TOFFIE MERINGUE

1012725_607096742680773_329357937_ntested
TOFFIE MERINGUE

Kors:
Fyngemaakte tennisbeskuitjies en gesmelte botter in tertbord vasgedruk
OF
1 ½ koppie koekmeel
2 eetlepel strooisuiker
2 eetlepels margarien
1 eier geklits

Plaas meel en suiker in mengbak en vryf marg in tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg eier en genoeg water by en meng tot sagte deeg. Verkoel 30min. Verhit oond tot 180 ºC. Rol deeg uit en voer tertbord uit. Prik so 6 keer met vurk, bak 15-18 min tot ligbruin. Verkoel.

Verlaag hitte tot 150 ºC

VULSEL:
100 g botter/margarien
175 g muscovado suiker
300ml melk
3 hoogvol eetl mielieblom
4 eiergele
5 ml karamelgeursel

Smelt botter in pan en roer suiker in tot heeltemal opgelos.
In klein bakkie meng helfte van melk met mielieblom tot gladde pasta.
Voeg oorblywende melk in botter en suikermengel en roer melkpasta daarin. Bring stadig tot kookpunt en kook vir 2-3 min terwyl geroer word.
Verkoel 5 minute.

Klits eiergele met whisk en terwyl jy met whisk klits, voeg helfte van melkmengsel in.
Klits nou eiermengsel by oorblywende melkmengsel en verhit 2-3 min tot dik. Haal van hitte af en roer geursel by.

MERINGUE:
Klits 4 eierwitte tot styf en voeg 200g strooisuiker geleidelik (eetl gewys).
Skep warm toffievulsel op kors.
Skep die meringue bo-op die warm toffie vulsel en bak 30 min tot meringue goudbruin is.
Verkoel heeltemal.

Resep en Foto: Annetjie van Huyssteen




RUM EN ROSYNE POEDING OF TERT

rum & raisin tarttested
RUM EN ROSYNE POEDING OF TERT
2 botteltjies Orley Whip
125 g rosyntjies…..week in warm water, dreineer en droog af
1 blik gekookte kondensmelk
tennisbeskuitjies
5 ml rum geursel
sjokolade om bo-oor te rasper
Klits Orly Whip styf,
Klits gekookte kondensmelk in sodat dit baie goed gemeng is.
Roer afgedroogde, geweekte rosyntjies in.
Pak laag tennisbeskuitjie in bak, volg met laag Orly Whip Mengsel, gaan so aan en eindig met laag Orly Whip Mengsel.
Rasper sjokolade oor ( Of breek Flake in stukkies, krummel effens en strooi oor) Plaas in yskas en geniet dit!Resep jare gelede by ‘n vriendin gekry…ken nie oorsprong daarvan nie.

Resep en foto: Retha-Jane Duvenhage Buys

 

 




ROOIBOS JELLIE MET HEUNING EN BESSIES

2013-10-19-resepvirrooibosjellymetheuningenbessies
ROOIBOS JELLIE MET HEUNING EN BESSIES
1 koppie medium sterkte Rooibos tee
2 teelepels heuning
1 teelepel strooisuiker
1 teelepel gelatien, opgelos in bietjie water
Paar druppels suurlemoensap (na smaak)
Knippie kaneel (opsioneel)
Mengsel van appeliefies, bloubessies en brame(raspberries)

Terwyl tee nog warm is, voeg heuning en suiker by. Roer totdat suiker gesmelt het en mengsel goed afgekoel het.
Voeg res van bestanddele by en deel inhoud in twee ramekin houers.
Laat mengsel effens stol in yskas voordat bessies versigtig een vir een
bygevoeg word. Plaas terug in yskas tot heeltemal gestol.

Om op te dien, dompel ramekin bodems in warm water vir paar sekondes voordat dit versigtig op ‘n opdienbord uitgeskud word. Indien jellie vassit, gebruik ‘n skerppunt mes om dit versigtig van randte los te maak voordat dit uitgeskud word.

