
1 cup white sugar
1 cup water
½ cup honey
1 teaspoon Vanilla
1 teaspoon grated lemon zest
Nuts of your choice chopped. About 300 g
1 teaspoon ground cinnamon

Preheat oven 175 ºC. Baking tray, well buttered

Toss together cinnamon and nuts.
Unroll pastry and cut whole stack in half. Cover with damp cloth.
Place two sheets in bottom of dish. Brush with melted butter. Sprinkle some of the nut mixture over pastry. Repeat layers until all ingredients are used, ending with about 6 sheets of pastry, brush with butter. Using a sharp knife cut through all layers – into 4 long rows. Then cut diagonally to make diamond shapes. Bake 50 minutes until golden brown and crisp. Combine sugar and water in a small saucepan and bring to boil. Stir in honey, vanilla and lemon zest. Reduce heat and simmer 20 minutes. Remove baklava from oven and spoon syrup over sprinkle with a few chopped nuts. Allow to cool well before serving.
I serve with Greek yogurt. Delicious.

Bron- Sandy Watters