Vir versiering, dompel 6 bloubessies in eierwit en rol dit dan in strooisuiker. Plaas eenkant tot droog. Rangskik 3 bessies in middel van elke jellie en versier verder met klein, jong mint blaartjies. Maak 1 eetlepel aarbei konfyt warm in kastrol om ‘n sousie te vorm wat rondom jellie gegiet kan word.

Bedien met baie dun, louwarm vla.

Let wel: Die smaak kan aangepas word na elkeen se eie smaak deur meer of minder suiker en heuning by te voeg

Bron- Estelle O’Neill




KERSFEES TIRAMISU

tested
KERSFEES TIRAMISU
500 ml sterk swart koffie, afgekoel
62,5 ml rum
4 eiers, geskei
62,5 ml strooisuiker
500 g mascarpone-kaas
250 ml room, styfgeklop
1 sponskoek, in vingers gesny
250 ml glanskersies, gehalveer
250 ml geroosterde amandels
250 ml groenvye, in blokkies gekap
10 ml kakao

Meng die koffie en rum in ’n bak. Klits die eiergeel en suiker tot lig en romerig. Voeg die mascarpone-kaas by die eiermengsel en klits tot net gemeng. Vou die geklopte room in. Klits die eierwitte styf tot sagte punte vorm. Vou die eierwitte versigtig in die mascarpone-mengsel in. Doop die sponskoek-vingers een op ’n slag in die koffie-en-rum-mengsel. Plaas die vingers in ’n bak van so 20 x 25 cm groot en 6 cm diep. Smeer helfte van die mascarpone-mengsel oor die vingers. Sprinkel helfte van die vrugte en amandels oor. Doop die orige sponskoek-vingers in die koffie. Plaas hulle bo-op die vingers in die bak. Smeer die orige mascarpone-mengsel oor. Sif van die kakao oor en versier met nog vrugte en neute bo-op. Plaas die tiramisu in die yskas vir minstens 4 uur.

Foto:  Leanne Thurston Coetzer – my staatmaker nagereg al die afgelope 4 jaar 🙂

 




BLACK FOREST CHERRY TRIFLE

BLACK FOREST TRIFFLEtested

BLACK FOREST CHERRY TRIFLE
2 pkts cherry jelly
2 pkts budior biscuits
1 tin caramel treat
1 choc ready made custard
1 vanilla caramel custard (box)
fresh cream whipped
2 flakes
1 tin pitted black cherries
pecan nuts
glace cherries(for decorating)
1 pkt cadbury whispers.
Make jelly
Break biscuits and put at the bottom of your serving bowl
Pour kirsch or nagtmusiek liqueur over the biscuits
Cut the set jelly in blocks and put a layer over the biscuits
Then custard blobs of caramel
Pack a layer of the pitted cherries
Make layers of more biscuits, whispers, pecan nuts, more jelly, custard until the bowl is full
Decorate with whipped cream, flake, and glace cherries
Cover with foil leave to set/settle in fridge
Note:  liqueur is optional
U can use strawberries

Recipe and photo:  Diane Roode Hancox




SONJA SE BANOFFEE-TERT

DSCF3438tested
SONJA SE BANOFFEE-TERT
1 pak gekrummelde tennisbeskuitjies
100 ml botter (plus minus)
1 blik karamel
3 – 4 teelepel bruinsuiker
½ teelepel goeie koffie
250 ml room
5-6 piesangs (gesny)

Maak die kors en laat in yskas vir so 10 – 15 min.
Klits intussen die room styf met bruinsuiker en koffie.
Skep laag karamel op kors, pak dan gesnyde piesangs bo-op volg met geklopte room.
Vir versiering het ek sommer blokkie sjokolade gerasper en so blerts sjokoladesous oorgesit.

Resep en foto: Sonja Young




KARAMEL ROOMYS POEDING

2013-09-15-karamelroomyspoedingtested

KARAMEL ROOMYS POEDING

Genoeg vir ‘n mediumgrootte bak.

1 pak Nutty Krust koekies
1 houertjie room, verkil
1 blikkie caramel kondensmelk
1 sjokolade (Flake, Pepermint Crisp of waarvan jy hou)
Sjerrie

Pak die beskuitjies op bodem van bak.
Sprinkel genoeg sjerrie oor.
Klits (yskoue) room tot styf.
Roer karamel kondensmelk by.
Giet bo-oor koekies.
Rasper sjokolade oor.
Sit oornag in vrieskas.

BRON: Estie Herholdt




PYNAPPEL ROOMYSTERT

pynappel roomysterttested
PYNAPPEL ROOMYSTERT
Kors:
375 ml verkrummelde Marie- of Tennisbeskuitjies
50 ml suiker
125 g margarien
Meng beskuitjiekrummels, suiker en margarien goed saam, druk met agterkant van metaal lepel teen wand en boom vas van ‘n tertbak (1.5 liter bak) Verkoel die kors tot benodig.

Vulsel:
1 blik (410 g) pynappelstukke
1 pakkie (80 g) lemmetjiejellie
500 ml vanilla roomys
125 ml room, effens versoet en styfgeklits

Dreineer die pynappelstukke en vul die sap aan met water tot 300 ml.
Verhit die stroopwater tot warm en los die jellie daarin op.
Sny die roomys in stukke en klits stuk vir stuk by die warm jellie tot alles ingeklits is.
Plaas die mengsel in die koelkas en laat dit afkoel tot so dik soos eierwit en net net wil stol.
Hou ‘n paar van die pynappelstukke eenkant vir versiering.
Maak die res in ‘n versapper/voedselverwerker fyn of sny baie kleinstukkies met ‘n mes.
Vou dit by die roomysmengsel in en skep bo-op die kors. Plaas die tert in die yskas om styf te word.
Versier net voor bediening met styfgeklitste room en pynappelstukkies.
Foto: Leanne Thurston Coetzer




GEVRIESDE KOFFIEROOM

koffie cream elsabetested

GEVRIESDE KOFFIEROOM

Dit lyk soos roomys …en dis een van die maklikste nageregte
6 porsies
500 g roomkaas
500 ml room
8 eetlepels sterk koffie
160 g strooisuiker
200 g melksjokolade

Klits die roomkaas en room met jou elektriese menger tot glad.
Voeg die koffie en strooisuiker by en meng goed.
Kap die sjokolade fyn in jou voedselverwerker en vou in die mengsel.
Gooi in ’n bak wat in die vrieskas kan gaan. Die mengsel word redelik hard – haal dit 5 minute voor jy dit voorsit uit die vrieskas. Dit smelt ook baie vinnig.

Foto van Elsabé Mulder Barnard
Elsabe het dit is ‘n groot tert gemaak met tenniskoekies tussen die lae… foto 2




MAKLIKE GOEDKOOP SJOKOLADE MOUSSE

question

MAKLIKE GOEDKOOP SJOKOLADE MOUSSE
Hierdie resep het ek jare terug in a tydskrif gekry.

1 blik Ideal melk (verkoel oornag in yskas)
500 ml melk
60 ml vlapoeier
60 ml kakao
180 ml suiker (of na smaak)
15 ml gelatine
30 ml koue water

Sprinkel die gelatine oor die koue water en sit eenkant. Sit die melk in a kastrol en voeg die suiker by. Sif die vla poeier en cocoa oor en roer goed met a draadklitser en kook nou die mengsel oor matige hitte tot dit dik en gaar is. Roer die mengsel deurentyd met a draadklitser terwyl dit besig is om te kook en verdik om klonte te vermy. Dit sal lyk soos Chocolate Custard as dit gaar is. Verwyder die pot van die stoof en roer die gelatine, wat nou soos spons lyk, by. Laat die mengsel nou afkoel maar roer dit gedurig sodat daar nie ‘n velletjie op vorm nie. Anders sal die mousse klonte in hê. Die mengsel moet koellerig wees anders smelt dit die Ideal Melk. Klits die Ideal Melk tot dubbel die volume en klits die Chocolate Custard by. Skep in glasbak met ‘n deksel. Sit in yskas vir 6 – 8 ure maar oornag is beter.

BRON- Merelda Hatzidarellis